• No results found

4.3 NAVORSINGSPARADIGMA

4.4.6 Kwaliteitskriteria van die kwantitatiewe en kwalitatiewe

4.4.6.1 Kwantitatiewe studie: loodsondersoek

Ongeag of „n kwalitatiewe of kwantitatiewe studie gedoen word, is dit noodsaaklik dat daar eers „n loodsondersoek gedoen moet word. Dit word gedoen om die betroubaarheid van die dataversamelinginstrument te bepaal (Strydom & Delport, 2005:327). Volgens Leedy en Ormrod (2001:116), is die loodsondersoek „n verkennende ondersoek. Tydens hierdie ondersoek toets die navorser die gekose metodes en instrumente. Die loodsondersoek word deur Strydom (2011:36) beskryf as „n beplande studie op „n kleiner skaal met die doel om die metodiek en instrumente te toets en af te rond.

„n Loodsondersoek hou volgens Strydom (2002a:210) die volgende voordele in:

 Hipoteses word voortydig getoets, wat kan lei tot veranderinge of die vorming van nuwe hipoteses.

 Die navorser mag nuwe idees ontdek wat tot „n beter finale studie sal lei.

 Die metode van data-versameling en -analisering word getoets voordat die finale studie gedoen word.

 Onvoorsiene probleme word tydens die loodsondersoek uitgewys.

 Die navorser kry die geleentheid om alternatiewe metodes te toets en die mees geskikte vir die hoofstudie te selekteer.

Vir die loodsondersoek van hierdie studie is die vraelys aan personeellede, sowel as leerders aan „n ander VOO-kollege wat nie aan die hoofondersoek sou deelneem nie, gegee om dit deur te gaan vir enige onduidelikheid of foute. Die respondente vir die loodsondersoek het dieselfde kenmerke as die deelnemers aan die hoofondersoek gehad.

Betroubaarheid beklemtoon die noodsaaklikheid dat die navorser

veranderinge wat kan plaasvind tydens die studie in ag moet neem (Lichtman, 2006:195). Creswell (2009:597), Maree en Pietersen (2007c:146) en Johnson en Christensen (2008:144) definieer betroubaarheid van „n meetinstrument as daardie eienskap wat by herhaalde metings van dieselfde verskynsel met

dieselfde instrument dieselfde resultate lewer. Die betroubaarheid van „n meetinstrument word deur konsekwentheid van die metings bepaal.

Die betroubaarheid van die vraelys is deur midde van Cronbach alpha koëffisiënte en inter-itemkorrelasies vasgestel. Daar is gepoog om die vrae so saam te stel dat dit nie onduidelik of dubbelsinnig is, of neig om die respondent na „n spesifieke respons te lei nie. Die Cronbach alpha- koëffisiënte is bereken om die interne konsekwentheid van die onderskeie onderafdelings van die vraelys te bepaal. Die Cronbach alpha is „n betroubaarheidskoëffisiënt wat die mate waartoe die verskeie items in „n vraelys positief met mekaar korreleer, te bepaal (Akbaba, 2006: 183). Die Cronbach alpha meet konsekwentheid tussen individuele items van „n skaal (Simon, 2008), enSekaran (2000) beklemtoon dat die interne konsekwentheid en betroubaarheid toeneem soos die Cronbach alpha se waarde nader aan een word.

In die meeste Sosiale Wetenskappe word „n Cronbachalpha-koëffisiënt van tussen 0.7 en 0.8 as aanvaarbaar gereken wanneer daar met „n stel items op „n skaal gewerk word (Pietersen & Maree, 2007b:216; Simon, 2008). Daar is egter sommige wat waardes tussen 0.75 en 0.8 aanvaar, terwyl ander „n waarde van 0.6 as aanvaarbaar beskou (Simon, 2008). Volgens Simon (2008) en Garson (2008) kan „n waarde van 0.6 aanvaarbaar wees wanneer „n eerste verkennende studie, soos in hierdie geval, gedoen word.

Inter-itemkorrelasies is ook vir die verskeie items in die onderafdelings van die vraelys gedoen. „n Inter-itemkorrelasie word gedoen om vas te stel hoe goed items wat dieselfde konstrukte meet dieselfde resultate lewer. „n Inter- itemkorrelasie van tussen 0.15 en 0.5 bied „n aanvaarbare waarde (Trochim, 2006b). Die Cronbach alpha-koëffisiënte en inter-itemkorrelasies vir die loodsstudie en werklike studie word gerapporteer in Hoofstuk Vyf (cf. 5.1.1). Die geldigheid van „n meetinstrument verwys na die mate waarin dit meet wat dit veronderstel is om te meet (Pietersen & Maree, 2007b:216; Maree & Pietersen, 2007c:147; Creswell, 2005:600).

Ten einde die geldigheid van die vraelys te verseker, het die navorser die volgende kriteria in ag geneem.

Siggeldigheid verwys na die mate waartoe die vraelys meet wat dit beoog om te meet (Pietersen & Maree, 2007b:217). Inligting oor onderrig en leerpraktyke is vanuit die literatuur versamel, en die vraelys is daarvolgens saamgestel.

Inhoudsgeldigheid behels dat die vraelys die volledige inhoud van die konstruk wat gemeet moet word, moet dek (Pietersen & Maree, 2007b:217). In die konteks van die studie het dit beteken dat vraelys-items

verteenwoordigend van alle aspekte van onderrig-, leer- en

assesseringspraktyk (leerteorieë, onderrigleerstyle, onderrigmetodes,

onderrigstrategieë, kennisbeskouings, leerstyle en

assesseringsbenaderings) in gelyke verhouding tot mekaar opgestel is.

Om konstrukgeldigheid te verseker, is die navorser se studieleier en kenners op die gebied van onderrig-, leer- en assesseringspraktyk geraadpleeg om seker te maak dat die selfontwikkelde vraelys die konstruk waarop die studie gefokus het, aanspreek (Pietersen & Maree, 2007b:217).

Om kriteriumgeldigheid te verseker word die bevindinge wat met ‟n bestaande instrument verkry is vir die meet van „n konstruk, met die bevindinge wat met ‟n ander instrument vir dieselfde konstruk verkry is, vergelyk (Pietersen & Maree, 2007b:217). ‟n Hoë korrelasie dui op ‟n hoë graad van geldigheid en ‟n lae korrelasie op ‟n lae graad van geldigheid (Pietersen & Maree, 2007b:217). Die navorser het nie kriteriumgeldigheid bereken nie, aangesien daar tot die beste wete van die navorser géén geskikte gestandaardiseerde vraelys vir die Suid-Afrikaanse bevolking bestaan het waarteen die resultate van die selfontwikkelde vraelys vergelyk kon word nie.

Die resultate van „n kwantitatiewe studie kan slegs volgens Maree en Pietersen (2007c:151) en McMillan en Schumacher (2006:140) betroubaar wees indien daar interne, eksterne, konstruk- en statistiese geldigheid is. „n Hoë waarde van interne geldigheid dui aan dat daar voldoende beheer oor die veranderlikes was. Eksterne geldigheid dui aan in watter mate die resultate in die praktyk toepasbaar is.

Volgens Maree en Pietersen (2007c:151), beteken interne geldigheid dat die veranderlikes so ver moontlik gekontroleer word, en dat „n betroubare instrument vir dataversameling gebruik word. Die navorser het die data volgens die biografiese veranderlikes van die leerders, naamlik geslag, ouderdom en hoogste kwalifikasie, geïnterpreteer. Die betroubaarheid van die dataversamelingsinstrument is deur die loodsstudie verseker. Die navorser is oortuig dat „n vraelys „n geskikte metode vir data-insameling was, aangesien die literatuur die vraelys as besonder geskik ag om persepsies, menings en opinies te meet (McMillan & Schumacher, 2006:140).

Eksterne geldigheid is „n aanduiding van die graad waartoe die resultate vir

die hele populasie veralgemeen kan word (Maree & Pietersen, 2007c:151). Aangedien die navorser nie van willekeurige steekproefneming gebruik gemaak het nie, kan die resultate van die studie nie veralgemeen word nie. Die betrokke studie se eksterne geldigheid is dus beperk.

Konstrukgeldigheid word volgens McMillan en Schumacher (2006:140)

verseker wanneer van meer as een data-insamelingmetode gebruik gemaak word. In hierdie studie is kwantitatiewe data sowel as kwalitatiewe data gebruik om tot finale gevolgtrekkings te kom.

Die gebruik van gepaste statistiese toetse om data te analiseer verseker

volgens McMillan en Schumacher (2006:135) statistiese

gevolgtrekkingsgeldigheid. In hierdie studie is die dienste van „n

onafhanklike statistikus gebruik om die navorser behulpsaam te wees met die keuse van geskikte statistiese prosedures vir data analise.

Die volgende faktore kan, volgens Pietersen en Maree (2007b:218), die geldigheid van „n meetinstrument bedreig:

 Indien „n meetinstrument nie betroubaar is nie, kan dit nie geldig wees nie. In die konteks van hierdie studie is die betroubaarheid van die meetinstrument met „n loodsondersoek getoets.

 Groepe word bevoordeel deur faktore soos taal en kultuur.

 Cronbach alpha-koëffisiënte is bereken om die betroubaarheid van die vraelys items te bepaal. „n Faktoranalise is ook onderneem om veranderlikes in die vraelys wat iets met mekaar in gemeen het saam te groepeer (Cohen et al., 2007:560). Dit het die navorser in staat gestel om veranderlikes te verminder na „n kleiner aantal onderliggende faktore wat vir soveel as moontlik veranderlikes kan geld (Cohen et al., 2007:560). Dit het meegebring dat die navorser baie van die oorspronklike vraelysitems na afloop van die faktoranalise moes elimineer. Hierdie vraelysitems is nie in berekening gebring by die analise en interpretasie van data nie.

 Die kulturele en taalverskille is in ag geneem met die opstel van die vraelys. Die vraelys is in slegs een taal, naamlik Engels, uitgegee en daar is so ver moontlik weggebly van vrae wat deur kultuuragtergrond beïnvloed kon word.

Die volgende voorsorgsmaatreëls van Cohen et al. (2007:144-145) is in ag geneem om die bedreigings van geldigheid te verminder:

 Kies geskikte instrumente om die data in te samel: Die vraelyste sowel as die semi-gestruktureerde onderhoude was die mees geskikte instrumente vir hierdie studie.

 Probeer om die uitvaltempo van die respondent te beperk: Die vraelyste is deur die navorser self in klasverband uitgegee en ingeneem, om te verseker dat die vraelyste terugkom.

 Beperk die lengte van die vraelys tot die aandagspan van die respondente: Die voltooiing van die vraelyste het ongeveer 30 minute geneem.

 Vermy subjektiewe interpretasie van data: Die interpretering van die data is onder toesig van die studieleier gedoen, om te verseker dat geldige interpretasies gemaak word.

 Vermy swak kodering van data: Die kodering is deur die studieleier geverifieer om seker te maak dat die navorser se eie menings en opinies nie die kodering beïnvloed nie.

 Vermy die selektiewe gebruik van data: Alle data is gebruik, om soveel moontlik dimensies te ontgin.