• No results found

Moderne wetenskaplike modelle van morele ontwikkeling

Metateoretiese perspektiewe op die rol van die gesin

4.3 Die verhouding tussen georganiseerde godsdiens en gesinne of families

4.4.2 Moderne wetenskaplike modelle van morele ontwikkeling

Terwyl elkeen van die bree filosofiese benaderings wat hierbo bespreek is, in een of ander groter of kleiner mate die betrokkenheid en verantwoordelikheid van ouers by die opvoeding van kinders en die oordrag van morele waardes impliseer, dui Walker (1999:261) aan dat ouers vir 'n groot deel van die twintigste eeu inderwaarheid na die kantlyn gerelegeer is betreffende die morele opvoeding van hulle kinders. Hy skryf dit toe aan die periodieke oorheersende invloed van veral een van die belangrike psigologiese benaderings tot waardevorming en -oordrag oor die afgelope eeu, te wete die kognitiewe ontwikkelingsbenadering of, soos dit ook bekend staan, die strukturele ontwikkelingsbenadering. Naas hierdie benadering staan ook twee ander benaderings wat 'n groter rol aan ouers toeken. Dit moet hier beklemtoon word, en so blyk dit ook uitvoerig uit die literatuur, dat die tipering van verskillende benaderings allermins 'n eksakte oefening kan wees. Die wyse waarop benaderings oor tyd ontwikkel en in die werk van wetenskaplikes selfs mag saamvloei, veroorsaak dat daar hoogstens sprake kan wees van 'n algemene groepering daarvan.

4.4.2.1 Strukturalistiese beskouing

Die strukturalistiese beskouing of benadering het vir 'n groot gedeelte van die twintigste eeu die navorsing en ontwikkeling op die gebied van waardevorming en -oordrag gedomineer, soos reeds hierbo aangedui is. Volgens Windmiller (1980:2) het hierdie benadering veral sy oorsprong in die Kantiaanse beskouing dat die individu 'n self-organiserende entiteit is wat grootliks deur sy eie optrede ontwikkel. Dit hou in dat die mens sekere inherente vermoens het wat 'n invloed het op watter ervarings hy of sy sal he en hoe dit horn sal beinvloed. Die mens struktureer dus sy eie ervarings (Windmiller, 1980:2).

opgetree word. Die kognitiewe ontwikkeling van die kind bepaal sy morele ontwikkeling en namate kognitiewe strukture meer kompleks word, is 'n groter kompleksiteit van morele redenering ook moontlik. Daarbenewens gaan dit vir die voorstanders van hierdie benadering oor moraliteit as geregtigheid wat 'n universele verskynsel is. Die opvatting dat morele ontwikkeling die resultaat is van kulturele norms oor wat reg of verkeerd is, word dus verwerp (Wind mi Her, 1980:3). Dit is waarskynlik juis hierdie afwysing van kulturele be'invloeding wat lei tot 'n geringskatting by hierdie siening oor die rol van ouers in die morele ontwikkeling van die kind. Die fokus op die invloed van portuurgroepe weerspieel volgens Walker (1999:261) iets van die optimisme van hierdie beskouing dat uit die interaksie met gelykes daar as 't ware uit die niet morele insig en volwassenheid sou ontwikkel.

4.4.2.2 Sosiale leer-beskouing

Die sosiale leer-benadering kan beskou word as die direkte afstammeling van die ouer filosofiese beskouing waarna hierbo verwys is, naamlik dat die mens 'n skoon lei is waarop die gemeenskap die ervarings van die individu skryf. Dit het sy oorsprong in die empirisme van John Locke en die behaviorisme van John Watson (Windmiller, 1980:4). Verskillende instellings soos die gesin, die sosiale klas waartoe mense behoort, en die kultuur bepaal die lewe van die individu.

Hierdie benadering is, soos Windmiller (1980:4) aantoon, die een wat ouers die meeste verantwoordelik hou vir die ontwikkeling van kinders se morele bewussyn, en is terselfdertyd die beskouing wat ten grondslag le aan skoolprogramme in die VSA (en sekerlik ook hier te lande in 'n vroeere en veral die huidjge politieke bedeling) wat daarop gemik is om aan kinders morele waardes en 'n positiewe burgerskapsingesteldheid te leer. Nie net formele onderrig nie, maar ook die sosialisering van die kind is 'n legitieme verantwoordelikheid en opdrag van 'n instelling soos die skool (Windmiller, 1980:4).

Die gevaar inherent aan hierdie benadering is dat dit die klem eerder sal le op daardie samelewingsverbande wat klaarblyklik die taak meer effektief kan verrig om 'n verskeidenheid van redes. Vir die sosioloog Emile Durkheim was die gesin gewoonweg te klein en te persoonlik om dit wat belangrik vir die kultuur is, te kan oordra (Windmiller, 1980:4). Ouers moet dus vrywillig van hulle taak en reg in hierdie verband afstand doen ten gunste van die skool.

Dis duidelik veral op die punt van die sosiale aard van reels dat die paaie tussen hierdie benadering en die strukturalistiese uiteengaan. Terwyl laasgenoemde ook die bestaan van reels erken en daaroor begaan is, is reels vir hulle veral iets wat deur die individu self

gegenereer word en wat universeel van aard is, eerder as dat dit kultureel bepaald is en as 't ware deur die gemeenskap aan die individu oorgedra of opgedwing word.

4.4.2.3 Psigoanalitiese beskouing

Freud, wat algemeen aanvaar word as die grondlegger van die psigoanalise, is ook die eerste wat 'n formele analise van dissipline en die intemalisering van waardes gegee het (Grusec, 1997:6). In terme van die psigoanalise lei ouers se afdwinging van waardes op kinders onvermydelik tot gevoelens van afkeer en vyandigheid, maar die word onderdruk uit vrees vir straf. Die vermyding van skuld is die meganisme wat kinders se intemalisering van waardes onderle. Hierdie benadering aanvaar ook dat ouerlike waardes in hulle geheel deur kinders oorgeneem word sonder modifikasie (Grusec, 1997:6).

Vir Windmiller (1980:5) is die psigoanalitiese benadering van morele ontwikkeling soortgelyk aan die benadering se beskouing van die individu: mense word aangedryf deur irrasionele impulse wat beheer moet word deur sosiale reels of verbiedinge. Hierdie benadering tot die morele ontwikkeling van kinders is nie een wat dikwels na vore kom of gevolg word nie. Windmiller (1980:6) beskou dit nogtans om twee redes as belangwekkend:

• Dit is die enigste teorie oor morele ontwikkeling waarin die kragte wat die persoonlikheid van die kind vorm ook die meganisme van morele beperking is wat die persoonlikheid in stand hou.

• Dit vind sy oorsprong tot 'n groot mate in die Bybelse leerstellings oor die erfsonde.