• No results found

In Figuur 3.1, bied die navorser „n visuele voorstelling van sy siening rakende effektiewe onderrig, leer en assessering in die konteks van die studie.

Figuur 3.1: Die navorser se siening van effektiewe onderrig, leer en assessering

Figuur 3.1 dui aan dat die navorser van mening is dat „n gebalanseerde benadering tot onderrig en leer effektiwiteit in die konteks van ambagsgerigte

Effektiewe

onderrig, leer

en

assessering

6. Assessering Formatief Summatief 1. Leerteorieë Behavioursme Konstrukti- visme 2. Onderrigstyle Opvoeder en Leedergesentreerde styl 3. Onderrigmetodes en strategieë Direk, Indirek, Onafhanklik en Interaktief Interaktiewe metode 4. Kennis- verwerwing Realis, Relativis, Kontekstualis 5. Leerstyle visueel, ouditief, refleksie, prakties

opleiding sal verseker. „n Gebalanseerde bendadering impliseer onder andere dat behaviouristiese en konstruktivistiese leerteorieë die klaskameraktiwiteite moet dryf. Die navorser wil dit egter beklemtoon, dat hy van mening is dat sterker fokus op die konstruktivistiese leerteorieë geplaas moet word, aangesien daar reeds daarop gewys is dat hierdie leerteorie dit moontlik sal maak om die uitkomste van die vak waarop die studie fokus, naamlik Elektriese Sisteme en Konstruksie, effektief te bereik (cf. 3.3.3.4). Effektiewe onderrig, leer en assessering behoort volgens die navorser veral doelgerig, aktief,konstruktief, kumulatief en self-regulerend van aard te wees. Die voorgenoemde kenmerke ondersteun die konstruktivistiese beginsels van onderrig en leer. Die sterker klem op konstruktivistiese onderrig en leer word deur die rooi font in die figuur aangedui. Die navorser is daarom van mening dat onderrig, leer en assessering voldoende geleenthede moet bied vir leerder-gesentreerde onderrig wat op „n relativitiese en kontekstualistiese kennisbeskouing geskoei is. Die gebruik van indirekte, onafhanklike en interaktiewe metodes en strategieë van onderrigmoet voorop gestel word, endie ontwikkeling van leeraktiwiteite wat „n verskeidenheid van leerstyle aanspreek, en die bied van geleenthede vir assessering van leer wat formatief van aard is moet aandag geniet.

3.9 HOOFSTUKSAMEVATTING

Die literatuurstudie het aangetoon dat onderrig en leer op „n behaviouristiese, kognitivistiese of konstruktivistiese leerteorie kan steun (cf. 3.3.2, 3.3.2, 3.3.3). Op grond van die leerteoretiese benadering, kan die benadering tot onderrig en leer opvoeder-gesentreerd ofleerder-gesentreerd wees (cf. 3.4.1). Beide benaderings het „n plek tydens onderrig en leer, waar die eersgenoemde belangrik is vir die oordra van feite, konsepte en reëls, en laasgenoemde vir die bevordering van aktiewe leerderdeelname aan die onderrig-leerproses. Onderrig-leerbenaderings veronderstel die toepassing van „n verskeidenheid metodes en strategieë om leeruitkomste te bereik. Die opvoeder-gesentreerde benadering fokus hoofsaaklik op die gebruik van direkte onderrigmetodes en strategieë soos lesings, verduidelikings en demonstrasies (cf. 3.4.2.1). In teenstelling met die opvoeder-gesentreerde benadering, maak die leerder- gesentreerde benadering van indirekte, onafhanklike en interaktiewe

onderrigmetodes en strategieë gebruik. Hierdie metodes en strategieë moedig leerders aan om onder andere deur middel van mondelinge voorleggings, gevallestudies, rolspel en groepprojekte by die onderrig en leer aktiwiteite betrokke te raak (cf. 3.4.2.2).

Die literatuur het ook aangetoon dat die kennisbenadering van „n opvoeder „n groot invloed het op die tipe onderrig-leerbenadering in die klaskamer (cf. 3.5). „n Onderwyser met „n realistiese kennisbenadering sal hoofsaaklik fokus op „n behaviouristieseopvoeder-gesentreerde styl van onderrig, en die oordrag van kennis voorstaan (cf. 3.5.1). Daarenteen, sal die relativistiese opvoeder aanvoer dat elke leerder „n unieke kennisbasis kan konstrueer en dat kennis subjektief en veranderlik is (cf. 3.5.3). Hierdie siening sluit aan by die konstruktivistiese leerteorie, wat die leerder as konstrueerder van sy eie kennisbasis vooropstel (cf. 3.3.3). Ten slotte, sal die kontekstualistiese opvoeder die sosiale konstruktivistiese aard van kennisverwerwing ondersteun (cf. 3.3.3), wat opvoeders en leerders as medewerkers in die leerproses beskou (cf. 3.5.2).

Die literatuur beklemtoon die belangrikheid daarvan dat onderrig en leer geleenthede moet skep vir aktiwiteite wat aan verskillende leerstylbehoeftes voldoen, onder anderevisuele, ouditiewe en kinestetiese leer, asook leer deur middel van reflektering (cf. 3.5).

Ten opsigte van assessering vermeld die literatuur dat formatiewe assessering sowel as summatiewe assessering (cf. 3.7) „n belangrike rol tydens onderrig en leer speel. Summatiewe assessering is belangrik om te bepaal of leerders kennis bemeester het, en formatiewe assessering word deurlopend gebruik om te bepaal waar leemtes is wat aangespreek moet word.

Die literatuurstudie het aangedui dat die impak van die rol wat die opvoeder in die proses van effektiewe leer speel, nie oor die hoof gesien moet word nie. Die opvoeder moet nie slegs inhoud (kennis) aan die leerders oordra nie, maar ook aan die leerder die vaardighede leer wat nodig is om vakinhoud op „n sinvolle wyse te ervaar en te verstaan. Die rol van die opvoeder is daarom ook dié van beplanner, fasiliteerder enbemiddelaar. „n Belangrike kenmerk

van die onderrig- en leerproses is die doelgerigte ingryping deur die opvoeder om die leerder met die nodige vaardighede toe te rus en „n leeromgewing te skep waarbinne onafhanklike leer kan plaasvind

Soos uit bogenoemde bespreking gesien is, is dit belangrik dat opvoeders wat ambagsgerigte onderrig gee „n grondige kennis van leerteorieë, onderrigstyle, onderrigmetodes, onderrigstrategieë, kennisbeskouings, leerstyle en assesseringsbenadering moet hê, ten einde besluite te neem vir die effektiewe bereiking van leeruitkomste.

Die volgende hoofstuk, Hoofstuk 4, bespreek die empiriese navorsing wat in die konteks van die studie gebruik is.

HOOFSTUK4

EMPIRIESE STUDIE

4

4.1 INLEIDING

In die vorige hoofstuk is „n deeglike literatuurstudie oor die volgende onderwerpe gedoen; onderrig- en leerteorieë, onderrig-leerbenaderings,

onderrigmetodes en strategieë, kennisbenaderings, leerstyle en

assesseringsbenaderings. Dit is gedoen sodat die navorser „n argument kon konstrueer vir wat nodig is vir effektiewe onderrig en leer in die konteks van ambagsgerigte opleiding (cf. Figuur 3.1). In hierdie hoofstuk word daar eers „n deeglike literstuurstudie gedoen om vas te stel wat navorsing is, sowel as die verskeie tipes navorsing wat gedoen kan word. Dit word gedoen sodat vasgestel kan word watter metode die mees geskikte sou wees om die inligting vir die betrokke studie in te samel.

Die volgende aspekte sal in die hoofstuk aandag kry:

 Doelstelling en doelwitte met die navorsing

 Navorsingsparadigma  Empiriese navorsing  Navorsingsontwerp  Navorsingstrategie  Populasie en steekproef  Data-insamelingsmetodes  Kwaliteitskriteria  Data-analise  Etiese beginsels