• No results found

DIE ONTPLOOIING EN TOEPASSING VAN NORME BY SUID-AFRIKAANSE PSALMSANG

Deur die eeue, vanaf Bybelse tye tot by eietydse psalmsang in Suid-Afrika, is standhoudende norme te alle tye toegepas. Dit het h onderliggende, maar beslissende rol tydens beduidende ontwikkelingsfases van psalmsang in die Christelike kerk gespeel. Die toepassing van aanpasbare norme het egter gevarieer en in Suid-Afrika die storielyn van psalmsang grootliks positief of negatief laat swaai. In tye toe slegs standhoudende norme toegepas is, het die gemeentelike sang aan meelewing en deelname ingeboet; tye waar beide tipes norme gebalanseerd toegepas is, is gekenmerk deur sinvolle gemeentelike deelname en groei.

5.1 DIE INVLOED VAN TOEGEPASTE NORME OP SUID-AFRIKAANSE PSALMSANG

5.1.1 Die invloed van die Nederlandse tradisie

Die psalmberymings van Dathenus op die Geneefse melodiee is vanaf 1652- 177546 deur Suid-Afrikaanse kerke gesing. Die swak berymde Nederlandse psalms wat isometries, slepend en onbesield gesing is, ter wille van die handhawing van die Geneefs-Franse tradisie, is na Suid-Afrika oorgedra (sien 4.3.6). Die ideologiese oorweging hiervoor was die persepsie dat dit "gereformeerd"- Calvinisties is om psalms so na as moontlik aan die Franse voorbeeld te sing - ongeag die resultate. Hieruit het die liturgiese psalmpraktyk van die Afrikaanssprekende, gereformeerde kerke gegroei en is dieselfde norme wat in Nederland gegeld het, in Suid-Afrika toegepas.

46 Die Nuwe Psalmberyming of die Stateberyming is in 1773 voltooi en in 1775 in Suid-Afrika in

5.1.2 Die gevolge van tradisionele norme in Suid-Afrika

Afrikaners was diep gelowig en het die psalms as deel van hulle aanbidding gesien, maar hulle was opvoedkundig en kultureel minder ontwikkel as die Nederlanders. Musikale geletterdheid het feitlik nie bestaan nie, sodat die sing en onthou van melodiee 'n wesenlike probleem was. Baie vroeg reeds het hulle plaasvervangende melodiee probeer vind of skep, of uit sekulere bronne probeer aanpas in 'n styl wat vir hulle meertoeganklik was (Cillie, 1993:5-9).

Met die uitgawe van Die Berymde Psalms (1937) kon die onverstaanbare, Nederlandse berymings uitgeskakel word. Plaaslike komponiste het probeer om sommige moeilike Geneefse melodiee te vervang met makliker singbare melodiee wat nader aan die Afrikaanse volkliedstyl was. Hierdeur is die norm van kwaliteit wel by die psalmtekste gehandhaaf, maar was daar ongelukkig by baie van die nuwe melodiee 'n onaanvaarbare standaard.

By die samestelling van Die Berymde Psalms (1976) was kerkmusici vasbeslote om die gehalte van die melodiee te verbeter en is die Geneefse psalmstyl as voorbeeld vir \\ eenvormige melodiestyl gestel. Die tekste was egter verouderd, aangesien die Afrikaanse taal sedert die totstandkoming van die Totius-berymings geweldig ontwikkel het. Al was die Geneefse melodiee van hoogstaande gehalte, was hulle ver verwyder van die bevatlikheid van die deursnee-lidmaat en die aard van die volkslied-idioom. Die standhoudende norm van kwaliteit was wel van toepassing op die tekste en die melodiee, maar omdat aanpasbare norme nie in aanmerking geneem is nie, kon die psalms nie kommunikatief funksioneer ten opsigte van die bevatlikheid van die kerkvolk nie. Gevolglik was die grootste leemte die feit dat die kerkvolk nie hierdie liedere hartlik kon sing nie, sodat een basiese standhoudende norm, die van gesindheid, daaronder gely het.

Die psalms uit die 1976-psalmbundel is vir 23 jaar in die NG Kerk gebruik. Veral weens die verouderde taal het die Algemene Sinode van die NG Kerk in 1978

besluit om 'n nuwe beryming van die psalmboek te laat maak (sien 2.6.9). Die kerkmusici was teen hierdie tyd bewus van die groeiende weerstand teen die Geneefse melodiee en het besluit om die melodiese styl vernuwend aan te pas. Moeite is gedoen om melodiee van aanvaarbare kwaliteit wat ook toeganklik sou wees, te skep. Gedurende hierdie tydperk het daar geweldige ontwikkelinge op die gebied van populere musiek plaasgevind, wat steeds meer lidmate ten opsigte van ontwikkelende, sekulere en geestelik-populere liedstyle gekondisioneer het.

Vi Empiriese studie deur Viljoen ontbloot die groeiende weerstand teen die

Geneefse psalmmelodiee tussen 1975 en 1994 (Viljoen, 1997:123-124, 129- 131,148). Die rede hiervoor is vermoedelik omdat daar nie rekening gehou is met die toeganklikheidsvlak van gemeentes nie. Na die publisering van die Liedboek (2001) is vermoed dat die meeste psalms in elk geval besig is om verder in onbruik te verval. Hierdie studie het bevestig dat die toegepaste psalmbeleid nie met die ontwikkelende tendense van die tyd kon tred hou nie. Volgens die gegewens blyk dat slegs 14 (9.3%) psalms tans voldoende funksioneel by meer as 30% van die gemeentes is (sien 3.3.6).

Uit die geskiedenis van psalmsang in Suid-Afrika blyk dat Vi gebrek aan die toepassing van aanpasbare norme verhoed het dat psalmsang kon floreer en dat die eensydige handhawing van standhoudende norme nie 'n gesonde psalmsangtradisie kon genereer nie. Verskillende faktore behoort in berekening gebring te word by die toepassing van aanpasbare norme in Suid-Afrika.

5.2 FAKTORE WAT AANPASBARE NORME BY PSALMSANG IN SUID- AFRIKA BEINVLOED

Die faktore wat aanpasbare norme by psalmsang beinvloed en wat effektiewe eredienskommunikasie by psalmsang in Suid-Afrika kan bevorder, het uit verskillende omstandighede ontwikkel. Alle tersaaklike faktore kan onder kultuur sorteer, want kultuur is 'n omvattende begrip wat die ganse geestelike besitting van

Yi volk op elke terrein behels (Vos en Pieterse, 1997:111). Dit het ontwikkel uit historiese en eietydse, plaaslike en wereldwye omstandighede. Terwyl interne faktore soos die liturgiese tradisie, geskiedkundige en opvoedkundige agtergrond aanvanklik 'n belangrike rol gespeel het, word eksterne faktore soos die tydsgees en veral die massamusiekkultuur vanuit die wereldsamelewing as gevolg van globalisering, toenemend belangrik.

Faktore wat deur aanpasbare norme gemonitor behoort te word, spruit eerstens uit die onmiddellike milieu, maar hedendaags word faktore vanuit die wereldkultuur toenemend in die plaaslike kultuur geabsorbeer en behoort dit daarom as aanpasbare norme geevalueer en toegepas te word. Deur die proses van inkulturasie kan geselekteerde eienskappe van die wereldkultuur 'n vorm van liturgiese lied skep wat kultureel deur die plaaslike geloofsgemeenskap toegeeien kan word (De Klerk, 2008:3).

Die volgende faktore word verduidelikend uiteengesit: die liturgiese liedtradisie soos dit deur verskillende, teologiese strominge beinvloed is; historiese gebeure en onlangse politieke ontwikkelinge in Suid-Afrika; volkskulturele faktore soos die Afrikaanse opvoedkundige en musiekkulturele ontwikkelingspeil; die postmodeme filosofie, die Afrikaanse spreektaal as kommunikatiewe faktor van ons tyd; die spiritualiteitsbehoeftes van lidmate; die aktuele probleme van die tydvak en die toenemende invloede van die wereldmassakultuur.

5.2.1 Die liturgiese tradisie as beinvloeding van norme by psalmsang

Die liturgiese geesteseiendom, veral die liedtradisie van h geloofsgroepering, behels onder andere gedeelde spirituele ervarings met b historiese of eietydse oorsprong. Hierdie ervarings word mettertyd deel van die geloofsbelewing en persepsie sodat sterk emosionele bande daardeur gevorm word.