• No results found

RESULTATE, BEVINDINGE EN INTERPRETASIES

FIGUUR 6.3: FOTO VAN DEELNEMER 1 SE SANDBAK

6.2.4.1

TERUGVOER TYDENS DIE ONDERHOUD

Daar word sover moontlik gebruik gemaak van die deelnemer se eie woorde in verslaggewing van die onderhoud. Die deelnemer het in hierdie sessie weer direk met die voorstelling in die sandbak geïdentifiseer. Die volgorde van die onderhoudskedule is daardeur beïnvloed, aangesien die navorser haar laat lei deur dit wat die deelnemer sê (Schoeman, 2006:7). Daar is ook gebruik gemaak van opvolgvrae en ondersoekvrae (Greef, 2005:293) en ander kommunikasietegnieke soos parafrasering, klarifikasie, refleksie en aanmoediging (Greef, 2005:289).

(a) EKSPLOREER, EKSPLOREER MET POLARITEITE, IDENTIFISERING

EN BESITNEMING

Die deelnemer sê dat sy bly voel. Sy sê dat sy die huis waarin sy nou bly by haar oom en tannie (pleegouers) gebou het. Sy identifiseer die kombuis en eetkamer waar hulle kosmaak en eet. Sy en haar sussie maak nie kos nie maar moet altyd die kombuis opruim. Verder is daar die sitkamer waar hulle sit en met hulle pleegma gesels, teken, huiswerk doen, televisie kyk of krale inryg. Dit is vir haar lekker. Daar is ook die rekenaarkamer waar sy en haar sussie ‘games’ speel as haar pleegma wasgoed was. Die badkamer waar hulle elkeen alleen kan bad, is naby haar kamer. As hulle klaar gebad het, moet hulle die bad skoonmaak. Dit is nie altyd so lekker nie. Sy het haar eie kamer met pienk gordyne, ‘n bed, stoel en ‘n kas. Die drie feetjies van bak een (sessie 2) is ook in haar kamer vir versiering. Haar kaste moet altyd netjies wees en sy is trots op haar kamer. Dit is vir haar die lekkerste om in haar kamer te wees. Sy is gelukkig in die huis en wil eendag ook in so ‘n huis bly. Dit is ook lekker in die rekenaarkamer waar sy en haar sussie “games” speel. Dit is vir haar die slegste in die badkamer, want dit moet altyd skoongemaak word as sy klaar gebad het. Dit is ook sleg om die kombuis skoon te maak. Sy sê daar is nie ‘n probleem in

die huis nie. Sy identifiseer ook die ligging van die ander kamers wat in die huis is, naamlik haar sussie se kamer, haar klein pleegsussie se kamer, haar pleegma en pleegpa se kamer met hulle badkamer en haar pleegbroer se kamer.

(b) EKSPLOREER ALTERNATIEWE VIR DIE DEELNEMER SE

VOORGRONDPROBLEEM

Die deelnemer het gesê dat daar nie hier probleme in haar sandbak is nie.

(c) AFSLUITING

Sessie 4 word afgesluit deur evaluering, bemagtiging en selfvertroeteling. Die navorser bemagtig die deelnemer deur haar te komplimenteer met die wyse waarop sy saamwerk in die pleeggesin om haar kamer netjies te hou en die ander takies uit te voer al is dit nie vir haar lekker nie. Sy sê dat die sessie vir haar lekker was en dat sy nou beter voel. Om haarself te beloon, sal sy eers gaan speel voor sy huiswerk doen.

(d) WAARNEMINGS DEUR DIE NAVORSER TYDENS DIE SESSIE

Daar is opgelet dat die deelnemer energiek en doelgerig gebou en opmerkings gemaak het terwyl sy gebou het. Dit is waargeneem dat sy die sessie geniet het. Die deelnemer identifiseer net haarself in die bak, daar word geen ander mense in die sandbak ingebring nie.

6.2.4.2

INTERPRETASIE VAN SESSIE 4

(a) DIE LEEFWÊRELD VAN DEELNEMER 1 SOOS SY DIT IDENTIFISEER

IN DIE SANDBAK

Deelnemer 1 het in haar sandbak haar pleegouers se huis voorgestel. Sy identifiseer die verskillende kamers van die huis en die meubels in elke kamer. Sy vertel van die aktiwiteite wat saam met die pleegma en die ander gesinslede

in die verskillende kamers gedoen word. Sy sê dat sy lekker daar bly en ook so sal wil bly as sy groot is. Sy stel ook haar eie kamer voor. Dit is vir haar die lekkerste om in haar eie kamer te wees.

(b) ITEMS VAN DEELNEMER 1 SE SANDBAK WAT SY NIE GEÏDENTIFISEER HET NIE

 Drie feetjies.

(c) HIPOTESES GEMAAK UIT SIMBOLIESE BETEKENISSE VAN

MINIATURE EN SANDSPELNAVORSING

Hipoteses wat hier gemaak kan word (Schoeman, 2008; Boik en Goodwin, 2000:83) oor die items wat die deelnemer nie geïdentifiseer het of waarvan nie bevredigende antwoorde in die onderhoud verskaf is nie, is:

 Die drie feetjies se simboliese betekenis is helpertjie (McNelly, 2001:145)

Sandspelnavorsing soos in hoofstuk 3 van die literatuur bespreek word wat betrekking het op hierdie sessie is:

 Bühler (1951) in Homeyer en Sweeney (1998:75) se navorsing het hier

betrekking. Die sandbak van die deelnemer bevat net haarself en geen ander mense nie. Sy identifiseer dit as ‘n wêreld sonder mense, wat dui op moontlike gevoelens teen mense weens emosionele, seksuele of fisiese wonde. Dit het betrekking op die deelnemer, veral weens die vorige sessie se onthulling van haar molestering.

(d) BEVINDINGE OOR DIE LEEFWÊRELD VAN DEELNEMER 1 VOLGENS

DIE GESTALTBENADERING

Op die deelnemer se voorgrond is dat sy in haar pleeggesin wil bly en dat haar huis ook eendag soos haar pleegouers se huis moet lyk.

(e) BEVINDINGE OOR DIE LEEFWÊRELD VAN DEELNEMER 1 VOLGENS

DIE ADOLESSENTE ONTWIKKELINGSTADIUM

Sosiale ontwikkeling. In die deelnemer se sosiale ontwikkeling word

waargeneem dat die privaatheid van haar kamer vir haar belangrik is. Die rol van die gesin is ook vir haar belangrik (Kimmel en Weiner, 1995:224). Die verandering van ouer-kind-verhouding het nog nie plaasgevind nie (Kimmel en Weiner, 1995:227) want dit is nog vir haar belangrik om tyd saam met haar pleegma deur te bring. Dit is waargeneem dat die deelnemer haar pleegouer huis as basis beskou vir hoe ‘n gesin moet wees. (Alsaker, 1995 in Jaffe, 198:221)

Die bevindinge oor deelnemer 1 word nou by wyse van samevattende tabel 6.3 aangebied wat die inligting toon wat in die vier sessies ingesamel is deur te eksploreer met sandspel volgens die Gestaltbenadering in maatskaplike werk.

6.2.5 SAMEVATTENDE BEVINDINGE OOR DIE LEEFWÊRELD

VAN DEELNEMER 1 MET SANDSPEL VOLGENS DIE

GESTALTBENADERING

Die bevindinge oor die leefwêreld van deelnemer 1 met sandspel volgens die Gestaltbenadering word by wyse van ‘n samevattende tabel aangebied (tabel

6.3). Die volgende afkorting word in die tabel gebruik:  D1 – word gebruik vir deelnemer 1

TABEL 6.3: SAMEVATTENDE BEVINDINGE OOR DIE LEEFWÊRELD VAN DEELNEMER 1 MET