• No results found

DIE MODERNE LITERERE NOVELLE

4.3 TEORETIESE BENADERINGS TOT DIE NOVELLE

4.3.7 Alternatiewe teoretiese benaderings

4.3.7.2 Judith Leibowitz (1974)

Leibowitz put uit die goed ontwikkelde Duitse novelleteorie, maar verwerp die voorskriftelikheid daarvan. Haar teorie het twee uitgangspunte: structural repetition en thematic intensity and expansion (Paine, 1979:10; Leibowitz, 1974:16,17). Aansluitend hierby baseer Leibowitz haar genre-onderskeid op die "narrative purpose" (Gestaltungsziel) van tekste. Elke narratiewe vorm het sy eie tegnieke om te ontwikkel afhangend van sy narratiewe doel. Die roman se narratiewe oogmerk is elaboration; die kortverhaal se narratiewe doel is limitation terwyl compression die novelle se narratiewe doelwit is. Leibowitz is dus ingestel op hoe sekere tegnieke in genres aangewend word met haar veronderstelling dat elke narratiewe vorm "has its own developmental methods, its own manner of developing or giving shape to its fictional material" (Leibowitz, 1974:12,13; Paine, 1979:105).

Met 'n ander woordkeuse sluit Good (1977:210) by Leibowitz aan: "The formal principle of the novella is intensity; of the novel, extensity." Teenoor die geleidelike karakterontwikkeling in die roman volg die novelle 'n dramatiese of simboliese metode. Betreffende die plot fokus die novelle op byvoorbeeld 'n natuurramp of die dood van 'n individu terwyl die roman se lang ketting van oorsake, gevolge en wisselwerking ontbreek. In die tragedie gaan die held ten gronde weens 'n ver- keerde besluit; in die novelle verval hy dikwels in isolasie of ervaar die dood (Good, 1977:210).

Waar die kortverhaal sy inhoud beperk, en die roman sy materiaal uitbrei, doen die novelle beide waardeur 'n spesiale soort narratiewe struktuur ontstaan - "one which produces a generically dis- tinct effect: the double effect of intensity and expansion" (Leibowitz, 19974:16) waarmee meer gesuggereer word as wat die beperkte woorde se.

Volgens Paine (1979:106,107 en Leibowitz, 1994:16,17) is die motiewe in die novelle deel van 'n groep temas wat Leibowitz 'n theme-complex noem. Waar die fokus in die roman voortdurend verskuif, bly dit in die novelle intensief gerig op die theme-complex. Omdat die implikasies van die motiewe net gesuggereer en nie ontwikkel word nie, is die novelle 'n narratief van suggestie. Die gebeure in die novelle is nie aaneenlopend en progressief soos in die roman nie en 'n groot terrein word ook nie bestryk soos in die roman nie. 'n Kleiner area word in die novelle verken, maar uiters intensief.

Met structural repetition word parallelle situasies en motiewe en ander tegnieke bedoel wat die skrywer aanwend om die aksie saam te pers. 'n Kombinasie van hierdie tegnieke wat in 'n novel- le aangewend word, kan 'n "unique over-all effect" skep waarvolgens die leser die teks as 'n novelle herken en onderskei van ander narratiewe vorme. Die beskouing geld egter ook vir ander genres (Leibowitz, 1974:18; Paine, 1979:107).

Leibowitz (1974:19) hoop om met haar teorie die kontinui'teit aan te dui van die "modern novel- la from the late nineteenth century to the present on the basis of narrative goal ..."

Teenoor die voorskriftelike Duitse novelleteorie en Springer se teorie wat op rigiditeit kan uitloop, bied Leibowitz se beskouing nuttige riglyne vir die verstaan van 'n novelle met 'n gesonde mate van buigsaamheid (Paine, 1979:10). Om hierdie rede baseer ek my novellebenadering hoofsaak- lik op van die novelleteoriee van Leibowitz.

Leibowitz se wegbeweeg van genre-onderskeid volgens kategoriee en haar klem op onderskei- dende tegnieke en die toepassing daarvan het meer praktiese nut vir die Skryfkunsteorie: "The important thing for Leibowitz, and that which for her distinguishes the novella among fiction gen- res, is how techniques are used ... " (Paine, 1979:105). Teenoor die kenmerke wat die Duitse no- velleteorie kunsmatig op nuwe tekste toepas, wil Leibowitz die generiese doel, "the narrative shaping purpose" van die novelle vasstel. Die narratiewe doel van die prosavorme - elaboration (roman), limitation (kortverhaal), compression (novelle) - veronderstel tegnieke en kombinasies van tegnieke wat die skrywer narratief so behoort aan te wend dat dit die novelle van ander prosasoorte onderskei (Leibowitz, 1974:15; Paine, 1979:105). Sien ook 7.3, 7.5 en 7.9.

Hoewel Springer se formele funksies en doel en Leibowitz se narratiewe doel van die novelle op verskillende vlakke le, verklaar beide sienings waarom die novelle 'n korter lengte het; dat die lengte nie willekeurig gekies word nie, maar deur die inhoud van die novelle en toegepaste teg- nieke bepaal word. Hierdie hoekom is insiggewend vir die Skryfkunsteorie wat skryfkundige teg- nieke behoort te ontwikkel vir die hoe (my kursivering). Begryp die skrywer wat die narratiewe doel van die novelle is, kan hy sy tegnieke daarvolgens ontwikkel.

Leibowitz (1979:16,17) beskou haar teorie van intensity en expansion as 'n "shaping principle to account for observable techniques" soos die wat nou volg (vergelyk ook Paine, 1979:105-107).

Die volgende tegnieke van Leibowitz verskaf riglyne aan die skrywer:

Die narratiewe doel van compression (saampersing) word grootliks verkry deur die dubbeltegniek van intensity en expansion wat ook 'n dubbele effek skep (my hakies). Die intensiewe en kon- stante fokus op die theme-complex word aangevul deurdat die theme-complex se onontwikkelde implikasies net gesuggereer word en dus 'n groter "skynomvang" aan die novelle verleen (my aanhalingstekens): "This outward expansion from a limited focus is the effect of the typical plot construction of the novella" (Leibowitz, 1974:17). Om sodanige plot te ontwikkel, kan die skry- wer die tegniek van theme-complex en repetitive structure toepas. Hierdie tegniek verteen- woordig vir Leibowitz (1974:17) "the two categories of technique and device used by the novel- la author 'to compress the material while at the same time expanding its implications' " (sien ook Paine, 1979:106).

Teenoor die voortdurende progressiewe aksie in die roman, word die aksie in die novelle saam- gepers deur middel van herhalende tegnieke en kontrasterende parallelle - wat neerkom op die "structural reworking of a limited situation or idea" (Leibowitz, 1974:17).

Vir die Skryfkunsteorie is Leibowitz (1974:18) se twee intrinsieke teenstrydighede in die skry- werstaak veelseggend, maar ook 'n kreatiewe uitdaging: "The selection of a genre limits the author's ability to manipulate his material and at the same time opens to him the possibilities inherent in that kind of narrative treatment."

Wellek en Warren (1978:234,235) wys op die moderne genreteorie wat "descriptive" is; wat nie 'n beperking plaas op die soorte tekste wat daar kan wees nie; wat nie reels neerle vir skrywers nie; wat aanneem dat tradisionele vorme gekombineer kan word tot nuwe vorme en dat genres geskep kan word op die grondslag van "inclusiveness". Paine (1979:10) beskou Leibowitz se eienskappe van die novelle as geldig en nuttig asook haar meer buigsamer benadering as aanslui- tend by die genoemde beskouings van Wellek en Warren. Die belangrikste is dat Leibowitz, soos in die moderne genreteorie, poog om die gemeenskaplike kenmerk van 'n genre (hier die novelle met saampersing as sy narratiewe doel) te bepaal: "... finding the common denominator of a kind, its shared literary devices and literary purpose" (Wellek en Warren, 1978:235). Sien ook Paine (1979:10; my hakies).

Bogenoemde teoriee van Leibowitz (met sekere verwysings na Springer) dien as grondslag vir my skryfteoretiese novellebenadering. Aspekte van hierdie teoriee word toegepas en aangepas in 5.7, 6.2 en 7.3 tot praktiese riglyne en skryftegnieke vir die novelleskrywer.