• No results found

EVALUERING VAN DIE BYDRAE DEUR AANGRENSENDE WETENSKAPPE

4.19 UNIEKHEID VAN DIE AFRIKA-MENS

Mense met 'n Afrika lewens- en wereldbeskouing moet bale anders benader word as die tradisionele Westerling omdat die kultuur en agtergrond dikwels wesenlik verskil. Kennis ten opsigte van uitgangspunte, rituele, kultuur, godsdiens en belewenisse is gevolglik noodsaaklik ten einde effektief pastorale begeleiding te kan verskaf aan bejaardes binne hierdie milieu (Bosnian, 2002:17).

4.20 SLOT

Malkinson en Bar-tur (2005:112) tref die volgende vergelyking:

"It is as if you had lost a hand and had become a cripple. In the beginning, it hurts a lot, and one doesn't know how to manage without the hand Later, it forms a scab and is bothersome, and then, you are fitted for prosthesis and you begin functioning And the prosthesis is so

good that no one realizes that you are missing a hand. But in the evening, you remove the prosthesis and you are left with a void."

Hierteenoor rig Schiff (1977:87) egter die volgende uitdaging aan elkeen wat 'n kind verloorhet:

"The death of a child is frequently called the ultimate tragedy. But it is a tragedy that must not be compounded by allowing everything around you to die also. There are other...who need and deserve to see you functioning as well."

Alhoewel die tyd verbygaan en die trane minder word, sal die gestorwe kind altyd deel van die ouers se lewe bly - die dood kan nie *n verhouding beeindig nie (Moss, 2006:1). Daarom se Wilkinson (1991:72) "He whom we love and lose is no longer

4.21 GEVOLGTREKKINGS

• Die dood van 'n volwasse kind is vir die bejaarde ouer een van die angswekkendste en mees traumatiese gebeurtenisse wat in so 'n ouer se lewe kan plaasvind. Die natuurlike rolle is omgedraai aangesien dit 'n onnatuurlike ingrype in die natuurlike verloop van die lewe is. Al is die kind volwasse, bly dit die ouers se kind. Kinders is meer as net 'n genetiese oordrag - kinders is psigologiese verlengstukke van ouers.

• Ouers tree verskillend op na gelang van die manier waarop die kind gesterf het, maar ook na gelang van die verhouding tussen die kind en die ouers, die omgewing, die karakter van die kind, ensovoorts.

• Selfmoordstatistieke styg onrusbarend en in Suid-Afrika sterf daar elke uur iemand as gevolg van selfmoord, met twintig tot veertig pogings tot selfmoord per uur. Die gemiddelde ouderdom van die suksesvolle selfmoorde is tussen 35 en 44 - die volwasse kinders van bejaarde ouers.

• Wanneer die bejaarde ouerpaar se volwasse kind sterf, is dit gewoonlik nie al krisis waarmee hulle op daardie stadium aan die worstel is nie. Hulle beleef dikwels dan ook allerhande ander persoonlike en sosiale verliese en die verlies van hul kind kan die ander verliese aksentueer.

• Wanneer volwasse kinders sterf, is daar bepaalde probleme wat eie is aan die situasie. Indien die kind byvoorbeeld getroud was, is die konsentrasie van simpatie gewoonlik meer toegespits op die huweliksmaat en kinders en nie soseer op die bejaarde ouer nie. Indien die kind ongetroud was, is daar dikwels ander eiesoortige probleme soos eiendomme, skuld en beleggings wat bestuur moet word. Die volwasse kind en die ouers het ook 'n vriendskapsband gevorm wat meer intiem is as *n ouer-kind verhouding soos toe die kind nog klein was.

• Die dood van 'n volwasse kind laat die gesinsverhouding en die huwelik van die ouers dikwels in 'n groot krisis. Dit kan die gesinslewe selfs in so mate beinvloed dat die hele gesinskohesie disintegreer.

• Die mens besit 'n ingeboude veerkragtigheid wat by geleentheid kan bydra tot die verwerking en hantering van die ergste krisisse en traumas sonder enige intervensie - in sommige buitengewone gevalle vind dit plaas. Indien daar

egter abnormale gedrag of patologie na vore tree, is terapeutiese intervensie nodig.

• Die rouproses word gesien as 'n akkommodasie eerder as 'n oonvinning. Die kind hoef nie vergeet te word nie, maar moet juis onthou word. Rouwerk bestaan daarin dat ouers afstand doen van die oorspronklike verhouding waarin hulle tot die kind gestaan het en *n nuwe verhouding met die gestorwene aanknoop. Die ouer se verhouding met sy kind word eers verbreek die dag wanneer hy ook sterf.

• Gekompliseerde rou kom ter sprake wanneer die treurende ouers nie met betrekking tot hul eie unieke menswees vorder soos daar van hulle verwag word nie.

• Daar is nie 'n vasgestelde tyd waarbinne ouers die rouproses moet afhandel nie. Elke persoon is uniek, hul verhouding met hul kinders is uniek en daarom sal elke ouer op 'n ander gegewe tyd uiteindelik die dood van sy kind positief verwerk.

• Daar word baie fases van rou onderskei. Die doel van die fases is nie om die treurende ouers binne 'n bepaalde fase in te forseer nie. Die onderskeie fases word egter gei'dentifiseer ten einde die terapeut in staat te stel om die treurende ouer beter te kan verstaan en tot heelheid te kan begelei.

• As gevolg van die kulturele, genetiese en persoonlike agtergrond is daar duidelike geslagsverskille met betrekking tot die rou oor 'n volwasse gestorwe kind.

• Die dood van 'n volwasse kind is volgens alle defmisies en beskrywings van trauma, 'n erge traumatiese belewenis vir bejaarde ouers. Sonder die nodige hulp en begeleiding kan die ouers gevolglik baie maklik in 'n post traumatiese stresversteuring met al die gepaardgaande negatiewe gevolge verval.

HOOFSTUK 5