• No results found

ONTWIKKELING VAN 'N PRAKTYKGERIGTE SKRYFTEORETIESE NOVELLEBENADERING

5.5 DIE NARRATOLOGIE

Met al die verwysings na die narratiewe in 5.3.1, saam met die argetipiese begeerte van die no- velle om iets te vertel volgens Drennan (1992:351), is die narratologie volgens my 'n logiese teo- retiese aanknopingspunt vir 'n skryfgerigte novellebenadering. Vergelyk byvoorbeeld Bennett (1974:1): "...a Novelle is a narrative in prose..." en Good (1977:210): "The novella is the writ- ten imitation of a live tellling,..." Prince (1982:4) definieer die narratologie as: "Narratology is

the study of the form and functioning of narrative" waarby my studie aansluit as 'n ondersoek na die vorm en funksionering van die novelle.

Aansluitend by Drennan (1992:351) hierbo, se Chatman (1978:31) dat narratiewe (soos die novel- le) kommunikasie is; dat dit wat gekommunikeer word, 'n storie is; en dat die storie deur middel van diskoers gekommunikeer word (my hakies). Volgens Abrams (1988:62) stel die narratologie belang in die manier waarop 'n narratiewe diskoers daarin slaag om 'n storie as 'n eenvoudige reeks gebeure in tyd tot 'n georganiseerde plot te omvorm. Vir die doel kan elemente soos plot, karakterisering en vertellersperspektief betrek word om 'n sisteem van gemeenskaplike reels vas te stel wat alle moontlike narratiewe vorms beheer (Abrams, 1988:62).

Brink (1987:10) verkies die term vertelkunde bo narratologie, verhaalteorie en verhaalkunde. Met vertelkunde bedoel Brink die "skryfmatige teks" waarin 'n dubbele proses vervat is (aanha- lingstekens deur Brink). Die proses behels "die vertelproses waardeur die teks ontstaan" en ter- selfdertyd "die proses waardeur 'n storie in die teks vertel word" (Brink, 1987:10).

5.5.1 Aanwending van die skeppingselemente

Die aanwending van die skeppingselemente word bespreek aan die hand van die bestaande novel- le, Veldslag (1965) van Karel Schoeman (5.6) en 'n selfgeskrewe novelle, Die Here III (2007) in 6.1. Die twee novelles is gekies om te probeer vasstel of daar enige klemverskuiwings is in die aanwending van die skeppingselemente in Veldslag as 'n moderne novelle en die selfgeskrewe nuwemillenniumnovelle. Volgens Heyse se definisie in LoCicero (1970:70) (sien 5.2.12) het die novelle as eenvoudige berig oor 'n gebeurtenis ontwikkel tot 'n komplekse vorm met indringende vrae oor morele kwessies wat volgens my veranderings in gebeure, karakter en karakterisering impliseer. Sodanige klemverskuiwings sal met behulp van 'n glyskaal vir elke novelle vasgestel word as deel van my novellebenadering.

Die doel van hierdie studie is om deur middel van die aanwending van die skeppingselemente te probeer vasstel hoe die novelle van ander narratiewe vorme onderskei kan word. Die manier waarop die skeppingselemente aangewend is, moet dus 'n prosateks as novelle kan tipeer. Aangesien die skeppingselemente in alle narratiewe voorkom - met of sonder graadverskille in

prominensie - is 'n ondersoek na bloot die aanwending daarvan in 'n novelle op sigself nie 'n genre-onderskeidende maatstaf nie. Met die aanwending van die skeppingselemente moet dus nog 'n vlak betrek word. As Skryfkunsgerigte studie le die antwoord op die prakties-kreatiewe vlak. Hiermee word bedoel dat skryftegnieke bespreek word wat die skrywer binne die skep- pingselemente kan toepas om novelle-onderskeidend te skep.

Bogenoemde uiteensetting beteken dat die aanwending van die skeppingselemente op drie uitkomste gerig is:

1. Om graadverskille in die prominensie van die skeppingselemente in Veldslag en Die Here III te probeer vasstel deur middel van glyskale.

2. Om te probeer vasstel watter skryftegnieke in Veldslag toegepas is om hierdie teks as 'n novelle te onderskei

3. Om novelle-onderskeidende skryftegnieke in Die Here III te probeer toepas ter illustrasie.

Die prominensie-glyskale en die skryftegnieke vorm deel van my skryfteoretiese novellebenade- ring in die gevolgtrekking in Hoofstuk 7.

Die genoemde skryftegnieke baseer ek op die novelleteorie van Leibowitz (1974) in 4.3.7.2. Elke prosasoort ontwikkel sy eie tegnieke na gelang van sy narratiewe doel. Die roman se narratiewe doel is elaboration, die kortverhaal is ingestel op limitation en die novelle se doel is compression. Die narratiewe doel het betrekking op die struktuur van die prosateks. Om die saamgeperste struktuur van die novelle te verkry wat hom dus van die roman en kortverhaal kan onderskei, is die skrywer aangewese op dit wat ek verdigtingstegnieke noem. Hieronder word verstaan die gebruik van onder andere parallelle, simboliek en meerdimensionele tydsbelewenis (vergelyk Leibowitz, 1974:12,19).

5.5.2 Glyskaal vir die skeppingselemente in cuVnovelle

Die besluit om 'n glyskaal te gebruik, berus op die moontlikheid dat graadverskille in die promi- nensie van die skeppingselemente in Veldslag en in my eietydse illustrasienovelle kan voorkom waarvan die Skryfkunssteorie kennis moet neem vir inkorporering by novelle-opleiding.

Elke skeppingselement is 'n stuk skryfgereedskap vir die skrywer en die glyskaal behoort riglyne aan horn te verskaf oor die funksionele aanwending daarvan binne die novellestruktuur. Brink (1987:10) bevestig hierdie uitgangspunt: "Dit help nie om te weet dat 'n bepaalde stuk gereedskap 'knyptang' heet as jy (die skrywer) horn nie kan gebruik nie" (Brink, 1987:10; my hakies).

5.5.3 Die skeppingselemente in die kortverhaal, novelle en roman

Nieuwenhuizen (1981:34) gebruik die drie grafieke op p.123 om die toepassing van die struktuur- elemente in die kortverhaal, novelle en roman te illustreer.

Die kwalitatiewe boustene van Nieuwenhuizen (1981:32) kom ooreen met die skeppingselemente terwyl die opsionele kenmerke ooreenstem met Nieuwenhuizen se kwantitatiewe boustene. Die roman en kortverhaal geniet nie aandag nie omdat dit buite die bestek van hierdie studie val.

Die novellegrafiek hierbo bied 'n goeie skematiese voorstelling van Day (1971:V) se novelle- definisie in 5.2.17: "The major distinction of the novella is that it combines the unity, the impact, and the economy of the short story with the broader scope, larger cast of characters, and more extended time period of the novel." Shipley (1943:283) se twee novelledefinisies in 5.2.1 en 5.2.2 wys verder op verskille tussen die kortverhaal, novelle en roman betreffende die plot en lengte.