• No results found

EVALUERING VAN DIE BYDRAE DEUR AANGRENSENDE WETENSKAPPE

5 3 KWANTITATIEWE EN KWALITATIEWE NAVORSING

5.5 BESPREKING VAN EMPIRIESE NAVORSING

5.5.1 Beskrywing van die fases van navorsing

In die onderhawige navorsing gaan die empiriese studie gedoen word aan die hand van 'n kombinasie van kwalitatiewe en kwantitatiewe benaderings, wat in vyf fases verdeel kan word. Die kwalitatiewe ondersoek sal egter die grootste deel van die ondersoek beslaan.

• Faseeen

Daar word 'n vraelys aan ongeveer 40 persone gegee om te voltooi (Sien bylaag E). Al die deelnemers is bejaardes wat almal *n volwasse kind aan die dood afgestaan het. Onder die teikengroep is enkelouers van beide geslagte asook huwelikspare. In hierdie proses word klem gele op drie aspekte: die vertroulikheid van die inligting, dat alle vrae voltooi moet word en dat die vrae so eerlik as moontlik beantwoord moet word. Die aard van die vrae wissel van bloot informatief, soos die deelnemer se naam en van, tot baie intieme vrae wat byvoorbeeld handel oor die aard van die dood van die kind en die verwerking daarvan. Hierdie eerste fase fokus dus meer op 'n kwantitatiewe benadering.

Volgens Neuman (2006:222) is die doel van groepsdeelname daarop gerig om inligting te bekom wat kan verduidelik en verhelder. Daar is verskeie metodes om deelnemers te identifiseer en in hierdie studie word gebruik gemaak van die doelgerigte metode van groepering. Doelbewuste seleksie is "n waardevolle manier van seleksie vir spesifieke situasies. Dit word gebruik in verkennende navorsing of in die praktiese veld navorsing. Dit gebruik die oordeel van *n kundige om spesifieke gevalle kies, of dit selekteer gevalle met 'n spesifieke doel voor oe. Doelbewuste seleksie is toepaslik om unieke gevalle te kies wat spesifieke inligting kan voorsien.

• Fase twee

In hierdie fase word die inligting vanuit die vraelyste verwerk en aktuele onderwerpe word daaruit en uit gesprekke met deelnemers geidentifiseer. Hierdie onderwerpe het te make met die aspekte wat die deelnemers verhoed om die dood van hulle volwasse kind te integreer of positief te verwerk. Die onderwerpe het ook te doen met die aspekte wat vir die ouers belangrik is en gehelp het in hulle verwerking van die dood.

• Fase drie

In hierdie fase word aanvanklik ongeveer ses spesifieke deelnemers uit die groep wat die vraelys ingevul het, geidentifiseer. Volgens McCoy (1995:2009) is dit so dat

"Samples are usually small and are often purposively selected." Whitaker (1992:9)

meen dat diegene wat nie bereid is om hulle gevoelens met ander te deel nie, nie gekies moet word vir hierdie kleiner groep nie, omdat hulle nie daarby sal baatvind nie. Die ses deelnemers sal uiteraard op verskillende vlakke van aanvaarding van hulle kinders se dood wees, maar dit is nie noodwendig 'n negatiewe gegewe nie. Volgens Roy en Sumpter (1983:232) het dit juis dan ook veral twee positiewe gevolge: Die wat nog in 'n vroeere vlak van rou is, kry hoop dat dit beter kan gaan, en die wat al verder gevorder het op die pad van rou en aanvaarding kan sien hoe hulle gegroei het.

Daar word met die ses deelnemers gekonsulteer om in 'n aantal sessies die betrokke onderwerpe wat in fase twee geidentifiseer is, te bespreek. Daar word met hulle en tussen mekaar 'n vetrouensooreenkoms aangegaan sodat hulle eerlik en openhartig tydens die gesprekvoering kan wees. Die eerste sessie sal dus uit die aard van die saak aan laasgenoemde ooreenkoms gewy word. (Sien bylaag G vir die ooreenkoms van vertroulikheid). Die tweede sessie sal 'n onthullingsessie wees waarin elke persoon in kort kan vertel wat gebeur het en wat hy of sy beleef het met die afsterwe van hul kinders. So 'n onthullingsessie sal die groepskohesie in 'n groot mate bevorder. Omdat die deelnemers mekaar goed ken en uit dieselfde plattelandse gemeenskap kom, behoort die vertrouensooreenkoms wat gesluit word nie problematies te wees nie en sal hulle waarskynlik ems daarmee maak.

• Fasevier

In hierdie fase word die onderwerpe/knelpunte wat in fase twee geidentifiseer is, met die groep van ses deelnemers bespreek. Die gesprekke word ten minste sewe tot veertien dae uit mekaar gehou sodat daar groei kan plaasvind in die verwerking van die inligting wat met mekaar gedeel word. Die besprekings word op 'n neutrale, nie- openbare plek gehou, waar daar sonder voorbehoud uiting aan gevoelens gegee kan word. Elke gesprek begin met sosialisering deur koffie en tee te geniet, waarna vir ongeveer 90 minute gepraat sal word. Daar word eerstens 'n teoretiese begronding of agtergrond oor die spesifieke onderwerp vanuit die reeds behandelde literatuur gegee, waarna die deelnemers genoeg tyd gegun word om hul eie belewenis van die onderwerp met mekaar te deel. Daar word gepoog dat niemand die gespreksgeleentheid verlaat terwyl hulle emosionele stand van so aard is dat hulle met 'n swaar of hartseer gemoed daar weggaan nie. Die gespreksgeleentheid sal ter wille van die afwen van die spanning weer afgesluit word met tee of koffie.

• Fase vyf

In die laaste fase word daar 'n evalueringsvorm uitgegee wat deur die deelnemers voltooi moet word. (Sien bylaag F). Die oogmerk van hierdie vorm is om vas te stel of die gespreksgeleenthede die betrokke persone enigsins gehelp het om die dood van hul volwasse kind beter te verwerk, al dan nie. Die evalueringsvorm hou verband met die onderwerpe wat bespreek is, asook die groei wat by die deelnemers plaasgevind het gedurende die tydperk vanaf fase een tot vyf. Op die evalueringsvorm word 'n kruisie of regmerk gemaak op 'n skaal van 1 - 6 waar 1 beslis "nee" is en 6 beslis "ja" is. Uit die resultate word daar dan ook sekere statistiese-afleidings gemaak rakende die groei van die deelnemende persone. Die programevaluasie of beskrywing van bevindings is die laaste, maar ook die belangrikste punt in die navorsingsproses.

Die evaluasie in Fase 5 word gevolglik uit die resultate van die voorafgaande punte gedoen.

5.5.2 Profiel van kandidate vir die kwalitatiewe navorsing

Van die persone wat die vorms ontvang het, woon drie egpare op 'n plaas, twee egpare en 'n weduwee op die dorp en die res is almal woonagtig in 'n aftreeoord in Wakkerstroom in Mpumalanga. Daar was dertien weduwees/wewenaars en dertien egpare by die vraelyste betrokke. Hulle is almal blanke Afrikaanssprekende persone van die Nederduitse Gereformeerde kerk, Hervormde kerk en Gereformeerde kerk.

Die uitnodiging aan die E'sizameleni gemeenskap waar hoofsaaklik Zoeloesprekende mense woon, het nie een deelnemer opgelewer nie. Die uitnodiging is via kerkleiers in die Zoeloegemeenskap gedoen. Die mededeling van die kerkleiers was dat die Zoeloekultuur die afsterwe van volwasse kinders radikaal anders hanteer as die Westerse kulture in Suid Afrika.

Uit die 39 vorms wat uitgegee is, het die navorser 24 terugontvang. Uit die groep het 38% (vyftien bejaardes) nie kans gesien om die vorms in te vul nie en hulle het dit ook so aangedui, sonder dat hulle as groep vooraf so besluit of ooreengekom het. Die algemene terugvoer was dat hulle begin het om die vorm in te vul, maar kort daarna dan nie kans gesien het om voort te gaan nie, aangesien die pyn en die hartseer net te groot was. Twee van die vyftien bejaardes was mans terwyl dertien dames was. Die betrokke persone se kinders is reeds tussen 12 en 23 jaar gelede oorlede.

Bogenoemde weerstand om die vorms in te vul is nie noodwendig negatief nie aangesien dit navorser in staat gestel het om die persone in die gemeenskap te identifiseer wat gehelp kan word met die rouproses.

Die weerstand om die vorms in te vul is ook 'n bevestiging van die belangrikheid en noodsaaklikheid van hierdie studie en dit bevestig die enorme pyn waardeur 'n bejaarde ouer gaan indien hulle 'n volwasse kind aan die dood moet afgestaan.

Van die 24 vorms wat teruggekry is, het elf persone aangedui dat hulle deel wil wees van 'n ondersteuningsgroep soos wat in hierdie studie beoog is. Daar is gevolglik 'n byeenkoms met die elf persone gereel en na 'n gesprek oor die doelstelling en werkswyse van so 'n ondersteuningsgroep, het ses persone laat blyk dat hulle beslis

wil voortgaan met die ondersteuningsgroep en verdere gesprekke rondom onderwerpe wat uit die inhoud van die vorms mag voortspruit, wou voer.

5.5.3 Versekering van anonimiteit en vertroulikheid

Daar is by herhaling bevestig dat die inligting wat in die vorms gegee word, vertroulik hanteer sal word. By elke afgee en ontvangs van die vorms was dit weer deurnavorser bevestig.

5.5.4 Identifisering van belangrike temas vir die persoonlike gesprekke

Teen die agtergrond van die literatuurstudie soos reeds bespreek, die resultate van die vraelyste (die kwantitatiewe benadering) asook persoonlike gesprekke met die deelnemers is die volgende temas uiteindelik geformuleer met die oog op die persoonlike gesprekke en die begeleiding van die ouers:

Tema 1: Vertrouensooreenkoms Tema 2: Onthullingsessie

Tema 3: Huweliks- en gesinsfunksionering Tema 4: Emosionele en fisiese reaksie Tema 5: Bejaarde-gekoppelde probleme Tema 6: Tydsduur van die rouproses

Tema 7: Faktore wat rou positief/negatief beinvloed Tema 8: Skuldgevoelens en depressie

Tema 9: Evaluering

5.5.5 Insigteverkry uit die vraelyste

Die volgende vrae is van besondere belang vir die studie en die antwoorde uit die vraelyste word kortliks bespreek.

• Noem asseblief die tipe dood wat die kind gesterf het (byvoorbeeld: motorongeluk, selfmoord, hanker ens).

Daar was sewe moontlike oorsake vir die onnatuurlike sterftes: bloedkanker (twee deelnemers), moord (vyf deelnemers), motorongelukke (agt deelnemers), vreemde siektes (vier deelnemers) hartaanvalle (twee deelnemers) verdrinking (een deelnemers) en selfmoord (twee deelnemers).

• Wat was die ouderdom van die kind tydens sy/haar afsterwe?

Die gemiddelde ouderdom van die volwasse kinders wat gesterf het was 31 jaar. Van die afgestorwenes was nege dogters en vyftien seuns. Sewentien deelnemers het aangetoon dat daar nog ander kinders in die huis was ten tye van die sterwe van die volwasse kind. Twintig het 'n goeie verhouding met hulle kind gehad en slegs drie het ten tye van die sterwe 'n swak verhouding met die kind gehad.

• Hoe het u as ouers van die dood te hore gekom?

Die ouers het op verskillende maniere van die dood te hore gekom: vier was ooggetuies/teenwoordig, die predikant het sewe laat weet, drie is per telefoon ingelig, twee is deur hulle eie seun in kennis gestel, een deur die hospitaal, drie deur die dokter, een deur familie, een deur die plaaslike Jeugsentrum en twee is deur plaaswerkers laat weet.

• Hoe het die kind se doodjulle huweliksverhouding beinvloed?

Die betrokke kind se dood het die deelnemers se huweliksverhoudings verskillend beinvloed: nege deelnemers se huwelik is versterk en hulle kon mekaar troos en bystaan. By een het die eggenote onttrek. Een egpaar het as gevolg van die krisis uiteindelik groter begrip en omgee vir mekaar gehad. Een egpaar se huwelik is baie negatief beinvloed en nog een het gemeld dat die sterwe hulle geleer het om mekaar se stilword-tye te respekteer.

• Hoe het die dood van die kind julle gesinsfunksionering beinvloed? Oor die algemeen het die dood van hul volwasse kind ook deelnemers se gesinsfunksionering beinvloed. Een het die voortspruitende afsydigheid van