• No results found

DIE GEBRUIKSFREKWENSIE EN FUNKSIONALITEIT VAN PSALMS IN DIE UEDBOEK (2001)

D 5-6 keer per maand

3.5 PERSPEKTIEWE EN AANBEVELINGS VOORTSPRUITEND UIT DIE RESULTATE

3.5.6 Riglyne vir eietydse psalmmelodiee

Die data wat by Vraag 10 (3.3.10) ingesamel is, het die mate van teenkanting teen die nuwe psalmmelodiee laat blyk. Nuwe psalmmelodiee word tans in die NG Kerk moeilik aanvaar en geassimileer in die bestaande kerkliedereskat. Kritiek wat gelewer is, kon lig werp op die redes vir die teenkanting wat NG Kerklidmate teen die aanleer van nuwe psalmmelodiee openbaar, maar ook op hulle eietydse voorkeure.

3.5.6.1 Redes vir die moeilike assimilering van nuwe psalmmelodiee

• Weens die weerstand wat teen die Geneefse psalmmelodiee gegroei het, het gemeentes belangstelling in psalms as sodanig verloor.

• Litergre leesvaardighede is algemeen, terwyl musikale geletterdheid skaars is binne die bestaande kultuur. Die meeste lidmate kan nuwe tekste lees om saam met h bekende melodie gesing te word, terwyl die aanleer van nuwe melodiee meestal bloot van die musikale geheue afhanklik is. Onsekerheid wanneer nuwe psalmmelodiee aangeleer word, is baie groter, omdat die woorde ook onbekend is en die woordplasing saam met die melodie bykomend uitgesorteer moet word.

• Daar word dikwels 'n emosionele konnotasie tussen 'n teks en 'n wysie gevorm, wat mettertyd deur middel van assosiasie groei. Die verandering van 'n melodie word dan as 'n persoonlike verlies, soos die ontworteling van

•n emosionele verwantskap, ervaar. h Voorbeeld uit die Afrikaanse

kerkmusiekgeskiedenis is die emosionele reaksies wat ontstaan het toe bekende Hallelujalied-tekste en -melodiee as ongewens beskou en by die 1949-uitgawe weggelaat is (Die Halleluja, 1959: Voorwoord). Dieselfde reaksie het ontstaan toe baie van die "nuwe melodiee" van die 1937- psalmbundel by die 1976-uitgawe vervang is met Geneefse melodiee of melodiee in 'n dergelike styl (Viljoen 1997:73-74; 197-198).

3.5.6.2 Onontdekte "nuwe" psalmmelodiee

Die meeste nuwe melodiee in die Liedboek is nog nie deur die gemeentes ontdek nie en die volgende opsommende beeld kan volgens Vrae 10a en 10b gegee word:

• Nuwe melodiee wat reeds gedeeltelik inslag gevind het, is: Psalms 5, 29, 57 en 111/112.

• Nuwe Psalms met toeganklike teks en melodiee is Psalms 14,15, 37/40/70, 41,92,126,1271,1272en1391.

• Nuwe psalmmelodiee wat volgens die ingewinde kommentaar aanklank behoort te vind, is Psalms 3,11, 26, 53 en 60.

3.5.6.3 Aanbevelings vir psalmmelodiee

• Nuuttoegevoegde melodiee in die Liedboek uit Afrikaanse en ekumeniese bronne behoort (soos hierbo) ondersoek en geevalueer te word omdat hulle minder geleentheid gehad het om "ontdek" te word en ingang te vind.

• Die sirkulering of die kuberbekendstelling van 'n lys psalms wat die potensiaal het om ingang te vind, maar nog nie "ontdek" is nie, saam met eietydse nuutskeppinge kan help om doelmatige keuses vir die aanleer van psalms te maak.

• Die begeerte om psalms te wil sing behoort gekoester en gestimuleer word sodat gemeentelede persoonlike waarde daaraan kan heg as ft manier om individueel en gesamentlik met God kontak te maak.

• Gemeentes behoort bewus gemaak te word van die waardevolle psalms of nuutgeskepte psalms wat hulle nie ken nie. Indien daarna ft goedbeplande "aangename kennismakingsprogram" bestaande uit maklik aanleerbare psalms, saam met 'n kort aantreklike DVD-snit van dergelike psalms as voorskou gewys word, behoort 'n geleidelike afwagting geskep te word. Indien gemeentes eienaarskap hiervan kan aanvaar, behoort die aanleer- en onderhoudingsprogram makliker te vlot. Dit is ook belangrik om die gemeente op hoogte te hou van die vordering wat gemaak is, sodat hulle trots daaroor kan voel en kan besef hoe waardevol dit is.

• Omdat eietydse lidmate min sing, behoort ft kort, poetiese struktuur met 'n eenvoudige, moontlik volksliedagtige melodie toeganklik te wees. Mense wat min sing, is nie genee is om lang of moeilike wysies te sing nie en sal dit moeilik bemeester.

• ft Ondersoek na metodes waarop eietydse, wereldwye, ekumeniese kerke hierdie behoefte aanspreek, behoort as voorvereiste gestel te word.

• Die gebruik van majeurtoonaarde behoort tans, veral by die klassiek-

Afrikaanse psalmstyl, waar die volksidiomatiese invloed nog sterker is,

• By eietydse, liturgiese liedere vanuit ekumeniese of volksliedgebaseerde bronne kom meermale mineur of modale melodiee voor. Hierdie liedere sluit dikwels aan by die eietydse massamusiekkultuur deurdat dit opvallend ritmies-lewendig is. Jonger generasies, wat deur eietydse musiektendense beinvloed is, ervaar hierdie musiekstyle as toeganklik omdat dit wel in 'n postmoderne opset tuiskom. Daarom behoort dit in hierdie opset oorweeg te word.

• Eietydse psalmmelodiee behoort voortdurend vir elke generasie nuut kultureel-toeganklik geskep te word. Hierby behoort die taal- en die musikale aspekte van die tyd in ag geneem te word.

• Kerkmusici behoort die vinger op die pols te hou van alle musikale ontwikkelinge op die gebied van geestelike, gospel- en popmusiek ten einde die toeganklikheidsvlak van die kerkvolk voortdurend te kan pell. Yi Realistiese beeld van heersende musiekstyle en watter eienskappe van musiek die toeganklikheid daarvan by gemeentes beinvloed, is essensieel. Alleen deur grondige kennis kan die beste musiek uit elke genre vir die kerk geannekseer word en kan die kerk verryk word met nuwe psalms wat saam met die hartklop van die lidmate kan groei en bloei.

3.6 SAMEVATTEND

Deur hierdie empiriese studie het die statistiese beeld oor die gebruiksfrekwensie en funksionaliteit van psalms in die Liedboek getoon dat psalms tans nie liturgies doelmatig is nie. Hierdie stelling word bevestig deur die totale persentasie negatiewe kommentaar (88.9%) te vergelyk met die totale positiewe kritiek (11.1%) wat oor psalmsang in die huidige opset ontvang is (sien 3.4).

Die kommentaar dat "die teks en die melodiee van psalms nie by die mense aanklank vind nie", is baie ernstig. Die aanklagte dat psalmsang "geen aangename ervaring bied nie" en "nie werk nie", is ewe verdoemend, want die Skrifpsalms bied 'n fees van seeninge (sien 1.1). Psalmsang behoort die draer te wees van die

gemeentelike kommunikasie met God. Indien dit die kommunikasie moontlik maak en bevorder, beantwoord dit aan die doel - indien dit die kommunikasie bemoeilik, het dit 'n ongemaklike plek in die erediens. Volgens die meeste respondente is dit duidelik dat psalmsang tans nie aan hierdie doel beantwoord nie.

Duidelike kritiek is teen die huidige omdigtings en die melodiee gelewer, waardeur sekere kernvrae onderstreep word: Hoe kan die Woordinhoud van die psalms deur middel van geskikte teks en melodiee in menseharte ingang vind? Hoe kan die psalms die nood van ons tyd aanspreek? Hoe kan die psalms tans in die NG Kerk in Suid-Afrika as gespreksmedium tussen God en die gemeente dien?

Al die terugvoer wat ontvang is - die statistiese resultate van die vraelys, sowel as die opbouende kritiek (positief en negatief) wat gelewer is, dui daarop dat die probleme random psalmsang in die NG Kerk aktueel is. Indringende beleidsaanpassings blyk voor-die-hand-liggend te wees. Om die nodige beleidsaanpassings te doen, is dit nodig om te verstaan watter beleid of norme tot die bestaande probleme gelei het en om te besluit watter norme voortaan toegepas behoort te word. Hoofstuk 4 sal vervolgens hierdie norme uiteensit en bespreek.

HOOFSTUK 4

NORMATIEWE VEREISTES