• No results found

DIE KLASSIEKE NOVELLE

3.2 OORSPRONG EN BETEKENIS VAN DIE TERM NOVELLE

3.2.2 Die term novella in Engels

Gillespie (1967:117-127) wys op die ontstaan, ontwikkeling en beperkings van die term novella in die Engelse literatuur waarbinne die roman en kortverhaal die dominante narratiewe fik- sievorme is. Min aandag is gegee aan die Engelse narratiewe vorm wat gewoonlik die "short novel" genoem word en wat eers bekend was as die "tale" (Gillespie, 1967:117).

Volgens Good (1977:197-198) word fiksie gesien as "the novel" "plus assorted hangers-on of lesser proportions". Die begrip novella is gaandeweg in die Engelse literatuur aanvaar as ver- wysend na 'n fiktiewe prosavorm van medium lengte. Hierdie term verdring egter nie die bestaande term "short story" nie en is eerder aanvullend tot die short story "which has been firm- ly established since the turn of the century" (Good: 1977:197). Die ouer terme "tale" en "story" is steeds deur-skrywers soos Henry James en Joseph Conrad gebruik as verwysend na enige nar- ratiewe teks korter as 'n roman van omtrent vyf tot honderd of meer bladsye. Laat in die negen- tiende eeu het die tydskrifterm "short story" egter die "tale" en "story" verdring en met die term het die klem sterk geval op woordekonomie en "ascetic brevity" (Good, 1977:197). Met die beklem- toning van hierdie kort, gestroopte vorm het die narratiewe werk van medium lengte terminolo-

gies in die lug gehang met onvoldoende omskrywings soos "short novel", "long story" en "long short story". Die terme is problematies omdat dit kwalifiserend van aard is vir die onderskeie genres. En wat lengte betref, se Good (1977:198): "... they set themselves against an assumed expectation of a different length".

Dit is raadsaam om die term novel as lang vorm saam met die term novelle te ondersoek veral omdat Good (1977:197) verwys na die term novella se komplekse semanties-historiese verhou- ding tot die novel.

Gillespie (1967:117) noem dat die "English novel" soos bekend in sy moderne vorm, sy ontstaan gehad het in die agtiende eeu, maar "... the English concept of the novel has not yet been worked out except in embryo..." Daarom was die ouer term romance van die Renaissance nog in gebruik. Laasgenoemde term verwys volgens Gillespie (1967:117) na ouer, minder realistiese narratiewe tekste vol aristokratiese karakters en hulle avonture. Teenoor hierdie gewoonlik omvattende werke het die nuwer korter en meer realistiese werke ontstaan waaraan die begrip novel gekoppel is.

Die term novel is van die vyftiende eeu af tot vroeg in die agtiende eeu as 'n selfstandige naam- woord gebruik soos afgelei van Oufrans met die betekenis van iets nuuts, 'n nuwigheid. In die enkelvoud dra novel die betekenis van "a piece of news" en in die meervoud dui die term op nuus of "tidings" (Gillespie, 1967:118).

Hoewel die novel steeds gesien is as 'n korter vorm van die romance het die novel se realiteits- aspek vervaag en plek gemaak vir hero'iese, avontuurlike narratiewe vol fantasie. Teen die agtiende eeu het die terme novel en romance dus as verwante konsepte in die Engelse literatuur bestaan. Eers toe die lewenskrag van die romance afgeneem het en die begrip slegs gebruik is om eienskappe en atmosfeer te beskryf, het die novel die primere lang fiksievorm geword wat die funksies van die gewese romance oorgeneem en as genre self verder ontwikkel het. As uitvloeisel hiervan het die generiese gebruik van die term novel vir verhale soos Giovanni Boccaccio se Decameron en soortgelyke narratiewe in ander tale afgesterf sodat die term teen die negentiende eeu nie meer in die Britse literatuur bestaan het nie (vergelyk Gillespie, 1967:118-119).

In aansluiting by Gillespie se Leibowitz 1974:11) dat die term romance tydens die ontluiking van die negentiende-eeuse literere realisme waarvolgens die werklike lewe lewensgetrou uitgebeeld is, 'n negatiewe kleurtjie gekry het en die term wat ooreengekom het met terme in Europese tale het in onbruik verval. Die term novel het na vore getree met realisme as grondslag.

Leibowitz (1974:10) skryf die gebrek aan 'n spesifieke term vir die novelle in Amerika toe aan 'n "linguistic accident" omdat die terme vir die fiktiewe vorme op so 'n manier ontwikkel het dat Engels nie 'n afsonderlike term vir die novelle het nie. In Amerika is daar hoofsaaklik gekonsen- treer op die generiese onderskeid tussen die romance en die novel - iets wat nie in ander lande gebeur het nie. Behalwe in Spaans gebruik ander Europese tale slegs 'n vorm van die woord roman om 'n novelle te benoem soos Frans, Duits en Italiaans wat ook meer terme as Engels en Spaans het om die narratiewe tekste mee aan te dui. In Engels word die begrip novel - wat met nouvelle (Frans), Novelle (Duits) en novella (Italiaans) geassosieer word - gebruik vir die roman- kategorie. Die novelle word met short novel aangedui, 'n benaming wat volgens Leibowitz nie generies onderskei nie, maar slegs 'n korter vorm aandui wat steeds aan die teoriee van die novel gemeet word. Die term novelette wat ook in Engels voorkom, het vir Leibowitz dieselfde impli- kasies as short novel met daarby ook pejoratiewe indrukke wat 'n ongunstige betekenis soos neer- halendheid impliseer (Leibowitz, 1974:11).

Ook Good (1977:198) is gekant teen die term novelette wat hy as "a vile diminutive" beskryf waarmee hy Hewer wil wegdoen. Vir Cuddon (1999:600) verwys die term novelette na "A work of fiction shorter than a novel but longer than a short story... Often used derogatorily of 'cheap' fiction, sentimental romances and thrillers of popular appeal but little literary merit. In America the term applies to a long short-story somewhere between the short story and the novella..." Baldick (2004:174) beskryf die novelette as 'n "trivial or cheaply sensational novel or romance; or (in a neutral sense, especially in the USA) a short novel or extended short story..." Baldick (2004:174) verwys ook na die byvoeglike naamwoord novelettish wat skynbaar dieselfde nega- tiewe konnotasie het as die term novelette.

Teenoor hierdie afkeur gee Van Gorp et al. (1991:275) die term novelette aan as slegs die verklein- woord van die term novel. Clements en Gibaldi (1977:27) het oenskynlik nie 'n probleem met die term novelette nie, en beveel aan dat hierdie term gebruik moet word vir moderne tekste van medium lengte.

Nog 'n term wat Cuddon (1999:601) aangee, is novellat: "A form of folk tale of the Semitic tra- dition which is of a particular time and place." Die vorm word nie bespreek nie aangesien dit buite die raamwerk van hierdie proefskrif val.

Die verengelsde Italiaanse term novella word deur Leibowitz (1974:11-12) gebruik met as meer- voudsvorm novellas. Leibowitz noem dat hierdie term ook in die agtiende eeu in Engels gebruik is wat volgens haar sinvol is omdat die term short novel dan gepas gereserveer kan word vir kort tekste wat aan die noveZ-kategorie behoort, aangesien die short novel nie dieselfde genre is as die novelle nie. Aansluitend hierby bestaan daar ook die wanopvatting dat die novella die oorsprong van die moderne novel is (Allaire, 2003:3).