• No results found

DIE GEBRUIKSFREKWENSIE EN FUNKSIONALITEIT VAN PSALMS IN DIE UEDBOEK (2001)

3.1 DIE SAMESTELLING VAN DIE VRAELYS

Na die registrasie van die studie-onderwerp, het die promotor met die Statistiese Konsultasiediens van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus 'n afspraak gemaak. Onder hulle leiding is daar vanuit die hoof-probleemstelling vasgestel watter inligting benodig word en is 'n basiese omlyning van die ondersoek voorgestel. Na aanleiding van die genoemde leiding is die vraelys opgestel.

Die gegewens wat by elke vraag gevra word en die motivering vir elke vraag behels die volgende:

3.1.1 Vraag 1: Word Psalms voorbereidend tot die erediens gesing?

Die doel van hierdie vraag is om by benadering die hoeveelheid geleenthede waartydens psalms gesing word, te bepaal. Verder sou hierdie vraag kon aandui hoeveel geleentheid daar is om nuwe psalms aan te leer.

Vraag 1a: Word Psalms tydens die erediens gesing?

Hierdie vraag se doel is om vas te stel hoeveel gemeentes nog psalms sing en hoeveel gemeentes die gebruik van psalms gestaak het.

3.1.2 Vraag 2: Hoe gereeld gemiddeld per Sondag?

Die doel van die vraag is die vasstelling van 'n benaderde gebruiksfrekwensie van die aantal Psalms wat per Sondag gesing word.

3.1.3 Vraag 3: Hoeveel Psalms word gemiddeld per maand in die erediens gesing?

Hierdie vraag dien as 'n kontrole vir Vraag 2 en behoort te help om Yi geheelbeeld van die gebruiksfrekwensie van psalmsang duideliker te omlyn.

3.1.4 Vraag 4: Watter vorm(s) van begeleiding word vir die begeleiding van Psalms gebruik?

Alhoewel hierdie vraag op die periferie van die hoofdoel van die vraelys le, kan dit help om 'n beeld van die algemene musiekbediening in die gemeente daar te stel. Die aard van begeleiding sal ook help bepaal of daar ruimte is vir psalmsang, aangesien baie psalms nie gemaklik met alternatiewe of eietydse instrumente begelei kan word nie.

3.1.5 Vraag 5: Sing gemeentes uit die Liedboek, vanaf 'n skerm of word beide gebruik?

Die vraag sluit in 'n mate by die vorige een aan omdat dit help aandui in watter mate die bestuur van ri gemeente van byderwetse metodes en tegnologie gebruikmaak. Aangesien 'n skerm hoofsaaklik die moontlikheid vir musieknotasie by die woorde uitskakel, sal hierdie gegewens die gemak waarmee nuwe liedere aangeleer kan word, kan help bepaal.

Vraag 5a: Gemiddeld hoeveel persone sing uit die Liedboek?

Hierdie vraag is beplan as ondersteuning van die vorige vraag en sal die aantal gemeentelede wat uit die Liedboek sing, kan help bepaal, maar sou ook kon aandui hoeveel lidmate die Liedboek besit.

3.1.6 Vraag 6: Maak asseblief 'n lysie van die Psalms wat die meeste in u gemeente gebruik word (dit geskied meestal volgens keuses van leraar(s) of sangleier(s). Probeer dit in volgorde van gebruiksfrekwensie plaas.

Die vraag wil bepaal watter spesifieke psalms deur gemeenteleiers, soos leraars of musiekleiers, gebruik word. Die doelwit is om die gebruiksfrekwensie en die funksionaliteit van spesifieke psalms uit te wys - leraars kies gewoonlik liedere wat by die liturgie kan inskakel, terwyl musiekleiers dikwels betrokke is by die keuse van liedere wat voorbereidend tot eredienste gesing word.

Vraag 6a: Watter psalms is die mees geliefde onder gemeentelede? Probeer dit sover moontlik in volgorde van gewildheid plaas.

Die doel van hierdie vraag is om te bepaal watter spesifieke psalms vir die kerkvolk toeganklik is. Gewildheid van sekere psalms sou kon help vasstel watter tekste en musiekstyle tot lidmate spreek. Hoewel hierdie vraag as kontrole vir Vraag 6 bedoel is, sou dit ook die algemene instelling van lidmate teenoor psalmsang kon toets.

3.1.7 Vraag 7: Om watter rede(s) is die bogenoemde psalms gewild?

Die doel van hierdie vraag is om vas te stel om watter redes sekere psalms gewild is en om te wete te kom watter eienskappe van psalms die toeganklikheid daarvan verhoog.

3.1.8 Vraag 8: Word die Totius-berymings, agter in die Liedboek, in u gemeente gebruik?

Die doel van hierdie vraag is om aan te dui watter rol die ouer psalmtekste en hulle melodiee nog speel.

Vraag 8a Indienja, watter?

Vraag 8b Indien nee, waarom me?

Antwoorde op hierdie vrae kan aandui watter Totius-berymings en saam daarmee watter ouer melodiee nog volkseiendom is. Redes wat hier aangevoer word, sal gedeeltelik as bevestiging kan dien vir die redes wat by Vraag 7 gekies is.

3.1.9 Vraag 9: Vind u die tekste van die nuwe psalmomdigtings aanvaarbaar?

Die doel van hierdie vraag is om deur Yi meningsopname te bepaal of die psalmomdigtings in die Uedboek in die algemeen tot die lidmate spreek.

Vraag 9a: Indienja, waarom? Vraag 9b: Indien nee, waarom nie?

Hierdie vrae sal terselfdertyd as kontrole vir Vraag 9 kan dien, maar respondente ook aanmoedig om hulle menings te lug.

3.1.10 Vraag 10: Vind u as gemeente die nuwe melodiee by die psalms, in die algemeen, makliker om te sing?

Antwoorde op hierdie vraag sou die geslaagdheid, of die mate waartoe die nuwe psalmmelodiee ingang gevind het, kon aandui. Omdat melodiee wat verander, netelige probleme kan veroorsaak, is hierdie vraag besonder belangrik.

Vraag 10a: Watter van die nuwe Psalmmelodiee van Suid-Afrikaanse herkoms het by u gemeente inslag gevind?

Deur hierdie vraag kan bepaal word watter psalmmelodiee, van Suid-Afrikaanse herkoms, kon inslag vind, of daar aanduidings van Yi idiomaties-Afrikaanse kerkmusiekstyl bestaan en in watter mate die kerkvolk daarmee kan identifiseer.

Vraag 10b: Watter van die volgende psalmmelodiee vanaf ander himnologiese bronne het by u gemeente ingang gevind?

Hierdie vraag sluit aan by die vorige vraag en kan 'n beter perspektief help kry op die tipe psalmmelodiee wat vir NG Kerk-lidmate aanvaarbaar is. Verder sou dit kon vasstel in watter mate liedere wat ekumenies ingang gevind het, in Suid-Afrika kon tuiskom.

Vraag 10c: Watter van die volgende Geneefse Psalmmelodiee in die 2001-bundel het u gemeente nog nooit gesing nie?

Die motivering van hierdie vraag is om die Geneefse psalmmelodiee wat nog nooit gesing is n/e te identifiseer ten einde te bepaal waiter psalmmelodiee onfunksioneel is.

3.1.11 Vraag 11: Word volledige psalms of slegs gekeurde strofes gesing?

Hierdie vraag is bedoel om vas te stel of die meerderheid psalms as 'n eenheid aangewend word, of gemeenteleiers genee is om volledige psalms te laat sing en om die algemene ingesteldheid teenoor psalmsang te toets.

3.1.11a Vraag 11a: Hoe aanvaarbaar vind u die gevarieerde, verkorte vorms van psalms soos byvoorbeeld Lied 163 "Soos 'n wildsbok" (Ps. 42) of Lied 224 "Kom prys Horn alle nasies (Ps. 117)?

Terwyl die sing van volledige psalms soms tyd in beslag kan neem, kan hierdie vraag die teenpool verteenwoordig as kontrole. Tegelykertyd kan dit as toets dien, vir style wat eie is aan die kortvorm-psalms.

3.1.12 Vraag 12: By watter liturgiese elemente word Psalms tydens die erediens aangewend?

Omdat die liturgiese bruikbaarheid van psalms, die funksionaliteit en daarom die gebruiksfrekwensie beinvloed, wil hierdie vraag vasstel in watter mate die psalms in die Uedboek liturgies aangewend word.

Vraag 12a: Enige interessante of vernuwende liturgiese wyses waarop u psalms as gemeentelike response gebruik?

Hierdie vraag is daarop gemik om die ingesteldheid van leraars teenoor die liturgiese aanwending van psalms te toets en om inligting in te win oor vernuwende maniere waarop dit aangewend word.

3.1.13 Vraag 13: Word psalmverwerkings soms in die gemeente gehoor?

13a: Sing u koor/kantory/sanggroep enige psalms of verwerkings daarvan? 13b: Speel u orrelis soms psalmverwerkings as voor-, tussen- ofnaspele? 13c: Speel enige gemeente-ensembles of-orkes soms psalmverwerkings?

Omdat psalms makliker aangeleer sal word, indien melodiee vooraf op een of ander wyse gehoor word, sal hierdie vraag kan vasstel of gemeentes aan die melodiee blootgestel word. Indien psalmverwerkings in gemeentes aangewend word, kan vergelyk word of psalms meer toeganklik vir sulke gemeentes is en of dit daarom meer gereeld gebruik word.

3.1.14 Vraag 14: Enige bykomende kommentaar oor die psalmbundel of oor u ervaring van gemeentelike psalmsang?

Hierdie vraag is bedoel as 'n "klip-in-die-bos" om interessante menings uit te lok. Dit sou ook as \\ platvorm kon dien om kritiek of opbouende kommentaar te lewer.