• No results found

LYS VAN FIGURE

2.10 NARRATIEWE ELEMENTE

Daar is verskeie elemente om ‟n teks as “narratief” te kwalifiseer en te identifiseer. Elkeen van hierdie elemente sal nou breedvoerig beskryf word.

40 2.10.1 Gehoor

Boje (in Josselson & Lieblich 1999: 170) definieer stories as “‟n mondelinge of geskrewe optrede wat twee of meer mense wat ‟n verlede of verwagte ervaring interpreteer, insluit.” Volgens hierdie definisie sal stories ontwikkel, verander en oorgedra word in gesprekke. Dus het storievertellers altyd ‟n stel luisteraars, of ‟n gehoor, nodig.

Storievertel is ‟n sosiale en vasgestelde taal-optrede (Josselson & Lieblich 1999: 170). Die primêre doel van ‟n storie is nie om ‟n situasie te beskryf nie, maar om mense (luisteraars) te motiveer om op ‟n sekere wyse op te tree sodat ‟n gebruik kan voortbestaan of verander kan word.

2.10.2 Tyd

Narratiewe is die primêre wyse waarop die menslike spesie sy begrip van tyd organiseer (Abbott 2002: 3). Ricoeur glo dat die mate waartoe tyd, “menslike tyd” word, word bepaal deur die verloop van die narratief (Abbott 2002: 4).

Narratiewe verskil van ander tekste, aangesien dit gewoonlik chronologies verloop en daarom ‟n dubbele temporale logika bevat (Abbott 2002: 14). Daar word ekstern en intern deur tyd beweeg. Die eksterne beweging verwys na die duur van die aanbieding van die narratief self. Dit kan na die fisieke tydsduur van die verhaal in ‟n boek, film of toneelstuk verwys en kom voor op die diskoersvlak van narratief.

Die interne beweging is die beweging van tyd binne-in die narratief, dus die intrige. Hierdie beweging kom voor binne die storie-vlak van narratief. Hierdie tyd hou verband met gebeure in die narratief en stem nie noodwendig ooreen met kloktyd nie (Abbott 2002: 5). Dit staan ook bekend as narratiewe tyd. Dit is ook belangrik om daarop te let dat al word stories agteruit vertel, dieselfde chronologiese volgorde van gebeure voorgehou word.

41 Volgens Fourie (2008: 458) is tyd binne narratiewe om drie redes belangrik:

Temporale orde: Dit is die orde waarin gebeure, soos wat tyd verloop, plaasvind. Selfs wanneer gebeure buite volgorde voorgestel word, sal die gehoor dit in die regte volgorde kan herrangskik

Temporale duur: Dit verwys na die hoeveelheid tyd wat dit neem vir die gebeure van die narratief om plaas te vind en kan verwys na die lengte of duur van die storielyn, die lengte van die boek of die lengte of duur van die film.

Temporale frekwensie: Dit is die hoeveelheid kere wat ‟n sekere aksie binne ‟n film of vertelling herhaal word. Soms kan daar oor en oor na ‟n enkele aksie verwys word of ‟n aksie wat herhaalde kere plaasgevind het, kan slegs een keer aangehaal word.

Daar moet ook gekies word tussen teenwoordige tyd en verlede tyd wanneer ‟n storie vertel word (Janse van Rensburg 2003: 68). Die teenwoordige tyd word gebruik om ‟n dramatiese effek te skep, maar dit is beslis meer ingewikkeld om hiervan gebruik te maak. Verlede tyd word dus meer gebruik in die oordra van ‟n vertelling. Verkieslik moet daar slegs van een van hierdie twee tye in elke vertelling gebruik gemaak word, tensy die vertelling die gebruik van albei noodsaak.

2.10.3 Struktuur

‟n Reeks semiotiese strukture span saam om die tekstualiteit van ‟n narratief te vorm (Ryan 2004: 110). Hierdie strukture sluit gebeure, menslike agente, tydspan en plek in. Hierdie elemente staan bekend as die narratiewe struktuur.

Die drie vlakke van narratief sluit die juiste vlak van narratief, die meta-narratiewe vlak en die paranarratiewe vlak in (Ryan 2004: 112). Elkeen van hierdie vlakke stel ‟n ander stel gebeure voor wat bydra tot die narratiewe gebeure. Elk van hierdie vlakke spesifiseer ‟n ander waarde vir die parameters van aksie, persoon, tyd en ruimte (Ryan 2004: 112).

42 Cassell en McNeil (in Ryan 2004: 113) hou vyf gebeure-lyne, of strekkingstye, voor wat die drie vlakke van narratief sal vul:

 Eerstens is daar die volgorde van gebeure van die storie wat intrige-tyd en tyd van fiksie insluit.

 Daar moet gelet word op die medium wat gebruik word om die storie oor te dra. Daar is verskeie media wat gebruik kan word, in verkeie vorms.

 Die ontvang van die teks het ook sy eie temporale volgorde. Dit verwys na die volgorde waarin die luisteraar of ontvanger die gebeure voor hom sien afspeel.

 Die ontvanger skep ‟n voorstelling van die teks wat min of meer in lyn is met die volgorde van gebeure wat in die teks self uitgebeeld word. Beskrywings van al die aksies wat deur al die karakters uitgevoer word in die oorspronklike temporale orde is optimaal sigbaar, terwyl terugflitse en opsommings minder sigbaar is.

 Daar kom ook ‟n punt wat die narratief hervertel kan word deur die ontvanger. Dit staan bekend as ‟n interpersoonlike narratief. Op hierdie punt word die ontvanger die verteller.

Elk van hierdie narratiewe lyne is van uiterste belang, want dit mag dalk juis dié lyn wees wat die ontvanger hoor of lees (Ryan 2004: 113). Die volgorde van gebeure is die juiste vlak van narratief of die narratiewe diskoersvlak (Ryan 2004: 114). Die medium van die teks, die ontvang van die teks en die voorstelling van die teks skep die meta-narratiewe vlak (Ryan 2004: 114). Dit is die deel van die narratief wat met die aksie van vertelling te make het. Die interpersoonlike narratief is op die paranarratiewe vlak (Ryan 2004: 114). Hier klim die verteller uit die storie uit en praat met sy/haar eie stem met die ontvanger.

Tarasti (in Ryan 2004: 284) onderskei ook tussen twee interaktiewe vlakke van narratiwiteit. Die vertellingsvlak verwys na die storie wat vertel word en die vertellersvlak verwys na die spesiale wyse waarop die storie vertel word. Dit is dieselfde as die begrippe storie (vertellingsvlak) en diskoers (vertellersvlak) wat in Amerikaanse narratologie gevind word.

43 Die Bulgaarse teoretikus Todorov (in Kruger, Rayner & Wall 2004: 44) het die konsep van narratief vereenvoudig tot hierdie herhalende formule: