• No results found

EVALUERING VAN DIE BYDRAE DEUR AANGRENSENDE WETENSKAPPE

4.6 OUERS SE REAKSIES

Wat is ouers se algemene reaksie na die aanhoor van die doodstyding? In 'n studie wat Wheeler (2001:56) gedoen het, wys hy daarop dat daar by die ouers 'n totale onvermoe was om die realiteit van die dood te aanvaar: geweldige emosionele reaksies en 'n pre-okkupasie met die gestorwene.

Ouers se reaksie hou dikwels verband met die wyse waarop die kind gesterf het. Indien die dood van 'n kind doelbewus was of as daar voor die dood verminking ingetree het, sal die dood van die kind vir die ouers nog erger wees (Murphy et al, 2003a:382). Ander verswarende faktore is aspekte soos 'n skielike dood, aanskoue van die dood, die kind se geslag en ouderdom, die ouers se inkomste, huwelikstatus, selfbeeld en self effektiwiteit/doeltreffenheid (efficacy) (Murphy etal, 2003c:7).

Faktore wat langdurige emosionele stres vererger, hou gewoonlik verband met die oorsaak van die dood, die karakter van die gestorwe kind, die karakter van die ouers, die ouer-kind verhouding en die ouer se nadoodse omgewing (Murphy et al,

1999:130). Schwab (1996:110) sluit ook bierby aan as hy se dat diegene wat kinders skielik, sonder 'n voorafwaarskuwing verloor, oor die algemeen meer intense rou beleef.

Barry et al. (2002:455) noem dat navorsers 'n sterfte gewoonlik klassifiseer as gewelddadig (wat die ouers se reaksie kan vererger) of nie gewelddadig. Die bedroefdes se ervaring van so 'n gebeure kan egter juis die teenoorgestelde wees. So kan 'n sterfte wat vir navorsers nie gewelddadig is nie, deur die oorlewendes as gewelddadig ervaar word en sal hulle gevolglik meer vatbaar wees vir depressie, post- traumatiese stresversteuring en gekompliseerde trauma.

As deel van hul rousmart beleef die meeste ouers depressie, bekommernisse, en negatiwiteit en hul mortaliteitsvlak is hoer. Bedroefde persone ervaar gewoonlik vier tipes wanfunksionering gedurende die eerste jaar van verlies: kognitiewe disorganisasie, erge terneergedruktheid, gesondheidsprobleme en sosiale- en beroepsdisfunksies. (Bonanno & Kaltman, 2001:711,715).

Ouers se reaksie op verskillende wyses van sterfte word vervolgens bespreek. Daar word aandag gegee aan ongelukke, moord, selfmoord, en terminale siektes:

4.6.1 Ongelukke

As 'n kind in 'n ongeluk sterf voel die ouers dikwels dat hulle dit vir een of ander rede kon verhoed het (Murphy et al, 2003c:8). Sulke ouers ervaar oor die algemeen

aspekte soos verdriet, depressie, wrokkigheid, woede, skuld, selfblaam, stigma, onvoldoende sosiale netwerkondersteuning, spanning rondom hul rol as ouers en dikwels ook liggaamlike siektes (Murphy et al, 1999:131).

4.6.2 Moord

As die kind vermoor is, beleef ouers dikwels sekondere viktimisasie as gevolg van die kriminele regsisteem - die moordsaak word gewoonlik nie deeglik genoeg ondersoek nie, nie vinnig genoeg afgehandel nie of die straf vir die moordenaar is nie bevredigend nie (Murphy et al, 2003c:8). Ouers ervaar terugflitse van die moordtoneel, hulle beleef woede en wraakgedagtes teenoor die moordenaar, frustrasie met die kriminele regsisteem, post traumatiese stresversteuring, angsaanvalle, paniek en depressie (Murphy et al, 1999:131). Ouers wie se kinders vermoor is, toon ook groter tekens van emosionele spanning, presenteer met die laagste vlakke van aanvaarding van die dood en ook die laagste vlakke van huweliksbevrediging indien dit vergelyk word met ouers wat kinders deur 'n ongeluk of aan selfmoord verloor het. (Murphy et al, 2003b:54).

4.6.3 Selfmoord

Volgens Thomas (2003:1) het die selfmoordgetalle onder adolessente en Jong volwassenes vanaf 1952 tot 1995 in die VSA verdriedubbel. Ook in Suid-Afrika neem selfmoord reuse afmetings aan. Volgens Benghiat (2006:1) pleeg daar een persoon elke uur in Suid Afrika selfmoord en gedurende dieselfde tydsbestek is daar 20-40 selfmoordpogings. Statistieke wat deur die Wereldgesondheidorganisasie (WGO) uitgereik is, meen dat daar elke 40 sekondes iemand wereldwyd selfmoord pleeg, met elke drie sekondes 'n poging tot selfmoord. 'n Skokkende feit is dat die hoogste selfmoordsyfer in die ouderdomsgroep 35-44 jaar le. Dit is dus volwasse persone wat waarskynlik in meeste gevalle nog bejaarde ouers het. In die lig hiervan is Clarke en Wrigley (2004:22) van mening dat die eskalerende selfmoordgetalle psigiatriese

siektes by bejaardes kan verhoog.

As die kind selfmoord pleeg, beleef die ouers heel dikwels minder sosiale ondersteuning as gevolg van die stigma wat aan selfmoord kleef (Murphy et al,

2003c:8). Die ouers ervaar verwerping, verlatenheid en is verward - en slegs 'n klein groepie soek professionele hulp (Murphy et al, 1999:131).

Van Dongen (1991:375) meen egter dat die selfmoord van 'n gesinslid 'n diepe omwenteling in die gesin meebring. Belangrike veranderings in emosionele, fisiese, kognitiewe en sosiale funksionering word dikwels deur die oorlewendes ondervind. Barret en Scott (1990:10) sluit hierby aan en toon aan dat die naasbestaandes van selfmoordgevalle meer leedreaksies beleef as naasbestaandes wat geliefdes op 'n ander manier aan die dood afstaan. Hier is veral vier leed- /roureaksies ter sprake:

• Algemene reaksie: somatiese simptome, hoop-loosheid, woede, skuld, verlies van sosiale ondersteuning en selfVernietigende optrede.

• Reaksie op onnatuurlike dood: dit kon vermy gewees het - daar is 'n stigma aan, en hulle voel in die steek gelaat.

• Reaksie op onverwagse dood: soek 'n verklaring, voel verantwoordelik. • Reaksie op selfmoord: voel verwerp en verlee.

Volgens Barret en Scott (1990:10) is die tydsduur vir die aanvaarding van selfmoord nie vir die naasbestaandes anders as vir oorlewendes van ander sterfgevalle nie. Die tempo van die genesingsproses na 'n geliefde se dood word dus nie net bepaal deur die wyse waarop die persoon gesterf het nie, maar daar is ook ander faktore wat die rouproses en die uitkoms daarvan beinvloed.

Ellenbogen en Gratton (2001:83-85) is van mening dat alhoewel dit algemeen aanvaar word dat persone wat selfmoord pleeg se gesinslede meer intense rou beleef, daar nie genoegsame getuienis is om dit te bevestig nie. Volgens hulle het navorsing aangetoon dat die familie dikwels voor die selfmoord ook ernstige sielkundige probleme ondervind het. Die gesinslede van persone wat selfmoord pleeg se rou is wel anders of die pad van aanvaarding is soms anders as in die geval van ander sterftes, maar na twee jaar is hierdie verskille minimaal. Hulle navorsing het dus getoon dat daar min bewyse is dat die "selfmoord"-gesinne meer intense rou as ander gesinne beleef. Wat wel waar is, is dat die rouproses moontlik anders verloop. Murphy (et al,, 2003c:5) het ook bevind dat daar 4 maande na 'n kind se afsterwe by

9% van ouers selfmoordgedagtes teenwoordig was. Die getal het egter afgeneem na die 12de, 24 ste en 60ste maand, waama dit feitlik afwesig was. Hiermee het sy die stelling, dat die ouers wie se kinders selfmoord gepleeg het 66k gerieig is tot selfinoord,verkeerdbewys.

Clarke en Wrigley (2004:220) is weer van mening dat volwasse kinders wat selftnoord gepleeg het, se ouers wel meer geneig is tot selfmoord. Seguin et al. (1995:489) huldig dieselfde standpunt wanneer hy verwys na navorsing wat aandui dat ouers van kinders wat selftnoord gepleeg het ses maande na die selfmoord meer depressief was as ouers wie se kinders in ongelukke gesterf het. Die verskil het egter teen die negende maand verdwyn. Bedroefde ouers van kinders wat selfmoord gepleeg het, neig ook volgens Ness en Pferrer (1990:183) ongetwyfeld tot selfmoord. Rondom hierdie kwessie is daar duidelik dus nog ruimte vir debattering.

Jordan (2001:91-91) sluit by Ellenbogen en Gratton aan deur daarop te wys dat die rou van gesinne oor iemand wat selfmoord gepleeg het in drie opsigte van ander gevalle verskil: die tematiese inhoud van die rou, die sosiale prosesse waardeur die oorlewendes gaan en die impak van die selfmoord op die gesinsisteme. Jordan is van mening dat die rouproses na iemand se selfmoord in so groot mate van ander gevalle verskil dat dit navorsing regverdig sodat gespesialiseerde psigologiese hulp aangebied kan word. Die grootste verskil hou verband met die feit dat die oorlewendes van die selfmoord gevalle in 'n groot mate verantwoordelik gevoel het vir die dood. Die familie van persone wat selfmoord gepleeg het, het ook meer gevoelens van verwerping beleef as gevolg van die oorledene se tipe dood (Bailey et al, 1999:268).

Steven Gutstein (in Walsh & McGoldrick, 1991:250) skryf oor die voorkoms van selfmoord en noem dat die volgende 5 kriteria in gedagte gehou moet word om die vlak van gevaar te bepaal wanneer iemand blyk selfmoord te wil pleeg:

• 'n Geskiedenis van selfmoordpogings.

• Die emosionele en gevoelsverhouding tussen die persoon en sy ouers/huisgenote.

• Die presissie waarmee die selfmoord beplan word.

• Die mate waarin die selfmoorddreigement sy gesinslede affekteer.

Na aanleiding van bogenoemde kan bepaal word of die persoon ems het met die selfmoordpoging.

4.6.4 Terminate siekte

Vorige studies suggereer dat vooraf kennis van die dood 'n indikator mag wees van gereedheid om die rouproses meer suksesvol te hanteer. Sulke studies het egter in gebreke gebly om vas te stel hoe die bedroefdes se eie gevoelens van gereedheid korreleer met die sielkundige uitkoms na die dood. Barry et al. (2002:454) noem voorts in sy studie dat vooraf kennis oor die moontlike dood, dikwels tot gekompliseerde rou en major depressie aanleiding gee. Polatinsky en Esprey (2000:715) het egter aangetoon dat daar wel 'n verband bestaan tussen ouers wat die dood van hulle kinders kon voorsien, en die verwerking van die dood. Vooraf kennis van die dood mag dus positiewe verwerking van die dood aanhelp, alhoewel die gevaar van negatiewe sielkundige gevolge wel as gevolg van die vooraf kennis teenwoordig kan wees.