• No results found

EKSEGESE VAN 'N AANTAL SKRIFGEDEELTES

2.1.3 Die model van Zerfass

In die metodologie van hierdie studie, waar ondersoek word hoe die bejaarde (wat 'n volwasse kind op 'n onnatuurlike wyse aan die dood afgestaan het) met behulp van pastorale riglyne begelei kan word tot emosionele en geestelike genesing, word aansluiting gevind by die model wat Zerfass (1974:167) vir die Praktiese Teologie ontwerp het. Hy sluit aan by die kommunikatiewe handelingsteorie van Habermas (Pieterse 1993:177).

Daar is ook ander modelle ontwerp, soos onder andere die van J.A. van der Ven wat nomoteties in sy empiriese teologie te werk gaan. In sy empiries-teologiese ondersoek maak Van der Ven gebruik van observasie, induksie, deduksie, toetsing en evaluasie. Dit is later effens uitgebrei (Pieterse, 1993:178-180). Hy is ook van mening dat 'n mens met hierdie genoegsame kennis van die praxis in staat sal wees om die grense van die praxis te verle in die rigting van die perspektief van die Koninkryk van God.

Hierdie en ander modelle soos die van David Tracy, Edward Farley, Don Browning en Mathew Lamb (Fowler 2004:43-58) le tussen die praxis en die teorie. Dit verduidelik enersyds die teorie, en is andersyds 'n hulpmiddel om die teorie onderliggend aan die praktyk te ontdek: Praxis^Model^Teorie. Die model word egter ook ingespan om 'n nuwe teorie vir die praxis duidelik te maak en uiteindelik die praxis te verander: Teorie^ModeWPraxis (Heyns, 1990:37).

Zerfass se metodologiese model van wetenskaplike ondersoek, is gegrond op die bipolere spanning tussen die teorie en praktyk (Louw, 1997:41). Dit beteken dat die teorie voortdurend deur die praxis bevraagteken word en dan weer krities oor die praxis moet kan besin (Pieterse, 1993:173).

Zerfass se model ondersteun 'n studie om die praktyk te evalueer, 'n teorie daar te stel, en dit dan weer te meet aan die praktyk. Indien dit 'n positiewe verandering aan die praktyk kan te weeg bring, is dit suksesvol. Die bestaande teorie kan bevestig of gewysig word en die huidige praxis bestendig of verander word (Pieterse, 1993:173).

Die model van Zerfass kan skematies soos volg voorgestel word (Zerfass, 1974:164): (Dit is numeries/alfabeties gewysig om verduideliking van die model makliker te maak).

Teologiese oortewerhg

Die model is 'n voorbeeld van prosesnavorsing en neem 'n praktiese probleem as beginpunt in die formulering van 'n basisteorie. Alhoewel die stimilus by die probleme en behoeftes van die praktyk begin, gaan soek die model oplossings by die teologiese tradisie in terme van dit wat reeds rondom die probleem gese en gedoen is. Dit bewerkstellig 'n nuwe scenario wat weer eens aan die teologiese tradisie en die praktyk getoets moet word.

Venter (1992: 44) is egter onseker wat Zerfass met "tradisie" bedoel en daarom stel hy 'n aangepaste weergawe van Zerfass se model voor.

"'n Probleem ontstaan deurdat 'n bepaalde bedieningspraktyk nie meer bevredigend is nie. Om op wetenskaplike wyse 'n nuwe praktykteorie daar te stel, word 'n basisteorie ontwerp. Voorts word die situasie waarin die ou teorie gefunksioneer het - en nie meer funksioneer nie - aan die hand van empiriese gegewens ontleed, terwyl ook metateoretiese insigte geintegreer word. Vanuit die basisteorie, in hermeneutiese wisselwerking met die situasie-analise, word nou 'n nuwe (verstelde) praktykteorie ontwerp. Op hierdie wyse vind voortgaande Diakoniologieseteorievormingplaas" (Venter 1995: 199-200).

Zerfass se wetenskaplike proses is eintlik 'n hermeneutiese proses: as die proses deurloop is, behoort daar

"... vanwee 'n konkreter greep op die werklikheid, 'n veranderde horison te vorm van waaruit ons die Bybel verstaan vir eie tyd - spesifiek met die oog op optimale kommunikasie van die evangelie" (Pieterse, 1993:176).

Die model van Zerfass kan teoreties, na aanleiding van die alfabetiese numering en beskrywing binne die vloeidiagram, soos volg verduidelik word:

A: Praxis 1 is die heersende omstandighede.

B: Die Teologiese oorleweringe het tot die Praxis 1 aanleiding gegee.

C: 'n Situasie-analise word van Praxis 1 gemaak, aangesien Praxis 1 nie meer bevredig nie.

D: Ander wetenskappe se insigte word in 'n empiriese ondersoek verkry, met inagneming van die teologiese oorlewering.

E en F: Daar vind wisselwerking plaas tussen die teologiese oorlewering en die situasie-analise en hierdie wisselwerking tussen die basisteorie en die metateorie lei tot die nuwe praktykteorie (die prakties-teologiese teorie).

G: Hierdie prakties-teologiese teorie moet in die praktyk toegepas word H: Die nuwe praxis moet aan die werklike situasie getoets word

I: Die nuwe praxis moet ook aan die teologiese oorleweringe getoets word.

Die model van Zerfass kan prakties, ook na aanleiding van die alfabetiese numering en beskrywing binne die vloeidiagram, soos volg verduidelik word:

A: Praxis 1 is die heersende pastorale sorg aan bejaardes wat hul kinders op onnatuurlike wyse aan die dood afstaan.

B: Die Teologiese oorleweringe het tot die heersende pastorale sorg aanleiding gegee. C: 'n Situasie-analise word van die spesifieke pastorale sorg gemaak omdat die

pastorale sorg nie bevredig nie.

D: Ander wetenskappe se insigte word verkry, asook 'n empiriese ondersoek, met inagneming van die teologiese oorlewering.

E en F: Daar vind wisselwerking plaas tussen die teologiese oorlewering en die situasie-analise en hierdie wisselwerking tussen die basisteorie en die metateorie lei tot die nuwe praktykteorie (die prakties-teologiese teorie).

G: Hierdie prakties-teologiese teorie moet in die praktyk toegepas word H: Die nuwe praxis moet aan die werklike situasie getoets word en

I: die nuwe praxis moet ook aan die teologiese oorleweringe getoets word alvorens daar van 'n beduidende nuwe Praxis 2 gepraat kan word.

Die Praxis 2 hoop om die sentrale teologiese argument van die studie te steun: die bejaarde, wat 'n kind op 'n onnatuurlike wyse aan die dood afgestaan het, kan met behulp van pastorale riglyne begelei word tot emosionele en geestelike genesing.