• No results found

Gesin, geloof en waardes: kontoere van 'n praktykteorie

6.2 Oor praktykteorie 1 Aard en doel

6.2.2 Die pastorale dimensie van die studie

'n Vraag wat tereg aan hierdie studie gevra kan word en wat daarom oorweging verdien, is of hier werklik, soos die subtitel van hierdie proefskrif aandui, sprake is van 'n pastorale studie, en voortvloeiend daaruit en binne die bestek van hierdie hoofstuk, of dit neerslag vind in spesifieke pastorale riglyne of 'n pastorale praktykteorie. Gewoonlik word, sonder om hier spesifiek wetenskaplik-definierend te werk te gaan, die veld van die pastoraat verstaan as die gespesialiseerde toegespitste versorgende werk van die bedienaar van die Woord, of sy of haar gespesialiseerde en opgeleide medestanders, in die hantering van die geestelike en eksistensiele nood van lidmate in 'n gemeente, of dan ten minste in die opbou van sulke lidmate. Primer gaan dit hier om die werk van die herder in die versorging van die kudde. Dit is veilig om te konstateer dat pastorale werk normaalweg gesien word as gespesialiseerde werk. Terwyl daar geen bedoeling is om hierdie primere fokus van die pastoraat te ontken nie, word daar tog binne die bestek van hierdie studie geredeneer dat die

verskillend van omvang. In die verband haal sy uit artikel 20 van die Nederlandse Hervormde kerkorde van 1951 aan: "De leden der gemeente onderhouden de herderlijke zorg ten opzichte van elkander."

In sy studie wat veral 'n beeld skep van 'n sodanige versorgingspatroon in 'n gemeente in die VSA, verwys Holland (2007:23-24) aan die hand van meerdere bronne na die beweging wat in die laaste kwart van die twintigste eeu plaasgevind het van 'n beskouing van pastorale sorg as die eksklusiewe domein van bedienaars van die Woord na een wat dit sien as een van die gemeenskaplike verpligtinge van die gemeente. Die erns en belang van sodanige onderlinge sorg kan nie ontken word nie, en daarom is daar verkillende benaderings ontwikkel vir die opleiding en aanwending van 'gewone' lidmate in hierdie rol. (In die situasie wat Holland beskryf, word na hierdie versorgers uit die gemeente as 'Paraklete' verwys.)

Heystek (2000) gaan in sy studie uitvoerig in op die me/caar-opdragte in die briewe van Paulus en op die implikasies daarvan vir die kerklike geloofsgemeenskap. In die grafiese model van 'n moontlike bedieningstrategie wat hy op grand daarvan ontwikkel (Heystek, 2000:253) le die klem sterk op die wyse waarop lidmate deur die prediking en deur die lering van gemeenskapsgroepe op Sondae toegerus moet word om gedurende die week in staat te wees om mekaar doelgerig te bedien op grand van die prediking. Terwyl daar sekerlik geredeneer kan word dat 'n groot deel van hierdie bediening eerder oor die verkondigings- en leringsaspek handel, kan die dra van mekaar se laste (Gal 6:2), die wedersydse vermaning (Rom 15:14) en die bemoediging van mekaar (1 Tess 4:18) op geen manier losgemaak word van dit wat algemeen aanvaar word as die roeping tot pastorale versorging nie. Die pastoraat durf nie as 'n vertikale eenrigtingpyl gesien word nie, maar is in 'n gemeente waar die vurige liefde van Christus uitgeleef word, baie meer dinamies en diffuus.

Dis in hierdie gees, en tewens met 'n sensitiwiteit vir die problematiek wat Grobbelaar (2007) in haar studie oor streshantering by predikante na vore bring, dat hierdie benadering hier gevolg en aan die hand gedoen word. Ten diepste gaan dit om die beste en verantwoordelike aanwending van die gawes wat God in 'n gemeente gee. Daarom sou daar ook verskillende vlakke van pastorale sorg aan die hand gedoen kan word (sonder om daarmee 'n hierargie te impliseer): waar die herder met sy eie gespesialiseerde gawes (en desnoods met die byhaal van ander spesialiste) primer nodig is, moet dit noodsaaklik en ten beste gebruik word, maar eers nadat duidelik geblyk het dat die onderlinge versorging in die gemeente ook sy rol gespeel het.

6.2.3 Bestek

Daar is in die loop van die studie en veral in die vorige hoofstuk reeds tot 'n bepaalde sistematiek gekom oor sake wat die nadere skema van geloofsvorming en waarde-oordrag binne die domein van die gesin presiseer. Juis op grond van die bevindinge van die empiriese studie en die ervaring van die navorser in wisselwerking met die ander deelnemers is die aanvanklik nege sake waaroor dit gehandel net, uiteindelik tot ses verminder:

6.2.3.1 Die gesin en die Skrif

6.2.3.2 Die gesin se verhouding tot die kerk

6.2.3.3 Die priesterskap van die gesin

6.2.3.4 Die gesin as die plek van koestering, opvoeding en dissipline

6.2.3.5 Onderlinge saamgebondenheid van die gesin

6.2.3.6 Openbare betrokkenheid van die gesin

6.2.4 Bestemming

Nog 'n vraag waaroor kritiese rekenskap gegee moet word, is die bestemming van die te geformuleerde aanbevelings oor die hantering van bostaande. Daar bestaan 'n reele gevaar dat sodanjge bestemming outomaties as bekend aanvaar kan word: omdat sulke studies meesal binne die bestek van die praktiese of pastorale teologie val, kan aanvaar word dat dit vanselfsprekend gerig is op pastors of beraders, of in gevalle waar dit, soos in die huidige, nie spesifiek oor individuele probleemgedrag gaan nie, op hoogstens die kerk en sy ampte in hulle amptelike verantwoordelikheid.

Die moontlikheid dat die kerk as instituut nie gesinne op non-aktiwiteit stel nie, maar die juis moet toerus om hulle eie roeping ten voile uit te leef as selfstandige samelewingsverband, vestig die gesin in sy eie verantwoordelikheid vanselfsprekend as derde item op die lys.

Daar moet hier ook verwys word na die wisselwerking tussen twee aspekte wat vroeer in hierdie proefskrif aan die orde gekom het:

• In die titel hiervan word dit reeds aangedui as 'n pastorale studie, wat met ander woorde gemik is op die versorgingsaspek en op die wyse waarop veral die kerk daarmee omgaan. As bestemming van die praktykteorie kan dit nie misgekyk word nie.

• In 3.4 is besonder aandag gegee aan die plek van die gesin in 'n postmoderne tydsgewrig. Van die aspekte wat daar veral uitgelig is, is die losgeslaandheid van baie individue en gesinne, die toenemende neiging tot privatisering, en die byna vanselfsprekende reaksie teen gesag en gesagsfigure.

Dit in ag genome, is dit byna vanselfsprekend dat daar by baie mense en gesinne in die kerk 'n reaksie teen die gesagsuitoefening van die besondere ampte sal wees. As die kerk daarin wil slaag om in sy pastorale roeping effektief met gesinne te werk, is dit dringend noodsaaklik om dit verbeeldingryk en selfs indirek te doen, veral deur middel van kleingroepe en ander gesinne. In artikel 29 van die Nederlandse Geloofsbelydenis gaan dit, naas die kenmerke van die ware en valse kerk, ook oor die merktekens van die ware gelowige, en dan word liefde tot die naaste pertinent gestel. As predikante en die kerk as instituut dit al moeiliker vind om alles te doen wat verwag word, en as predikante onder andere daarin en as gevolg daarvan al meer stres beleef (Grobbelaar, 2007), is die tyd vir uitgebreider en sinvolle onderlinge pastoraat ryper as ooit.

6.3 O p w e g na 'n praktykteorie

6.3.1 'n Matriks van roepings

Op grond van bostaande kan die toepassing van dit wat in die praktykteorie daargestel wil word en die aanbevelings wat gemaak word, soos volg in 'n matriks uitgedruk word met die verantwoordelikes in die kolomme aangedui en die sake waaroor dit gaan, in die rye. In die selle van die matriks word 'n kriptiese, dikwels slegs generiese, aanduiding gegee van die belangrikste verantwoordelikhede en roepings soos dit in die res van die hoofstuk verder uitgewerk sal word.

Die kerk in sy amptelike verantwoordelikheid Die kerk as gemeenskap Die gesin as selfstandige eenheid Die gesin en die Skrif Temas.

Gebedsopleiding. Volwasse kategese. Samewerking. Huisgodsdiens. Persoonlike Skrifstudie en godsdiens. Die gesin se verhouding tot die kerk

Geleentheid vir herbevestiging. Ondersteuning. Toerusting en onderrig. Besinning. Viering.

Die priesterskap van die gesin

Organisasie na buite. Toerusting

Identifikasie van geleenthede binne die kerk.

Seentoesegging. Bystand binne gesin.

Die gesin as die plek van koestering, opvoeding en dissipline

Kursusse. Toegespitste groepe. Katkisasie. Onderlinge liefde, verdraagsaamheid. Onderlinge saamgebondenheid van die gesin Geleenthede organiseer.

Huweliksbystand. Betrek van grootouers. Skoonkinders.

Gesinslojaliteit.

Openbare betrokkenheid van die

gesin Prediking. Toerusting. Samewerking by identifikasie van geleenthede. Soberheid. Getuienis.

Natuurlik moet dit hier beklemtoon word dat die drieledige onderskeid van verantwoordelikes nie 'n geskeidenheid impliseer nie. Die funksionering van die kerk as gemeenskap onder leiding van die besondere ampte is reeds aangedui. Op dieselfde wyse kan die verantwoordelikheid van gesinne as gesinne net tot sy reg kom as dit ook die voordeel van die leiding van en toerusting deur die kerk as gemeenskap onder leiding van die besondere ampte ervaar. Waar daar dus in die onderstaande nadere uitwerking van die praktykteorie aandag gegee word en aanbevelings gemaak word oor die verskillende aspekte wat hierbo aangedui is, word dit nie rigied onderverdeel as 'n drietal uiteenlopende imperatiewe nie. Waar daar aangedui word dat daar 'n taak vir die kerk is om bepaalde aktiwiteite aan te pak of geleenthede daar te stel, is die bedoeling nie dat dit juis deur middel van die besondere ampte of 'n sogenaamde kerkraad moet geskied nie, maar dat daar toenemend organies ruimte ontwikkel vir kleingroepe en groter belangegroeperings binne kerke om sodanige verantwoordelikhede te onderneem. (Uiteindelik gaan dit, los van watter groeperings ook al, oor die gewone verantwoordelike funksionering van die amp van die gelowige.) Daar word

6.4 Spesifieke terreine