• No results found

DIE MODERNE LITERERE NOVELLE

4.3 TEORETIESE BENADERINGS TOT DIE NOVELLE

4.3.7 Alternatiewe teoretiese benaderings

4.3.7.1 Mary Doyle Springer (1975)

Springer vermy die kritiek binne die nasionale letterkundes van die verskillende tale en benader die novelle deur middel van sy vorm. Met form beklemtoon Springer dat sy nie net 'n struktuur bedoel nie, maar die funksionering van 'n struktuur om 'n sekere doel te bereik soos om die spot te dryf, 'n waarheid te beklemtoon of om 'n tragedie, komedie of 'n ernstige afloop te bewerkstel- lig. Sy sluit by Sheldon Sacks (1966:1-31) se "principles of wholeness" aan wat op funksies berus (Springer, 1975:10; Paine, 1979:9,67).

Vir Maatje (1974:115) beteken struktuur "de manier waarop in een literair werk een wereld wordt opgebouwd door middel van woorden". Omdat die strukture van konkrete, afsonderlike werke dieselfde kenmerke kan vertoon, praat Maatje van 'n abstrakte struktuur. Hierdie kenmerke hou myns insiens verband met Springer se funksionele struktuur, want met sekere kenmerke in sy teks, kan die skrywer 'n sekere doel bereik.

Springer (1975:9,10) onderskei verskeie formal functions in die novelle wat volgens haar beter gehuisves kan word binne 'n lengte van 15 000 tot 50 000 woorde. Die lengte, wat Springer vir 'n novelle aanbeveel, is ook doeltreffend om uitdrukking te gee aan die formele funksies binne die novelle. As hierdie formele doelstellings toegepas word binne die lengte van byvoorbeeld 'n kortverhaal of roman, word sodanige doelstellings of funksies in die wiele gery ("the purposes go awry" volgens Paine, 1979:66).

Springer aanvaar dat "all careful readers" intui'tief aanvoel dat fiksie staatmaak op sekere algemene en spesifieke formele beginsels vir samehang. Daarom grond sy haar skema op Sacks se drie "informing principles" of "principles of wholeness" wat ek vertaal na teksbeginsels:

• Action

In alle fiksie word die karakters tot aksie beweeg, maar Sacks pas action net toe op "tightly plot- ted" wankelrige verhoudings tussen karakters wat uitloop op 'n komedie, 'n tragedie of ander ern- stige gevolge.

• Apologue

Die apoloog (my vertaling; ook fabel, allegorie, parabel genoem) gebruik as beginsel die karak- ters en dit wat met hulle gebeur om die waarheid van 'n stelling te intensiveer.

• Satire

Satire behou sy betekenis as beginsel waarvolgens die spot gedryf word met dinge buite die sto- riewereld. Vir hierdie doel span al die verhaalelemente saam (Sacks, 1966:96-97; Paine, 1979:67; Springer, 1975:10; Baldick, 2004:16).

Springer (1975:10) beklemtoon dat Sacks sy teksbeginsels as "mutually exclusive" beskou. As wedersyds uitsluitend kan 'n apoloog met sy didaktiese doel dus nie ook 'n action wees met as doel 'n komiese, tragiese of ernstige afloop nie. Paine (1979:67) interpreteer bogenoemde as dat

'n storie "must conform to one and not to the other two" (kursivering deur Paine).

Uit Sacks se drie teksbeginsels lei Springer vyf formele funksies af met gepaardgaande "devices" of riglyne wat inherent is aan fiksie met 'n novellelengte. Die aksie-beginsel voorsien twee for- mele funksies: die serious plot of character en die degenerative or pathetic tradegy:

1. Die plot of character waarbinne die aksie uitloop op iets ernstig het drie variasies: die karak- ter word net ontbloot; die karakter word uitgebeeld binne sy leerproses; die karakter leer nie net nie, maar trek voordeel uit dit wat hy leer. Die begrip plot of character is afkomstig van Crane (1952:620) en behels dat die plot nie net die aksie verander nie, maar ook die karakter. As net een karakter ontbloot word of binne 'n leerproses is, is die novellelengte geskik vir hierdie funksie. Die lengte van die roman laat toe dat meer karakters leer, maar ook die leer- proses voltooi in wisselwerking met ander karakters.

2. Die degenerative or pathetic tragedy kry gestalte wanneer die sentrale karakter afstuur op el- lende en die dood. Van wee die mate van ongenaakbaarheid en rampspoed, voldoen hierdie plot nie aan die van die kortverhaal nie.

3. Die satire binne die lengte van 'n novelle is vir Springer (1975:12) toepaslik omdat die satire volgens haar gemik is op een voorwerp van bespotting en nie op verskeie dwaashede van die mensdom nie.

4. Met apologue verwys Springer (1975:12,13) na werke wat se organiese eenheid op 'n tema of statement berus. Die stelling, verklaring of waarheid vloei natuurlikerwys uit die storie, maar terselfdertyd is al die elemente in die storie afhanklik van hierdie stelling. Die apoloog ver- skyn dikwels in die vorm van 'n novelle.

5. Die example, 'n subklas van die apoloog, omvat die vyfde formele funksie in die novelle. 'n Enkelkarakter word uitgebeeld saam met gebeure, maar die fokus val nie op die leser se gevoe- lens jeens die karakter nie. Eersgenoemde se gevoelens word gebruik vir 'n didaktiese doel: om die karakter bloot te le as "one example of a large human type" (Springer,

Springer (1975:161-164) verskaf 'n lys novelles wat sy ingedeel het volgens haar vyf formele funksies. Vir Paine (1979:69,70) het Springer se kategoriee verskeie gebreke en baie van die indi- viduele werke op haar lys kan syns insiens met genoeg gronde by ander kategoriee ingedeel word. Hoewel Springer 'n vars perspektief bied, is haar benadering te formalisties wat tot onbuigsame kategoriee lei (Paine, 1979:10,68 en verder).

Die kritiek teen Springer se formalisme is belangrik vir die skryfpraktyk omdat die Skryfkuns- teorie self moet waak teen onbuigsaamheid en voorskriftelikheid in die kreatiewe skryfproses.

Tog is van Springer se uitgangspunte nuttig vir die novelleskrywer as riglyne en tegnieke wat kreatief toegepas kan word in individuele werke. Die Skryfkunsteorie kan veral put uit Springer se siening:

• van karakter en hoe die karakter aangewend kan word om 'n sekere funksie in die novelle te verrig soos om 'n komiese, ernstige of tragiese afloop te bewerkstelling; 'n stelling/verkla- ring/waarheid oor te dra; satire of spot te bewerkstellig; of om as 'n tipe van die mensdom uit- gebeeld te word;

• van vorm as 'n belangrike struktuur wat behoort te funksioneer om 'n sekere doel te bereik; • van 'n doeltreffende lengte wat wedersyds gepaardgaan met die formele funksies en doel in die

novelle. Juis hierdie funksies en doel lei die skrywer intuitief of bewustelik om 'n novelle- lengte te kies: "Authors must, then, discover the lenght appropriate to their formal purpose" - want 'n skrywer wat beperk is tot 'n sekere lengte sal die doelwitte in sy teks aanpas sodat dit ten beste gestalte kan kry binne daardie lengte;

• van toepaslike riglyne ("devices") en tegnieke wat die skrywer help om gestalte te gee aan die formele funksies;

• dat 'n definisie van die novelle meer gerig moet wees op wat die novelle doen en minder op wat 'n novelle is. Resepmatige vormvastheid kan myns insiens verhoed word hierdeur en die skrywer lei tot kreatiewe ontginning van ander elemente en tegnieke (Springer, 1975:9,10,12; my kursivering).

Die lengte wat Springer vir die novelle aangee as tussen 15 000 tot 50 000 woorde is egter relatief. Paine (1979:69) noem dat novelles korter as Springer se aanduiding kan wees en Good (1977:197)

se dat daar nie 'n magiese aantal woorde is vir 'n sekere genre nie. Die manier waarop die skep- pingselemente in 'n spesifieke novelle aangewend word, is ook bepalend vir die lengte.

Oor die vaste kategoriee en spesifieke eienskappe wat sekere teoriee vir die novelle voorhou, bied Wellek en Warren (1978:235) raad vir die skrywer: "The good writer partly conforms to the genre as it exists, partly stretches it."