• No results found

2.5 "n Bybelse model van die gesin

2.5.1 Grondslae van die gesin in die huwelik

Ongeag latere ontwikkelings en die geregverdigde aandag aan nie-konvensionele vorms van die gesin, kan dit geen twyfel lei dat die gesin basies en ten diepste gegrond is op die instelling van die huwelik en op die verbintenis tussen die man en vrou soos dit in God se skepping gestalte gekry het nie.

2.5.1.1 Die man se behoefte aan 'n maat

Deurgaans in die verhaal oor God se skepping word daar vermeld dat wat God gemaak het, goed was. Telkens het God gesien wat hy gemaak het, is goed (Gen 1:10, 12 en elders). In Gen 1:31 kyk God na alles wat hy gemaak het en dan word selfs vermeld dat dit baie goed was. Net daarna egter, in Gen 2:18, sien God dat dit nie goed is dat die man alleen is nie. As die unieke kroon van die skepping is die mens klaarblyklik nog nie volledig om aan sy skeppingsdoel te beantwoord nie - God moet vir horn iemand, sy gelyke, maak om horn te help.

2.5.1.2 Die gelyke en helper

Die woorde ezer kenegdo, vir gelyke en helper, word in Gen 2:20, waar vermeld word dat die mens name aan die diere gegee het, herhaal. Dit le opnuut klem op die klaarblyklike baie goeie van God se skepping wat in die mens nog nie sy volheid bereik het nie. Baie klaarblyklik is die implikasie dat die diere nie die gelyke van die mens is nie en dat die man iemand nodig het wat soos hy is en waarmee hy saam die bestemming wat God vir die mens in gedagte het, kan volvoer. Die algemene bestemming van die mens om as God se verteenwoordiger oor die skepping te heers, word in Gen 1:28 voorafgegaan deur die opdrag om vrugbaar te wees en te vermeerder. Dit is alleen moontlik deur die komplementariteit waarmee God man en vrou geskape het. Van der Walt (1987:5) verwys na die verskil tussen man en vrou as nie 'n teenstellende nie, maar 'n 'komplementere, aanvullende, vervofmakende verskil'.

2.5.1.3 As beeld van God

Die skepping van die vrou as gelyke en helper vir die man word in Gen 2 verhaal. Reeds egter in Gen 1:27 word verhaal dat God die mens as man en vrou geskep het as sy verteenwoordiger, en dan met die belangrike toevoeging '...as beeld van God het Hy die mens geskep'. Waltke (2001:65) se dis opmerklik dat waar al die skepsels 'almal na hulle aard' (Gen 1:21) geskep word, alleen die mens na die beeld van God geskep word. Maston (1983:36) sien hierin besondere belangrikheid vir die studie van die gesin en bring dit in verband met Paulus se uitspraak in Gal 3:28 dat dit nie saak maak of iemand man of vrou is nie, maar dat almal in Christus Jesus een is. Volgens Maston moet hierdie eenheid in Christus ten diepste die kerk se houding teenoor vroue, kinders en alleenlopers be'invloed.

Verhoef (2000:15) dui op die wyse waarop God, eerder as om net 'n bevel te gee soos by die skepping van die heelal en die ander wesens, as 't ware in beraadslaging met Homself gaan en daarmee die besondere verhouding van die mens tot Horn beklemtoon. Die mens moet God as 't ware in sy optrede reflekteer (Verhoef, 2000:18). Maston (1983:36-37) sien onder andere die betekenis van die mens as beelddraer van God daarin dat God 'n persoon is en so die mens ook. As persoon kan iemand dink, voel, wil en van (H)hom- of haarself en van ander bewus wees. Die aard van 'n persoon vereis kommunikasie met ander en so vind die mens sy vervulling in kommunikasie met God. Waltke (2001:88) se dat die verhouding tussen man en vrou gebaseer is op God, wat nie in isolasie bestaan nie, maar 'n drie- eenheid is in 'n hemelse hofhouding. Op die menslike vlak het die mens die mees sinvolle kommunikasie met mekaar as man en vrou (Maston, 1983:37).

geskiedenis van die volk Israel is daar in Gen 24 die aandoenlike geskiedenis van Rebekka wat saam met Abraham se dienskneg as vrou vir Isak haar ouerhuis en die sekerhede daarvan verlaat na 'n land en man wat sy nie ken nie, om so haar roeping te volvoer.

Binne die huwelik word daar die diepste fisiese en geestelike eenheid tussen 'n man en 'n vrou voltrek (Maston, 1983:45). Die woord dabaq wat in Gen 2:24 gebruik word, is 'n besondere sterk een vir permanente vereniging en die sterkste denkbare regverdiging vir die huwelik as 'n monogame verhouding (kyk Van Gemeren, 1997:1-978). In Mat 19:5 haal Jesus juis hierdie vers aan in sy afwysing van egskeiding en voeg Hy die belangrike woorde daaraan toe dat die man en vrou nie meer twee is nie, maar een. Daar kan geen twyfel wees nie dat hierdie vereniging ook baie sterk slaan op die fisiese vereniging van man en vrou. In 1 Kor 6:16 gebruik Paulus dieselfde terminologie in sy afwysing van seksuele immoraliteit as hy se dat iemand wat met 'n ontugtige vrou omgang het, liggaamlik een met haar is. Die 'diep geheimenis' (Ef 5:32) van hierdie onderlinge verbintenis word deur Paulus in Ef 5:31-33 gebruik om die verbintenis tussen Christus en die kerk mee uit te beeld. Net so ondenkbaar as wat dit is om die verhouding tussen Christus en die kerk te verbreek, so ondenkbaar is dit om die huwelik tussen man en vrou te verbreek (Muddiman, 2001:271).