• No results found

STRATEGIE BINNE PREDIKING

3.2 OMSKRYWING VAN “RETORIEK” EN “RETORIESE STRATEGIE” AS BEGRIPPE

3.4.5 Retoriese style

Volgens Quintilianus (in Bailey 1965: 102), is daar drie tradisionele style binne die wêreld van retoriese toesprake, elkeen net so korrek en aanvaarbaar soos die ander. Dit staan bekend as die eenvoudige toespraak, die grootse of kragdadige toespraak en die bloemryke of oorgangstoespraak.

Eenvoudige toesprake word dikwels gebruik om te onderrig (Bailey 1965: 102). Om hierdie toesprake uit te voer, moet die spreker insig en vernuf besit (Bailey 1965: 102). Hier word feite genoem en bewyse gebruik en die hulp van die ander twee style hoef nie ingeroep te word nie (Bailey 1965: 102).

Kragdadige toesprake beweeg die gehoor tot aksie (Bailey 1965: 102). Hierdie spreker moet op „n kragtige wyse die emosies van die gehoor in beweging bring (Bailey 1965: 102). Die

81 regters word van hulle voete afgeslaan en die gehoor meegesleur wanneer hierdie toespraak gebruik word.

Bloemryke toesprake vlei en bevredig die gehoor (Bailey 1965: 102). Die spreker moet sagkens met sy gehoor te werk gaan (Bailey 1965: 102). Metafore en figuurlike beeldspraak word gebruik (Bailey 1965: 102). Aanloklike afleidings word verskaf en „n netjiese ritme kom in die toespraak voor. Die vloei van die toespraak is gemaklik en rustig en die gehoor word gelaat met „n belofte van „n meer aanloklike wêreld.

Quintilianus (in Bailey 1965: 105) het die laasgenoemde toespraakstyl, die bloemryke toespraak, as die beste opsie beskou, maar het ook daarop aangedring dat die styl van die toespraak altyd gepas moet wees vir die geleentheid waartydens dit gebruik word. Tydens die meeste retoriese toesprake word daar egter van „n kombinasie van al drie style gebruik gemaak. Al drie hierdie style kan ook tydens prediking gebruik word.

Martin Joos (in Bailey 1965: 286) het ook vyf retoriese style uiteengesit. Hy verwys na hierdie style as die vyf klokke van styl. Hierdie style staan bekend as gevriesde styl, formele styl, konsulterende styl, informele styl en intieme styl. „n Spreker hoef geensins slegs van „n enkele styl tydens „n toespraak gebruik te maak nie en hy kan vrylik van een van hierdie style na „n ander beweeg binne dieselfde toespraak, of selfs binne dieselfde sin (Bailey 1965: 289).

Die spreker wat die gevriesde styl gebruik, maak geensins van intonasie gebruik nie (Bailey 1965: 297). Hierdie styl word hoofsaaklik in gedrukte werke en in deklamasie gebruik (Bailey 1965: 297). Die gehoor van „n toespraak in die gevriesde styl het geen toegang tot die outeur of spreker nie en kan dus nie die outeur of spreker bevraagteken nie (Bailey 1965: 297). Geen gehoordeelname vind dus plaas nie, maar daar kan gereeld terugverwys word na so „n toespraak as „n betroubare bron (Bailey 1965: 298).

82 Wanneer die formele styl gebruik word, vind daar geen gehoordeelname plaas nie (Bailey 1965: 295). Dit word gewoonlik gebruik wanneer die gehoor uit meer as ses lede bestaan, of wanneer die spreker glad nie die gehoor ken nie (Bailey 1965: 294). Die formele styl is ontwerp om in te lig en is dikwels dominerend van aard (Bailey 1965: 296). Die spreker sal ook dikwels in die derde persoon praat en onbetrokke bly deur woorde soos “ek” en “my” te vermy, terwyl terme soos “ekself” of “‟n mens” gebruik word (Bailey 1965: 296). Die orde van die teks word baie belangrik, aangesien persoonlikheid ontbreek (Bailey 1965: 296). Die teks word in duidelike paragrawe ingedeel en logiese verbindings kom tussen hierdie paragrawe voor (Bailey 1965: 296). Hierdie styl verg redelike vooruit-beplanning van elke sin, paragraaf en die toespraak as geheel, aangesien die spreker met „n gevange gehoor te make het (Bailey 1965: 296).

Selfstandigheid en kohesie is die noodsaaklike kenmerke van die formele styl. Dit hou verband met die intonasie van die spreker (Bailey 1965: 296). Die gehoor sal die teks slegs een maal hoor en juis daarom is intonasie van allergrootste belang (Bailey 1965: 296 - 297).

Indien die spreker van konsulterende styl gebruik maak, sal die taalgebruik redelik eenvoudig en verstaanbaar wees. Die spreker sal altyd agtergrond inligting verskaf en sal nooit aanneem dat hy daarsonder verstaan sal word nie (Bailey 1965: 290). Die gehoor neem ook konstant deel aan die toespraak, hetsy op „n verbale of nie-verbale wyse, wanneer hierdie styl gebruik word. Daar word ook nie te veel vooruit beplan deur die spreker nie (Bailey 1965: 296), aangesien die terugvoer van die gehoor sy hele beplanning omver kan werp. Konsulterende styl word hoofsaaklik gebruik wanneer die spreker nie die gehoor ken nie (Bailey 1965: 290), veral wanneer hulle dieselfde taal as die spreker praat, maar die agtergronde van die spreker en die gehoor verskil.

Informele styl word gebruik wanneer die spreker probeer om deel te word van die gehoor se sosiale groep (Bailey 1965: 290). Informele styl word gebruik wanneer vriende en kennisse toegespreek word, of wanneer daar gepoog word om vreemdelinge deel van die binnekring te

83 maak (Bailey 1965: 291). Die nodige agtergrondkennis is egter nie teenwoordig nie en gehoordeelname kom dikwels nie voor nie, omdat daar aangeneem word dat die spreker sal weet dat die gehoor luister en verstaan (Bailey 1965: 291).

Groeptaal is een van die kenmerke van die informele styl (Bailey 1965: 291). Dit verwys na taalgebruik wat huidige, dikwels kortstondige terme insluit (Bailey 1965: 291). Dit kan veral ook nuutskeppinge, metafore en vergelykings insluit (Bailey 1965: 291) wat die een of ander kleurryke of humoristiese betekenis het. Dit is „n kenmerk van die informele styl, aangesien slegs „n gedeelte van die samelewing, diegene wat deel vorm van die spreker se binnekring of groep, sal weet wat die groeptaal beteken (Bailey 1965: 292).

Ellipse of weglatings is ook „n kenmerk van die informele styl (Bailey 1965: 291). Die insluiting van „n ellips in „n toespraak wys duidelik op die spreker se informele styl, in teenstelling met die konsulterende styl, aangesien die gebruik van „n ellips net deur iemand in die binnekring van die spreker verstaan sal word (Bailey 1965: 291).

Die intieme styl sluit nie openbare inligting, soos dit dan wel in die geval van konsulterende styl en informele styl voorkom, in nie (Bailey 1965: 293). Indien die spreker van die intieme styl gebruikmaak, sal daar geen inligting aan die gehoor gegee word wat van buite die spreker kom nie (Bailey 1965: 293). Alle inligting sal op die een of ander wyse na die spreker en sy emosies verwys.

Intieme styl duld glad nie die sisteme van ander style nie (Bailey 1965: 294). Geen groeptaal of agtergrondkennis word gebruik nie (Bailey 1965: 294). Daar is wel „n intieme kode wat gebruik word en dit staan bekend as kliektaal (Bailey 1965: 294). Dit verwys nie na kortstondige woorde nie, maar wel na woorde wat deel is van die permanente kode van die

84 spesifieke groep (Bailey 1965: 294). Elke intieme groep moet dan hul eie kode ontwikkel en uitbrei (Bailey 1965: 294).

Volgens Joos (in Bailey 1965: 309) kan die een toespraakstyl nie beter as die ander beskou word nie. Nie een van hierdie style is bloot goed of bloot sleg nie, maar elkeen van hierdie style kan verstandig gebruik word om sodoende tot die spreker se voordeel te dien (Bailey 1965: 309). Formele styl, konsulterende styl, informele styl en intieme styl kan tydens prediking gebruik word, maar nie gevriesde styl nie, aangesien dit nie „n verbale styl is nie en prediking hoofsaaklik verbaal geskied.