• No results found

HISTORIESE OORSIG VAN PSALMSANG IN SUID-AFRIKA

2.6 GEREFORMEERDE PSALMSANG IN SUID-AFRIKA

2.6.1 Inleidende geskiedenis

Saam met die 1652-volksplanting, onder leiding van Jan van Riebeeck, is die gereformeerde godsdiens in Suid-Afrika gevestig (Gillie, 1982:34). Die kerk aan die Kaap was onder beheer van die Gereformeerde Kerkreg soos bedryf in Nederland (Fourie, 2000:252). Gevolglik kon net goedgekeurde, Nederlands-gereformeerde kerkliedere gesing word: die psalms, gesing op Geneefse melodiee, en die Eenige

Gezangen (Van der Walt, 1962:52).

2.6.2 Die Nederlandse Psalmboek in Suid-Afrika

Die Datheense psalmberyming is aanvanklik aan die Kaap gesing en later, in 1775, deur die Stateberyming (1773) opgevolg (Fourie, 2000:253). Beide hierdie bundels was Nederlandse berymings wat gekonstrueer was om op die Geneefse melodiee gesing te word (Gillie, 1982:35). Hoewel die Stateberyming die natuurlike Nederlandse taalritmes beter geakkommodeer het, net daar nogtans botsings voorgekom en het die nuwe beryming nie 'n noemenswaardige verskil by die gemeentesang tot gevolg gehad nie (Fourie, 2000:269).

Die ontwrigtende botsings tussen die Nederlandse prosodie en die musikale aksente by die Dathenus-psalms het veroorsaak dat die ritmies-gekonstrueerde Geneefse melodiee met ewe lang note gesing is. Die isoritmiese sang is ook by die psalmsang uit die Stateberyming toegepas en het, soos in Nederland, in Suid- Afrika "onbevredigende, stagnerende sang" in die hand gewerk.

2.6.3 Eerste besware teen die Geneefse Psalmmelodiee

Soos in Nederland het die vroee Kaapse gemeentes om verskeie redes probleme ondervind met die sing van die Geneefse melodiee. By verskillende versoekskrifte

aan die sinode is die woord "onsingbaar" gebruik om die Geneefse psalmmelodiee te beskryf (sien 2.5.3). Die Datheense 1566-beryming, asook die 1773-

Stateberyming, saam met die ritmiese ordening van die Geneefse melodiee, het

"dwarstrekkerige en striemende" sang tot gevolg gehad (Roux, 1985:229).

Reeds voor die negentiende eeu is meermale in Suid-Afrika aangeteken dat die psalmsang nie na wense verloop nie: Cillie (1982:34-35) meld dat die gemeentesang "nie altyd inspirerend was nie" en Strydom (1994:147) noem dat psalms "isometries en langsaam" gesing is. Fourie (2000:260) wys daarop dat die "voorsangers ... ook nie altyd die oplossing (was) nie". Die feit dat psalmsang grootliks sonder begeleiding plaasgevind het, was moontlik bydraend tot die probleme, want volgens Fourie (2000:267) het die orrelbegeleiding in Suid-Afrika 'n verskil gemaak, omdat dit die gemeentesang kon ondersteun.

Die eerste formele besware teen die Geneefse melodiee is tydens die 1852-sinode geopper. Voorstelle vir die vervanging van "onsingbare melodiee" is, volgens sinode-verslae, in 1876, 1883, 1890, 1895, 1911 en 1915 gemaak (Van der Walt, 1962:53-61). In reaksie op die besware is 'n kommissie vir die vind van doelmatige psalmmelodiee benoem (Van der Walt, 1962:53-54). Verskillende pogings tot proefbundels is gemaak en in 1883 het die kommissie 'n bundeltjie, Halleluja!

Psalmen en Gezangen der Ned. Geref. Kerk van Zuid-Afrika, gelewer (Strydom,

1994:147). Dit is in 1895 gevolg deur *n proefbundel van De Lange waarin hy die 24 psalms, wat in 1890 deur 'n aangestelde kommissie as "onsingbaar" gekategoriseer is, van nuwe melodiee voorsien het. Hy het ook al 150 Geneefse melodiee ritmies en melodies "in 'n 'moderne' vorm probeer herstel" (Cillie,1982:36).

Verdere proefbundels is saamgestel deur die "sangwysiekommisie" wat tydens die 1915-sinode aangewys is. Tydens die sinode is 92 psalms met "onsingbare wysies" geidentifiseer. Nuwe melodiee uit proefbundels van 1919,1922 en 1926 is by die sinodes van 1919,1922 en 1928 gekeur (Van der Walt, 1962:61). Die Suid-

Afrikaanse komponiste J de Heer, S de Lange, JS de Villiers, PK de Villiers, FW Jannasch en AC van Velden het noemenswaardige bydraes tot die melodiee in die proefbundels van 1919, 1922 en 1928 gelewer. Slegs 21 van die melodiee uit hierdie proefbundels is egter in die 1937-Psalmbundel aangewend (Van der Walt, 1962:62-63). Dit was te wyte daaraan dat mettertyd, ongeveer vanaf die begin van die twintigerjare, besef is dat die Psalmberymings in Afrikaans moet plaasvind.

2.6.4 Faktore wat die assimilering van die Geneefse melodiee binne die Suid-Afrikaanse kultuur teengewerk het

Voor 1688 was die meeste immigrante aan die Kaap arm, nederig en ongeskool (Giliomee, 2003:6). Eers nadat die kerk daarop aangedring het dat mense moes kon lees en skryf voordat hulle "aangeneem" word, het die burgers gedurende die agtiende en negentiende eeue probeer om basiese opvoeding te bekom (Giliomee, 2003:20). Kaapstad is beskou as die middelpunt van kultuur en die intellektuele lewe - tog was daar tot die einde van die Kompanje-tydperk, in 1795, geen hoerskool, teater, stadsaal, boekwinkel of koerant nie (Giliomee, 2003:28). Volgens Roux (1985:223) was in "Suid-Afrika as pioniersland min stimulus of tradisie wat kon lei tot die waardering en begrip vir ernstige musiek".

Volgens Bouws (1982:8) was hierdie agterstand, wat aan die grootlikse afwesigheid van musiekgeletterdheid te wyte was, die rede waarom gemeentes gedurende die agtiende eeu "gesukkel (het) met die psalmsang". Dit was egter ook weens die "taamlik moeilike psalmwysies" waarmee die "gewone onervare sangers (die gemeente) probleme ondervind het". Die gevolge hiervan was dat die gemeentes dikwels "tydens die psalmsingery ... van die melodie afgedwaal" het sodat die voorsanger nie in staat was om die "samesang in die regte spoor te hou nie".

Die meeste burgers het in groot afsondering in die binneland geleef. Hulle het egter moeite gedoen dm bande met die NG Kerk as Calvinistiese geloofsbasis te

behou (Giliomee, 2003:xiv). Volgens Giliomee (2003:42) was daar tydens die jare van die Groot Trek (1834-54) geen volk so eg Godvresend as die Afrikaner Gereformeerde gelowiges nie. Die sing van psalms was die belangrikste daaglikse musikale aktiwiteit van die boere (Van der Walt, 1962:52).

Omdat hulle onbekend was, het die meeste Geneefse psalmmelodiee deur verwaarlosing in vergetelheid verval (Van der Walt, 1962:80). Terselfdertyd het die modi waarin die psalms gekomponeer is, toenemend vreemd begin klink en in onbruik verval (Cillie, 1982:35). Gevolglik het daar gedurende die negentiende eeu n weerstand teen die melodiestyl van die meeste Geneefse psalms opgebou.

Die bogenoemde oorsake het bygedra daartoe dat die Afrikaner-voorgeslagte ander melodiee - sogenaamde " 'liederwysies' gesoek, geskep of aangepas het, waarop hulle by voorkeur sekere kerkliedere gesing het" (Cillie, 1982:35). Volgens Bouws (1982:111) is hierdie wysies tydens die Groot Trek "deur die mense self gemaak" en het dit "voortgelewe deur die voor- en nasing" daarvan. Die "liederwysies'' vorm deel van die Afrikaner-kultuurerfenis en is ook in stede, dorpe en selfs in die kerk gesing (Cillie, 1993:1,5). As gevolg van die afgesonderde leefwyse asook die musikale ongeletterdheid van die trekboere het 'n tipe kultuur ontwikkel wat daartoe bygedra het dat die mees geliefde psalms op ander melodiee as die Geneefse melodiee gesing is10.

Die Evangelische Gezangen, waarvan die meeste uit die Lutherse kerkliederskat afkomstig is, het sedert 1814 makliker by Suid-Afrikaanse gemeentes inslag gevind as die Geneefse psalms (Roux, 1985:229). Van der Walt (1962:74) voer aan dat, omdat die gesangmelodiee "maklik singbaar" was, dit een van die faktore was wat die onbruik van die psalmmelodiee laat toeneem het.

10Honderd en dertien variasies van psalm-Tiederwysies" is deur Cillie in sy boek oor hierdie onderwerp opgeneem.

Verskillende bundels wat "buitengewoon populer" geword het, het aanvanklik gedien as jeugliedere en uiteindelik as geestelike huismusiek (Van der Walt, 1962:74). Dit is later ook vir Sondagskool-gebruik aangewend (Strydom, 1994:150). Voorbeelde hiervan is die Kinderharp wat in 1883, Zionsliedere wat in 1871 en die Halleluja-bundel wat in 1903 gepubliseer is. Hierdie bundels het maklik singbare liedere uit Morawiese, Lutherse, Episkopaalse en Wesleyaanse bronne vertaal en in Nederlands beskikbaar gemaak; en later ook al hoe meer Sankey-liedere van Amerikaanse "revival"- of "gospel"-afkoms (Carstens, 1983:42). Die revivalistiese liedstyl van die 1903-Halleluja (met 0.8% psalms)11 word in die Die Nuwe Halleluja van 1931 uitgebrei deur onder andere Evangelie-

Liedere (met 0% psalms)12 in te sluit. Hierdie Halleluja-bundel het egter ook 76

psalms in Afrikaans bevat (Van der Westhuizen, 2005:51), maar dit was isometries in halfnote afgedruk - soos in die opeenvolgende, gewysigde uitgawes van Die

Nuwe Halleluja van 1949 en 195913 (Fourie, 2000:328; 330-334). Indien hierdie

psalms, wat op daardie tydstip stadig, isometries en sober gesing is, vergelyk word met die revivalistiese styl, wat uit 'n meevoerende verskeidenheid van ritmes en met 'n sentimentele aanslag gesing is, word dit duidelik waarom psalmsang nie voorkeur geniet het nie.

Hierdie bundels het meegewerk daartoe om die "Anglo-Saksiese en 'revival'- invloede in ons gewyde sang te vermeerder en te bestendig" (Carstens, 1983:45). Van der Walt (1962:75) vestig die aandag daarop dat hierdie styl van liedere bygedra het tot die "verdringing van die psalms".