• No results found

DIE MODERNE LITERERE NOVELLE

4.4 ENKELE NOVELLES

4.4.2 Nederlandse novelles

4.4.2.1 Vredeburg: een novelle uit den Kaapschen boerenopstand van 1899-1902 (19..?) Louwrens Penning

Die presiese publikasiedatum van hierdie novelle wat in Den Haag gepubliseer is, is onbekend. Die vier Van Vuren-broers se ouers is dood en hulle het die vooruitstrewende plaas, Vredeburg, geerf. Lambert, Abel, Sarel en Huibert pas een nag skape op. Krygswet is in die Kaap afgekondig en die broers voel weerloos sonder hulle wapens wat ingegee moes word. Die tweede trein vol Britse soldate jaag dreigend daardie nag verby hulle as onrustige vooruitskouing van wat gaan volg. Die jongste broer, Huibert, se dreigement om die trein met klippe te laat ontspoor, verhoog die spanning verder: "Met vier van die onnoozele klipsteenen laat ik zoo'n moordenaarstrein ontsporen" (p. 7). Hierdie spannende onheilsgevoel word voortgesit in Lambert, die oudste broer se kommer oor die vuur in Huibert. Die sentrale gebeure, die Kaapse boereopstand, verleen 'n ironiese kleur aan die plaasnaam, Vredeburg.

Hierdie vroeere novelle herinner sterk aan die meer klassieke novelle met die opstand as konkrete, eksterne gebeure wat reeds in die titel genoem word. Die ouktoriale verteller staan buite die gebeure en berig net daaroor. In teenstelling met die suiwer klassieke novelles gee die verteller heelwat inligting oor die karakters: die familietrek op die broers se gesigte, hulle ouderdomme, emosies en veral temperament. Vergelyk Abel se "stille, zachte lammerennatuur" op p. 11. Die verwysing na hulle geaardhede is funksioneel en dien as voorspelling oor hoe hulle tydens die opstand gaan optree. Hierdie verband tussen elkeen se temperament en die eksterne gebeure dui op die held en sy dapper dade - 'n tipiese element in ouer prosawerke.

4.4.2.2 Tussen homer en aambeeld (1952) Harry Mulisch

Heumakers (1999:99) haal die bekende Nederlandse skrywer, Mulisch, aan in sy nawoord tot bogenoemde novelle: "Om mij te oefenen in 'vorm' schreef ek de novelle Tussen homer en aam- beeld, - een bewuste poging om alleen maar een 'verhaal' te schrijven, zonder hogere ballast. Als zodanig heeft het zijn dienst gedaan; verder is het een lor." Die woorde onderstreep 'n algemene mistasting dat die novelle 'n minderwaardige weergawe van 'n roman is, 'n soort van vingeroe-

fening wat nie gewig dra nie. Met sy verskyning word hierdie novelle hoog aangeslaan, maar Adriaan van der Veen kritiseer die teks ook as "Deze invulsoefening ..." (Heumakers, 1999:102).

As oorlogsverhaal word 'n tragiese skietongeluk die sentrale gebeure in hierdie novelle. Kort na die Tweede Wereldoorlog beman soldaat Nicolai Fjodorowitch Waranef 'n grenspos tussen Bratislava en Wene. Na een waarskuwingskoot in die nag tref Waranef se tweede skoot 'n Britse politikus noodlottig op verbode terrein. Hoewel onskuldig, is Waranef bestem om voor 'n vuur- peloton te sterf. Hierdie voorval hou verband met Springer se aksie-beginsel met as een van die funksies die degenerative or pathetic tragedy wat (net soos met Daiel) ellende en/of die dood vir die hoofkarakter beteken.

Die Falkentheorie van Paul Heyse in 4.3.2.1.3 kom ook sterk na vore in die novelle. Waranef word uit vrees vir politieke implikasies onmiddellik oorgeplaas en hy aanvaar die saak as afge- handel. Sy onskuld was duidelik en 'n medesoldaat het hom gehelp om die lyk in die donker na die kwartiere te neem. Op p. 18 "torste hij zijn levenloze last naar de wachtpost" - 'n las wat na sy teregstelling verwys. Maar Boronof en Larinsky, sy eie majoor en generaal, is teen hulle sin verplig om Waranef te arresteer en self tereg te stel. Hy sou nooit weer sy vrou en twee kinders in Rusland sien nie.

As kind het Waranef die begrafnis bygewoon van Hypolit,'n klasmaatjie wat noodlottig raakgery is. Hypolit se broertjie het per ongeluk ook in die graf geval. Sy pa het hom uitgehaal, maar die kis stukkend getrap. Waranef het vir oulaas Hypolit se gesig in die kis gesien terwyl sy moeder skree: "Een teken, een teken!" (p. 29). Hierdie leidmotiewe rondom die dood dien as vooruit- skouing na Waranef wat net soos Hypolit as onskuldige 'n onnatuurlike dood sou sterf.

Die getal 4 was altyd positief vir Waranef soos sy afspraak met Katinka om vieruur. Die kan- toornommer van generaal Larinsky by die gevangenis is ook 4 en vir Waranef is dit 'n goeie voor- teken. Sy selnommer is ook 44 - "Zijn getal! Dubbel!" (p. 48). Maar tydens sy noodlotsgang word Waranef geteister deur voorspellende drome waarin die getal 4 telkens opduik. Hy droom sy hele liggaam is vol viere wat afval as hy hardloop, maar een 4 bly agter in sy knoopsgat (p. 50,51). In een droom hoor hy die woorde: "Een vier betekent gelukkig leven, twee vieren geluk- kige dood" (p. 80). Dit laat hom aan sy selnommer dink. Kaganowitch, die ou sipier, se aan Waranef dat baie mense gevange is tussen vier mure van weifelmoedigheid (p. 59).

Heumakers (1999:108-111) pas die vier mure van weifelmoedigheid op Waranef toe. Hy het wel geveg, maar baie lafhartig en het nooit die moed gehad om 'n vyand dood te skiet nie. Waranef bedrieg homself deur te se dat hy net sy plig gedoen het toe hy die politikus doodgeskiet het. Hy is nie onskuldig nie want hy het 'n keuse gehad om die tweede skoot te skiet of nie. Deur van 'n gelukkige dood te droom is ook selfbedrog wat voortgesit word wanneer Waranef sy teregstelling as 'n toneelstuk beleef wat net opgevoer word om die Westerse joernaliste tevrede te stel.

As Waranef die bevel "Vuur" hoor, voel dit vir horn "of een last zo zwaar als de wereld" van horn weggeneem word - 'n terugverwysing na die lyk wat hy aan die begin as las begin dra het (p. 95). Heumakers (1999:111,112) beskou die las waarvan Waranef onthef word as die las van vryheid wat die mens ontvang het om keuses te kan maak. Daarsonder word nievryheid ervaar wat geen verantwoordelik van 'n keuse behels nie en wat 'n gelukkige dood impliseer. Waranef besef self dat hy tussen hamer en aambeeld gaan sterf en in "opperste onvrijheid" sal slaap (p. 92).

Daar is ook herhalende simboliese refreine in Waranef se drome: "De enkele is gevallen, hahaha! ..." (p. 52) en "Warenef heeft blauwe ogen" (p. 72). Groot simboliek le in Waranef se besef dat hy "de zondebok" is; nie 'n sondebok nie, maar die sondebok, en net goed genoeg is om "als offer in hun politieke molen vermorzeld te worden!" Die hele novelle staan in die teken van 'n kom- plekse simboliek wat nie alles hier bespreek kan word nie (my onderstreping).