• No results found

Fasette van die postmodernisme en die postmoderne wereld

Die gesin: kontinu'i'teite, diskontinuTteite en essensies

3.4 Die gesin in 'n postmoderne tydsgewrig 1 Inleidend

3.4.3 Fasette van die postmodernisme en die postmoderne wereld

werklikheid as 'n geheel, met die implikasie dat daar nie een enkele betekenis vir die wereld is nie, maar verskillende betekenisse soos dit deur elkeen gelees word.

Ofskoon, soos later ook aangetoon word, hierdie groter openheid vir betekenisse aan Christene geleentheid bied vir die verkondiging van die evangelie, bring dit ook weer 'n ander aanslag op die Christendom mee. Veith (1994:19-20) toon aan dat waar uit modemistiese kringe geargumenteer sou word teen die waarheidsaansprake van die Christendom, die postmodernistiese aanslag nie die aansprake van die Christendom ontken nie, maar dit juis summier verwerp omdat dit voorgee om waar te wees. Grenz (1996:17-18) bring die postmoderne wereld as opvolger vir die moderne ook in verband met die industriele samelewing wat al meer plek maak vir die inligtingsamelewing, waarin die proletariaat met 'n 'kognitariaat' vervang word.

Clapp (1993:24-25) onderskei drie belangrike komponente van die postmoderne wereld:

Dit is in die eerste plek 'n wereld wat sy gewaande universele sekerhede en gedeelde waardes prysgegee het. Veith (1994:48-49) praat van hierdie uitgangspunt van die postmodernisme as 'n 'anti-foundationalism' wat wereldbeskouings of metanarratiewe (omvattende teoriee of beskouings oor die werklikheid) as totaliserende diskoerse afwys. Greer (2003:13) vat dit taamlik eenvoudig saam as hy se dat waar die modernisme die bestaan van absolute waarhede bevestig, die postmodernisme juis die nie-bestaan van absolute waarhede konstateer. White (2001:16) konstateer op sy beurt dat 'at its heart, postmodernity is the removal of all foundations'.

Wat betref die sosiale impak daarvan betref, som Veith (1994:16) hierdie aspek van die postmoderne wereld op as 'there are no absolutes'. Volgens horn glo 66% van Amerikaners nie dat daar so iets soos 'n absolute waarheid is nie, en selfs onder evangeliese Christene is hierdie verhouding so hoog as 53%. Hy toon aan (1994:17) hoe op 'n verskeidenheid gebiede, waaronder die seksuele met sake soos voorhuwelikse seks, moreie sekerhede wyk voor hierdie benadering. Dit word verder versterk deur wat White (2001:170) sien as die proses van sekularisasie waar die Christelike geloof en sy implikasies vir baie mense, moontlik selfs Christene, gewoon nie deel is van die werklike wereld nie. Elders praat White (2001:172) van moreie relativisme as een van die produkte van hierdie proses.

'n Ander aspek hiervan word uitgewys deur Middleton en Walsh (1995:18-23). Hulle kenskets die era van modemiteit as een van grootskaalse vertroue in die vermoe van die mens om deur wetenskaplike metodes en tegnologiese ontwikkelings sy eie lot te beheer en te verbeter - die mens het as 't ware homo autonomus geword. Maar dan kom die twintigste

eeu met twee wereldoorloe, 'n groot depressie en 'n verskeidenheid ander ellendes wat hierdie sekerheid oor die mens se selfbeskikking ondermyn en van veral die laat-twintigste eeu 'n baie minder selfversekerde era maak.

Ten spyte van hierdie gevare sien Clapp (1993:24-25) juis dat die aspek van die postmoderne wereld aan Christene en die Christelike gesin die vryheid bied om onbeskaamd volgens sy eie opvattinge te lewe. Uit 'n ander invalshoek sien ook Veith (1994:63-64) in die wyse waarop die postmodemisme die aannames van die modernistiese besware teen die Christendom blootle, 'n geleentheid vir Christene: 'Christians can play this game too'.

Die tweede belangrike komponent wat deur Clapp onderskei word, is dat die gefragmenteerde wereld al meer bewoon word deur ge'isoleerde en ronddrywende individue en wat van die huidige tyd een van hiperindividualisme (Clapp, 1993:25) maak. Elders (Clapp, 1993:49) gebruik hy die beeld van voorstedelike lewe in 'n groot stad as die van 'n hidroponiese plant wat op die oppervlakte van die water dryf en ewe maklik na 'n ander tenk water verskuif kan word. White (2001:170) stel ook privatisering (saam met sekularisasie en pluralisering) as een van die kenmerkende eienskappe van die huidige (Amerikaanse) kultuur. Dit behels die proses waardeur in die moderne wereld 'n kloof tussen die private en die openbare wereld geslaan word en waar die private sfeer by uitstek die arena vir persoonlike vryheid en vervulling word. Op die ou end bring dit verskillende grade van geprivatiseerde godsdiens en eie keuse daarbinne teweeg en in baie gevalle 'n outonome individualisme (White, 2001:172) waar morele gesag selfgegenereerd is en waar die individu nie aan enigiemand behalwe homself verantwoording verskuldig is nie. Hierdie relativering vind insgelyks neerslag in 'n narsissistiese hedonisme met die klem op eiebelang en die self as enigste arbiter oor wat reg is (White, 2001:173).

Terwyl godsdiens in die private lewe baie belangrik kan wees, word dit sosiaal irrelevant (White, 2001:171). Vir Clapp is die Christelike gesin se antwoord op hierdie tipe verskeurdheid die beklemtoning van die kerk as die enigste werklike Christelike gemeenskap (1993:25).

vir die ondersteuning van die man op die straat meeding nie, maar ook oor die ge'impliseerde gelykheid van godsdienste en hulle waarheidsaansprake.

Clapp is veral begaan oor die Christelike gesin se vermoe om met vreemdelinge om te gaan, 'especially when those strangers are their own children' (1993:25). Daarteenoor sien Grenz (1996:12) die kenmerkende (en voordelige?) van die postmoderne daarin dat dit 'n respek vir verskille en 'n waardering vir die plaaslike ten koste van die universele bevorder.

Alhoewel hy dit nie in dieselfde konteks noem nie, is Clapp se siening oor die grootskaalse privatisering van die gesin en die gevare wat dit daarvoor inhou, ook 'n aspek van die moderne wereld wat hier genoem kan word. Na sy mening (Clapp, 1993:65) is dit fataal vir die gesin wanneer dit gestroop word van sy wyer, openbare betekenis en gereduseer word tot private en intieme verwantskappe. 'Family needs purpose beyond itself and its sentimentality to survive and prosper' (Clapp, 1993:65).