• No results found

DIE ROL VAN PSALMS IN DIE VROEE KERK TOT VOOR DIE HERVORMING

HISTORIESE OORSIG VAN PSALMSANG IN SUID-AFRIKA

2.3 DIE ROL VAN PSALMS IN DIE VROEE KERK TOT VOOR DIE HERVORMING

Die psalms oorspan nog steeds die eeue as Vi historiese skakel tussen die eietyd, die oorsprong daarvan in die sinagoges en die Israelitiese tempelsang. Vos (2005:355) skryf: "The singing of the psalms in the church service always reminds

us of the vigorous origins of Israel, Judaism, the Temple and the Synagogue". Vanaf hulle vroegste ontstaansgeskiedenis het die psalms die geloof van die Godsvolk gevoed en deel van die liturgie gevorm (Vos, 2005:37). As kembundel van die Kerk van Christus het die psalms voortgegaan om deur die Middeleeue 'n invloed uitteoefen (Barnard, 1981:99,101).

Die psalms van Israel kan as Joods-Christelike gebede beskou word (Vos, 2005:49) en kon daarom in die vroeg-Christelike fase van die geskiedenis as ideale, liturgiese liedere funksioneer (Vos, 2005:337). Omdat die vroee Christelike liturgie uit die van die sinagoge ontwikkel het, het dit vermoedelik ook van liturgiese psalmodie gebruik gemaak (Coetzee, 1993:8). Vender kan aanvaar word dat die praktyk van onbegeleide wisselsang in die vroegste Christen-byeenkomste voortgesit is (Strydom, 1994:23) en dat hierdie tradisie van psalmsang na die post- apostoliese fase oorgedra is (Fourie, 2000: 94-95).

Daar bestaan relatief baie gegewens oor hierdie geskiedkundige tydperk (Osbeck, 1987, Strydom, 1994; Westermeyer, 1998). Hierdie afdeling word volgens ontwikkelingsgebeure ingedeel met die liturgiese aanwending van psalmsang as uitgangspunt.

2.3.1 Psalmsang tydens die aanvangsjare van die Nuwe Testamentiese kerk

Die vroeg-Christelike kerk het gedurende die aanvangsjare van die eerste eeu n.C. in die tempel en sinagoges vergader (Osbeck, 1987:48). Hulle het egter die liefdesmaaltye in hulle huise gevier (Handelinge 2:46). Psalmodie asook antifonale psalmsang in die styl van die sinagogediens vorm waarskynlik 'n belangrike deel van hulle aanbiddingspraktyk (Strydom, 1994:23).

Gedurende die begintydperk van die Nuwe Testament is dit duidelik uit verskillende Bybelse verwysings dat die gemeentesang en veral psalms die

normale sangwyse was (Kolossense 3:16; Efesiers 5:19). Paulus hanteerdit as 'n vanselfsprekende deel van die liturgie (1 Korintiers 14:26; Strydom 1987:18).

Ongeveer 54-86 n.C., onder keiser Nero, net 'n gewelddadige vervolging van die Christene uitgebreek. Dit is gedurende hierdie tydperk wat die tempel ontheilig en vernietig is - wat gedeeltelik daartoe gelei het dat Christene in die katakombes begin vergader het (Fourie, 2000:100). In 135 n.C. is Jerusalem vernietig en die Jode oor die ganse Romeinse ryk verstrooi (Osbeck, 1987:49).

2.3.2 Psalmsang tydens die tweede tot vierde eeue

Aan die begin van die tweede eeu is Ignatius van Antiochie (110-117) se naam gemeld in verband met antifonale sang in die erediens (Barnard, 1981:156). Teen die einde van die tweede eeu het die eenvoudige herinneringsmaaltyd tot 'n uitgebreide liturgie, die eucharistie, ontwikkel (Strydom, 1994:25-30). Psalmsang is tydens die eucharistie-viering geimplementeer deur dit antifonies tussen Skriflesings te sing (Fourie, 2000:109).

Gedurende die derde eeu het Tertullianus getuig van die belangrike rol van psalmsang in die Christelike aanbidding (Westermeyer, 1998:23). Verdere ontwikkelinge gedurende hierdie tydperk was musieknotering (Barnard, 1981:165), die ontstaan van die eerste himnes (Fourie, 2000:116) en die vestiging van die kloostertradisie - waar onder andere ook antifonale psalmsang gebruik is (Fourie, 2000:111).

By die aanvang van die vierde eeu het Athanasius, biskop van Alexandria, op die voorgrond getree deur aan te dring daarop dat die psalmsang so na as moontlik by spraak moet aansluit. Sy motivering was die duidelike oordra van die Skriftelike boodskapinhoud van die teks sodat God se liefde deur die saambindende, koinoniale funksie van psalmsang beter beklemtoon kon word (Westermeyer, 1998:84).

2.3.3 Die vroee kerkvaders en psalmsang

Ingrypende omwentelinge kenmerk ontwikkelinge in die kerk tydens die vierde eeu. Godsdiensvryheid is in die jaar 313 aan die Christene toegeken terwyl die Christelike godsdiens in 380 as staatsgodsdiens van die Romeinse Ryk verklaar is (Strydom, 1994:30). Vi Nuwe kultuursituasie het ontstaan, aangesien die vervolgde

corpus Christi (liggaam van Christus) vervang is deur die corpus Christianum

(kultuur-Christendom) (Bingle, 2000:84).

Alhoewel Chrisostomus (350-407) verantwoordelik is vir die eerste vrye kerkliedere, heg hy groot waarde aan die psalms wanneer hy erken dat "Dawid in werklikheid in al die kerk se aanbidding eerste, middelste en laaste was" (Westermeyer, 1998:23). Teen die tweede helfte van die vierde eeu voer responsoriese psalmsang tussen kantor en gemeente egter nog die botoon (Barnard, 1981;169 en Strydom, 1994:32).

Ambrosius (340-397), die biskop van Milaan, het gesorg vir 'n kentering in die kerkliedgeskiedenis. Hy kan as die vader van die Westerse strofiese himne beskou word. Sy himnes het geweldig byval gevind omdat hulle die gemeente aktief betrek het by die liturgiese gebeure (Strydom, 1994:35). Hoewel Ambrosius welsprekend was in sy lof van die psalms (Westermeyer, 1998:24) was sy himnes so gewild dat dit die liturgiese gebruik van psalmsang begin vervang het (Fourie, 2000:132). Hy het ook die siening onderskryf dat geen instrumentale musiek in die kerk behoort gebruik te word nie (Westermeyer, 1998:83).

Die volgende belangrike figuur is Augustinus (354-430), biskop van Hippo in Noord-Afrika. Sy standpunte oor die "positief-etiese" krag van kerksang het 'n verreikende invloed op die reformatore en veral Calvyn uitgeoefen (Strydom, 1994:36). Hy het aanbeveel dat "lofliedere en psalms gesing moet word volgens die Oosters-Joodse gebruik" (Coetzee: 1993:9), waar die woorde die melodiese wendinge gedikteer het (2.2.6). Die uitwerking van musiek was vir horn waardevol

(Westermeyer, 1998:86), maar hy het gewaarsku teen "vleeslike genieting" wat soms op die voorgrond kon tree.

As gevolg van bostaande oortuigings het hy daarop aangedring dat die teksinhoud te alle tye prioriteit moes geniet, asook dat die genot van die musiek en die melodie ondergeskik aan die geestelike inhoudswaarde van die teks moes wees (Strydom, 1994:36). Hierdeur het hy rigtinggewende beginsels gevestig wat deur Calvyn verder uitgebou is en tot vandag toe as kerkmusieknorme in hoofstroomkerkegeld.

2.3.4 Die invloed van Gregoriaanse psalmodie op psalmsang

Tydens die sesde tot sewende eeue was dit Pous Gregorius die Grote (540-604) wat groot organisatoriese, liturgiese omwentelinge in die erediens bewerkstellig het (Strydom, 1994:37). Die grootste liturgiese ontwikkeling wat aan horn te danke is, is dat hy verantwoordelik was vir die totstandkoming van die Gregoriaanse psalmodie, Cantus Romanus. Daarmee word onberymde, resiterende Latynse psalmsang wat eenstemmig-onbegeleid gesing is, aangedui (Strydom, 1994:38). Psalmodierende sang uit die Ou Testamentiese, Joodse tempelkultus en sinagogedienste is deur Gregorius in 'n nuwe vorm teruggebring (Bingle, 2002:92).

Omdat hierdie styl van psalmodie deur 'n solis en kore behartig is, is gemeentelike deelname daarmee grootliks uitgeskakel (Osbeck, 1987:60). Gregoriaanse psalmodie het hoofsaaklik uit Latynse, antifoniese psalmsang bestaan (Barnard, 1981:229). Hierdie eenstemmige, onbegeleide kerksang is verteenwoordigend van die mees verhewe, estetiese kerksang van alle tye (Strydom, 1994:38).

Gedurende die agste eeu het keiser Karel die Grote die Gregoriaanse liturgie tot amptelike liturgie verklaar om daardeur eenvormigheid in die Romeinse ryk te bevorder (Strydom, 1994:37-38). Sy hoofdoel was egter eenvormigheid ten opsigte

van die kerklied - wat, volgens die Gregoriaanse tradisie, hoofsaaklik op 'n psalmbasis gegrond was (Westermeyer, 1998:104).

2.3.5 Die invloed van die Rooms-Katolieke kerk op psalmsang

Tussen die vierde en sestiende eeue het die onderliggende Christelike filosofie van die kerk geleidelik verander na die van die Rooms-Katolieke kerk (RK). Grondliggend kan die verandering van die Christelike kerk na die Rykskerk hiervoor verantwoordelik gehou word, sodat die oorspronklike, Skrifgefundeerde filosofie by die Middeleeuse kerklied verlore geraak het (Roux, 1986:18).

Die bo-aardsgerigte, Gregoriaanse psalmodie, saam met die latere ontwikkeling van ingewikkelde polifoniese koorsang, het so verhewe geword dat dit vir die onontwikkelde kerkvolk geen betekenis kon inhou nie (Roux, 1986:18). Verder het die kerkmusiek, deur die ontwikkeling van polifoniese kerksang, steeds meer gekompliseerd geword sodat dit slegs professioneel gesing kon word (Fourie, 2000:138). Hierdeur is gemeentelike kerksang tot swye gebring (Westermeyer, 1995:12).

Saam met die gebruik van Latyn as liturgiese voertaal het die psalmsang vir leke- kerkgangers onverstaanbaar geword en moes gelowiges ander maniere vind om hulle lof aan God uit te sing. Hierdie basiese behoefte van gelowiges moes noodwendig lei tot die ontstaan van altematiewe sangvorms (Strydom 1994:40). So het verskeie soorte improvisatoriese style of sekwense en verskillende vorms van himnes ontstaan, sowel as volksgeorienteerde, geestelike liedere in die moedertaal (Bingle, 2000: 92-93).

2.3.6 Oorsigtelike stand van psalmsang tydens die Middeleeue

Deur die Middeleeue het Gregoriaanse psalmodie feitlik onveranderd gebly as die wyse van Christelike lofuiting by die Roomse mis (Routley, 1979:1). Die katolieke, liturgiese struktuur is dus hoofsaaklik gehandhaaf (Strydom,1994:44). Dit het daartoe gelei dat enige verdere ontwikkeling van psalmsang in die Gregoriaanse liturgie gestol het.

Tydens die vroee Middeleeue is musikale ontwikkeling deur die Rykskerk (psalmsang ingesluit) beperk tot die liturgie. Gedurende die Middeleeue was die praktyke van die RK 'n groeiende beinvloedingsfaktor. Dit het kulmineer in Yi oorheersende deelname tussen priesterlike kore en soliste waar van antifonale psalmsang sowel as ingewikkelde, polifoniese sang gebruik gemaak is (Osbeck, 1987:57-59; Strydom, 1994:39, 45).

Psalmsang het tydens die Middeleeue Yi belangrike rol in die kloosters begin vervul, waar die psalms op Yi gereelde basis deurgesing is (Westermeyer, 1998:24). Meerstemmigheid het gedurende die Middeleeue ook in die kloosters posgevat en uitgebrei (Fourie, 2000:140).

Die gesproke en gesonge liturgiese dialoog tussen gemeente en voorganger, wat eiendomlik van die vroeg-Christelike kerk was, het later plek gemaak vir sensasiewekkende praktyke: staatsplegtighede, indrukwekkende ampsdrag, verchristelikte heidense feeste en die brand van wierook en kerse (Strydom, 1994:30-31). As gevolg van hierdie ontwikkelinge het die behoefte aan "ingrypende hervorming" toenemend belangrik geword (Strydom, 1994:46). Die negatiewe gevolge van bo-aardse, ontoeganklike psalms het so ondraaglik geword dat meelewende gemeentelike deelname deur psalmsang feitlik onmoontlik geword het.

Dit is daarom duidelik dat psalms op verskillende maniere in die vroeg-Christelike kerk aangewend is en dat psalmsang 'n sleutelfunksie in die liturgie vervul het. Gedurende die vierde eeu het rigtinggewende ontwikkelinge plaasgevind wat die sing van psalms direk sou bei'nvloed: in hierdie tydperk het die eerste vrye kerkliedere tot stand gekom, en Augustinus het sekere beginsels gevestig vir liturgiese liedere wat waarskynlik later die styl van die Gregoriaanse styl van psalmsang kon help vorm het. Voorts het pous Gregorius groot organisatoriese, liturgiese omwentelinge bewerkstellig in die erediens deurdat hy die psalms in 'n vaste styl laat giet het. Keiser Karel die Grote het Gregoriaanse psalmodie tot amptelike liturgiese liedstyl verklaar, om sodoende h eenvormige psalmstyl in die Romeinse ryk te bewerkstellig.

Gedurende die Middeleeue het liturgies-musikale ontwikkelinge gelei tot die verdringing van gemeentelike psalmsang uit die liturgie van eredienste. Die uitskakeling van die gemeente deur elitistiese psalmpraktyke het 'n versadigingspunt bereik, sodat die behoefte aan hervorming steeds dringender geword het.