• No results found

Gesinsbelewenisse oorwaardes, geloof en kerk: 'n empiriese studie

5.2 Metodologiese verantwoording 1 Verskillende paradigmas

5.2.2 Kwalitatiewe navorsing

5.2.2.1 Aard en kenmerke

Uit die voorafgaande oor die verskillende paradigmas waaruit kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing na vore gekom net en oor die bree" verskille tussen hierdie twee benaderings, moet iets al blyk oor die wesensaard van kwalitatiewe navorsing. Volgens De Vos (1998:241) is kwalitatiewe navorsing, uit die interpretivistiese tradisie, meer idiografies en holisties van aard. Dis terselfdertyd eerder induktief in sy wyse van redenasie teenoor die deduktiewe aanslag van kwantitatiewe navorsing. Steyn en Lotter (2006:106) stel op hulle beurt dat die doel is om by 'n egte of betroubare verstaan van mense se ervarings uit te kom, en nie om te tel nie - hierdie benadering rig horn juis op die dinge wat moeilik is om met 'n vraelys te toets. Flick et al. (2004:3) sien die aard van kwalitatiewe navorsing in die se beskrywing van dinge 'from the inside out'.

Dis by uitstek 'n meer betrokke benadering wat wegneig van 'n streng objektiewe benadering. Die wereld le nie net daar buite om ontdek te word nie. Dis eintlik 'n plek van komplekse interpretatiewe en interaktiewe prosesse waarbinne mense sukkel om betekenis te gee aan hulle belewenisse van God (Swinton & Mowat, 2006:29-30). Kwalitatiewe

navorsing neem daarom menslike ervaring ernstig op en poog om daardie ervaring op 'n verskeidenheid wyses te verstaan en te interpreteer (Swinton & Mowat, 2006:29-31).

Flick et al. (2004:3) maak melding van die 'dik' beskrywings waarvan kwalitatiewe navorsing gebruik maak om die werklikheid te verstaan en so verdere moontlikhede vir herkenning oop te maak. Steyn en Lotter (2004:108) lig vier kenmerke van kwalitatiewe navorsing uit:

• Daar word 'n verband tussen betekenis en aksie getrek

• Betekenisvolle aksies word in hul natuurlike konteks bestudeer.

• Die navorser is terselfdertyd betrokke interpreteerder of 'interpretive subject'. Flick et

al. (2004:5) maak melding van die groter betrokkenheid van die navorser. Die klem

val dus sterker op wisselwerking tussen die van wie inligting verkry word, wat as medenavorsers eerder dan as blote studie-objekte funksioneer, en die navorser, wat

5.2.2.2 Toepassing

Soos dit altyd gaan met verskillende benaderings, nie net in die wetenskap nie, maar op 'n verskeidenheid lewensterreine, is ook die keuse tussen die kwantitatiewe en die kwalitatiewe benadering nie 'n eenvoudige en maklike binere een nie. Veral Flick et al. (2004:9) le klem op die feit dat kwalitatiewe navorsing sy eie besondere plek het en dikwels aanvullend by 'harder' navorsing gebruik kan word. Ter nadere identifikasie van juis hierdie plek stel Steyn en Lotter (2006:107) dat dit by hierdie benadering gaan oor die natuurlike situasie, om daarmee nuwe velde van navorsing te open. In teenstelling met die positivisties- kwantitatiewe sluit dit aan by die postmoderne denke, waar elke individu se mening van waarde is. Dit gaan dus oor die ervaarde werklikheid en die oortuigings daaragter. Juis met hierdie klem op ervan'ng en die besondere waarde van die individu, volg dit dat die gebruik van 'n groter aantal onderhoude/deelnemers nie noodwendig beter kennis en 'n dieper verstaan verseker nie (Steyn & Lotter, 2004:109). Janse van Rensburg (2007b:8) le klem op die oorwegend deskriptiewe aard van kwalitatiewe navorsing en die feit dat dit dus op 'n heelwat kleiner skaal as kwalitatiewe navorsing werk, 'n kenmerk wat egter juis groter eise stel aan die sorgvuldige seleksie van deelnemers.

De Vos (1998:15) identifiseer drie situasies waarin die gebruik van 'n kwalitatiewe benadering veral aangewese is, naamlik waar metodes nie so sterk geformaliseer is nie, waar die bestek van die navorsing minder gedefinieerd is, en waar 'n meer filosofiese benadering gevolg word. Dieselfde konsep van 'n vryer benadering en 'n meer filosofiese instelling kom na vore in Swinton en Mowat (2006:33-34) se identifikasie van drie tipes kennis wat verkry kan word deur kwalitatiewe navorsing:

• Kennis van ander (mense)

• Kennis van verskynsels

• Refleksiewe kennis, waar navorsers bewustelik hulle aandag rig op hulle eie prosesse om die wereld te konstrueer en te verstaan.

• Die simboliese interaksionisme, wat subjektiewe betekenisse en betekenistoeskrywings ondersoek.

• Etnometodologie en konstruktivisme, wat gaan oor alledaagse roetine en die konstruksie van die sosiale werklikheid.

• Strukturalistiese of psigoanalitiese benaderings, wat kyk na latente sosiale strukture en onbewustelike psigiese strukture en meganismes.

Op sy beurt onderskei De Vos (1998:80-81), aan die hand van ander outeurs, onder andere die volgende:

• Etnografie, wat deur waarneming gedrag wil beskryf.

• Fenomenologie en etnometodologie, wat die betekenis wat respondente aan hulle lewe gee, wil verstaan en beskryf, en wat gebruik maak van gesprekke en interaksie.

• Die biografiese metode, wat klaarblyklik 'n persoon of persone se lewe wil dokumenteer en beskryf, en die historiese metode, wat verskynsels in hulle historiese konteks wil ondersoek.

• Simboliese interaksionisme, soos reeds beskryf.

Een van die onmiddellike implikasies van hierdie onderskeid van verskillende benaderings is dat dit op gewoon praktiese vlak 'n uiteenlopende aantal benaderings en aksies impliseer. Van die belangrikste hiervan is sekerlik die tegnieke wat gebruik word vir die insameling van data. In hierdie verband onderskei Babbie en Mouton (2001:288-303) 'n hele aantal tegnieke. Ook Henning et al. (2004:50-100) en Maree (2007:81-90) gee met verskillende sistematisering basies aan dieselfde tegnieke aandag.

• Basiese individuele onderhoude. Dis gewoonlik 'n oop onderhoud wat die respondent die geleentheid gee om te praat. Dis gewoonlik plooibaar, iteratief en deurlopend, en is dus 'n interaksie met 'n algemene plan maar nie 'n voorgeskrewe stel vrae nie.

• Fokusgroep-onderhoude. Die kan gebruik word enersyds om meer effektief of ekonomies inligting te verkry, of andersyds om die voordeel te he van die betekenis wat 'n groep in staat is om deur onderlinge interaksie te skep.

• Waameming of deelnemerwaameming. Hier gaan dit oor die waameming deur die navorser, hetsy as 'n buitestander of as deel van die groep, van verskillende aspekte van 'n situasie, waaronder eksteme fisiese tekens, liggaamstaal of taalgedrag.

• Gebruik van dokumente. Verskillende tipes persoonlike dokumente kan gebruik word in navorsing oor individue en hulle verhoudings, waaronder outobiografiee, dagboeke en briewe.