• No results found

SKEMATIESE VOORSTELLING VAN DIE ONDERSKEID TUSSEN DIE KORTVERHAAL, NOVELLE EN ROMAN

5.7 DIE AANWENDING VAN DIE SKEPPINGSELEMENTE AS TIPEREND VAN VELDSLAG AS 'N NOVELLE

5.7.1 Sentrale gebeure

Met die Anglo-Boereoorlog slegs op die periferie in Veldslag, draai die ruimte, tyd, tydperk, dia- loog, handelinge, gebeure en karakter om Frans se ontsnapping as sentrale gebeure. Hierdie doel- gerigte afgestemdheid werk gekonsentreerdheid in die hand.

Met die wapperende Britse vlag op die dorpsplein spreek Esther haar kommer teenoor tant Dora uit dat die Kakies vir Frans gevange sal rieem (p. 63). Gevangeneming beteken egter vir tant Dora dat 'n Britse dokter dan na Frans kan omsien. Maar Esther se woorde verraai haar voorneme wat ook 'n noodlottige vooruitskouing impliseer: "Ek dink dit is beter om te sterf terwyl jy probeer ontsnap as om enigiets van die vyand te gaan soek" (p. 63). Esther is nie baie kommunikatief nie en hierdie ongewone, besliste dialoog hou regstreeks verband met die sentrale gebeure.

5.7.2 Karakters

Haar ongeskakeerde onbuigsaamheid, maak Esther die draer van die tema in Veldslag, naamlik lojaliteit teenoor die vaderland. Met hierdie lojaliteitstema word Esther simbolies verteenwoordi- gend van elke dorpenaar waardeur ekonomie bevorder word omdat verteltyd nie gebruik word vir elke dorpenaar se oorlogsverhaal nie. Terselfdertyd is Esther se sielestryd as innerlike gebeure simbolies van die oorlogsituasie waaruit die tema ontstaan. Esther verteenwoordig al die vrouens wat met angs en spanning oor die burgers in die dorp agterbly met net die kinders en bejaardes. Vergelyk Esther se onstellende besef: "Hier word die veldslag uitgeveg, in haar wat gedink het dat sy los staan van dit alles. Nou was dit asof die hele stryd in haar saamgevat is..." (p. 78). Esther is dus die gekonsentreerde gemene deler van elke dorpenaar en vrou se swaarkry.

Met net een "onberekenbare eiesinnige individu in verhouding tot sy situasie" (Heyse in Drennan, 1992:352) en een ongewone situasie plus die verteller se fokalisering hoofsaaklik daarop, word verdigting as novellekenmerk verder verkry. Frans wil nie vlug nie en liewer by Esther bly. Die passiwiteit van Frans as tweedimensionele karakter is 'n kunsgreep waardeur die sentrale karak- ter en gebeure sterker beklemtoon word.

Die skrywer se keuse om Frans as plat karakter te vestig saam met baie medekarakters wat vreemd vir 'n novelle is, maak dus sin. As tweedimensionele medekarakters ondersteun hulle direk of in- direk Esther se besluit met die gevolglike sentrale gebeurtenis. Die medekarakters ondergaan ook geen ontwikkeling nie wat verteltyd in beslag neem. Klein-Lewies se effense ontwikkeling neem net 'n reel in beslag.

Hoewel Veldslag 'n geslote slot het soos die klassieke novelles, bestaan daar 'n mate van suggestie oor presies hoe Frans dood is. In plaas van nog 'n stuk vertelling met detail oor sy dood, versterk hierdie suggestie die spanning en saampersing van die inhoud as narratiewe doel van die novelle. Die leser weet dat Frans dood is, maar die hoe word gesuggereer. Is hy dood weens sy beserings of het die Kakies hom geskiet - in albei gevalle 'n vernederende dood wat Esther behoort te raak. Ironiese kontras le ook daarin dat Frans as randkarakter weens die optrede van die sentrale karak- ter sterf. Gewoonlik gaan laasgenoemde ten gronde vanwee sy eie besluit of optrede.

Met Esther se terugflitse oor Pieter ervaar die leser terselfdertyd die verlede en hede. Hierdeur word inligting oor die geimpliseerde karakter van Pieter verskaf sonder dat sy lewe en dood deel van die teks is wat verteltyd sou inneem. Hoewel tydspronge ook afwisseling in die vertelpatroon kan bring, word die doel gekortwiek deur die te uitgesponne aanbiedingswyse.

Parallelle lei tot die intensivering van die karakters se belewenisse. Die volgende kontras binne- in 'n parallel is 'n voorbeeld van structural repetition wat tot verdigting lei. Let op na die verlede tyd: "Dit was een aand tydens Pieter se siekte... In die kamer het Pieter omgedraai, en die bed het gekraak. Sy het na hom toe gegaan, en toe sy oor hom buk, het sy in die lig van die kers gesien dat hy sterwende is." Die verteller vervolg dan in die teenswoordige tyd: "Sy staan op en gaan kamer toe." Sy staan dan in die deur en kyk in die kamer rond: "Sy sien... die groot dubbelbed, die bed waarin die vreemdeling le" (p. 13). Die kamer en bed wat van Pieter en Frans se teen- woordigheid spreek bevat as parallel ook 'n teenstelling in hede en verlede: Pieter, bekend en ster- wend teenoor die onbekende vreemdeling wat aansterk. Met hierdie saampersing van hede en verlede ervaar Esther 'n meerdimensionele tydsbelewenis (vergelyk Van Vuuren (1978:13). Die krakende bed wat volgens my 'n betekenisvolle ruimtekode is, noem Van Vuuren (1978:13) 'n "assosiasie-skakel tussen hede en verlede".

Leibowitz (1974:17) wys op die dubbele effek wat verkry word deur die "theme-complex" en "repetitive structure" wat saamwerk "to compress the material while at the same time expanding its implications". Terwyl die gebeure in Veldslag beklemtoon word, bevat die ingekorte parallel tussen Frans se situasie en Pieter se dood sekere implikasies vir Esther wat tot haar besluit en die tema lei.

Waar die fokus in die roman voortdurend verskuif, bly die fokus in die novelle op die theme-com- plex wat die intensiteit en konsentrasie verhoog. Die gebeure, die tipe karakters en hulle han- delinge is gerig op die tema: dat mens ten koste van alles, selfs liefde en die dood, lojaal aan jou land moet bly en jou plig moet nakom ter wille van jou land, jou medemens en jouself.

Kontraste wat tot intensivering lei, is byvoorbeeld die tussen tant Dora en Esther. Eersgenoemde is gewoond aan krisisse en die dood wat haar losmaak van haar ouderdom sodat sy "stil en kapa- bel" hulp verleen (p. 11). Tant Dora en tant Marie van Rensburg vertrek ook na die slagveld om die gewondes te verpleeg. Esther het sulke dinge nie geken nie - "Slegs Pieter met die was- masker van sy gesig in die smal doodkis: dit was al wat sy daarvan geweet het" (p. 11).

Hendrik en Frans se dood toon ook 'n kontras. Hendrik het sy plig vir sy vaderland gedoen en sterf eerbaar. Frans ontvang byna opdrag van Esther om te gaan veg. Hy gaan onwillig en sterf 'n oneerbare dood wat Esther - kontrasterend - sien as 'n persoonlike offer wat sy gebring het.

Teenstellings word ook gebruik om die verhouding tussen Hettie en Esther asook tant Dora bondig uit te beeld. Tant Dora kyk afkeurend na Hettie se kleredrag (p. 23) en Hettie is in tant Dora en Esther se pad (p. 31). Esther het ook geen simpatie met Hettie nie (p. 31). Kontraste is 'n han- dige tegniek wat intensivering versterk en lang vertellings uitskakel.

5.7.3 Tydruimtelikheid

Die gekose afgebakende plattelandse dorpsruimte is simbolies van 'n slagveld met sy vrese en gevaar. Hierdie ruimte van die vrouens in swart le binne 'n groter tydruimtelike natuurgegewe, naamlik die somer wat ligtheid en kleur impliseer en ironiese kontras met die donker oorlog. Hierdie simboliek en kontras skep groter konsentrasie en intensiteit (my interpretasie). Verdigting

word verkry deurdat net een verteller binne die dorpsruimte optree met as fokuspunt hoofsaaklik net Esther.

Binne die beperkte ruimte- en tydwisseling val die klem op die noodsaaklike wat bydra tot die kon- sentrasie. "Hieruit vloei 'n verdigting in simboliese tekens en verwysings voort" (Van Vuuren: 1978:6).