• No results found

Eietydse eredienspraktyke random psalmsang

DIE GEBRUIKSFREKWENSIE EN FUNKSIONALITEIT VAN PSALMS IN DIE UEDBOEK (2001)

D 5-6 keer per maand

3.5 PERSPEKTIEWE EN AANBEVELINGS VOORTSPRUITEND UIT DIE RESULTATE

3.5.2 Eietydse eredienspraktyke random psalmsang

Diversiteit is aan die orde van die dag. Hoewel die NG Kerk nog met 'n pyporreltradisie geassosieer word, verg veranderende omstandighede, behoeftes en tegnologiese ontwikkelinge voortdurende aanpassings. Daarom behoort die situasie realisties in oenskou geneem te word. In die lig van die toenemende aanpassings wat hanteer moet word, word die volgende aanbevelings gedoen.

3.5.2.1 Begeieidingspraktyke

• Die orrel word nog as hoof- begeleidingsinstrument (83.3%) in die NG Kerk aangewend. Daarom behoort voortdurende aandag aan die praktiese opleiding en inspirering van orreliste ten opsigte van die funksionele begeleiding van gemeentelike psalmsang gegee te word.

• Die orrel het in die NG Kerk deel van die psalmpraktyk geword en kan as die beste instrument vir die begeleiding van die bestaande psalmkorpus beskou word.

• Die mees ideale begeleidingspraktyk is egter die aanwending van menslike stemme. Geen ander begeleidingsmetode kan opweeg teen die oortuigingskrag en atmosfeerskepping van entoesiastiese menslike stemme nie.

• Alternatiewe begeleidingsinstrumente kan egter verrykend saam met sekere psalmstyle aangewend word en In openheid vir hierdie toepassing behoort gepropageer te word.

• Moderne instrumentale klanke is deel van Yi wereldwye musiekkultuur; dit behoort in die NG Kerk akkommoderend gehanteer te word sonder om dit af te dwing op gemeentes wat nog nie daarvoor gereed is nie en sonder om afbreuk te doen aan die outentieke musiekstyle van die bestaande psalms. Omdat orrelbegeleiding by psalmsang tans 'n leidende rol in die NG Kerk vervul en omdat sommige musiekleiers en lidmate se smaak in 'n orreltradisie gevestig is, behoort hulle siening sensitief hanteer te word. • Klassieke musiekinstrumente behoort sover moontlik ingesluit te word by

instrumentale begeleiersgroepe. Dit kan soms solisties aangewend word en

'n musikaal-estetiese bydrae lewer tot die geheelklank.

• Die gebruik van die beskikbare CD-orrelbegeleidings vir psalms dui onder andere op 'n behoefte aan opgeleide orreliste en dat aandag aan hierdie opleiding gegee behoort te word.

• Wanneer begeleidingstyle wat Yi instrumentale groep behels, ingevoer word, word voldoende ruimte vir die opstel van so 'n groep binne die kerkgebou benodig, wat 'n verskil ten opsigte van die atmosfeer, simboliek en argitektuur kan veroorsaak. Dit is nodig dat so 'n verandering met deeglike oorleg en goeie smaak aangebring sal word.

• Voorsiening vir 'n toename in hierdie begeleidingstyle behoort gemaak te word deur die insluiting van 'n dergelike opleidingspakket by kerkmusikale

opleiding. Opleiding vir instrumental begeleiersgroepe en instrumentaliste is'n dringende noodsaaklikheid waarvoor permanente beplanning nodig is. • Terwyl daar tans 'n behoefte bestaan aan 'n verskeidenheid aanbiddingstyle,

ook by psalmsang, kan alternatiewe instrumentale klanke 'n verrykende bydrae lewer om aan spesifieke aanbiddingsbehoeftes uiting te gee. Dit sou veral vir lidmate met "hart"- en "hand"-spiritualiteitstipes tot betekenisvolle aanbidding kan lei (sien 5.2).

• Daar behoort dringend aandag gegee te word aan die beskikbaarstelling van publikasies vir kontemporere begeleidings vir psalms. Om die kwaliteit daarvan te verseker is daadwerklike, kundige leiding op hierdie gebied onontbeerlik.

3.5.2.2 Psalmverwerkings

• Die ideale manier om die psalms bekend te stel is deur medium van 'n kantory. Hiervoor behoort eenvoudige psalmverwerkings gebruik te word, waar die melodie duidelik uitstaan en die teks duidelik gehoor en vertolk sal word.

• \\ Hedendaagse kantory bestaan dikwels uit 'n kleiner sanggroep en sommige kleiner sanggroepe het begin om van mikrofone gebruik te maak. Verwerkings wat hierdie nuutontwikkelende opset teiken en ook die vele ontwikkelinge op die gebied van eietydse psalmsang in ag neem, het egter 'n leemte aan funksionele psalmverwerkings vir hierdie genre laat ontstaan, waarin voorsien behoort te word.

• Die orrel is tans die mees voor-die-handliggende instrument om psalmverwerkings te laat hoor, maar tog bied die klankkleure en interpretasiemoontlikhede van instrumentale ensembles goeie afwisseling wat ook aangewend behoort te word.

• Hoewel daar heelwat orrel verwerkings van tradisionele kerkliedere bestaan, is daar tog 'n leemte aan voldoende, eenvoudige psalmverwerkings van die psalms wat tans in die liedboek opgeneem is.

• Instrumentale verwerkings van psalms, waar die melodie duidelik uitstaan, is 'n ideale metode om psalms ongemerk en aangenaam bekend te stel en te laat hoor. Klassieke musiekinstrumente is ideaal, maar meer moderne psalmstyie behoort te baat by die aanwending van meer moderne klankkleure.

• 'n Dringende behoefte waarin voorsien behoort te word, is instrumentale psalmverwerkings waar die orrel saam met eietydse instrumente oordeelkundig en esteties aangewend word.

3.5.2.3 Elektroniese borde

Die data wat by 3.3.5 en 3.3.5a versamel is, dui daarop dat h gemiddeld van meer as 60% gemeentes oorwegend van elektroniese borde gebruik maak en dat 82.6% gemeentes reeds borde besit. Lidmate beskou dit as voordelig omdat hulle nie die boekies hoef saam te neem kerk toe nie en omdat hulle nie nodig net om liedere na te slaan nie. Min gemeentes besef die waarde daarvan om die notebeeld saam met die teks op die skerm te vertoon. Ook omdat 'n dataprojektor duur is en omdat die bestaan van hierdie program nie algemeen bekend is nie, word dit meestal nie gebruik nie. Dit behels die verlies van die notebeeld wat in die boekies vertoon word, die verlies van die stimulering van noteleesvaardighede wat daardeur geskied en die feit dat lidmate as gevolg daarvan nie die nodigheid sien om die L/ecfooe/r-bundeltjies aan te koop nie. Die ideaal bly egter dat alle lidmate die boekies sal besit. Met die oog hierop word sekere aanbevelings gedoen.

• Indien inspirerende psalmtekste uit die Liedboek as gebede of as deel van die liturgie voorgelees of deur 'n kantory gesing word, kan dit lidmate stimuleer om self die Liedboek aan te skaf (sien ook Bylaag D.2).

• As verdere stimulering om self die Liedboek te besit, behoort 'n reeks bloemlesings van inspirerende psalmtekste, gesorteer onder aktuele, eietydse temas op die NG Kerk-webwerf beskikbaar gemaak te word.

. 'n Prakties bruikbare elektroniese formaat waardeur die musieknotebeeld

saam met die teks op die skerm vertoon kan word, behoort geprogrammeer en beskikbaar gemaak te word.