• No results found

Die moontlikheid dat nuwe psalms aangeleer kan word

DIE GEBRUIKSFREKWENSIE EN FUNKSIONALITEIT VAN PSALMS IN DIE UEDBOEK (2001)

D 5-6 keer per maand

3.5 PERSPEKTIEWE EN AANBEVELINGS VOORTSPRUITEND UIT DIE RESULTATE

3.5.1 Die algemene gebruiksfrekwensie van psalms

3.5.1.1 Die moontlikheid dat nuwe psalms aangeleer kan word

Beoalina van 'n oersentasie vir die moontlike aanleer van nuwe psalms

Die persentasie gemeentes waar psalms aangeleer kan word:

• Die data by Vrae 2 en 3 het aangedui dat 81.3% gemeentes 1 maal en minder psalms per Sondag sing. Die aanleer van psalms sal normaalweg alleen kan plaasvind indien daar meer as 1 maal per Sondag psalms gesing word - dus by (100% - 81.3%) gemeentes:

Bv waiter persentasie van die 18.7% aemeentes vind voorafsana pleas:

• Omdat dit feitlik onmoontlik is om psalms gedurende die erediens aan te

leer, is dit nodig om die hoeveelheid gemeentes wat voor die erediens en die wat in die erediens psalms sing, (62% en 84%) in berekening te bring. 62% en 84% staan in die verhouding 3 tot 4. Daarom moet 3A van die 18.7%

bereken word:

3/AX18.7% = 14.025% Die moontlikheid dat 'n psalm virdie voorafsana aekies kan word

• 4 tot 5 liedere word gewoonlik by die voorbereidende sang gesing en die

maksimum van 1 lied kan normaalweg voorbereidend tot die erediens aangeleer word. Die 150 psalms beslaan ongeveer een kwart van die 602 liedere in die Liedboek' en die moontlikheid dat "n psalm aangeleer sal word, is daarom 150 uit 602, of ongeveer 1 uit 4. Die moontlikheid dat 'n psalm gekies kan word, is daarom 150 uit 602 van 14.025%:

150/602 x 14.025% = 24.9% van 14.025% uitgedruk as desimale = 0.1403X0.249)/100

= (0.563)/100 uitgedruk as 'n persentasie = 5.63%

Die totale moontlikheid dat 'n psalm normaalweg aangeleer kan word

• By die kommentaar uit die vraelys (3.4), het daar ten opsigte van die psalms

in die Liedboek 11.1% positiewe aanmerkings en 88.9% negatiewe aanmerkings gespruit. Omdat die gesindheid ten opsigte van psalms 'n invloed sal uitoefen op die gewilligheid om nuwe psalms aan te leer, word dit in berekening gebring. Dit beteken dat by 11% van die 5.63% hierbo, psalms moontlik aangeleer sal word:

11% van 5.63% = 11% x 5.63% uitgedruk as desimale = (0.11 X 0.563) /100 = (0.0062)/100 uitgedruk as "n persentasie = 0.62%

Uit die bostaande berekenings is dit duidelik dat daar normaalweg feitlik geen moontlikheid vir die aanleer van psalms bestaan nie; dit sou te midde van heersende omstandighede selfs die moontlikheid om verdienstelike, onbekende psalms aan te leer, uitsluit. Die resultate by 3.3.10 het bewys hoe min belangstelling daar tans vir die aanleer van nuwe psalms is - slegs psalms wat doelbewus "bemark" is, is aangeleer. Dit kom daarop neer dat die aanleer van psalms slegs na aanleiding van navorsing, deur deeglike beplanning, met goeie motivering en met deursettingsvermoe sal kan geskied.

3.5.1.2 'n Praktiese aanleermetode

Die grootste uitdaging vandag is om die negatiwiteit oor die aanleer van psalms teen te werk - om gemeentelede te laat ervaar dat psalms kan "mooi" Wink en maklik sing. Daarom word die volgende aanleermetode voorgestel:

• Die enigste beproefde metode vir die kweek van 'n liefde vir psalms, is die wat Calvyn en Luther toegepas het, naamlik om dit vir die kinders aan te leer. Indien die Algemene Sinode hierdie behoefte identifiseer en daadwerklike optrede daaruit kan volg, behoort die NG Kerk weer 'n psalmsangtradisie te kan skep.

• Om 'n aanleertradisie in 'n gemeente te skep, is die "sukses" van die eerste pogings baie belangrik. Daarom moet psalms met sorg gekies word - dit moet werklik maklik kan aanleer, en kort wees, verkieslik slegs uit vierreel- strofes of uit h keervers plus vierreel-strofes bestaan.

• By twee of meer Sondae behoort 'n psalm vooraf op die orrel of deur 'n instrumentale groep voorgespeel te word. Dit behoort egter voor die erediens, sonder aankondiging en as "toevallige" deel van die normale orrelvoorspel te geskied. Outentieke begeleiding wat aanpas by die styl en tydperk van die psalm behoort hier aangewend te word. Alternatiewelik kan dit "toevallig" op 'n CD voorgespeel word.

• By die geleentheid waar die aanleer van 'n psalm aangepak word, verskyn daar eers (sonder aankondiging) slegs 'n prentebeeld wat die algemene tema uitbeeld, byvoorbeeld iemand in 'n gebedshouding of 'n gebedsgroep indien die psalminhoud 'n gebed is, iemand in groot ellende of h bedelaar by 'n klaaglied, of mense wat uitbundig juig by 'n loflied. Daarna verskyn die woorde (moontlik bo-oor die beeld) op die skerm, lank genoeg dat mense die woorde kan lees of iemand dit kan voorlees terwyl die orrel of Vi solo- instrument dit saggies speel.

• Ideaal sou wees dat 'n kinderkoor, of die kantory, die lied dan sing, of dat 'n DVD van mense wat die lied met oorgawe sing, vertoon word, terwyl die woorde op die skerm verskyn. Alternatiewelik kan dit op 'n CD voorgespeel word. (Lofliedere kan eintlik net oortuigend deur 'n groep oorgedra word, terwyl Vi boete- of klaaglied veral deur'n solis bekendgestel kan word.)

• Die musiekleier of voorganger wys vervolgens op die besondere psalm se inhoud - met beklemtoning van hoe dit situasies en behoeftes in die werklike lewe aanspreek. Die besondere toepaslikheid of skoonheid van die melodie behoort beklemtoon te word en die feit dat dit onproblematies aangeleer kan word.

• Hierdie voorsing of voorspeel kan herhaal, terwyl die gemeente die woorde van die eerste vers volg en saggies die melodie begin saamneurie.

• Afhangende van die tipe psalm, kan \\ maklike frase geselekteer word wat dadelik sal ingang vind, byvoorbeeld die eerste reel of die eerste twee reels sodat die gemeente net eers dit saamsing. Indien die psalm 'n refrein of keervers bevat, kan die gemeente dit eerste aanleer en saamsing terwyl die kantory of solis al die strofes sing. Indien daar enige vorm van herhaling in h lied voorkom, kan die kantory die eerste frase sing en die gemeente die herhaling (sien Bylaag D.1 vir 'n uiteensetting van die funksies van die kantory).

• Die voorganger se houding en aanslag is belangrik - dit behoort uitnodigend, oortuigend en aanmoedigend oor te kom.

• Die belangrikste is dat die gemeente sal ervaar dat psalms aktueel is, dat dit tot eer van God en as gespreksmedium met God aangewend kan word en "mooi" en singbaar is.

• Om die psalm vas te Id, behoort gereelde herhaling daarvan as deel van die aanleerprogram ingebou te word.