• No results found

DIE GEBRUIKSFREKWENSIE EN FUNKSIONALITEIT VAN PSALMS IN DIE UEDBOEK (2001)

D 5-6 keer per maand

3.5 PERSPEKTIEWE EN AANBEVELINGS VOORTSPRUITEND UIT DIE RESULTATE

3.5.3 Die (on)gewildheid van psalms

Die algemene gewildheid van psalms by gemeentelede is laag. Volgens grafiek 4 is slegs 10 psalms tans by meer as 30% van die gemeentes gewild, wat beteken dat 140 psalms (93.3%) tans nie gewild is nie. In 3.3.6a is sekere gewilde psalms uitgewys en in 3.3.7 is die redes vir gewildheid aangedui.

3.5.3.1 Redes vir die gewildheid van psaims

By Vraag 3.3.7 moes gemeentes aandui om watter redes psalms gewild is. Respondente moes na aanleiding van voorgestelde moontlikhede vir die gewildheid van psalms merk wat die redes vir die gewildheid van voorkeurpsalms is. Die volgende redes vir gewildheid is aangetoon. Bekendheid was die belangrikste rede vir gewildheid en daarna is die volgende voorkeure in volgorde van gewildheid aangedui: 'n "mooi" melodie, treffende woorde, sentimentele waarde en die eenheid van teks en toonsetting.

By 3.3.6a is individuele psalms wat tans as die gewildste psalms by lidmate beskou word, aangetoon. Die volgende 10 psalms is by meer as 30% van die gemeentes as gewild beskryf (in volgorde van gewildheid): Psalms 146, 100, 33, 23,84,48,130,42, 116 en 111.

• Hierdie psalms het om verskillende redes gewild geword. Die meeste psalms kan by sekere geleenthede en in sekere situasies betekenisvolle, emosionele uitdrukking moontlik maak: as uitdrukking van individuele of gesamentlike vreugde (Psalms 23, 33, 48, 100, 111, 146), as troosliedere (Psalms 23, 146), as hulpgeroep of bevestiging van redding

uit nood (Psalms 130, 116), as vertrouenslied (Psalm 23) en as uitdrukking van die verlange na God (Psalms 42, 84).

• Sommige van hierdie psalms kan as geestelike, Afrikaanse volksliedere beskou word: Psalms 130 en 146 is gebaseer op liederwysies. Psalm 130 was een van die liederwysies wat die meeste gebruik is29. Die Voortrekkers het besondere waarde aan Psalm 146 geheg (sien 5.2.2) en dit is een van die liedere wat deur die Boerekrygsgevangenis aangeteken is (Cillie, 1993:96). Psalm 48 word in die besonder met geloftedag geassosieer (Kloppers, 2002a: Abstrak).

• Die feit dat al hierdie liedere gewild gebly het ten spyte van die veranderende tye en ten spyte van die verandering van teks (behalwe Psalm 111 wat nuut is), dui daarop hoe diep dit deel geword het van die geestesgoedere van die NG Kerk.

• Uit die 10 liedere wat as die gewildste aangegee is, was 8 uit Suid-Afrika afkomstig. Die moontlikheid dat hierdie liedere aanduidend kan wees van 'n Afrikaanse geestelike volkslied-idioom word by 5.2.3 uiteengesit. • Al hierdie liedere vorm deel van die liedere waarvan die

gebruiksfrekwensie die hoogste is; dit bewys dat gereelde gebruik verband hou met die geliefdheid van psalms en waarom psalms so aangepas behoort te word dat dit meer gereeld gesing kan word.

3.5.3.2 Die ontleding van psalms wat besonder toegankiik is

Psalms 29 en 111/112 het as nuwe melodiee besonder goed ingang gevind. Na aanleiding hiervan word dit ontleed om vas te stel waarom dit binne 'n relatief kort periode kon inslag vind.

29 Die hoogste aantal, naamlik 12 variasies daarvan, is aangeteken, wat daarop dui dat dit op

soveel verskillende plekke en vir so 'n lang tydperk gebruik is, dat hierdie verskillende variasies in die volksmond ontwikkel en oorgelewer kon word (Cillie, 1993:72-79).

• Beide Psalms 29 en 111 is vooraf gepropageer. Dit is vooraf in die bekendstelingsbundel, 'n Keur van 30 Liedere, gepubliseer, op CD opgeneem en daarmee saam versprei.

• Die teks van Psalm 29 is een van die poeties mees uitstaande in die

Liedboek (Du Plooy, 2006:48); dit maak gebruik van bekende

natuurbeskrywings en simboliek waarmee die Suid-Afrikaanse kerkvolk kan assosieer. Die teks van Psalm 111 is 'n himne oor die grootheid van God en dit is antifonies gekonsipieer ten spyte daarvan dat die Bybelteks dit nie impliseer nie. Beide vervul die gewildste liturgiese funksie, naamlik die van lof(sien 3.4.12).

• Beide bestaan uit vier-reel strofes en Psalm 111 het bykomend 'n tweereel- keervers wat die sentrale tema van die psalm beklemtoon, terwyl dit die geleentheid tot liturgiese dialoog daarstel.

• Die melodie van Psalm 29, van Stainer uit die Engelse himnologie, verloop eenvoudig en logies met maklike spronge op strategiese plekke en die derde reel vorm 'n logiese sekwens wat as hulp vir die geheue kan dien. • Die melodie van Psalm 111/112 is saamgestel om die teks te onderstreep.

'n Subtiele kontras is ingebou tussen die teks van die keervers wat meer lofprysend is en die psalmvers wat meer meditatief-lerend van aard is.

o Lofuiting word by die keervers ingekleur deur 'n vinniger ritme wat van kwart- en agstenote gebruikmaak. Die eerste reel is uitnodigend, omdat dit ten spyte van eenvoud, spanning opbou deur die herhaalde note. Melodies herinner dit aan die styl van 'n kinderlied; dit het 'n klein omvang, met goeie afwisseling tussen herhaalde note en spronge en is ritrnies-dinamies.

o Die psalmstrofes se teks bestaan telkens uit 'n verduideliking waarom God geloof behoort te word en gee diepgang aan die inhoud. Dit word verklank deur die langer nootwaardes van halwe en kwartnote. Die melodiese omvang van die strofes sentreer om 'n vyfde en breek dan in die laaste reel stygend klimakties uit op n uitgebreide dominant

harmonie. Hierdie wending skep afwagting vir die terugkeer na die keervers wat op die tonika begin, sodat dit telkens vars opklink.

o Die formaat maak dit moontiik om die antifoniese struktuur liturgies te benut en kan beklemtoon word, deur die varierende dinamiek tussen 'n kleiner groep stemme (soos 'n kantory) en die gemeentesang.

3.5.3.3 Aanbevelings om die gewildheid van psalms te bevorder

• Die heftigste kritiek, wat herhaaldelik in die kommentaar na vore getree net, was teen die Geneefse melodiee en komposisiestyle wat hierdie melodiee naboots. Die lae algehele gewildheidspersentasies van psalms (Vraag 3.3.6a) dui daarop dat 'n nuwe benadering tot psalmsang in die huidige opset toegepas behoort te word.

• Die Geneefse psalms, wat wel goed of gedeeltelik ingang gevind het, behoort egter behou te word en die wat tans nie funksioneel is nie behoort op die ys geplaas te word, vir toekomstige tye waar weer 'n behoefte daaraan kan ontwikkel.

• Bekende en gewilde psalms behoort sensitief hanteer te word, aangesien die inhoud van geestelike liedere in sommige gevalle dieper in die geheue vasgele" word as Bybelwaarhede.

• Omdat 9 uit die 10 gewildste psalms reeds deel was van die 1937- psalmbundel, kan afgelei word dat hierdie liedere gewild is omdat lidmate dit van kleins af geleer het. Daarom kan die belangrikheid vir die aanleer van psalms van 'n jong ouderdom af nie genoeg beklemtoon word nie. Ook die beskikbaarmaking, keuring, skepping en propagering van psalms wat vir kinders toeganklik kan wees, behoort as prioriteit beskou te word.

• Die individuele gewildste psalms is by 3.5.3.1 bestudeer om daaruit af te lei waar die kerkvolk van die NG Kerk tans staan ten opsigte van die tipe psalms wat hulle spiritueel aanspreek. Sekere ooreensternmende tendense is aangetoon wat aangewend behoort te word.

• Vraag 3.3.7 het gevra om watter redes psalms gewild is. Aangesien bekendheid as die hoofrede vir die gewildheid van psalms aangedui is, behoort dit op verskillende maniere aangewend te word, om nuwe psalmmelodiee te keur of te skep.

• Omdat melodiee uit Suid-Afrikaanse bodem die grootste gewildheid toon, behoort psalmmelodiee by voorkeur uit hierdie bron te kom. Melodiee behoort volksidiomaties georienteerd te wees sodat selfs onbekende melodiee as logies en bekend ervaar sal word. Hieronder sal tipies Afrikaanse geestelike liedstyle, kwaliteit, geestelike popliedstyle en selfs gekeurde sekulere liedstyle as aanknopingspunte vir bekendheid kan dien. • Ook sommige melodiee uit ekumeniese oorsprong, veral die wat

ooreenstemmende eienskappe met die Suid-Afrikaanse idioom vertoon, behoort na meer blootstelling ingang te vind.

• Herkenbare melodiese konsepte behoort makliker ingang te vind as totaal nuwe melodieskeppinge. Reeds bekende melodiee of melodiee met bekende melodiese figure of opeenvolgings behoort voorkeur te geniet. • Voortreflike voorbeelde uit die volgende bronne behoort nuut ondersoek te

word vir liturgiese bruikbaarheid as psalmmelodiee: Afrikaanse komposisies of liederwysies uit eie bodem, volksliedere of volksgebaseerde liedere, liedere uit inheemse of etniese kulture.

• Bekende klankkleure uit die eietydse musiekkultuur vir begeleiding van eietydse psalmmelodiee behoort makliker die brug te slaan by die aanleer van nuwe melodiee.

• "Mooi" melodiee, wat gelyktydig toeganklik is en estetiese waarde het, behoort gekeur te word vir psalmgebruik. (Die persepsie dat psalmmelodiee "onsingbaar" en vervelig is, moet teengewerk word.)

• "Mooi", melodiee wat kort en eenvoudig is, wat maklik sal aanleer, maar tog estetiesbevredigend is, behoort aanvanklik gepropageer te word.

• Verdienstelike wereldwye volksliedmelodiee behoort gekeur te word as psalmmelodiee.

• Kwaliteit treffers uit die verlede soos verdienstelike sekulere melodiee en liedere uit kontemporSr-populere style behoort as psalmkontrafakte oorweeg word. Die emosionele konnotasie van hierdie melodiee behoort in alle gevalle ooreen te stem met die teksinhoud van die betrokke psalms.