• No results found

TABEL MET TERMINOLOGIE VIR NARRATIEWE TEKSTE

3.4 EIENSKAPPE VAN DIE NOVELLE IN DIE MIDDELEEUE EN RENAISSANCE

3.4.1 The Novellino (1281-1300)

Teoretici beskou The Novellino van 'n onbekende outeur as die eerste versameling stories in Italiaans wat na skatting tussen 1281-300 geskryf is. Vroeere Italiaanse tekste, onder andere / conti di anticht cavalier het wel bestaan, maar is hoofsaaklik verwerkings en vertalings van Franse en Latynse tekste. Die versameling stories in The Novellino was ook die eerstes wat spe- sifiek vir 'n Italiaanse gehoor geskryf is (Consoli, 1997:X1).

Volgens Consoli (1997:X1) is sewe manuskripte van The Novellino ontdek voor die ontdekking van die editio princeps-weergawe wat deur Carlo Gualteruzzi verwerk is en wat presies honderd novelles bevat. Hierdie teks is vir die eerste keer in 1525 gepubliseer (vergelyk ook Gillespie,

1967:121). Die titel van Gualteruzzi se weergawe (in Consoli, 1997:X111) heetle Ciento Novelle Antike wat deur Joseph Consoli na Engels toe vertaal is met as titel The Novellino or one hundred

ancient tales (1997). Die teks word ook vir hierdie studie gebruik en aangedui met die verkorte titel The Novellino.

Byna gelyklopend met The Novellino is die manuskrip Biblioteco Apostolica Vaticana 3214 (V) van 1523 van Giulio Cammilla; ook 'n versamelwerk met honderd novelles.

Die novelles in The Novellino is met Romeinse syfers genommer van een tot honderd. Elkeen word voorafgegaan deur 'n proloog wat die kern van die betrokke novelle weergee. Volgens Consoli (1997:XV) dien die eerste novelle as 'n inleiding tot die hele versameling novelles met die volgende proloog: "This book is concerned with certain flowers of speech, lovely courtesies and responses, and lovely aptitudes and gifts, as they were set forth by many worthy men in time passed" (Consoli, 1997:17).

Die teks is in kortprosavorm en die lengte van die novelles wissel van omtrent vier reels tot 'n halwe of 'n voile bladsy. Die getal honderd is insiggewend omdat dit beskou is as die perfekte Middeleeuse getal en as verteenwoordigend van die drie-enige God: "three... times thirty three... plus one... for perfection: a number designating universality, totality and closure" (vergelyk Consoli, 1997:XIV).

As oorwegend 'n sekulere werk, beskou Consoli (1997:XV,17) dit vreemd, maar ook betekenis- vol dat die beeld van Christus al in die eerste reels van die eerste novelle opgeroep word: "When our Lord Jesus Christ spoke to us in human form... He said that the tongue speaks from the abun- dance of the heart." Consoli (1997:XV) interpreteer hierdie inleidende woorde as 'n aanduiding van hoe belangrik die gesproke woord vir Christus is. Deur die waarde wat Christus daaraan heg, word die status van die narratief as 'n kommunikasiemiddel verhoog tot 'n "artistic medium"

Die aanhaal van Christus as die protagonis van die Nuwe Testament is 'n aanduiding dat die Bybelse verhale, vergelykings en uitsprake as bron vir The Novellino gebruik is in plaas van die Ou-Testamentiese liedere en psalms en gesange. Hierdeur word die potensiaal van kreatiewe skryfwerk ontgin deurdat narratiewe tekste uit meer bronne kan put met meer menslike emosies, eienskappe en voor- en afkeure - teenoor liriese werke wat uit die Ou Testament put (Consoli,

1997:XV).

Die belangrikste innoverende aspek van The Novellino is vir Consoli (1997:XVII,XIX) die teen- woordigheid van karakters uit alle vlakke van die samelewing soos gewone burgers, priesters, boere, arbeiders, handelaars, adellikes soos koning Frederick 11 (wat dikwels verskyn) asook Bybelfigure soos Dawid en Salomo. Voor hierdie novelleversameling het net mense met status gefigureer.

Vrouens speel ook 'n meer substansiele, aktiewe rol in The Novellino as in ander tekste. Saam met hierdie sosiale veranderings toon The Novellino nog ander sosio-kulturele aanpassings as 'n tyds- en kultuurgebonde teks. Die novelles in die eerste helfte van The Novellino speel af teen 'n agtergrond en sosiale milieu van die feudale stelsel. Maar te midde van hierdie sosiale opset toon sekere verhale tekens van 'n ontwikkelende voorstedelike klas. Die adel, ridders, kerk- en mags- figure het plek begin maak vir dokters, regsgeleerdes, professors, ensovoorts (vergelyk Consoli, 1997: XVIII,XIX).

Die volgende novelles toon die spitsvondige, aweregse aard en uiters kort Lengte wat die novelle kan he en wat volgens Consoli (1997:XXI) 'n nuwe literere genre verteenwoordig "based upon narrative writing and direct address":

Novella LXXXVIII How a man went to confession.

A man went to confess himself to his priest, and among other things, he said, "I have a sister-in- law, and my brother is far away, and when I return home, with great intimacy, she seats herself on my lap. What am I to do?" The priest replied, "If she would only do that to me, I'd pay her well for it."

Steeds uitgesproke en kort, het die volgende novelle 'n didaktiese, moraliserende ondertoon:

Novella LXVI Here is told of a philosopher called Diogenes.

There once was a very wise philosopher names Diogenes. One day this philosopher was soaked with the water from a puddle, and so he went and stood in the full sun in a grotto. Alexander of Macedonia passed by with his great calvary. He saw this philosopher, spoke and said, "Oh man of such a pathetic life, ask me and I will give you whatever you wish." And the philosopher replied, "I beg you to remove yourself from the sun's rays." (Consoli, 1997:91)

Buiten die uiters kort teks, toon bogenoemde novelles 'n gestroopte styl wat volgens Gillespie (1967:121) herinner aan 'n direkte verslag oor 'n gebeurtenis sonder enige ontginning van die kern van die verhaal en die karakter(s).

Rodax (1986:81-84) noem ook die versameling gewilde stories in Novelle (1554-1573) van Matteo Bandello. Behalwe vir sy omvangryke versameling van 214 novelles was Bandello bekend vir sy uitgesproke aardsheid met temas soos die dood, liefde, passie en moord.