• No results found

Hand 1:3. Jesus Chrisrus het na Sy opstanding aan baie mense verskyn, onder andere aan die Emmausgangers Hierdeur bevestig Lukas dat Sy opstanding onbetwisbaar is.

3.4 DEE HELENDE PROSES

3.4.4 Riglyne vir pastorale hulp

As deel van die pastorale begeleiding van die bejaarde ouerpaar wat 'n volwasse kind aan die dood afgegee het, kan dit waardevol wees indien die pastor ook kennis neem van sekere waardevolle insette deur die narratiewe terapie.

Binne die narratiewe benadering, word bale sterk gefokus op die slagoffer se ervarings en ondervindinge en nie soseer die van die berader nie. Daar word ook gepoog om weg te beweeg vanaf probleem-stories na oplossing- en moontlikheid-stories. (Gale, et al, 2003:82-83). Die toepassing van beginsels soos hierdie kan 'n baie belangrike rol vervul in die proses waaxdeur die bedroefde ouers uiteindelik tot emosionele genesing begeleiword.

Hierdie benadering eksploiteer, interpreteer en vorm 'n konsensus tussen die betrokke familielede, die pastor en die ouerpaar. Die vertel van die storie word beihvloed deur die narrator (die ouerpaar) en die pastor. Daar is geen definisie van wat belangrik is en wat nie. Die keuse van wat om te vertel, le by die ouerpaar - alhoewel die pastor dit deur vrae of reaksies in 'n rigting kan stuur.

Die U.S. Departement of Health and Human Sources (2006:1) gee die volgende praktiese riglyne vir beraders asook metodes Wat ouers kan help in die rouproses:

Riglyne aan beraders:

• Besoek die gesin so gou as moontlik — binne 24 uur na die afsterwe. • Betoon empatie en voel saam met hulle hul verlies.

o Moedig die ouers aan om die detail van die dood van hul kind met jou asook met die dokter te bespreek, om so 'n korrekte verstaan van die situasie te verkry.

» Bespreek die begrafnisopsies met die ouers. Verseker hulle dat dit aangepas kan word volgens hulle behoeftes.

• Bied aan dat hulle kan deelneem aan die seremonie tydens die begrafnis.

• Skep 'n atmosfeer van geduld — hulle moet nie geforseer word om oorhaastige besluite te neem nie.

• Help die ouers om ook vir ander van hulle verlies te vertel. Kondig dit in die kerk af en plaas. 'n berig in die koerant

• Laat die gemeente, met die toestemrning van die ouers, die ouers bystaan met praktiese aspekte soos byvoorbeeld die voorsiening van kos, omsien na kinders,

ens. Hoor by die gesin waarm.ee hulle gemaklik sal wees.

• Moedig die ouers aan om oor hulle "soort" verlies te praat en gee vir hulle materiaal om te lees.

• Motiveerdie ouers om ■ 'n ondersteurrmgsgroep by te woon van andere wat al deur dieselfde krisis is.

• Nasorg is belangrik, veral omdat die samelewmg nie altyd die verlies (van volwasse kinders van bejaarde ouers) erkenas net so traumaties soos die dood van Memer kinders nie.

• Onthou verjaarsdae en ander belangrike dae wat telkens die sneller tot negatiewe herinneringe kan wees.

• Verwys die ouers na intensiewe berading as dit nodig sou wees.

Dieselfde departement noem ook metodes wat ouers kan help in die rouproses:

• Skryf 'n joernaal van gebeure. • Bring tyd in gebed deur. • Skryf gedigte.

• Skryf kort stories.

• Praat in die openbaar oor die dood. • Woon groepsessies by.

• Beoefen een of ander kreatiewe kunsvorm wat uitdrukking aan emosies gee. o Beoefen gesonde eetgewoontes.

Daar word verder ook 'n aahtal algemene faktore genoem Wat gesonde rou kan aanhelp en wat deur die pastor beklemtoon kan word:

• 'n Goeie en gesonde sosiale netwerk. • Goeie gebalanseerde eetgewoontes. • • Genoegsame vloeistofinname.

» Daaglikse oefening.

• Voldoende daaglikse rus. (U.S. Departement of Health and Human Sources, 2006:1) ;

3.4.5 Vernuwende geestelike lewe

Een van die uiteindelike doelwitte van die pastorale begeleiding van bedroefde ouers is geestelike verdieping en 'n meer intieme verhouding met God. In hierdie opsig verwys Arterburn en Stoop (1998:185) na die volgende 'sewe sleutels' wat kan dien tot stimulering van sodanige geestelike groei en vernuwing - dit bevorder ook versoening russen mens en God::

• S oek die Here en gee j ouself aan Horn oor. • Sien die waarheid.

• Praat die waarheid.

« Neem verantwoordelikheid. • Rou, vergewe en aanvaar. • Veranderjoulewe. • Bewaar die geestelike vrug.

3.5 GEVOLGTREKKINGS

• Die oorwinning van Jesus Chrisrus stel die geiowige ouer in staat om die dood van hul volwasse kind te oorwin deur die krag van die Heilige Gees.

• Die Skrif en die teologie bied aan bedroefde ouers sinvolle riglyne onderweg na emosionele en geestelike genesing.

» Ouers wat kinders aan die dood afstaan, beleef verlies, droefheid en rou. Rou is 'n natuurlike proses totdat die persoon die dood van 'n geliefde aanvaar het. • Indien gekompliseerde rou teenwoordig is, is meer as ondersteunende berading

no dig.

• Gekompliseerde TOU word oor die algemeen gekenmerk deur aspekte soos die ■ volgende: rou vermyding, chromese rou, vertraagde rou, gemaskeerde rou of

psigosomatiese siektes.

• Ongekompliseerde rou en depressie moet van mekaar onderskei word. « Gekompliseerde rou kan dikwels tot depressie lei.

• Die pastor moet die ouers help om hul geloof in God te behou en so uiteindelik in staat te kan wees om hul verlies deur die krag van die Heilige Gees te aanvaar en te verwerk.

«• Dit gaan in die pastoraat orri 'h kdiiununikasiegebeure waarin die pastor, met die hulp van die Bemiddelaar (die Heilige Gees) bemiddelend moet optree en in die naam van die Middelaar (Jesus Chrisrus). Pastoraat, as paraklese, is wesenlik oorwinningsorg. • • ...: •

• Die pastor is pastor eerstens op' grond van: sy roeping en nie primer as gevolg

• Dit is baie belangrik vir die pastor om op drie vlakke met die Woord van God besig te wees:

o As rigsnoer vir sy eie lewe.

o Die Woord as kennisgewende Bron.

o Om vanuit sy verhouding met die Here en sy kennis van die Woord, mense teologies te kan begelei tot oorwinningsorg.

• Dit is soms nodig dat gebedsterapie gebruik word.

• Afgesien van die rol van gebed tydens gebedsterapie, moet gebed in elk geval deel van die pastorale sorg wees. Die pastor kan vir die bedroefdes bid, hulle motiveer om self te bid of hulle begelei tot genesing in gebed voor die Here. • Rou is 'n normale en baie natuurlike belewenis, maar ook 'n traumatiese en

emosionele belewenis as gevolg van die verlies van iets of iemand met wie die persoon 'n sterk emosionele band gehad het.

• Navorser stel die volgende voorlopig as fases van rou voor: o Skok en ontkenning.

o Aanvaar die realiteit van die verlies. o Woede (na buite).

o Neerslagtigheid/depressie (woede na binne). o Skuldfase (veral in die gevalle van selfmoord) o Onderhandeling.

o Egte rou en hartseer - beleef die pyn van die rou. o Vergifnis, berusting en aanvaarding.

o Pas aan by 'n omgewing waarin die oorledene nie meer bestaan nie. o Onttrek emosionele energie uit die verhouding met die oorledene en

her-investeer dit in ander verhoudings.

• Dit gebeur dikwels dat 'n ouer wat *n kind aan die dood afgestaan het, by 'n spesifieke fase vassteek en nie verder op die pad van rou kan vorder nie. Die persoon moet dan eers deur die betrokke fase begelei word ten einde die rouprosesaftehandel.

• Indien woede verkeerd hanteer of onderdruk of geignoreer word en daar ook 'n sterk mate van bitterheid of wrok aanwesig is, kan dit tot die onttrekking van serotonien uit die sinapsverbindings lei. Die gevolg hiervan kan onder andere dan depressie, angstigheid, moegheid, teruggetrokkenheid en slaapversteurings

wees. In hierdie opsig kan woede, onvergewensgesindheid en wrokke teenoor andere 'n groot negatiewe rol speel met betrekking tot depressie en gevoelens van neerslagtigheid.

• In gevalle waar genetiese faktore 'n rol speel of waar daar 'n chemiese wanbalans in die brein is, is medikasie baie belangrik.

• Dikwels ontneem die gebruik van medikasie mense van hulle gevoel van verantwoordelikheid betreffende sommige van die diepere oorsake van depressie.

• Die groot verskil tussen depressie en (ongekompliseerde) rou, is dat rou mettertyd opklaar terwyl depressie wat nie hanteer word nie geneig is om meer intens te raak.

• Vergifhis speel 'n baie belangrike rol met betrekking tot emosionele genesing waar 'n ouer 'n kind aan die dood afgestaan het. Indien iemand anders verantwoordelik was vir die kind se dood is die rol van vergifnis soveel dringender.

• Herinneringe skep 'n patroon waarbinne persone geneig is om die onverwerkte negatiewe aspekte te herhaal wat hulle beleef het. Dit lei dan soms ook daartoe dat mense verkeerde maniere aanleer om in verhoudings met ander te staan en dit lei dan ook tot verkeerde wyses om die lewe en verliese te hanteer.

• Na die afsterwe van 'n volwasse kind kan die bejaarde ouer dikwels in eensaamheid verval. Die pastor het hier 'n baie belangrike rol te vervul ten einde die eensame terug te plaas in 'n eerlike omgee-omgewing wat bevorderlik isvirheling.

• Onopgeloste vrese speel *n baie belangrike rol in die lewens van die moderne mens - Christene beskik egter oor die potensiaal om vrees om te swaai in hoop. • Daar is veral drie groot oorsake van emosionele pyn: Lae selfbeeld,

eensaamheid en gebrek aan intimiteit met God. Dit hou ook verband met die drie basiese behoeftes van enige mens: Selfwaarde, intimiteit met ander en intimiteit met God.

• God het elke mens geskep met 'n geestelike en emosionele vermoe om uiteindelik weer te kan herstel na emosionele pyn en verlies - hiersonder sou die gemiddelde persoon nie kon oorleef nie.

• Perspektiewe vanuit die narratiewe terapie kan deur die pastor effektief benut word in die begeleiding van bedroefde ouers onderweg na emosionele genesing.