• No results found

Latere teoretici van die twintigste eeu

JULIUS PETERSEN (1939) SE GENRE-DRIEHOEK DRAMA

2.4.2.5 Latere teoretici van die twintigste eeu

2.4.2.5.1 Northrop Frye

Frye se teoretiese werke toon 'n sterk teoretiese verwantskap met Aristoteles se beskouings hoewel hy by verskeie ander denkrigtings betrokke was. Al hierdie invloede dra daartoe by dat Frye se genreteorie die mees kontroversiele van die twintigste eeu is soos uiteengesit in sy Anatomy of criticism van 1957 (Dubrow, 1982:98).

Frye sien 'n gedig as 'n nabootsing van natuur (imitation of nature). In die lig hiervan is litera- tuur 'n volgorde van woorde wat die "order of nature as a whole" naboots. Saam met "nature" bied die menslike lewe 'n kunsomgewing (environment of art) wat die teelaarde van verskeie potensiele literere vorms is (Frye, 1957:96,122; Hernadi, 1972:131).

Frye noem sy verskeie ineengeskakelde kategoriserings van literatuur modusse (modes), 'n klas- sifikasie waaruit sy konsep van die voorwerp van nabootsing spruit. Die held se optrede kan geklassifiseer word in een van vyf modusse. As hy verhewe (superieur) bo ander asook sy omgewing is, is die held 'n hemelse wese en die storie 'n mite. As hy graadgewys verhewe is bo ander asook sy omgewing, is hy 'n romantiese held, maar steeds 'n menslike wese. Hy beweeg in 'n wereld waar onnatuurlike dinge vir horn naruurlik is soos sy buitengewone krag, diere wat praat, hekse, ens. Die storie is dan verwant aan 'n legende en die se afgeleide vorme. As hy ver- hewe is bo ander, maar nie bo sy natuurlike omgewing nie, is die held 'n leier met outoriteit en mag. Sy dade is egter onderworpe aan sosiale kritiek en hy is 'n held in 'n hoe mimetiese modus (high mimetic mode) soos in tragedies en die epiek. As die held nie verhewe bo ander en die omgewing is nie, is hy een van ons in gemeenskaplike menslikheid en in 'n lae mimetiese modus (low mimetic mode) soos by die komedie en realistiese fiksie. As die held se mag en intelligen- sie ondergeskik is aan ons s'n en daar kan neergesien word op sy frustrasie en absurditeite, is die modus ironies. Dit geld ook as die leser voel hy is in dieselfde bootjie as die held (Frye, 1957:33,34; Dubrow, 1982:99,100). Fowler (1982:243) spreek horn egter uit teen hierdie skema met sy vaste, problematiese kategoriee.

Frye herdefinieer Aristoteles se wyse van nabootsing wat nog 'n kategorie skep, naamlik genre. Die term genre is vir Frye intrinsiek aan die betrokke werke. 'n Drama wat gedruk is en nie op- gevoer word nie, behoort steeds aan dieselfde genre. Frye pas sy genrekonsepte toe op die driede- ling en redeneer dat die epos steeds die konvensie van voordrag behou selfs al word dit nie voorge- dra nie terwyl fiksie in teenstelling hiermee die gedrukte genre bly (Dubrow, 1982:100,101).

Die epos en fiksie staan vir Frye (1957:250-281) sentraal met aan weerskante die dramatiek en die liriek. Hy onderskei by elke genre ook 'n sekere ritme wat die genre kenmerk:

• Epos: "the rhythm of recurrence" • Prosa: "the rhythm of continuity"

• Dramatiek: "the rhythm of decorum" • Liriek: "the rhythm of association" (Frye, 1957:250-281).

Hernadi (1972:131) beskou Frye se studie as 'n ambisieuse genreteorie, maar Frye gebruik die term genre in ten minste twee verskillende verbande: soms verwys genre na spesifieke konven- sies van die struktuur van die plot en ander kere na algemene eienskappe van verbale struktuur.

Fowler (1982:241) noem dat baie moderne genresisteme hulle vertrekpunt het vanuit Frye se studie omdat Frye terugkeer na vroeere tradisies.

2.4.2.5.2 Tzvetan Todorov

In 1970 verskyn Tzvetan Todorov se Introduction a la literature fantastique, waarvan die subti- tel, A structural approach to genre, sy ingesteldheid teenoor genreteorie verraai. Todorov meen dat Frye 'n fout begaan deur literere vorme te skematiseer op grond van ongelykvormige nieliterere aspekte soos die morele waarde van die held of die aard van sy omgewing. Todorov wonder of uitspraak oor een genre moontlik is sonder kennis van al die tekste in daardie genre. As al die nuwe tekste in daardie genre voortdurend bykomend bestudeer moet word met hulle afwykings van af die vorige tekste, sal 'n slotsom nooit bereik kan word nie. Todorov staan 'n deduktiewe werkswyse voor waarvolgens 'n hipotese aan die hand van net 'n paar tekste opge- stel word waaraan ander tekste getoets kan word. Met hierdie sienswyse beklemtoon Todorov soos baie ander moderne teoretici die veranderlike aard van genres (Beekman et al, 1976:24). Elke ernstige werk - teenoor 'n populere werk - "is in some sense in rebellion against previous- ly established generic norms" (Dubrow, 1982:94). Hieruit word afgelei dat net die populere lite- ratuur vanwee die tekste se patroonmatigheid uit genres bestaan soos die speur- en liefdesroman. Die begrip genre is dus nie van toepassing op suiwer letterkundige werk nie (Beekman et al, 1976:24).

Die inhoud van die begrip genre berus vir Todorov op die hoek waaruit genres beskou word. Die terme genre en soort se veranderlikheid hang af van 'n bepaalde toepassing en elke nuwe let- terkundige werk verander die soort (Beekman et al, 1976:25).

Todorov onderskei tussen historiese genres wat die resultaat is van waargenome letterkundige feite en teoretiese genres wat afgelei word van 'n letterkundeteorie. As 'n teoretiese genre een strukturele kenmerk besit, noem Todorov dit 'n elementere genre; en 'n saamgestelde genre as die teks 'n samehangende hoeveelheid strukturele kenmerke het. Die historiese genres vorm 'n onderversameling van die versameling saamgestelde teoretiese genres. Die teoretiese genres moet aan tekste getoets word en as daar net een werk is wat nie ooreenstem met die afleidings uit die genreteorie nie, is die teorie op 'n verkeerde spoor. Die historiese genres moet verantwoord word aan 'n samehangende teorie. Volgens Beekman et al. (1976:25) meen Todorov: "Een genre bestaat niet in de werkelikheid, maar is een abstraktie, afgeleid uit werken. Het genre zit niet in het werk maar het werk is een manifestatie van het genre." Die siening beteken egter nie dat 'n werk sy genre getrou hoef te beliggaam nie en 'n werk kan ook die manifestasie wees van meer as een genre (Beekman et al., 1976:25).

Bal (1981:25-31) wys op onder andere Klaus Hempfer se werk wat sy as kwaliteit beskou en ook as verteenwoordigend van die moderne visie op genre:

2.4.2.5.3 Klaus Hempfer

Van der Merwe en Viljoen (1998:71,72) dui die vlakke aan waarop die genre uit 'n moderne oog- punt funksioneer: Literere tekste as deel van die versameling van alle tekste le op die eerste vlak. Die tekste word op die tweede vlak verdeel in die liriek, epiek en dramatiek. Hierdie drie genres het elk 'n onderafdeling van genres op 'n derde vlak: Die liriek - liriese, dramatiese en epiese poesie. Die epiek - epos en ander verhalende tekste. Die dramatiek - tragedie, komedie en tragikomedie. Op 'n vierde vlak word die poesie weer verdeel in soorte soos die sonnet, kwatryn en ballade. Verhalende tekste word verdeel in byvoorbeeld die roman, kortverhaal en novelle wat weer onverdeel kan word in byvoorbeeld die liefdesroman, pikareske roman en speurverhaal. Die tragedie en komedie word verdeel in genres soos die klassieke tragedie en moderne komedie.

Verwarring ontstaan egter omdat die term genre vir al die soorte op die verskillende vlakke ge- bruik word: "... it is used simultaneously for the most basic modes... lyric, narrative, dramatic: for the broadest categories of composition..., prose fiction, and for more specialized sub-cate- gories... sonnet, picaresque novel, novella..." (Baldick, 2004:105).

Verskillende kriteria word ook gebruik om die verskillende soorte te onderskei. Die soorte ro- mans word gewoonlik volgens inhoud verdeel, maar tekseienskappe is die onderskeidingskriteria by byvoorbeeld die drama en vertelling (Van der Merwe en Viljoen, 1998:72). Om hierdie pro- bleme te oorbrug, stel Hempfer (1973:27) 'n hierargiese genresisteem voor. Die indeling liriek, epiek en dramatiek wat ook bekend staan as hoof genres het deur die hele genregeskiedenis taam- lik konstant gebly (Van der Merwe en Viljoen, 1998:72). Hempfer noem hierdie kommunikasie- situasies Schreibweise (skryfwyses). Die histories konkrete verwerklikings van die skryfwyses noem Hempfer Gattung (genres) soos die roman, epos en novelle wat histories bepaalde vorme is. Die subsoorte soos die pikareske roman, plaas- en liefdesroman word Untergattung (subgen- res) genoem en die realisering van 'n sekere skryfwyse val onder Hempfer se Typ (tipe) soos die ek-roman en ek-vertelling (Hempfer, 1973:27; Van der Merwe en Viljoen, 1998:72). Hierdie tipes is volgens Bal (1981:25) ook konstant, maar minder wetmatig.

Hempfer begin by die mees omvattende tekste wat hy skryfwyses noem en wat gegrond is op die taalsituasie, byvoorbeeld narratief en dramaties, af tot by die tipes wat spesifikasies van die skryf- wyses is. Binne die narratiewe skryfwyse is daar byvoorbeeld die eerstepersoonsvertelling of die ouktoriale vertelling. Dan volg die genres as histories konkrete vorme soos die roman, novelle en epos. Die subgenres is dan weer nadere spesifikasies binne die genres soos die pikareske roman binne die roman (Genette, 1981:112,113). Bal (1981:25) noem dat die kommunikasie- situasie die mees algemene onderskeidingskriterium vir Hemper is.

As kritiek se Bal (1981:25,26) dat Hempfer se begrip vlak of niveau nie 'n presiese betekenis het nie en min of meer neerkom op invalshoek of gesigspunt. Dis ook nie duidelik hoekom daar 'n transformasionele verband is tussen die konstante en die historiese vorme nie. Die plek van die satire met betrekking tot die kommunikasiesituasie en die ander skryfwyses is ook nie duidelik nie. Genette (1981:113) noem hierby die roman wat by die narratiewe skryfwyse ingedeel word, maar ook as spesifikasie van die narratiewe wyse aangegee word, byvoorbeeld liefdesroman. Tog bly Hempfer se sistematiese hierargie en terme van die bruikbaarste van die bestaande genre- teoriee en verteenwoordigend van die moderne siening van genretipologie (Bal, 1981:25; Genette,

1981:112). Om hierdie rede word die novellebegrip in hierdie studie gekoppel aan Hempfer se genre-indeling waarvolgens die novelle 'n genre is en nie 'n subgenre nie. Hempfer beweeg weg van die linguistiesgerigte tekswetenskap en daarom gebruik hy die term genre en nie tekstipe nie.

Sy genrehierargie bestaan dus uit skryfwyses, genres, subgenres en tipes (Bal, 1981:25). Die no- velle is dus 'n konkrete verwerkliking van die epiese skryfwyse.

In aansluiting by Cilliers (1988:96) word die term genre ook deurgaans in hierdie proefskrif gebruik om 'n literere vorm oor die algemeen aan te dui, behalwe as 'n outeur 'n ander term gebruik het.

2.4.3 Indelingskriteria van Aristoteles wat steeds neerslag vind in die moderne literere