• No results found

ONTWIKKELING VAN 'N PRAKTYKGERIGTE SKRYFTEORETIESE NOVELLEBENADERING

5.4 INDELING VAN DIE NOVELLEKENMERKE

Die voorafgaande novellekenmerke in 5.3 lewer nie bykomende aspekte van die novelle op nie en bevestig die kenmerke waarvan reeds kennis geneem is in die loop van hierdie studie. Vanwee die kreatiewe uniekheid van elke novelle is die opstel van 'n prioriteitslys waarvolgens die ken- merke in 'n novelle behoort te manifesteer myns insiens nie net resepmatig nie, maar ook sinloos. Aangesien die vier vertelkategoriee of skeppingselemente gebeure, karakter, tyd en ruimte perti- nent na vore kom uit bogenoemde novelledefinisies, is 'n gangbare uitgangspunt volgens my die indeling van die novellekenmerke in drie groepe. Die eerste groep noem ek relatiewe kenmerk waaronder net die novellelengte ressorteer. Die tweede groep is die opsionele kenmerke wat ver- wys na kenmerke wat bykomend in 'n novelle kan voorkom teenoor die skeppingselemente as 'n gegewe in enige prosateks.

5.4.1 Relatiewe kenmerk

5.4.1.1 Die lengte van die novelle

Die talle verwysings in literatuurbronne na die lengte van die novelle toon dat hierdie aspek deur- gaans die aandag van baie teoretici geniet het. Maxwell-Mahon (1984:12) gee byvoorbeeld die

novellelengte aan as tussen 4 500 tot 6 500 woorde. In hierdie proefskrif word die standpunt ge- huldig dat die lengte van die novelle relatief is (vergelyk onder andere Bennett, 1974:1 en Good,

1977:197,198). Om die relatiwiteit te illustreer noem Nieuwenhuizen (1981:32) die novellelengte 'n kwantitatiewe bousteen teenoor ander kwalitatiewe boustene wat meer bepalend vir die novel- le is.

Hoewel die novellelengte relatief is, is die relatiwiteit nie lukraak nie. Springer (1975:9) maak melding van 'n lengte van 15 000 tot 50 000 woorde wat sy beskou as 'n lengte "equipped to real- ize several distinct formal functions better than any other length".

Volgens my is die inhoud en struktuur van elke novelle bepalend vir die lengte daarvan; gepaard- gaande met die skrywer se individuele styl en sy toepassing van skryfmatige tegnieke. Die aange- haalde Novella LXXXVIII en Novella LXVI in 3.4.1 uit Consoli (1997:91,115) bestaan elkeen uit enkele reels wat soos 'n verslag oor 'n gebeurtenis lees sonder enige ontginning van die kern van die verhaal of die karakters (Gillespie, 1967:121). In teenstelling met hierdie novelletjies en Gillespie se kommentaar daarop se Allaire (2003:12) dat die moderne novelle 'n langer lengte het wat myns insiens gepaardgaan met Allaire (2003:12) se siening dat die moderne novelle "greater complexity of plot and characters" het. Aansluitend by my mening se Nienaber-Luitingh en Nienaber (1971:175) dat die moderne novelle meer psigologies beeldend geword het deurdat die psigologiese uitbeelding van die karakter(s) in die novelle net so belangrik geword het soos die gebeure. Die klemverskuiwing in die prominensie van die skeppingselemente kan dus tot 'n langer lengte lei. (Sien ook 4.3.2.2.4.)

5.4.2 Opsionele kenmerke

Die kenmerke, realisme en fiksie asook objektiwiteit het in 4.3.2.2.3 aandag geniet met betrek- king tot die Duitse Novelle. Die volgende bespreking van hierdie kenmerke dui meer op die mo- derne novelle.

5.4.2.1 Realisme en fiksie

Die begrippe werklike gebeurtenis, realisme en fiksie wat in verband gebring word met die novelle kan verwarrend wees. Die anekdote as vertelling en oervorm van alle narratiewe handel gewoon- lik oor 'n historiese persoon; vandaar die werklikheids- en waarheidselement in die novelle

(Gillespie, 1967:126; Bisschoff, 1992:12). Drennan (1992:351) noem ook dat die novelle sy oor- sprong in die werklike belewenis het omdat die gebeure die verteller be'invloed (sien ook 3.3). Vir Paine (1979:23) beeld die novelle "the real world" uit wat op 'n persoonlike lewe of op die histo- riese kan berus.

Ellis (1974:3) beskou die Novelle as 'n realistiese genre omdat die fokus op 'n enkele ingrypende gebeurtenis val. Hierdie ongehoorde gebeurtenis van Goethe kan volgens Bennett (1974:9) impliseer dat 'n novelle van 'n werklike gebeurtenis moet vertel. Goethe se ongehoorde gebeurte- nis moet dus eerder geinterpreteer word as dat die vertelde gebeurtenis "must have taken place in the world of reality and not in a purely imaginary world of fancy" (Bennett, 1974:9,10). Die buitengewone gebeurtenis moet volgens Good (1977:210) binne die grense van die moontlike le; dit wil se iets wat in die werklike lewe kan plaasvind en byvoorbeeld feeverhale uitsluit. Die fan- tasie is deel van die feeverhaal en le buite die wereld van die Novelle (Bennett, 1974:10).

Hoewel die feeverhaal vir Bennett (1974:10) deel van die onwerklike is en teenoor die werklike lewe staan, beskou Allaire (2003:12) die feeverhaal as 'n bykomende element in die moderne no- velle. Bennett (1974:10) gee toe dat die begrip, ongehoorde gebeurtenis, verskillend geinterpre- teer kan word. Die Romantici het byvoorbeeld die uiterste betekenis van die woord, ongehoord, ontgin terwyl latere Afove/Zeskrywers minder buitensporig was.

5.4.2.2 Objektiwiteit

Die argetipiese kenmerk van die novelle, naamlik 'n begeerte om iets nuuts te beskryf of daarvan te vertel, veronderstel vir Drennan (1992:351) die wisselwerking tussen 'n buitengewone gebeur- tenis en 'n verteller. Objektiwiteit impliseer dat die vertelling objektief en gedistansieerd gerig word aan 'n werklike gehoor asof die gebeure werklik plaasgevind het en die verteller dit werk- lik ervaar het (Ellis, 1974:3,4). Die verteller wek belangstelling in die anekdote (of in die novel- le se buitengewone gebeurtenis) "by the art with which the narrator presents it" (Friedrich Schlegel in Bennett, 1974:7; my hakies). (Sien ook 4.3.2.2.3 oor subjektiwiteit en objektiwiteit.)

Volgens Ellis (1974:3-4) is die verteller dikwels 'n raamverteller wat myns insiens kan bydra tot die objektiwiteit wat ook grotendeels verwys na die vroeere novelles. Die literere novelle het later ontwikkel toe die verteller toenemend bewus geword het van sy eie individualiteit en die aandag

op homself begin vestig het (Drennan, 1992:351). Friedrich Schlegel (in Bennett, 1974:9) impli- seer dat deur na die vertelling te luister, belangstelling in die storieverteller self aangewakker word. Die moderne novelles het nie noodwendig net eksterne vertellers nie terwyl meer karakters en meer uitgebreide karakterisering myns insiens ook die aard en rol van die verteller bei'nvloed.

Die opsionele kenmerke hou verband met die tipiese en bykomende kenmerke van die Duitse Novelle in 4. 3.2.1 wat eintlik algemene kenmerke is wat in alle epiese vorme kan voorkom. Die kenmerke is dus nie genre-onderskeidende kenmerke wat die tipiese novelle van ander prosa- soorte onderskei nie.

Die novelleskrywer hoef natuurlik nie net by novelle-onderskeidende kenmerke te hou nie. Die aard van sy teks en sy skryfvernuf is bepalend vir kenmerke wat na vore tree en die manier waarop dit geskied. Good (1977:205) noem dat die Duitse novelleteorie ook op novelles in ander lande toegepas kan word en dat skrywers van elders die sleutelidees van die Duitse novelleteorie eggo.

5.4.3 Skeppingselemente

Die vele verwysings in die novelledefinisies na die vertelkategoriee, naamlik gebeure/handeling en karakter wat ook die tyd en ruimte impliseer, word ingedeel as skeppingselemente. Daar kan tereg geredeneer word dat hierdie elemente ook algemeen in alle epiese vorme voorkom en dus ook nie novelle-onderskeidende kenmerke is nie. Daar is egter 'n belangrike grondliggende ver- skil: die opsionele kenmerke kan in al die epiese genres voorkom; die skeppingselemente kom wel in al die prosasoorte as 'n gegewe en 'n noodsaaklike konstante voor.

Die lengte van die novelle asook die opsionele kenmerke hoort volgens my tuis by Nieuwenhui- zen (1981:32) se kwantitatiewe boustene in die novelle waarvan hy die novellelengte uitsonder. Die skeppingselemente val onder Nieuwenhuizen (1981:32) se noodsaaklike kwalitatiewe bou- stene waarvan hy gebeure in die novelle uitsonder. Brink (1987:38) vat myns insiens die skep- pingselemente as 'n gegewe in alle narratiewe vorme saam as "iets gebeur met iemand op 'n sekere tyd en plek (of: binne 'n sekere stel omstandighede)" (hakies deur Brink). Daar is dus vol- gens Brink (1987:38) twee elemente in elke storie: "gebeure en figuur" asook twee dimensies "tyd en ruimte" wat Brink (1987:38) saam as die "storiekern" aangee.

Die elemente, gebeure en figuur, asook die dimensies, tyd en ruimte, het reeds beslag gekry in Henry James se The art of fiction (1884). James redeneer dat die "central intelligence" van 'n ver- haal in een van die karakters gesetel is. Die gebeure en die karakter(s) wat daarby betrokke is, beskou James as ingebed in tyd en plek (sien Brink, 1987:13-14). Die vier epiese of narratiewe elemente wat volgens Brink (1987:14) steeds 'n rol speel in die verhaalteorie staan bekend as skeppingselemente in die Skryfkunsteorie. Vir makliker verwysings in hierdie proefskrif word karakter, gebeure, tyd en ruimte aangegee as skeppingselemente, wetende dat tyd en ruimte streng gesproke dimensies is.

In aansluiting by die narratologie word die vier bogenoemde skeppingselemente in Karel Schoe- man se Veldslag (1965) ondersoek as deel van my novellebenadering. Hierdie skeppingselemente impliseer natuurlik samehangende aspekte soos die verteller, fokalisasie, vertellersperspektief, dialoog, konflik en wending wat nie almal pertinent in die novelledefinisies in 5.2 genoem word nie. Verwysings na die vier skeppingselemente impliseer dus die samehangende aspekte in hierdie studie tensy anders vermeld. Verder word die begrippe skeppingselemente in skryfkundige ver- band gebruik en struktuurelemente in literer-teoretiese verband. Bal (1980:16,17) verdeel hierdie begrippe narratologies in elemente en aspekte: Die geskiedenis bestaan uit gebeure, akteurs, tyd en plek wat elemente van die geskiedenis is. 'n Verhaal ontstaan uit die geskiedenis met eiesoor- tige kenmerke of aspekte soos volgorde, ritme, frekwensie, personasies, ruimte en fokalisasie. Du Plooy (1986:296) gebruik die begrip narratiewe elemente vir akteurs, gebeure, plek en tyd.

In 5.3.1 verskyn heelwat verwysings na die narratiewe afkomstig uit die novelledefinisies. Omdat die skeppingselemente ingebed is in die narratiewe dien die narratologie vervolgens as ver- trekpunt.