• No results found

Persoonlikheidseienskappe van die onderrigleier

HOOFSTUK 3: ONDERRIGLEIERSKAP: TEORETIESE AGTERGROND

3.3 Modelle van onderrigleierskap

3.4.5 Kernaspekte van onderrigleierskap uit resente teorieë

3.4.5.2 Persoonlikheidseienskappe van die onderrigleier

Volgens Lynch (2016:2) speel persoonlikheidseienskappe ʼn belangrike rol in leierskapmodelle vanweë die feit dat die voorkeure van ʼn leier alreeds deur sy persoonlikheid bepaal is. ʼn Leier is geneig om aannames te maak op grond van die omgewing en persoonlike faktore, soos ouderdom en geslag wat ʼn uitdrukking kan wees van gevoelens en emosies. Dit is dus belangrik dat onderrigleiers bewus sal wees van persoonlike emosies sowel as die van ander aangesien emosies volgens Gowpall (2015:64) die potensiaal het om die aksies van onderwysers en gevolglik leeruitkomstes te beïnvloed.

Day en Sammons (2014:32) bevestig bogenoemde stelling deur daarop te wys dat suksesvolle leierskap ʼn kombinasie van kognitiewe en emosionele begrippe is wat verband hou met ʼn duidelike stel standaarde en waardes. Aan die ander kant is Van Deventer (2016:113) van mening dat leierskap deur persoonlike en professionele waardes bepaal word deurdat bestuur die ontwerp en uitvoer van vooropgestelde planne is. Volgens Mangin en Stoelomga (2010:53) het die norme en waardes van ʼn skool ewe veel invloed op leierskap vanweë die ondersteuningsraamwerk wat dit aan ʼn betrokke persoon bied.

Dit is duidelik dat aangebore en natuurlike tendense ʼn leierskapstyl kan beïnvloed (Lynch, 2016:2) aangesien leiers ander persone oriënteer om doelwitte te bereik (Hitt en Tucker (2015:3). Die hoofrol van die onderrigleier is om leiding te bied sowel as om hulpbronne en ondersteuning aan onderwysers en leerders te verskaf ten einde onderrig- en leeruitkomstes te verbeter (Ghavifekr et al., 2015:49). Daarby sluit een van die belangrikste aspekte van leierskap aan, naamlik delegering (Lynch, 2016:3). Delegering is ʼn bydraende faktor tot suksesvolle leierskap waarin persoonlikheidseienskappe ʼn groot rol speel aangesien die wyse waarop opdragte gegee word daarvan afhang.

Literatuur identifiseer verskeie kenmerke en eienskappe van ʼn onderrigleier (Tshabalala, 2015:63) wat ʼn invloed op die samewerking tussen ʼn skoolhoof, onderwysers en leerders het en waarvan effektiewe skoolleierskap afhang. Vir die

111

doeleindes van die betrokke navorsing word daar aandag geskenk aan die eienskappe deur Brown (2010) bestudeer. Daarvolgens word ʼn onderrigleier beskou as ʼn persoon:

 met ʼn visie en doelwitte wat duidelik aan personeellede gestel word;

 wat samewerkingstegnieke gebruik om gemeenskaplike doelwitte van ʼn skool aan die skoolgemeenskap voorhou;

 wat personeel aanmoedig om lewenslange leerders te wees om voortgesette professionele groei te verseker; en

 wat die kulturele gevoel van ʼn skool uitbeeld en modelleer.

Volgens bogenoemde blyk dit duidelik te wees dat ʼn onderrigleier oor sekere eienskappe moet beskik. Gowpall (2015:43) is van mening dat sodanige eienskappe multidimensioneel is en dat daar van onderrigleiers verwag word om onderwysers in hul komplekse taak te ondersteun (Hitt & Tucker, 2015:31) ten einde dinamiese onderrig en leer te bevorder. Verder bied dit geloofwaardigheid aan gedeelde leierskap deurdat leiers die nodige ondersteuning verleen wat uiteindelike effektiewe onderrig verseker.

Effektiwiteit is in die verlede tot ʼn groot mate onderdruk weens die feit dat onderrigleierskap op verskillende wyses gekonsepsualiseer en geadministreer is volgens persoonlike ideologieë. Volgens Ghavifekr et al. (2015:51) behoort effektiwiteit en doeltreffendheid egter waarneembaar te raak deur onderrigleierskap, wat oor bepaalde eienskappe beskik. Sodanige eienskappe word onder meer deur Van Deventer (2016:115) geïdentifiseer:

 Rigtingaanduidend  Inspirerend

 Aanmoediging van spanwerk  Voorbeeld stel  Verkry aanvaarding  Organisatoriese argitek  Toonaangewende professionaliteit  Morele onderwyser  Sosiale argitek  Vertroue

112  Integriteit  Bevoegdheid  Konsekwentheid  Lojaliteit  Openheid

ʼn Kombinasie van die leierseienskappe soos deur Brown en Van Deventer uiteengesit, beklemtoon die gemeenskaplike doelwit van ʼn leerdergesentreerde omgewing waar alle leerders kan presteer, wat volgens Brown (2010) alleenlik met behulp van ʼn gebalanseerde onderrigleier bereik kan word. Die waarde van ʼn gebalanseerde onderrigleier is soos Gowpall (2015:62) aandui die potensiaal om verbetering deur middel van kommunikasie, omgewingsbeheer, bestuursaktiwiteite, kennis en vaardighede te bewerkstellig. Shaked en Schechter (2016:5) plaas veral klem op doeltreffende kommunikasie vanweë die kompleksiteit binne skole waar interafhanklike professionele persone voortdurend met mekaar moet kommunikeer. Derhalwe is samewerking tussen skoolhoofde en onderwysers, wat onder andere die nakom van afsprake en dialoog omvat van kardinale belang vir optimale onderrig (Shaked & Schechter, 2016:5).

Savolainen et al. (2012:66-67) wys daarop dat ʼn gebrek aan selfvertroue die oorsaak van ʼn tekort aan samewerking en ondersteunende netwerke gedurende onderwyseropleiding. Sodanige netwerke sowel as indirekte verhoudings is beplande faktore van onderwysers se gedrag en leerderonderrig (Millar, 2014:115). In ʼn artikel deur Mangin en Stoelomga (2010:49-53) word die rol van onderwysers as onderrigleiers soos volg uiteengesit:

ʼn Onderrigleier moet:

 oor die nodige kennis en vaardighede beskik vir die omskakeling en fasilitering van inhoud na prosedurele kennis;

 terugvoer gee oor belangrike onderrigsake, hetsy met betrekking tot data of sielkundig van aard, ten einde in die behoeftes van belanghebbendes te voorsien; en

113

Bogenoemde vereistes is insiggewend met betrekking tot bepaalde leierskapsrolle waarvan die volgende vir Gowpall (2015:41) die belangrikste is:

 ʼn Uitnodigende skoolomgewing

 Monitering en ondersteuning van onderrig  Erkenning en beloning van goeie prestasie  Bevordering van professionele ontwikkeling  Empatie

Hierdie rolle stem ooreen met die eienskappe van Van Deventer (2016:115) en Brown (2010) en dui op die impak wat dit op die vestiging van ʼn onderrig-en- leerkultuur sowel as leeruitkomstes het. Die onderskeie rolle van ʼn onderrigleier word ook deur die omgewing beïnvloed (Gowpall, 2015:36), wat beperkend kan wees op die doeltreffendheid van toesighoudende personeel.

Toesighouding oor onderrigpraktyke word deur Shaked en Schechter (2016:6) as een van die verantwoordelikhede van ʼn onderrigleier beskou deur ondersteunende hulp aan onderwysbeginners te bied ten einde meer selfversekerd en bekwaam te wees eerder as werkswinkels of ontwikkelingsprogramme aangesien onderwysers in elk geval as monitors, toesighouers en kritici van onderwyswerk optree (Gowpall, 2015:20). Dit is die mening van Ghavifekr et al. (2015:49) dat onderwysers nie toegewyd is nie as gevolg van ontevredenheid met onderrigleierskappraktyke wat nie aan sekere vereistes voldoen nie.

Ten einde kwaliteitonderrig te verseker, is dit belangrik dat onderrigleiers ʼn sinvolle rol ten opsigte van doeltreffende en effektiewe bestuur sal vervul (Ghavifekr et al., 2015:48). Volgens Van Deventer (2016:113) behels bestuur selektering, motivering, ontwikkeling en die waardebepaling van personeel, befondsing en bestuur van begrotings, die evaluering van aktiwiteite en verantwoordbaarheid vir personeel wat deel uitmaak van die groter onderwysgemeenskap en die Suid-Afrikaanse bevolking. Die aanstelling van ʼn geskikte persoon wat oor die vereiste leierseienskappe beskik, kan dus nie genoeg benadruk word nie. Mangin en Stoelomga (2010:54) verwys na die belangrikheid van die betrokkenheid van skole en distrikte by onderrigleiers wat beurtelings onderwysers se rolle moet verbeter.

Effektiewe onderrigleierskap word ook moontlik gemaak deur die bydrae van elke onderwyser (Gowpall, 2015:60-61) aangesien dit nie uitsluitlik van ʼn individu afhang

114

nie, maar alle belanghebbendes word volgens Khumalo (2015:22) daarby betrek. ʼn Passievolle gesindheid teenoor opvoeding blyk dus een van die kerneienskappe vir effektiewe onderrig en leer te wees. In dié verband beweer Van Deventer (2016:113) dat individuele standaarde deursigtigheid verseker deurdat persoonlike eienskappe van onderwysers sowel as ʼn beter begrip vir onderrigleierskap individuele standaarde verhoog en onderrig in die algemeen verbeter (Mangin & Stoelomga, 2010:57).