• No results found

Hand 1:3. Jesus Chrisrus het na Sy opstanding aan baie mense verskyn, onder andere aan die Emmausgangers Hierdeur bevestig Lukas dat Sy opstanding onbetwisbaar is.

3.3 PASTORALE BERADTNG

Die dood van 'n (volwasse) kind is een van die moeilikste werklikhede wat 'n ouer ooit kan beleef - geen mens kan homself ten voile daarop voorberei nie. Ouers en gesinne het al dikwels na so 'n sterfgeval hulle geloof betwyfel of God blameer vir hulle kind wat dood is. Gekompliseerde rou is dan heel dikwels een van die tipiese gevolge van so 'n onafgehandelde proses,

Die pastor wat betrokke is by so 'n gesin kan en moet gevolglik 'n baie belangrike rol speel ten einde te verhoed dat die rouproses op so 'n wyse ontspoor. Die ouers moet voorts begelei word om met die hulp van die Heilige Gees en met normale en ongekompliseerde rou {grief), tot aanvaarding van hulle kind se dood te kom (U.S. Department of Health and Human Sources, 2006:1).

Die veld van pastorale sorg, of pastorale berading, oorvleuel tot 'n sekere mate al die ander teologiese dissiplines (Campbell, 1981:xii). Pastorale sorg kan dus nie sonder die inspraak van die ander teologiese dissiplines bedryf word nie en daar sal gevolglik ook met betrekking tot die proses van rouberaad kennis geneem moet word van mpontlike belangrike insette vanuit hierdie ander teologiese dissiplines.

Verder is dit ook so dat die "wetenskap van die mens", spesifiek die sielkunde en sosiologie, gedurende die afgelope paar dekades geweldig gegroei het in terme van kennis en insig betreffende hulpverlening ten opsigte van interpersoonlike en intrapersoonlike spanning en probleme. Dit het daartoe gelei dat navorsers binne hierdie dissiplines normaalweg oor 'n veel meer gesofistikeerde psigologiese en sosiologiese siening betreffende sosiale interaksie, hulp en intervensie beskik, as wat die geval is met die gemiddelde pastor.

Teen hierdie agtergrond bestaan die versoeking nou dat die pastor die (Bybelse) kennis van die verlede as in 'n mate as irrelevant met betrekking tot die huidige krisis

situasie beskou. Sommige pastorale beraders het gevolglik so toegerus geraak met die psigodinamiese insigte en beradingsmodelle dat daar slegs sydelings na die Christelike teologiese benadering en Bybelse hulp verwys word. Daarteen moet gewaak word (Campbell, 1981:1). Johnson et al. (2000:245) meen ook dat terapie nie slegs 'n psigologiese benadering of net 'n godsdienstige benadering moet wees nie aangesien hulpverleriing oor die algemeen bevorder word deur die uiteindelike verstaan van die menslike natuur in sy totaliteit.

Daarom se Louw. (1982:1) dat pastoraat baie meer behels as net herstel of genesing van mense. Pastoraat is omvattend; dit is meer as blote terapie. Die pastor moet ook Skriftuurlike gegewens verdiskonteer aangesien dit in die pastoraat gaan om 'n kommunikasiegebeure waarin die pastor bemiddelend met die hulp van die Bemiddelaar (die Heilige Gees) in die naam van die Middelaar (Jesus Christus) moet optree. Wanneer die pastoraat 'n bemiddellende funksie het en onlosmaaklik aan die werk van die Heilige Gees gekoppel is, beteken dit dat die pastoraat- wesenlik paraklese of trooshuip beoog. Pastoraat - a s paraklese - is wesenlik oorwinningsorg. Heitink (1983:33) sluit hierby aan as hy konstateer dat pastoraat gesondmaking, bystand, begeleiding en versoening behels. .

3.3.1 Die pastor

Minirth en Meier (1994:13) gee die volgende treffende beskrywing van die pastor wat nie net pastoraat as 'n beroep beskou nie, maar dit as roeping aanvaar:

"... I counsel many individuals from that mass of humanity; I have come

to understand the repressed fears, insecurities, and anger within many of them, sometimes even hidden behind smiling faces. I understand and I emphathize. In fact, I not only emphathize, I hurt for them deep within."

Daarom se Heitink.(1983:83) dat die amp van die pastor is gelee in die woord 'diakonia5. Die amp wil Hom.verteenwoordig, wat nie gekom het om gedien te word

nie, maar om te dien (Joh 13:15). Die pastor is in die eerste plek pastor op grond van sy roeping en nie soseer op grond van sy deskundigheid nie.

Daar is geen ander beroep waar persoonlike eksistensie en amp meer ineengevleg is nie. Omdat die pastoraat egter so sterk gefokus is op die geestelike dimensie van die lewe, sal die pastor van tyd tot tyd moet reflekteer met betrekking tot sy eie spiritualiteit. Wanneer die pastor nie in sy verskillende lewensfases gei'ntegreerd lewe nie, kom daar spanning tussen sy persoon, amp en gelopf.

Die drie bestaansmodi naamlik pastor wees, gelowige wees en mens wees, werk voortdurend op mekaar in, stimuleer mekaar en blokkeer mekaar selfs ook somtyds. Dan is dit ook so dat eksterne faktore van teologiese en maatskaplike aard ook 'n invloed op sy beroep en menswees kan uitoefen. Hy moet 'n custos traditionis wees - iemand wat die geheimenisse van God bewaar en oordra (Heitink, 1983: 82,85).

3.3.2 Skrifgebruik

Wanneer Paulus aan Timoteus twee van sy drie Pastorale Briewe rig, dan wys hy horn op die inspirasie van die Skrif in 2 Tim 3:16-17:

"Die hele Skrif is deur God geinspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk." (Bybel. 1983)

Daarom meen De Klerk en Van Rensburg (2005:4) tereg dat die Bybel God se Woord in mensetaal is. Wanneer Eybers (1978:v) skryf oor die ontstaan, inhoud en boodskap van die "geskrifte" in die Hebreeuse Kanon dan word die reeks ook tereg "Gods Woord in Mensetaal" genoem.

De Klerk en Van Rensburg (2005:3) se ook dat hierdie woord van God in mensetaal, uitgele, verklaar en toegepas kan word, veral op grond van die belofte van die verligting deur die Heilige Gees. Hulle se voorts dat die Heilige Gees die Een is wat hierdie Woord oopmaak, verstaaabaar maak en wat God se woorde op die harte van die gelowiges oorskryf. Hierdie aspek dien as 'n kardinale vertrekpunt met betrekking tot die pastorale bege,leiding van die getraumatiseerde gesin waar 'n volwasse kind

gesterf het. In hierdie verband is ook Heitink (1977:135) se perspektief besonder van toepassing wanneer hy se dat dit in die pastoraat gaan om 'n helpende verhouding wat afspeel in die lig van die evangelie. Hy se selfs dat die pastor, en die een wat pastoraat ontvang, hul verhouding beleef in die lig van die Evangelie - die Woord van God omvang en deurdrenk dus alle pastorale werk.

Minter (2008:1) sluit aan by bovermelde standpunte wanneer hy konstateer dat die Pastorale Wysheid van die Bybel in harmonie is met die meeste effektiewe beginsels van die moderne psigologie. Volgens haar is die pastorale kennis van die Woord afkomstig van God self, wat wysheid geskep het (Spr 2:6, Ps 111:10). Die Bybel se dat God LIEFDE is (1 Joh 4:8,16) en dat Hy.die gelowige moed gee en bemoedig (2 Kor 1:3-4) en die gebrokenes van hart genees (Ps 147:3). Sy se voorts:

"You could think of the Almighty God as your perfect Counsellor and Psychiatrist. He sees and understands your heart and the mind . perfectly because He made.you, .and most importantly He loves you

and cares about you" (Minter, 2008:1).

Die Bybel is vol gedeeltes wat handel oor gesinne wat rou beleef. Rutl:3-21 en Ps 23:4 is sulke gedeeltes (Hoy, 1998:3). Die pastor kan hierby aansluit deur aan die ouers die vertroosting van die Woord te gee.

3.33 Gebed

Seamands (1988:7) se dat tyd en medikasie nie alle emosionele wonde heel nie. Vir sommige pynlike emosionele belewenisse is daar volgens horn 'n spesiale manier van geestelike- of gebedsterapie nodig. Dit sluit in:

• 'n Tydperk van berading en voorbereiding.

o 'n Sessie van diep, helende gebed waarin die persoon alles voor die Here bely en erken en om genesing vra. .

Seamands (1988:7) se benadering is een van verskeie pastorale benaderings en terapeute moet sensitief wees om te weet wanneer om hierdie metode te gebruik. Gebedsgenesing is nie 'n vinnige heling vir elke probleem nie. Dit is ook nie 'n virinige antwoord vir elke persoon nie. Dit is egter oor die algemeen besonder effektief met betrekking tot onverwerkte emosionele pyn nit die verlede. Een moontlike aanduiding hiervan kan wees gedagtes of drome waarin die oorspronklike pynlike herinneringe telkens herhaal word. In sulke gevalle. kan Seamands se benadering rondom gebedsgenesing dan sinvol toegepas word (Seamands, 1988:7).

In gebedsgenesing is daar sekere. rigtingwysers wat gevolg moet word sodat die persoon genees kan word. In hierdie verband gee Richardson (2005:44) die volgende praktiese rigtingwysers:

• Rigtingwyser 1: Leer om die teenwoordigheid van God en sy stem te hoor. • Rigtingwyser 2: Vervang beelde en herinneringe oor God en mense wat uit pas

is met beelde wat gesond en vernuwend is.

• Rigtingwyser 3: Verwerp onegte identiteit - die persoon moet sy egte identiteit bepaal en erken.

• Rigtingwyser 4: Die persoon moet die wortel van die emosionele pyn identifiseer en nie slegs fokus op die simptpme bo die oppervlakte nie.

• Rigtingwyser 5: Gebruik sakramente wat God gegee het as hulp tot genesing • Rigtingswyser 6: Leef na buite - genesing wat diensbaarheid bekragtig is egte

genesing.

Afgesien van spesifieke gebedsterapie, moet gebed in elk geval deel van die pastorale sorg wees. Die pastor kan vir die emosioneel verwonde persoon bid of hulle motiveer en onderrig hoe om uiteindelik self te kan bid vir genesing. Hulle hoop moet in Jesus Christus wees. In hierdie verband stel Hoy (1998:2) dit soos volg:

"Facing the loss with God's help, placing our hope in Christ, our Saviour- and experiencing the feelings and work of grief, promotes healing."