• No results found

4.3 NAVORSINGSPARADIGMA

4.3.6 Pragmatisme

Wanneer „n navorser „n studie uit hierdie oogpunt benader, is die fokus op „n dieper begrip van die navorsingsprobleem en die oplossing daarvan (Creswell, 2009:10). Pragmatisme word gesien as die beste filosofiese grondslag om die kombinering van verskillende metodes binne „n studie te regverdig. „n Hoofargument van Pragmatisme is dat kwantitatiewe en kwalitatiewe metodes saamgevoeg kan word om beter begrip van „n probleemsituasie te verkry (Ivankova et al., 2007:263).

Tydens hierdie studie is daar gefokus op „n pragmatiese paradigma wat „n positivistiese en interpretivistiese paradigma integreer, aangesien die navorser „n beter begrip van „n probleemsituasie wou verkry, asook „n voorstel aan die hand doen om die probleem aan te spreek. Die navorser was „n objektiewe waarnemer sowel as „n subjektiewe deelnemer tydens die studie (Maree & Van der Westhuizen, 2007:33). Daar is van gelyklopende triangulasie gemengde-metode navorsing deur middel van kwantitatiewe en kwalitatiewe dataversamelingsmetodes gebruik gemaak (Ivankova et al., 2007:264). Die data is min of meer gelyktydig, maar apart van mekaar ingesamel, en daarna vergelyk om enige ooreenstemming, verskil of

kombinasie uit te wys (Creswell, 2009:213). Eerstens is die kwantitatiewe navorsing wat op positivisme gebaseer is, gebruik om die effektiwiteit van onderrig-, leer en assesseringspraktyke in ambagsgerigte opleiding objektief te ondersoek. Tweedens is kwalitatiewe navorsing wat op interpretivisme gebaseer is, gebruik om die ervarings van die bestuurspersoneel met betrekking tot onderrig en leer te verstaan. Die voordele van hierdie tipe navorsing is dat dit lei tot goed gevalideerde bevindinge en „n korter tydperk vir data-insameling benodig aangesien die data min of meer gelyktydig en nie sekwensieel ingesamel word nie (Ivankova et al., 2007:267). Die navorser is egter daarvan bewus dat hierdie tipe navorsing ook nadele inhou, naamlik dat „n groot inset en ervaring geverg word om beide data versamelingsmetodes te bemeester. Die vergelyking van kwantitatiewe en kwalitatiewe data is ook moeilik, en dit is veral moeilik om diskrepansies tussen stelle data te verklaar. Laasgenoemde kan meebring dat addisionele data ingesamel moet word om seker te maak van bevindinge (Ivankova et al., 2007:267; Creswell, 2009:214).

In die volgende afdeling verduidelik die navorser hoe die empiriese navorsing in die konteks van die studie uitgevoer is.

4.4 EMPIRIESE NAVORSING

Die empiriese navorsing het „n literatuurstudie sowel as „n empiriese ondersoek behels.

4.4.1 Literatuuroorsig

„n Deeglike oorsig van relevante literatuur bied die navorser „n goeie agtergrond van die studie wat onderneem gaan word (Welman et al., 2005:39).

In Hoofstuk 2 en 3 is daar „n literatuurstudie onderneem om ambagsgerigte opleiding in perspektief te plaas, asook om vas te stel watter onderrig- leerbenaderings en onderrigpraktyke effektief vir ambagsgerigte opleiding blyk te wees.

4.4.2 Navorsingsontwerp

Alle navorsing begin met die identifisering en duidelike formulering van „n probleem. Wanneer die probleem geïdentifiseer en geformuleer is, is die volgende stap om die geskikte navorsingsontwerp te kies. Die ontwerp is die plan waarvolgens die navorsing gedoen gaan word (Babbie & Mouton, 2001:73-74). „n Navorsingsontwerp is „n prosedure waarvolgens inligting versamel, geanaliseer, en daaroor verslag gedoen word (Creswell, 2005:597; Johnson & Christensen, 2008:94; Wiid & Diggens, 2009:54). Die wyse waarop navorsing gedoen word, kan in drie hoofrigtings verdeel word, naamlik kwalitatiewe navorsing, kwantitatiewe navorsing en gemengde metode navorsing (Creswell, 2005:281).

4.4.2.1 Kwantitatiewe navorsing

Kwantitatiewe navorsing behels die insameling en analisering van numeriese data (toetse en opinieskale) (Mertler, 2009:7). Kwantitatiewe navorsing kan verder onderverdeel word in eksperimentele navorsing wat gebruik word om oorsaak en effek tussen onafhanklike en afhanklike veranderlikes vas te stel en hipoteses te toets (Lichtman, 2006:8; Maree & Pietersen, 2007c:149; Creswell, 2005:283); korrelasie-navorsing wat gebruik word om die invloed wat twee of meer veranderlikes op mekaar het vas te stel (Creswell, 2005:325); en beskrywende navorsing waarmee houdings, perspesies, menings, opinies en eienskappe van „n populasie bepaal word (Creswell, 2005:354). Laasgenoemde is in die konteks van die studie verkies, aangesien een van die doelstellings die vasstelling van persepsies oor onderrig, leer en assessering was.

Kwantitatiewe navorsing is „n ondersoekende benadering wat veral geskik is om verbande en verhoudings tussen veranderlikes te beskryf (Creswell, 2005:597). Volgens Burns en Grove (2001:808) en McMillan en Schumacher (2006:23), is kwantitatiewe navorsing „n formele, objektiewe en sistematiese proses om verhoudings tussen veranderlikes te toets en te beskryf. Die metode van navorsing stel ook ondersoek in na verduidelikings en bevestigings van verskynsels (Leedy & Ormrod, 2005:96). Kwantitatiewe navorsing is navorsing waar die navorser besluit wat om te ondersoek en

spesifieke vrae rondom die onderwerp vra. Kwantitatiewe navorsing samel inligting in „n numeriese vorm in, en analiseer die inligting met behulp van statistiese prosedures (Johnson & Christensen, 2008:33). Die tipe ondersoek word op „n onbevooroordeelde en objektiewe wyse gedoen (Creswell, 2005:39; Welman et al., 2005:8).

Daar kan met kwantitatiewe navorsing vasgestel word hoe „n groot populasie „n probleem waarneem, asook die variasies op die algemene persepsie. Met hierdie tipe navorsing speel die voorafgaande literatuurstudie „n belangrike rol (Creswell, 2005:45-46; Wiid & Diggens, 2009:86), aangesien persepsies wat kwantitatief verkry is, in verband met die literatuur gebring word. Kwantitatiewe navorsing is ontwerp en onder andere bedoel om hipoteses te toets (Lichtman, 2006:8).

Kwantitatiewe navorsing het, volgens Johnson en Christensen (2008:51), die volgende voordele:

 „n Rekenaar kan gebruik word om „n groot hoeveelheid inligting te verwerk.

 Die statistiese tegnieke wat gebruik word, maak dit moontlik om „n hipotese deeglik te toets.

Kwantitatiewe navorsing het ook nadele, en die volgende word deur Johnson en Christensen (2008:51-52) genoem:

 Inligting wat in syfers omgesit word, slaag nie altyd daarin om die ware gevoelens van die respondente weer te gee nie.

 Dit is nie altyd moontlik om „n fenomeen as „n blote getal te beskryf nie.

4.4.2.2 Kwalitatiewe navorsing

Kwalitatiewe navorsing behels die insameling en analisering van verslaggewende data, onder andere observasies en onderhoude (Mertler, 2009:7). Kwalitatiewe navorsing word onderverdeel in gegronde teorie waar navorsing gebruik word om „n teorie te vorm wat „n proses verduidelik (Charmaz, 2005:508; Creswell, 2005:396; Fouché, 2005:270; Johnson & Christensen, 2008:49); etnografiese navorsing wat gebruik word om „n kultuurgroep se gewoontes en gebruike te beskryf (Henning et al., 2004:42;

Creswell, 2005:436; Johnson & Christensen, 2008:49), en narratiewe navorsing wat gebruik word om individuele persone se stories en ervaringe te vertel (Creswell, 2005:474). Fenomenologiese navorsingword gedoen om vas te stel hoe een of meer persone „n verskynsel ervaar. Die navorser poog om die ervaring vanuit die respondent se oogpunt te beskryf en te verstaan (Johnson & Christensen, 2008:48). Gevallestudie-navorsing word gebruik wanneer „n beperkte aantal eenhede (gewoonlik slegs een) intens bestudeer word (Welman et al., 2005:193; Johnson & Christensen, 2008:49). Nieuwenhuis (2007c:75) beskryf „n gevalle studie as „n eenheidsanalise. In die konteks van die studie is fenomenologiese navorsing gedoen (cf. 1.5.2.3). Kwalitatiewe navorsing is „n ondersoekende benadering wat gebruik kan word om „n verskynsel te ondersoek en beter te verstaan (Creswell, 2005:596; Wiid & Diggens, 2009:85). Tydens kwalitatiewe navorsing maak die navorser staat op die opinies en sieninge van die respondente (Creswell, 2005:39; Welman

et al., 2005:8; Trochim, 2006a:1). „n Kwalitatiewe navorser vra gewoonlik

"hoekom" en stel in interpretasie belang eerder as om „n hipotese te toets (Lichtman, 2006:8; Nieuwenhuis, 2007d:51). Met suiwere kwalitatiewe navorsing maak die navorser staat op kwalitatiewe (nie-numeriese)data (Johnsosn & Christensen, 2008:33).

Tydens kwalitatiewe navorsing wil die navorser nie alleenlik vasstel hoe iets gebeur het nie, maar hoekom dit op „n spesifieke manier gebeur het (Henning

et al., 2004:3). Hiervoor is die onderhoud „n belangrike navorsingsinstrument

(Botha, 2001:13). Kwalitatiewe navorsing fokus op mense in hul sosiale omgewing plaas en die sin wat hulle daaraan gee (Berg, 1998:7; Lichtman, 2006:8).

Die doel met kwalitatiewe navorsing is om die verkynsel in sy natuurlike omgewing te ondersoek (Leedy & Ormrod, 2001:147), en om ryk beskrywende data ten opsigte van die verskynsel te kry om sodoende „n dieper begrip vir die verskynsel wat ondersoek word te ontwikkel (Nieuwenhuis, 2007d:50). Kwalitatiewe navorsing wil verksynsels beskryf, verklaar, ondersoek en interpreteer (Leedy & Ormrod, 2005:96; Lichtman, 2006:8).

Kwalitatiewe navorsing bied die volgende voordele (Creswell, 2009:179-180):

 Dit voorsien diepte en detail deur houdings, gevoelens en gedrag waar te neem.

 Dit moedig mense aan om uit te brei op hul reaksies, en dek sodoende „n wyer veld.

 „n Beeld kan gevorm word van waarom mense op „n sekere manier reageer, en hoe hul oor hul reaksies voel.

 Wanneer dit tesame met kwantitatiewe navorsing gebruik word, kan „n verduideliking vir „n spesifieke reaksie gevind word.

Kwalitatiewe navorsing het die volgende nadele (Creswell, 2009:179-180):

 Omdat dit tydrowend is, word minder mense by die studie betrek.

 Omdat minder mense by die studie betrek word, is dit moeilik om te veralgemeen.

 Die opinies van die respondent is subjektief.

 Dit is afhanklik van die vaardighede van die navorser.

Om te bepaal watter tipe navorsing die mees geskikte sou wees vir die studie wat gedoen is, is die volgende vergelykende opsomming na afloop van die inligting wat oor kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing verkry is, gedoen. Die verskille tussen die twee tipes navorsing kan soos volg in Tabel 4.1 opgesom word (Lichtman, 2006:7-8).

Tabel 4.1: Verskille tussen kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing

Onderwerp Kwalitatief Kwantitatief

Aard van realiteite Meervoudige realiteite

Realiteit word deur die waarnemer

gekonstrueer.

„n Enkele realiteit; in „n goed ontwerpte studie

kan „n redelike

benadering van realiteit waargeneem word.

Onderwerp Kwalitatief Kwantitatief

Objektiwiteit,

subjektiwiteit en

tweeledigheid

Subjektiwiteit gebaseer op die rol van die navorser word verwag.

Objektiwiteit is

teenstrydig met die idee van „n gekonstrueerde werklikheid.

Objektiwiteit is kritiek in

„n wetenskaplike

benadering tot die

versameling van

inligting.

Rol van die navorser Die navorser is sentraal

tot die studie.

Interpretasies word op

die navorser se

agtergrond en ervaring gegrond.

Die navorser poog om buite die sisteem te bly

en vooroordele te

beperk.

Veralgemening en

oorsaak en gevolg

Stel nie belang in

veralgemening of

oorsaak en gevolg nie; elke persoon se eie situasie is uniek.

Resultaat is op ander

situasies van

toepassing.

Maniere van weet Verskeie maniere van

weet; daar kan op meer as een manier oor „n onderwerp geleer word.

„n Wetenskaplike manier is die beste om kennis in te win.

Doel Verstaan en interpreteer

sosiale interaksies.

Toets „n hipotese. Kyk na oorsaak en gevolg en maak „n voorspelling. Groepe wat bestudeer

word

Neig om klein te wees en word nie op „n lukrake wyse gekies nie.

Neig om groter te wees en word op „n lukrake wyse gekies; anonimiteit is belangrik.

Onderwerp Kwalitatief Kwantitatief

Veranderlikes Bestudeer eerder die

geheel as spesifieke veranderlikes.

„n Paar veranderlikes word bestudeer.

Tipe data wat versamel word

Klem op woorde en die betekenis daarvan.

Klem is op getalle.

Skryfstyl Minder formeel en meer

persoonlik.

Wetenskaplik en

onpersoonlik.

Algemene raamwerk Wil „n verskynsel

ondersoek; gebruik

semi-gestruktureerde

metodes soos

onderhoude.

Wil hipoteses oor „n

verskynsel bevestig;

gebruik gestruktureerde metodes soos vraelyste.

Analitiese doelwitte Kwantifiseer variasies. Voorspel verhoudings.

Beskryf variasies.

Beskryf en verduidelik verhoudings.

Formaat van vrae Geslote. Oop.

Formaat van data In teksvorm. Numeries.

Buigbaarheid in studie- ontwerp

Die ontwerp is regdeur stabiel.

Sommige aspekte van die ontwerp is buigbaar.

Die vergelyking in Tabel 4.1 het die navorser in staat gestel om die besluit te neem dat kwalitatiewe sowel as kwantitatiewe data geskik sou wees om die navorsingsprobleem aan te spreek. Volgens die navorser was beide objektiewe numeriese data ten opsigte van menings en opinies, sowel as subjektiewe interpretivistiese data ten opsigte van die verstaan van „n situasie, nodig om die probleem waarop die studie gefokus het aan te spreek.

4.4.2.3 Gemengde metodenavorsing

Kwalitatiewe sowel as kwantitatiewe navorsing kan gelyktydig aangewend word om „n navorsingsprobleem op te los, en die sterkpunte van beide

metodes word dan gebruik om mekaar in die ondersoek aan te vul (Creswell, 2005:510; De Vos, 2005:360; Mertler, 2009:11).

Die gemengde metode van navorsing stel die navorser in staat om numeriese sowel as teks-data oor „n navorsingsonderwep in te samel. Deur kwalitatiewe sowel as kwantitatiewe metodes van navorsing in „n studie te kombineer, kan die een die ander komplimenteer, en „n meer in-diepte studie gedoen word. (Ivankova et al., 2007:260; Creswell, 2009:203).

Volgens Johnson en Christensen (2008:34), word die samevoeging van kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsontwerpe bepaal deur die navorsingsvraag en die praktiese faktore wat die navorser in ag moet neem, soos hieronder verduidelik word.Afhangende van die tipe studie wat onderneem word, het die navorser „n keuse van vier gemengde metode- ontwerpe (Ivankova et al., 2007:264-268):

Sekwensiële verklarende gemengde metode-ontwerp. Dit is die mees basiese ontwerp van gemengde metode-navorsing. Die doel van hierdie ontwerp is om kwantitatiewe bevindings met kwalitatiewe resultate te verklaar. Die data word in twee aparte stadia ingesamel. Eers word die kwantitatiewe data ingesamel en geanaliseer, waarna die insameling en analisering van die kwalitatiewe data volg. Die navorser verduidelik die kwantitatiewe bevindinge met die kwalitatiewe ondersoek.

Sekwensiële verkennende (ondersoekende) gemengde metode-

ontwerp. Hierdie ontwerp is geskik wanneer „n onbekende onderwerp

ondersoek word. Gedurende die eerste fase word die kwalitatiewe data ingesamel en geanaliseer. Daarna word die kwantitatiewe data ingesamel en geanaliseer. Die navorser verken eers die onbekende onderwerp met die kwalitatiewe ondersoek, en toets dan die bevindinge en teorieë met die kwantitatiewe ondersoek.

Triangulasie gemengde metode-ontwerp. Triangulasie gemengde-

metode navorsing word gebruik wanneer „n navorser kwalitatiewe en kwantitatiewe data gelyktydig insamel, en dan afsonderlik analiseer, om „n probleem op te los. Die kwalitatiewe sowel as die kwantitatiewe data word gebruik om die fenomeen wat ondersoek word, beter te verstaan. Die

resultate word met mekaar vergelyk en afleidings word dan gemaak. Merriam (2009:216) beskryf triangulasie as „n proses waar data met verskillende metodes ingesamel en met mekaar vergelyk word.

Ingeslote (embedded) gemengde metode-ontwerp. Hierdie tipe

navorsing word gebruik wanneer „n navorser „n sekondêre vraag wat op die oorspronklike navorsingsvraag van toepassing is, maar daarvan verskil, wil ondersoek. Wanneer „n navorser byvoorbeeld „n kwantitatiewe ondersoek doen, mag daar „n vraag ontstaan waarvoor kwalitatiewe data nodig is en andersom.

Die navorser het van triangulasie gemengde metode navorsing deur middel van kwantitatiewe en kwalitatiewe data-insamelingsmetodes gebruik gemaak (Ivankova, et al., 2007:264). Die data is min of meer gelyk, maar apart van mekaar ingesamel en geanaliseer. Daarna is die data gekombineer om tot finale gevolgtrekkings te kom.

Wanneer „n navorser op die gemengde metode besluit moet die volgende aspekte in ag geneem word (Ivankova et al., 2007:268-270; Creswell, 2009:206-208):

Tydsberekening. Die kwantitatiewe en kwalitatiewe data kan gelyktydig of afsonderlik in fases ingesamel word. In hierdie studie is die kwantitatiewe data en kwalitatiewe data min of meer gelyk ingesamel apart van mekaar, apart geanaliseer en daarna vergelyk.

Gewigswaarde. Die kwantitatiewe en kwalitatiewe data kan eweveel waarde vir die studie hê, of een kan aanvullend tot die ander wees. Alhoewel die gewig in „n triangulasie-ontwerp dieselfde is, kan daar in die praktyk aan een stel data meer gewig toegeken word. Die tipe studie wat gedoen word, sal bepaal hoe die gewigswaarde tussen die kwantitatiewe en kwalitatiewe data versprei word. In hierdie studie het die kwantitatiewe data meer gewig gedra.

Vermenging. Die vermenging van die data is moeilik as in ag geneem word dat kwantitatiewe data uit syfers bestaan en kwalitatiewe data uit begrippe en beelde bestaan. Die vermenging van die data kan op verskillende stadia van die studie gedoen word. Dit kan tydens die

insamelingsfase, die analisefase of die interpretasiefase gedoen word. Die vermenging is tydens hierdie studie tydens die interpretasie fase gedoen toe die kwantitatiewe data en die kwalitatiewe data gekombineer en vergelyk is om te bepaal of daar ooreenstemming, verskil of enige kombinasie is.

Volgens Ivankova et al. (2007:261), hou die gebruik van die gemengde metode die volgende voordele vir die navorser in:

 Kwantitatiewe data word uitgebrei en verduidelik deur kwalitatiewe data.

 Kwalitatiewe data kan gebruik word om „n teorie of „n meetinstrument te vorm wat met kwalitatiewe data getoets kan word.

 Kwantitatiewe en kwalitatiewe data kan vergelyk word om tot „n weldeurdagte gevolgtrekking te kom.

 Die geloofwaardigheid van „n studie kan verbeter word deur kwalitatiewe sowel as kwantitatiewe data te gebruik.

„n Nadeel van die gemengde metode is die tyd wat dit neem om die inligting in te samel. Dit is veral „n probleem wanneer die twee fases (kwalitatief en kwantitatief) dieselfde gewigswaarde in die ondersoek het (Creswell, 2009:211).

4.4.3 Navorsingstrategie

Nadat die navorsingsontwerp gekies is en die beplanning gedoen is, kom die toepassing daarvan. Die ontwerp word in die praktyk werkbaar gemaak deur die strategie of metode (Babbie & Mouton, 2001:74-75).

Die verskille tussen ontwerp en strategie word soos volg deur Babbie en Mouton (2001:75) in Tabel 4.2 opgesom.

Tabel 4.2: Die verskil tussen navorsingsontwerp en navorsingstrategie

Navorsingsontwerp Navorsingstrategie

Fokus op die eindproduk: die tipe studie wat beplan word en die resultate waarna gesoek word.

Fokus op die navorsingsproses: die

prosedures en hulpmiddele wat

Vertrekpunt is die navorsingsprobleem.

Vertrekpunt is die spesifieke take op hande (dataversameling).

Fokus op die logika van navorsing: Watter tipe inligting word benodig om

die navorsingsprobleem aan te

spreek?

Fokus op die individuele stappe in die navorsingsproses, sowel as die mees objektiewe prosedures om te gebruik.

In lyn met die gemengde metode-navorsing is daar van „n kwantitatiewe sowel as kwalitatiewe navorsingstrategie gebruik gemaak. Daar is vir die kwantitatiewe deel van die studie besluit op „n nie-eksperimentele beskrywende opname-ontwerp, aangesien die navorser nie veranderlikes wou manipuleer of verander nie (McMillan & Schumacher, 2006:24-25).

Die verskillende tipes nie-eksperimentele navorsing word soos volg deur Burns en Grove (2001:52) en McMillan en Schumacher (2006:24-25) verduidelik. Beskrywende navorsing word gebruik om „n verskynsel of toestande te beskryf soos dit bestaan. Hierdie benadering word gebruik om nuwe kennis aangaande onderwerpe waaroor min of geen navorsing gedoen is nie, in te win. Vergelykende navorsing neem beskrywende navorsing verder deur verskille of ooreenkomste tussen groepe of verskynsels wat bestudeer word te bepaal. Korrelasie-navorsing bepaal verhoudings tussen twee of meer verskynsels of veranderlikes. Opname-navorsing gebruik vraelyste of onderhoude om data te versamel wat dan gebruik word om menings, opinies, houdings, ens. te bepaal. Ex Post Facto-navorsing word gebruik om verhoudings tussen veranderlikes wat nie deur die navorser gemanipuleer kan word nie, vas te stel.

Soos in die geval by hierdie studie is die veranderlikes nie tydens die navorsingsproses gemanipuleer nie (Maree & Pietersen, 2007c:152; Johnson & Christensen, 2008:357), en is die navorsing nie-eksperimenteel benader.

Kwalitatiewe navorsingstrategie

Met die kwalitatiewe studie wou die bestuurspersoneel van die Sedibeng VOO-kollege se ervarings rakende die effektiwiteit van die opleiding aan die

kollege verstaan word. Volgens Merriam (2009:24) is die filosofie van fenomenologie onderliggend aan kwalitatiewe navorsing. Johnson en Christensen (2008:395) verklaar fenomenologie as die beskrywing van een of meer persone se bewustheid en ervaring van „n fenomeen. Wanneer „n fenomenologiese studie gedoen word, probeer die navorser verstaan hoe een of meer individue „n fenomeen ervaar of verstaan (Johnson & Christensen. 2008:48). Fenomenologiese navorsers gaan van die standpunt uit dat daar gemeenskaplike punte in persone se ervaring van „n fenomeen is en hul probeer daardie gemeenskaplikheid vind (Johnson & Christensen, 2008:397). Daar is vir die kwalitatiewe deel van die studie besluit om „n fenomenologiese ontwerp te gebruik om gemeenskaplike punte in die ervaring van die bestuurspersoneel aangaande die effektiwiteit van ambagsgerigte opleiding by Sedibeng VOO-kollege te vind.

4.4.4 Populasie en steekproef

Populasie word deur Mertler (2009:246) gedefinieer as „n groep mense wat van primêre belang vir die studie is, en uit wie die steekproef vir die studie geneem word (Babbie & Mouton, 2001:174). Alhoewel die groep nie noodwendig in sy geheel betrek word nie is dit die groep oor wie die gevolgtrekkings gemaak word, omdat hul „n groep individue met dieselfde eienskappe of belange is (Creswell, 2005:145).

Dit is gewoonlik nie haalbaar om die hele populasie by die ondersoek te betrek nie, hoofsaaklik as gevolg van tydsbeperking en kostes. „n Studiepopulasie word gewoonlik gekies, en „n verteenwoordigende steekproef vanuit die studiepopulasie geïdentifiseer (Maree & Pietersen, 2007a:174). „n Steekproef is „n groep wat uit die populasie gekies word wat die populasie verteenwoordig (Babbie & Mouton, 2001:174; Mertler, 2009:248; Burns & Grove, 2001:365-367). „n Steekproef kan ook gedefinieer word as „n subgroep van die populasie wat verteenwoordigend van die populasie is (Babbie & Mouton, 2001:174; Babbie & Mouton, 2001:174; Johnson & Christensen, 2008:223; Mertler, 2009:248).

Maree en Pietersen (2007a:172-177) noem dit dat steekproewe op twee maniere geneem kan word.Die waarskynlike metode (doelgerig) het as