• No results found

DIE BRUIKBAARHEID VAN DIE GENEEFSE PSALMMELODIEE IN NEDERLAND, ENGELAND EN SKOTLAND

HISTORIESE OORSIG VAN PSALMSANG IN SUID-AFRIKA

2.5 DIE BRUIKBAARHEID VAN DIE GENEEFSE PSALMMELODIEE IN NEDERLAND, ENGELAND EN SKOTLAND

2.5.1 Die Geneefse psalms in Reformatoriese Nederland

Die Calvinistiese Reformasie het ook in Nederland posgevat. Een van die gevolge was dat hierdie berymde psalms, saam met hulle Geneefse melodiee, as die enigste bruikbare liedtipe beskou is (Bingle, 2000:102).

'n Volledige en waardevolle psalmberyming in Nederlands, deur Jan Utenhove, is in 1566 te Londen gepubliseer. In die gees van Calvinisme is dit hoofsaaklik op Geneefse melodiee in die Londense vlugteling-gemeente gesing (Bingle, 2000:113). \\ Verdienstelike, volledige Nederlandse psalmberyming deur Philips van Marnix van Sint Aldegonde het in 1581 verskyn. Dit is herhaaldelik onsuksesvol aan die sinode bekend gestel (Strydom, 1994:91).

Dit is moeilik om te verstaan waarom sommige van bogenoemde verdienstelike vertalings nooit goedgekeur of aangewend is nie - daar kan egter gespekuleer word dat die vertalers nie die nodige ondersteuning, geloofwaardigheid of bekendheid geniet het om die gereformeerde Nederlandse sinodes te oortuig nie.

2.5.2 Die Geneefse psalmberyming deur Dathenus

In 1566 is Petrus Dathenus se psalmboek uitgegee en in 1568 deur die Nederlandse sinodes amptelik vir erediensgebruik aanvaar (Van der Walt, 1962:49). Hy het sy berymings gekonsipieer om saam te val met die Geneefse melodiee. Daar is egter veel gehaper aan hierdie berymings (Strydom, 1994:90).

Die verskil tussen die Franse en Nederlandse prosodie was grondliggend problematies vir die natuurlike saamvloei van teks en musiek (Malan, 1985:20). Hierdie aspek is nie in aanmerking geneem by die samevoeging van Nederlands, as Germaanse taal, by die Geneefse melodiee nie. Dit is die bron van "talle probleme" wat sedert die invoer van die Dathenus-berymings uitgewys is (Roux, 1986:23). Dathenus se "oorhaastige en onbeholpe" berymings op die Geneefse melodiee het "blykbaar iets stroefs in die sang" laat ontstaan (Malan, 1985:18-20).

Om die verskille tussen die taalbeklemtonings en die musikale beklemtonings te verminder, is die isoritmiese sangwyse ingevoer (Luth, 1988:37) en sodoende het daar in baie gemeentes \\ heterofone sangwyse ontstaan (Strydom, 1994:110). Dit het "die dinamiese elemente, soos bewerkstellig deur die woordaksente, woordritmes" en die voortstuwende vloei van korter nootwaardes verwyder. Daardeur was dit bydraend tot die "onbevredigende, stagnerende sang" (Roux, 1986:23). Volgens verskillende bronne is dit duidelik dat daar "uiters stadig" gesing is en dat die gemeentesang baie hard, selfs skreeuend, vals en ongelyk was (Luth, 1989:21).

2.5.3 Besware oor die "onsingbaarheid" van Geneefse psalmmelodiee

Voor die einde van die sestiende eeu is waargeneem dat die Geneefse psalm­ melodiee moeilik deur gemeentes gesing is (Luth, 1989:21). Bronne aan die begin van die sewentiende eeu meld dat "die psalmmelodiee te moeilik en te veel was" en dat gemeentes derhalwe probleme met die aanleer daarvan ondervind.

Slegs dertig Geneefse melodiee word in 1615 as "bekend en geliefd" geidentifiseer. Yi Beswaarskrif in 1631 het gekla dat die sing van die psalmmelodiee geen genot vir die gemeente inhou nie en dat die Duitse melodiee baie meer aanvaarbaar is. Tydens verskillende sinodes in Noord-Holland (1636, 1638, 1639 en 1644) is die mening uitgespreek dat die "meeste melodiee onsingbaar en tot groot ongeluk en ongerief van die gemeentes is". Gedurende die tweede helfte van die sewentiende eeu is gepleit vir die vervanging van die Geneefse melodiee (Luth, 1988:40).

Gedurende hierdie tydperk het "talle nie-amptelike pogings ... tot nuwe psalmberymings" ontstaan waarin telkens in die "voorwoord-uitsprake" kritiek op die Datheense-psalmberyming gelewer is. Na meer as twee eeue het die staat die inisiatief geneem vir 'n nuwe beryming, sodat die Stateberyming in 1773 ingevoer is (Luth, 1988:38-39). Hierdie bundel was h verbetering op die van Dathenus deurdat dit van verstaanbare taal gebruik gemaak het en daar minder botsings tussen die teks en musiek voorgekom het. Die Stateberyming het steeds die gebruik van die Geneefse melodiee gehandhaaf en dit het ongelukkig nie " 'n beduidende verandering aan die gemeentesang [gemaak] nie" (Fourie, 2000:230).

'n Verdere struikelblok, wat eers in die agtiende eeu na vore getree het, is dat gemeentes die modi as "verouderd" en nie aanpasbaar by die "smaak van die tyd" ervaar nie. 'n Verdere beswaar wat waargeneem is, was dat psalmmelodiee gebaseer op modi nie die teksbetekenis kon interpreteer nie, en dat hulle daarom as "onverstaanbaar" beskou is (Luth, 1988:41).

2.5.4 Die Geneefse psalms in Reformatoriese Engeland en Skotland

Die Reformasie het by die Anglikaanse kerk aanvanklik slegs die vervanging van Latyn met Engels as liturgiese taal, insluitend die gemeentelike sang, behels (Routley, 1977:13). Onder die Puriteinse invloed is die beginsel gevestig dat slegs psalms en lofliedere uit die Bybel gesing mag word (Routley, 1977:17,20).

Tydens die regering van koningin Mary (1553-1558) is *n bloedige vervolging van die Protestante van stapel gestuur. Baie Engelse Protestante net na Geneve gevlug, waar hulle sterk deur die Geneefse psalms belnvloed word. Gevolglik is die One and fiftie Psalms of David in 1556 in Geneve, op hoofsaaklik Geneefse melodiee, gepubliseer (Wilson-Dickson, 1992:70). Hierna het verskillende uitgawes van die Anglo-Genevan Psalter gevolg, waarby Calvyn se invloed merkbaar was; hierdeur is gepoog om Geneefse melodiee by bestaande en verbeterde tekste aan te pas (Brink & Polman, 1998:42).

In die volgende jaar, 1562, het die tipies Anglo-Saksiese Whole Book of Psalms of die geliefde Old Version, of Day's Psaller gevolg, uitgegee deur Thomas Sternhold en John Hopkins. Hierdie bundel, wat in Engeland uitgegee is, het slegs 13 Geneefse melodiee behou (Van der Walt, 1962:48). Dit het melodies as die grondslag van die Engelse "Hymns" gedien (Strydom, 1994:93) en was so gewild dat ten minste 65 uitgawes daarvan tussen 1560 en 1599 uitgegee is (Westermeyer, 1998:170). In hierdie bundel het die aantal Geneefse psalmmelodiee aansienlik verminder om plek te maak vir tipies-Engelse "common metre'-melodiee.

Die Presbiteriaanse Kerk in Skotland het die eerste Scottish Psalter in 1564 gepubliseer (Strydom, 1994:93). Dit het van 105 tipies Anglo-Saksiese "common tunes" gebruik gemaak (Fourie, 2000:213) wat uit eenvoudige vierreel-melodiee bestaan het (Strydom, 1994:94). Deur die toedoen van John Knox is egter 33 Geneefse melodiee hierby aangewend (Van der Walt, 1962:49). In 1612 is die

Booke of Psalmes Englished both in Prose and Metre deur Henry Ainsworth

gepubliseer. Hy het spreektaal-berymings en bekende volksagtige of volksmelodiee gebruik (Fourie, 2000:212). Hierdie publikasie het nog 'n tree verder van die styl van die Geneefse melodiee beweeg.

Eers in 1696, na een en 'n half eeue, is die Old Version van die Whole Book of

Polman, 1998:45). Hierdie bundel het die styl van die tipies-Engelse metriese psalms beklink, wat hoofsaaklik in common metre gedig is (Westermeyer, 1998:170-172). Die Geneefse psalmmelodiee is later verder deur die Wesleyaanse en Metodistiese liedere verdring (Van der Walt, 1962:48).

Samevattend vir hierdie afdeling blyk dit dat die Geneefse psalms nie gemaklik met Nederlandse taalaksente kon saamsmelt nie. Die beryming van Dathenus is goedgekeur en gehandhaaf ten spyte van opvallend ongemaklike beklemtonings. Die swak taalaksente het tot isometriese sang en uiteindelik tot stadige en onestetiese psalmsang aanleiding gegee. Vanaf die sewentiende eeu is by verskillende geleenthede pogings tot verbeterde psalmberymings aangewend en is besware teen die moeilik singbare Geneefse melodiee aangeteken.

Engelse himnoloe het, ten spyte van hulle Calvinisties-georienteerde riglyne, besef dat die Geneefse melodiee nie ideaal met Engelse tekste kan saamvloei nie (Strydom, 1994:93). Hoewel daar met groot entoesiasme probeer is om die Geneefse melodiee aan te wend, het die himnoloe volgens Routley (1967:29), ervaar dat "the Genevan tunes could not be exported as they stood, for nearly all of them were in metres entirely foreign to the English manner".

Hoewel die Nederlandse en Engelse Protestante die Geneefse melodiee wou gebruik, kon dit nie saam met die verskillende taalaksente vlot nie. In Engeland het h eiesoortige styl van metriese psalms tot stand gekom, terwyl in Nederland, waar die Franse styl wel gehandhaaf is, heelwat probleme ondervind is. Dit was hierdie problematiese psalmtradisie wat oorgedra is na Suid-Afrika.