• No results found

RESULTATE, BEVINDINGE EN INTERPRETASIES

6.2.1 SESSIE 1: INLEIDING VAN NAVORSINGSESSIES

In hierdie sessie is daar toegetree tot die bou van ‘n verhouding met deelnemer 1. Die wyse van toetrede was deur middel van ‘n speletjie wat vermaak verskaf en vrae wat dialoog bevorder en die navorser meer inligting oor die deelnemer se leefwêreld gee. Die deelnemer kon kies tussen ‘n kaartspel of slangetjies en leertjies. Die vrae wat gebruik is, word gelys in bylae 1c (Blom, 2004:74-75). Tabel 6.1 Vrae en antwoorde oor deelnemer 1 se leefwêreld.

VRAE ANTWOORDE DEELNEMER 1

As jy drie wense kon wens, wat sou dit wees?

Dat ek ‘n selfoon kan kry, dat ek na ‘n ander skool kan gaan en dat ek maats kan hê.

Vertel van die stoutste ding wat jy al ooit gedoen het.

Ek het skool “ geslip”. As jy kon ophou met skool, sou

jy?

Nee, want ek wil klaarmaak. Wat is die slegste ding by die

skool?

Dat ek nie maats het nie. Wat is die lekkerste ding by die

skool?

Die werk en as ons in die klas is. Wie is jou beste vriend/vriendin? Ek het nie vriende nie.

As jou ouers jou sou verbied om verder met jou beste vriend/in te speel omdat hy/sy ‘n slegte in- vloed op jou het, hoe sou jy voel?

Ek sal baie hartseer wees, maar ek sal nie met haar speel nie.

As jy baie geld gehad het en dit kon spandeer net soos jy wil, wat sou jy daarmee gemaak het?

Vertel my wat maak jou regtig kwaad.

As iemand vir my jok. Wat sou jy verkies, om geen

reëls in jou lewe te hê nie, of om eerder met dié saam te leef wat jy het?

Ek sal liewers dié hou wat ek het.

Wat dink jy waarvan hou jou vriende die meeste van jou?

Hulle hou daarvan dat ek iets vir hulle doen. As jy vir een dag onsigbaar kon

wees, wat sou jy gedoen het?

Ek sal op die dak klim. As jy iets kon verander aan

jouself, wat sou jy verander?

Niks nie.

Die volgende aktiwiteit wat gedoen is, was ‘n grafiese gesinskets om die adolessent se gesinsomstandighede en die atmosfeer in die gesin beter te leer ken (Venter, 1988:1-5).

Tabel 6.2 Vrae en antwoorde oor deelnemer 1 se gesinsomstandighede.

VRAE ANTWOORDE DEELNEMER 1

Stel elke lid van jou gesin voor as ‘n leë sirkel op die papier en skryf by wie elkeen is.

Sy het sewe persone en haarself aangedui. Die persone was pleegsussie, eie sussie, tweede pleegsussie, pleegma, pleegpa, en twee pleegbroers.

Na wie kyk elke gesinslid die meeste van die tyd?

Sy kyk na haar eie sussie en haar een pleegsussie en die drie groter pleegkinders kyk na die drie jonger kinders, die pleegma en die pleegpa kyk na hulle almal.

Wat doen elke gesinslid die meeste van die tyd?

Die pleegpa werk baie hard en aanmekaar vir geld vir hulle almal, die pleegma is

huisvrou en sorg vir almal, die twee broers en een pleegsussie werk meestal en sy, haar eie sussie en die klein pleegsussie speel meestal saam.

Hoe voel elke gesinslid die meeste van die tyd?

Almal is gelukkig en vriendelik, die pleegma en pleegsussie is grapperig en haar eie sussie is soms wipperig.

Om meer van die deelnemer se proses te leer ken, is daar met haar in gesprek getree rondom haar temperament. Die gesprek is gebaseer op die temperamentverskille soos beskryf deur Mol (1981:21-28). Die temperament- vraelys is eers met die adolessent gedoen, wat aangedui het watter van die vier temperamente haar die beste beskryf (Bylae 1e). Die temperament se persoonlikheidseienskappe is daarna met die deelnemer bespreek sodat sy kon aandui watter van die eienskappe haar algemene gedrag die beste beskryf. Volgens die vraelys word deelnemer 1 waargeneem as melankolies, wat die beste beskryf word deur die volgende eienskappe: introvert, sensitief, arbeidsaam, talentvol, lojaal en idealisties (Mol, 1981:29-30)

(a) AFSLUITING

Sessie 1 word afgesluit met evaluering, bemagtiging en selfvertroeteling. Die navorser bemagtig die deelnemer deur waardering uit te spreek vir haar mooi samewerking en deelname. Die deelnemer sê dat dit vir haar lekker was en dat sy nou beter voel. Ons bespreek hoe sy haarself nou kan beloon vir die werk. Sy antwoord dat sy iets vir iemand sal gaan doen, want dit is vir haar lekker as mense vir haar dankie sê.

(b) WAARNEMING DEUR DIE NAVORSER GEDURENDE DIE SESSIE

Die deelnemer was in die begin van die sessie senuweeagtig en onseker, maar het tydens die speletjie reeds meer op haar gemak geraak en goed deelgeneem. Sy het gesukkel met die temperamentvraelys en die navorser moes van die vrae aan haar verduidelik.

6.2.1.1

INTERPRETASIE VAN SESSIE 1

(a) LEEFWÊRELD VAN DEELNEMER 1 SOOS GEÏDENTIFISEER

Oor haar leefwêreld is waargeneem dat sy positief is teenoor al die lede van die pleeggesin en verantwoordelik voel vir haar eie sussie. Sy het ook aangedui dat sy haar onderwerp aan ouerlike gesag. Sy ondervind probleme by die skool en met haar portuurgroep. As persoon is sy stil, skaam en sensitief, sy hou daarvan om vir iemand iets te doen en doen haar bes vir goedkeuring en aanvaarding. Sy beskik oor ideale en hou van struktuur.

(b) BEVINDINGE OOR DIE LEEFWÊRELD VAN DEELNEMER 1 VOLGENS