• No results found

Openb 19:11-13. Openbl9:13 praat van lucmov pepauuevov ai|icm (kleed wat in bloed gedoop was) Dit is die Ruiter op die wit perd wie se kleed met bloed bevlek is,

2.4 EKSEGESE VAN GEDEELTES VANUIT DIE NUWE TESTAMENT

2.4.1 Gesamentlike ontleding

2.4.1.1 Die interpretasie van Luk en die keuse van die perikope

Luk is een van die sinoptiese Evangelies en sy verhaal van Jesus Christus het dus baie in gemeen met Matteus en Markus. Die Evangelie volgens Markus, wat tussen 55 en 65 n.C. tot stand gekom het, is heel waarskynlik een van die bronne waaruit Lukas geput het. Ander bronne sluit aanhalings (ongeveer 200 verse) uit die Matteus Evangelie in (Franklin, 2001:924) en dan is daar gedeeltes wat eie is aan die Evangelie volgens Lukas.

Lukas teken vir Jesus Christus as die Een wat die koms van God se Koninkryk aankondig (Franklin, 2001:922). Sy wonderwerke en uitdryf van duiwels dien as bewyse dat God se Koninkryk in Horn gekom het. Jesus se prediking, dikwels in gelykenisse, het die implikasies uitgespel vir diegene wat dit glo.

Lukas se vertelling is gegrond op die werklike geskiedenis, alhoewel dit nie gedomineer word deur historiese korrektheid nie. So word Jesus se verwerping uit Nasaret nie noodwendig histories korrek vertel nie, maar dit word pertinent aan die begin genoem om dit te gebruik as inleiding vir Jesus se bediening op aarde. Net so reflekteer die kruisigingsverhaal Jesus se lewe soos dit in die vorige gedeeltes van die Lukas-verhaal vertel is. So word ook die opstandingverskynings almal rondom Jerusalem geplaas met die hoop dat Israel hul eskatologiese hoop gerealiseerd moes sien (Franklin, 2001:923).

Binne hierdie konteks is die twee perikope van Lukas gekies. Beide gedeeltes sluit aan by die gedagte dat God se Koninkryk in Jesus Christus gekom het. Met die opwekking van die weduwee van Nain se seun word die mense genooi om dit raak te sien. In die verhaal van die Emmausgangers word die leser genooi om dit te beleef.

2.4.1.2 Die plek van die perikope in die Bybel en binne die boek

Lukas se mhoud kan volgens Balch (2003:1104) soos volg ingedeel word:

• Lukl:l-4-Inleiding

• Luk 1:5-2:52 - Die geboorteverhaal

• Luk 3:1-4:13 - Johannes die Doper se bediening en Jesus se voorbereiding • Luk 4:14-9:50 - Jesus se bediening in Galilea

• Luk 9:51-19:27 - Jesus se reis na Jerusalem

• Luk 19:28-21:38- Jesus se lering in die tempel in Jerusalem • Luk 22:1 -23:56 - Die kruisigingsverhaal

• Luk 24:1 -53 - Die opstandingsverhaal.

Die Bybel in Praktyk (1993:1503) gebruik dieselfde indeling, behalwe dat Jesus se reis na Jerusalem eindig by 19:28 en dat die Jerusalem verhaal by 19:29 begin. Hierdie studie sluit by Balch se indeling aan.

Luk 7 se verhaal van die opwekking van die seun van die weduwee van Nain val dus binne die deel waar Jesus se bediening in Galilea beskryf word. Die verhaal van die Emmaugangers van Luk 24 is weer deel van die opstandingsverhaal wat Lukas vertel.

2.4.1.3 Die outeur van Lukas en die genre van die boek en perikope

Daar word nie pertinent gese wie die boek geskryf het nie, maar die tradisie het Lukas geidentifiseer (Balch, 2003:1104) - Paulus se medewerker soos in Filemon vers 24 genoem. Lukas was volgens tradisie 'n geleerde man en word dikwels geidentifiseer met die mediese dokter wat saam met Paulus gewerk het (vergelyk Kolossense 4:14). (Franklin, 2001:924).

Lukas was 'n Christen vanuit die heidendom. - waarskynlik een van die Godvresende heidene, wat nie besny was nie en dus nie deel van die Verbondsvolk van God was nie. Hy het in Christus "ingesluit" gevoel - dit wat die Jode horn vroeer ontneem het. Dit het vir horn waarskynlik die openbaring gegee van die wonderlike verlossing en aanvaarding in Jesus Christus. Daarom het hy Jesus gesien as die vervulling van die Ou testamentiese profesiee (Franklin, 2001:924).

Die boeke Luk en Hand was vroeer gesien as biografie, roman of antieke geskiedskrywing - literere genres wat baie oorvleuel. Balch (2003:1104) meen dat dit korrek sou wees om te aanvaar dat Luk en Hand 'n mengsel van biografie en geskiedskrywing is. Dit is egter betekenisvol dat Lukas self sy boek in Luk 1:1 en 3 'n verhaal noem. Die verhaal wat hy bedoel het, was 'n geordende weergawe van gebeure (Bybel in Praktyk, 1983:1502).

Lukas was, al het hy van ander bronne gebruik gemaak, baie innoverend en kreatief in sy geskiedskrywing. Dit kan gesien word in die pragtige eenheid waaruit die boek ten spyte van die verskillende bronne, bestaan. Uiteindelik konkludeer Franklin (2001:924) dat die vraagstuk rondom Luk se bronne maar altyd 'n raaisel sal bly - navorsers kan maar net intelligente raaiwerk daaroor probeer doen.

2.4.1.4 Die sosio-historiese konteks

Die negatiewe voorstelling van die Romeinse regering en die afwesigheid van enige aanhaling van Paulus se sendbriewe bring die datering van Luk op ongeveer 80 n.C. te staan - ongeveer 10 jaar nadat Matteus sy Evangelie die lig laat sien het. Die eerste lesers was waarskynlik 'n klompie Christene wat in 'n Meditereense stad in 'n

huiskerk bymekaar was om die nagmaal te vier (Balch, 2003:1104). In die eerste hoofstuk word egter gemeld dat Lukas aan Theofilus skryf. Die gedagte was egter nie dat dit net 'n persoonlike brief was nie, maar dat dit vir alle mense bedoel was om te lees. Die sosio-historiese konteks kan in die geval van Luk egter nie sonder meer afgelei word uit die omstandighede van die eerste lesers nie. Lukas het horn nie laat lei deur die eerste lesers se omstandighede toe hy die spesifieke Evangelie geskryf het nie. Hy het horn eerder laat lei deur sy eie belewenis en doel wat hy voor oe gehad het. Daarom het sy Evangelie byna die karakter van 'n sendbrief (Franklin, 2001:924). Lukas se Evangelie is gerig op diegene wat alreeds Christene was en nie op nie-Christene nie. Hy wou aan die Christene 'n stewige basis voorhou vir die hoop wat in hulle geleef het!