• No results found

Die gesin: kontinu'i'teite, diskontinuTteite en essensies

3.2 Historiese perspektiewe

3.2.5 Die gesin na die Industriele Revolusie

Alhoewel die tendense wat Browning (1998:295-299) uitwys, veral op die VSA betrekking het, is baie daarvan meer universeel van aard of ten minste grotendeels ook van toepassing op 'n groot deel van Europa en ander lande met 'n Europese koloniale erfenis, soos Suid-

Afrika. In die sin dat baie van die openbare debat oor die huwelik en die gesinslewe wat ook in ons gemeenskappe gevoer word, berus op standpunte, slagspreuke en feitelike gegewens wat hulle oorsprong in die VSA het, is dit gewens om kennis te neem van die ontwikkeiings wat Browning uitlig. Samevattend kan die volgende vermeld word:

3.2.5.1 Van die 'progressiewe' invloede wat op beskouings oor en die status van gesinne in die VSA ingewerk het, was die revolusionere oorloe, die begin van stedelike industrialisasie, die opkoms van herlewingsgodsdiens, en die invloed van die Verligting (Browning, 1998:295).

3.2.5.2 Ironies genoeg het juis die wyse waarop toenemende industrialisasie veral mans van die plase weggetrek het na loonarbeid - 'n beweging wat Leslie & Korman (1989:189) en ander die verandering van die gesin van 'n produksie- na 'n verbruikerseenheid noem - gekoppel met 'n bepaalde styl van Metodistiese prediking en spiritualiteit, 'n konserwatiewe invloed uitgeoefen op die siening oor en inrigting van gesinne daarin dat 'n veridealiseerde beeld van die gesin daargestel is met groot klem op die verdienende vader en die afhanklike, huishoudende moeder (Browning, 1998:295).

3.2.5.3 Hierdie beskouing oor die gesin is vanaf die einde van die negentiende eeu toenemend geinstitusionaliseer deur die opkomende fundamentalisme in die evangeliese Amerikaanse kerke en verpolitiseer deur die wyse waarop veral die Republikeinse Party dit deel van sy politieke agenda gemaak het (Browning, 1998:296).

3.2.5.4 Teenoor die bovermelde konserwatiewe beskouing staan die erfgename en die erfenisse van die progressiewe invloede op die Amerikaanse samelewing en sosiale beskouings, te wete groot dele van die Demokratiese Party, die meer liberale vleuels van die hoofstroomkerke in die VSA en feministiese groeperings. Die teenstellings tussen hierdie twee hoofgroeperings veroorsaak toenemende polarisasie in die Amerikaanse samelewing, terwyl die politieke stelsel waarskynlik juis as gevolg daarvan betreklik weinig invloed kan uitoefen op die toenemend

gesin nie, tot haar reg te laat kom as 'n ekonomies aktiewe persoon. Rosie the Riveter [daardie ikoniese verteenwoordiger van 'n gemobiliseerde burgerlike bevolking] sou nooit weer volledig bloot huisvrou word nie.)

Clapp, wat duidelik skepties is oor die veridealisering van die gesin, le klem daarop (1993:11) dat wat in evangeliese kringe voorgehou word as die tradisionele gesin, in werklikheid niks anders is nie as die bourgeois- of middelklasgesin wat in die negentiende eeu sterk na vore gekom het met die opbloei van die kapitalisme en die vooruitgang van die VSA as 'n wereldmag. Hy haal, sonder om dit noodwendig af te wys, aan die hand van Berger se werk The War over the Family die volgende ses kenmerke van die tipiese bourgeoisgesin aan (1993:31-33), maar le klem daarop dat dit nie tekenend van die Bybelse gesinspatroon is nie en ook nie normatief vir alle tye is nie. Hierdie voorbehoud word gedeel deur Clark (1995:19) wat aantoon dat die sogenaamde 'tradisionele gesin' nie 'n universele struktuur is nie, maar een wat spesifiek vir die industriele samelewing aangepas is. Clark (1995:20) pleit op grond hiervan vir 'n onderskeid tussen die begrippe tradisionele en kemgesin.

• Die gesinslewe is aantreklik en die huis is 'n belangrike fokus vir die gesinslede en 'n toevlugsoord weg van die harde openbare lewe.

• Daar is besondere besorgdheid oor kinders en besonderlik vir hulle onderwys en opvoeding.

• Die gesin is die bron van persoonlike waardes en die identiteit vir albei geslagte.

• Romantiese liefde is 'n belangrike aanleiding tot die huwelik.

• Huweliksmaats is besonderlik lief vir en respekvol teenoor mekaar.

• Die vrou neem 'n besondere plek in die huis as haar spesiale domein in. Grant (2000:8) wys ook op hierdie ontwikkeling en voer dit onder andere terug na die invloed van teoloe en predikers soos Bushnell en Beecher.

geword het met die gesinslewe tot uitsluiting van 'n wyer betrokkenheid (Clapp, 1993:57). Vir Clapp is hierdie privatisering van die gesin 'n gevaar vir die effektiewe funksionering daarvan in die gemeenskap en in die kerk.

Die veranderinge wat veral in die twintigste eeu op die huwelik en die gesin geimpakteer het, is te veelvuldig om hier te beskryf. Buitendien word daar later in hierdie hoofstuk aandag gegee aan die effek van die postmodernisme of laat-kapitalisme. Dis genoeg om aan die hand van Grant (2000:129-154) die voigende ontwikkelings te lys wat op die Amerikaanse situasie gebaseer is, maar wat waarskynlik dieselfde patroon in baie ontwikkelde lande van die wereld vertoon:

• Alhoewel daar 'n verskeidenheid wisselings was, is die twintigste eeu gekenmerk deur 'n steeds dalende geboortesyfer, onder andere as gevolg van die effektiewer beskikbaarheid van geboortebeperkingsmiddele en die groter etiese en sosiale aanvaarbaarheid daarvan.

• Ten spyte van die ideale beeld van die huwelik soos dit in sekere kringe ontwikkel het en hierbo uiteengesit is, is die twintigste eeu en veral die tweede helfte daarvan gekenmerk deur al groter getalle vroue wat buitenshuis gaan werk het.

• As gevolg van 'n verskeidenheid redes het die aantal egskeidings in die twintigste eeu hand oor hand toegeneem, met die vanselfsprekende gevolge vir gesins- en selfs gemeenskapstabiliteit.

• Behalwe in die mees konserwatiewe van subgemeenskappe was daar oor die algemeen 'n radikale verskuiwing in gesagsverhoudinge binne die huwelik en in beskouinge oor die aard van die verhoudinge tussen die twee partye in huwelike, van 'n eienaar/besitting- via 'n hoof/ondergeskikte- en later 'n senior/junior- tot die feitlik algemene gelyke-vennote-model van vandag.