• No results found

Die Bybelse Psalms as norm vir die liturgiese lied

NORMATIEWE VEREISTES BY PSALMS AS LITURGIESE LIEDERE

4.4 DIE BYBELBOEK PSALMS

4.4.2 Die Bybelse Psalms as norm vir die liturgiese lied

Psalms is die hoof lieder- en lofbundel in die Bybel. Aangesien dit deel van die kanonieke boeke39 van die Bybel uitmaak, kan dit as aanvaarbaar vir God beskou word. Van al die Bybelboeke, is Psalms die boek wat die mees diepgaande invloed op die Christelike liturgie deur al die eeue uitgeoefen het (Vos, 2005:19). Die psalms is die versinnebeelding van standhoudende norme sowel as van aanpasbare norme; dit het uit die Oud-lsraelitiese kultuurtradisies ontspruit, kon op die Nuwe Testamentiese bedeling van toepassing gemaak word en het deur die eeue tot opeenvolgende kultuur-generasies gespreek. Daardeur word die voortreflike voorbeeld van aanpasbare norme wat die psalms stel, bevestig.

Terwyl die psalms reeds in die Ou Testament vir liturgiese funksies gebruik is en hulle die toets van die eeue deurstaan het, kan dit as die beste voorbeelde van liturgiese liedere beskou word (Vos, 2005:19). Psalmsang is onder aanvoering van Dawid, as 'n onvervangbare aanbiddingsmedium, binne die Israelitiese volkskultus ingestel. Dit stel sekere norme ten opsigte van teks sowel as musiek.

Die standhoudende norm van kwaliteit by die psalms - dat dit vir God aanvaarbaar is - word uit verskillende oogpunte bevestig. God is self die Bron van inspirasie by die totstandkoming van die psalms; dit is waarskynlik waarom hulle reeds in die sinagogedienste as die Woord van God aangewend is. Goddelike inspirasie word ook veronderstel as Dawid (2 Samuel 23:1-2), Asaf, Heman en Jedutun (1

Kronieke 25:1) het as profete opgetree terwyl hulle die psalms gesing het. Deur die inspirasie van God ontstaan die psalms as 'n unieke digbundel wat standhoudende norme handhaaf omdat dit uitmunt ten opsigte van teksinhoud en poesie, maar ook ten opsigte van die aanpasbaarheid daarvan, aangesien dit as voorbeeld van opregte kommunikasie tussen God en die mens kan dien (sien 2.1.6).

Die norm van die gesindheid in die aanbidding van God word as standhoudende sowel as aanpasbare norme prakties deur die psalms geillustreer. Die gesindheid van lof aan God vorm die sentrale fokuspunt van die psalms en daar is groepe psalms wat uitsluitlik lof as tema handhaaf, soos Psalms 146-150. Die feit dat psalms vanuit verskillende invalshoeke van menslike waarneming aan God lof bring, bevestig egter die aanpasbare norme: God word geloof deur vertrouensliedere (soos Psalms 23 en 61), dankliedere (soos Psalms 30 en 100), liedere wat God se reddingsdade en hantering van die mens bewonder (soos Psalms 18, 89 en 139), liedere wat die skepping bewonder (soos Psalms 8, 19 en 29) en oorwinningsliedere (soos Psalms 21 en 118). Die volk Israel gebruik psalms om lof aan God te bring vanuit hulle filosofiese wereldbeskouing (soos Psalms 90, 127 en 128), hulle tydvak (soos Psalms 60 en 79), hulle gebruikstaal40 (sien 2.1.6), hulle kultuur en leefwyse (soos Psalms 72, 114 en 122), hulle goeie en slegte omstandighede (soos Psalms 9 en 13) en ook deur God se groot dade uit die geskiedenis te onthou (soos Psalms 105,106 en 136).

Gesindhede wat verder uit die psalms spreek, is liefde en toewyding aan God (Psalms 16 en 84), verootmoediging (Psalms 32 en 51), gehoorsaamheid (Psalms 25 en 26), en offervaardigheid (Psalms 27:6 en 66:13-20). Volgens Bekker (1999:237) staan God as Verbondsgod sentraal in die volk se lewens - Hy vorm hulle vertrekpunt en die Bron van vertroue. Op Horn is hulle hoop, diens, moraliteit en aanbidding gebou. Die psalms ontspring uit die behoefte om God te eer vir Wie

40 Die taal van die Psalms was tiperend van 'n taalgebruik wat naby aan die gewone spreektaal

Hy is, sy roem te besing vir sy historiese reddingsdade, maar om Horn ook te vertrou in die hede en die toekoms.

God se standhoudende estetiese norme word deur die psalms uitgebeeld deur die besondere beplanning en samehang daarvan. Wat die interne konstruksie betref, vorm die Bybelse Psalms t\ eenheid met vyf hoofafdelings:

I. Psalms 1-41, II. Psalms 42-72, III. Psalms 73-89, IV. Psalms 90-106 en V. Psalms 107-150.

Ook groeperinge binne hierdie afdelings het 'n interne samehang. Die wye verskeidenheid onderwerpe wat gedek word, is nie toevallig nie; dit is duidelik dat die totale samestelling van die psalms die resultaat van deeglike beplanning is (Vos, 2005:23,26). Verder voldoen die poesie van die psalmbundel aan die norm van estetiese kwaliteit.

Uitstaande kwalitatiewe kenmerke van die psalms is die ordening, die argitektuur41, tekstuur42, beeldspraak en fonologie. Sommige psalms, soos Psalm 119, wat 'n akrostiese43 gedig is, verteenwoordig van die beste voorbeelde uit die manuskripte van die betrokke ontstaansperiode. Poetiese tegnieke behels metafore, kontras en fonologiese verwantskappe soos alliterasie, assonansie, rym en ritme. "h Opvallende, poetiese strategie is parallelisme, waar die twee reels van 'n koeplet 'n tipe van herhaling, kontras of komplement vorm. Verdere

41 Die argitektuur van 'n psalm dui op die karakteristieke struktuur of vorm daarvan (sien ook Vos,

2005:21; 30).

42 Tekstuur is die algemene term vir die tipe taalgebruik wat die teks aanmekaarweef (Vos,

2005:21).

43 Akrostiese poesie is ingedeel volgens die letters van die alfabet en elke letter belig die

hoofonderwerp vanaf 'n ander hoek. Die digter wend dit aan om te oortuig dat die onderwerp volledig ondersoek is. Hoewel dit die digter bind, bied dit ruimte om poetiese vermoens ten toon te stel (Vos, 2005:35).

kenmerkende strategies wat onder andere in die psalms voorkom, is inclusio44,

personifikasie, vergelykings, hiperbole en herhalings (Vos, 2005:29-36).

Die funksionele waarde van die psalms beklemtoon aanpasbaarheid (4.1). Voorbeelde van die aanwending van psalmsang word in die Ou Testamentiese tabernakel- en veral die tempeldiens gei'llustreer (1 Kronieke 16:39, 41; 23:4, 5, 30). Psalms is gesing by die kultiese seremonies, soos daaglikse offerandes (1 Kronieke 16:39-41) en by godsdienstige volksfeeste soos die Paasfees (2 Kronieke 30:21; 35:6, 15) en die Loofhuttefees (2 Kronieke 7:6, 9). Ook die toepassing daarvan in die Nuwe Testamentiese bedeling bevestig die waarde van die psalms. Die prominensie wat Jesus (sien onder andere Matteus 4:4,6 en 13:35), Paulus (Efesiers 5:19) en later Luther (Westermeyer, 1998:35) en Calvyn (Strydom, 1994:67) aan die psalms verleen, bevestig die voortgaande bruikbaarheid daarvan in die Christelike geloofserfenis.

Die psalms se aanpasbaarheid maak dit geskik om van die mees diepgaande menslike emosies tot uitdrukking te bring: ekstatiese lof (Psalm 148), smeking (Psalm 142), worsteling (Psalm 22), verwyte (Psalms 42, 43), klagtes (Psalm 13), verlange na God (Psalms 63, 84) en verskeie gebedsversugtinge (Psalms 38, 71, 139) (sien ook Vos, 2005:29). Hulp en raad op verskillende maniere en vir 'n verskeidenheid omstandighede maak dit toepaslik om met verskillende teikengroepe te kommunikeer: die Tora-psalms soos Psalms 1, 19 en 119 bied riglyne vir die lewe, essensiele lewenswaarhede is vervat in die vertrouenspsalms soos Psalms 23, 46 en 91 sowel as in die wysheidspsalms soos Psalms 73, 112 en 133. 'n Besondere groep psalms, die pelgrimsliedere, Psalms 120-134, bevat riglyne vir die Godsvolk op hulle geestelike pad te midde van die sosiale uitdagings van hulle tyd. Deurdat die psalms aan aanpasbare norme kon voldoen, kon dit die Godsvolk deur al die bogenoemde situasies in hulle praktiese omstandighede bystaan en van raad bedien.

Deur die postuur45 van die psalms word dit moontlik dat die inhoud van die psalms in die werklike lewe gestalte kan kry - dat dit die mens se ervaringswereld aktueel kan betree (Vos, 2005:21,37). Die postuur van elke psalminhoud behoort daarom duidelik in eietydse idioom oorgedra te word by die omdigting sowel as deur die musikale inkleding daarvan.

Uit die voorbeeld wat die psalms as riglyne vir liturgiese liedere stel, blyk daar verskillende standhoudende en aanpasbare norme wat vandag as riglyne vir liturgiese psalmsang behoort te geld. Die psalms handhaaf'n balans tussen norme wat uitmunt in kwaliteit, gesindheid, estetiese waardes en norme wat gelyktydig funksionele toeganklikheid fasiliteer, omdat dit kan aanpas by al die fasette van menswees, terwyl dit ook tydloos aanpasbaar is. Die Bybelse Psalms beantwoord aan al die gestelde norme en kan gevolglik as ideale liturgiese liedere beskou word omdat al die bogenoemde vereistes in die praktyk toegepas word.

4.5 SAMEVATTEND

Samevattend uit hierdie hoofstuk het geblyk hoe psaims as liturgiese liedere deur beide standhoudende en aanpasbare norme beinvloed is. Die vasstelling van norme uit die Bybel is deur praktiese voorbeelde uiteengesit (4.2) en (4.3). Hierdie norme kan deurgetrek word na die wyses waarop die reformatore dit hanteer het: die gevolge wat daaruit voortgevloei het, het bewys dat 'n ewewigtige benadering langdurige en vrugbare resultate lewer.

Die uitvoering van die psalms in Oud-lsrael illustreer beide stelle norme, naamlik dat dit standhoudend is by die toepassing van Goddelike estetika by die beplanning, organisasie en die uitvoering daarvan, maar dat dit ook aanpasbaar is deur die gebruikmaking van tegnies-beperkte musiekinstrumente en volksidiomatiese taal en melodiee. Beide tipes norme word deur die teks van die

45 Onder postuur van die psalms word die praktiese toepasbaarheid daarvan in die werklike,

Bybelse psalms as voorbeeld voorgehou: Standhoudende norme kom tot uiting deur die samestelling en uitmuntende poetiese vakmanskap, terwyl aanpasbare norme deur middel van die aanslag en invalshoek toegepas word om met die mens binne sy beperkte vermoens te kan kommunikeer.

Die gelyktydige en gebalanseerde toepassing van norme het deur al die tydperke 'n beslissende rol gespeel. Wanneer enige van die standhoudende of die aanpasbare norme geignoreer is, het die standaard of die kommunikatiewe waarde van die psalms gedaal.

Twee basiese stelle norme behoort daarom by die liturgiese psalms van toepassing te wees: standhoudende sowel as aanpasbare norme. Standhoudende norme is gefokus op God, as die ewig onveranderlike en die ewige standaarde van Godsaanbidding; terwyl aanpasbare norme God se genadige aktualisering van sy standaarde binne die praktiese omstandighede van die mens behels. Sekere faktore wat aanpassings nodig gemaak het in Bybelse tye en gedurende die eeue wat daarop gevolg het, geld egter ook vandag in Suid-Afrika vir die psalmsang in die NG Kerk. Dit word in Hoofstuk 5 uiteengesit, waar ondersoek ingestel word na hoe liturgiese psalmsang in Suid-Afrika bemvloed is deur die aanwending van norme en deur 'n studie te maak van die faktore wat as aanpasbare norme behoort te geld.

HOOFSTUK 5

DIE ONTPLOOIING EN TOEPASSING