• No results found

Hand 1:3. Jesus Chrisrus het na Sy opstanding aan baie mense verskyn, onder andere aan die Emmausgangers Hierdeur bevestig Lukas dat Sy opstanding onbetwisbaar is.

2.5 BASISTEORETBESE GEVOLGTREKKINGS

In die pastoraat aan ouers wat volwasse kinders aan die dood afgestaan net, moet die begeleier of pastor die Woord van die Here as uitgangspunt neem en nie net hul benadering baseer op maatskaplik en sielkundige uitgangspunte nie. Daarom is dit krities belangrik dat die Woord van die Here die vertrekpunt in die pastoraat sal wees.

Die volgende Skrifgedeeltes is gekies op grond van parallelle met die dood van 'n volwasse kind, of die oorwinning oor die dood. Die teksgedeeltes dui ook iets aan van die gebrokenheid van 'n ouer wanneer sy/haar volwasse kind sou sterf.

• Gen 37:31-36: Die beweerde dood van Josef- 'n onnatuurlike dood wat deur wilde diere veroorsaak is.

o 2 Sam 18:19-19:8a: Die dood van Dawid se Seun Absalom- 'n kind is dood tydens 'n gewelds.gevulde oorlogsituasie. ; ,. ,

• Luk 7:11-17: Die opwekking van 'n weduwee vanNain se seun.

» Luk 24:13-35: Jesus Christus se oorwinning oor die dood: die verhaal van die Emmausgangers - die perspektiewe wat Sy oorwinning vir alle mense open: ook vir bejaardes wat hul volwasse kinders aan die dood afstaan.

2.5.1 Menslike aspekte

o Die dood van 'n volwasse kind is 'n onbeskryflike trauma waardeur 'n ouer gaan. Daar is min situasies wat so hardverskeurend is as om 'n kind aan die dood afte.staan. ..--.

o Ouers sal bereid wees om enigiets te doen indien hulle die dood van hulle kind kan keer. Ouers sal selfs bereid wees om in hul plek te sterf indien dit moontlik sou kon wees.

o Die leefwyse en optrede van kinders voor hulle dood, verander niks aan die intensiteit van die trauma van die ouers nie.

9 Ouers leer dikwels om liefde aan landers te betoon as dit te laat is. Na hulle dood wil ouers graag die liefde vir die kinders gee wat hulle nooit in die lewe gegee het nie

• Kinders erf emosioneel baie van hul ouers en volg in hul optrede dikwels die optrede van hul ouers na - positief en negatief.

• In die lig van God se Woord en met die leiding van die Heilige Gees is daar altyd hoop op emosionele genesing vir elke ouer wat 'n volwasse kind aan die dood afgestaan het.

• Hierdie hoop is slegs gegrond op Jesus Christus wat die dood oorwin het. • Slegs hierdie hoop wat Christus vir gelowiges kan gee, kan ouers wat kinders

verloor het, werklik troos.

2.5.2 Goddelike aspekte

<» God is altyd daar vir bedroefde ouers in omstandighede waar kinders aan die dood afgestaan word.; :■.-. si,.

• Christus wil he dat dit emosioneel/geestelik met gelowiges sal goed gaan en dat daar uiteindelik vir hulle genesing sal wees na elke traumatiese ondervinding.

• Christus het baie begrip en medelye met die lyding van bejaarde ouers wat kinders aan die dood afstaan.

• In terme van die Goddelike Voorsienigheid kan elke ouer wat 'n kind aan die dood afstaan, weet dat God alles ten goede sal laat meewerk vir hulle wat Horn liefhet en wat na Sy voorneme geroep is.

• God wil nie die kwaad nie, maar Hy gebruik dit nogtans om Sy Raadsplan vir gelowiges te dien.

o Jesus se lcruisdood v/as 'n Goddelike beplanning sodat Christene (en hul kinders) gered kan wees en uit die dood kan opstaan.

» Jesus se opstanding uit die dood en oorwinning oor die dood, open vir gelowiges die perspektief van oorwinning: soos wat Christus uit die dpod opgewek is,.so sal: elke gelowige uit die dood opgewek word en na die ewige Vaderhuis gaan Waar Christus vir elkeen pl'ek gaan voorberei het.

o God stap die pad saam. na traumatiese gebeure, soos wanneer ouers 'n volwasse land aan die dood afstaan - God los hulle nooit alleen nie.

a Die troos van die Paasgebeuxe (Jesus se lyding, dood en oorwinning oor die

dood) moet nie net 'n jaarlikse kerklike fees wees nie, maar moet deel van elke Christen se daaglikse lewe wees.

HOOFSTUK 3

TEOLOGIESE BASISTEORIE

3.1 INLEIDENG

Basisteoriee is fundamentele prakties-teologiese teoriee binne die praktiese teologie en word gevoed deur metateoretiese insigte wat verkry word vanaf interdissiplinere gesprekke en empiriese ondersoeke (Pieterse, 1993:133). Die term interdissiplinere gesprekke dui daarop dat daar interaksie tussen teologie en die sosiale wetenskappe is. (Van der Ven, 1993:97). Daarom sal 'n basisteorie altyd ontwerp word vanuit die navorser se teologiese perspektief en vanuit die metateoretiese perspektief op die werklikheid wat ondersoek word (Pieterse, 1993:133).

In terme van die model van Zerfass (soos bespreek in hoofstuk 2) vorm hierdie hoofstuk deel van die basisteoretiese afdeling van hierdie studie. Die fokus in hierdie hoofstuk is dan ook gerig op. pastoraal-teologiese bydraes in die literatuur met betrekking tot bejaardes wat kinders op 'n onnatuurlike wyse aan die dood afgestaan het. Tesame met die perspektiewe vanuit die eksegetiese afdeling gaan die gevolgtrekkings van hierdie hoofstuk uiteindelik 'n belangrike bydrae lewer met betrekking tot die formulering van 'n nuwe praktyk-teoretiese model.

Die oorwinning wat Christus met sy opstanding oor die dood behaal het, word aanvaar as die vertrekpunt van hierdie teologiese basisteorie. Dit word veral weerspieel in 1 Kor 15:54-57 waar Paulus se:

"En wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: 'Die dood is vernietig die oorwinning is

behaal.' 'Dood, waar is jou oorwrnning? ,.. ons dank God dat Hy aan ons

die oorwirming gee.deur ons Here Jesus Christus." (BYBEL, 1983:232) (Navorser se kursivering).

Hierdie oorwinnmg van Jesus Christus stel die gelowige ouer uiteindelik in staat om ook die trauma gekoppel aan die dood van hulle volwasse kind te verwerk/oorwin deur die krag van die Heilige Gees.