• No results found

2.5 "n Bybelse model van die gesin

2.5.2 Die doelstellings van die gesin

Dit behoort uit die voorafgaande oorvloediglik duidelik te wees dat dit nie net die mens is wat die kroon van die skepping is nie. Juis in die skepping van man en vrou as onderling intiem verbonde en in die daarstelling van die huwelik as grondslag van die gesin, stel God die gesin as die basiese boublok van die gemeenskap daar. Wat die huwelik en die gesin is, is nie die resultaat van *n toevallige sameloop van omstandighede nie, maar deel van God se plan vir die wereld. In die strukturering van sy skepping is daar 'n duidelike volgorde en planmatigheid. Juis die gesin, so blyk dit uit 'n veelheid van uitsprake in die Skrif, word deur God gebruik as sluitstuk in die ontplooiing van sy plan vir die wereld.

2.5.2.1 Die gesin as draer van verlossing

In beide die Ou en die Nuwe Testament word veral die eerste boeke daarvan gekenmerk deur die teenwoordigheid van geslagsregisters en deur die belangrike plek wat die inneem, hetsy in die ontplooiing van die verdere geskiedenis of in die begronding van die beloofde verlossingswerk van Jesus Christus. In Genesis alleen is daar 'n verskeidenheid van geslagsregisters in verskillende groeperinge. In Gen 5 is daar eers 'n uiteensetting van Adam se nasate tot by Noag, dan in Gen 10 en 11 die geslagsregister van Noag en sy seuns wat in Gen 11:26 oorvloei in die van Tera, die vader van Abram, en later in die boek verskillende geslagsregisters van die nasate van Abraham. Juis familiebande en kindskap

word hier gebruik om die totstandkoming van God se uitverkore volk, met wie Hy so dikwels verskillende verbonde sou sluit, te demonstreer en te volg (Waltke, 2001:109-192).

Dis egter veral in die Nuwe Testament, met die twee weergawes van Jesus se geslagsregister in Mat 1 en Luk 3 dat die implikasie van die gesin en familieverbande as draer van die beloofde verlossing vir God se volk sterk na vore kom. Dit dien by uitstek daartoe om te bewys dat Jesus kwalifiseer as 'n wettige erfgenaam van die troon van Dawid. Later in Mat 22:42-45 neem Jesus self die tema op as Hy na sy afstamming van Dawid verwys (Slaughter, 1996:23).

2.5.2.2 Die gesin as basis vir voortplanting

Daar is reeds verwys na die opdrag wat God aan die mens gee nadat hy die eerste man en vrou vir mekaar geskep het. In Gen 1:28 gee Hy die opdrag aan die mens om vrugbaar te wees, baie te word en die aarde te bewoon, 'n opdrag wat volgens Maston (1983:39) daarop neerkom dat die mens as 't ware 'God's deputy creators' word. Daar kan met reg gese word dat die opdrag tot vrugbaarheid en voortplanting nie 'n toevallige byvoeging by die skepping van die mens is nie, maar dit onlosmaaklik daaraan verbind as die eksklusiewe domein van die huwelik.

Insgelyks, al is voortplanting nie die enigste rede waarom God "n seksuele vermoe en ingesteldheid aan die mens gee nie, dien die huwelik as die kanaal waarbinne die mens ordelik uiting kan gee aan haar of sy seksuele drange. Daar is oorvloedige voorbeelde in beide die Ou en Nuwe Testament van die afwysing van seksuele aktiwiteite buite die huwelik, terwyl Paulus in 1 Kor 7:9 juis, ten spyte van sy voorkeur vir die ongetroude staat in die vorige vers, positief die huwelik aanwys as die oplossing vir die uitlewing van (seksuele) hartstog.

2.5.2.3 Die gesin as getuienis - 'n demonstratiewe doelstelling

Dit is opmerklik dat die twee metafore wat konsekwent in die Bybel gebruik word om God se verhouding met Israel en die verhouding tussen Christus en die kerk te tipeer en te verduidelik, uit die kring van die gesin kom. Dit is in die eerste plek die van die verhouding tussen man en vrou en tweedens die beeld van die liefdevolle vader (Slaughter, 1996:25).

elke keer weer tegemoet kom (Davies, 1992:64-91). Oor die Nuwe Testament is daar reeds verwys na Paulus se uitgebreide gelykstelling in Ef 5:22-33 van die verhouding tussen man en vrou met die tussen Christus en die kerk.

Ook die beeld van God as vader kom beide in die Ou en die Nuwe Testament voor (Slaughter, 1996:25). In Eks 4:22 gee God self die opdrag aan Moses om aan die Farao te gaan se dat Israel sy (God se) oudste seun is, terwyl in Hosea 11:1 God weer se dat Hy Israel as sy seun uit Egipte geroep het. In die Nuwe Testament is die gelykenis van die verlore seun sekerlik die bekendste identifikasie van God in die rol van die troue, barmhartige en ontfermende vader, terwyl die gebed wat Jesus sy dissipels in Mat 6 leer, met die aanspreek van God as 'Ons Vader1, 'n kragtige bevestiging is van die verhouding

tussen God en sy volk.

Dit volg logies uit die voorafgaande dat waar God so doelbewus in sy Woord die gesin as verteenwoordigend van sy eie genade en ontferming gebruik, daar 'n geweldige roeping op gesinne rus om daardie beeld waardig te wees en juis die warmte en ontferming wat alleen van God af kom, in hulle gesinslewe te vertoon as 'n kragtige getuienis van God se genade.

2.5.2.4 Die gesin as medium vir koestering en opvoeding

Een van die aspekte waarin in die sogenaamde huistafels aandag gegee word, is aan die verhouding tussen ouers en kinders. In Ef 6:4 is daar beide 'n negatiewe en 'n positiewe opdrag aan vaders. Hulle word enersyds vermaan om nie hulle kinders so te behandel dat hulle opstandig word nie, en andersyds word dit aan hulle opgedra om hulle kinders met tug en vermaning groot te maak, met die uiters belangrike toevoeging daarby 'soos die Here dit wil'. Die opvoeding en koestering van kinders binne 'n positiewe atmosfeer word hier dus baie eksplisiet as die domein van die huisgesin gestel en daarby word dit gekoppel aan die wil van die Here, presies soos wat drie verse vroeer, in Ef 6:1, die gehoorsaamheid van kinders aan hulle ouers in verband gebring word met wat die wet van God in die vyfde gebod vereis. In die klein blik wat Luk 2:51-52 ons op die geskiedenis van Jesus se kinderjare bied, word sy liggaamlike en verstandelike opgroei en toename in guns by God en die mense (52) nie los geskets van sy saamwoon met en onderdanigheid aan sy ouers nie (51).

Die gesin is egter nie net 'n passiewe en koesterende groeimedium vir kinders nie. Die positiewe en aktiewe opvoeding van kinders in die vrees van die Here is op verskillende plekke in die Skrif 'n pertinente opdrag aan ouers. Sekerlik die bekendste en die mees rigtinggewende hiervan is die van Deut 6:4-9, kort voor die Israeliete se intog in die Beloofde Land. In hierdie gedeelte kom twee baie belangrike aspekte van ouers se opvoedingstaak na vore (Slaughter, 1996:26). In die eerste plek gebied God die Israeliete om die Here hulle

die huishoudings gerig. Interessant genoeg vind ons hier in Eks 12:26 reeds 'n voorloper van die opdrag in Deut 6 oor die onderrig van kinders as taak van die gesin.

2.5.3.2 Die gesin as komponent van die kerk

Dit is meer as duidelik uit die rol wat die Ou Testament nog aan die gesin gee, selfs na die instelling van die tabernakel/tempel en die priesterdom, dat die gesin as verband en die ouerlike gesag nog ten nouste funksioneer binne die formele Joodse godsdiens. Van die enkele meer bekende historiese voorbeelde hiervan is die wyse waarop Hanna in 1 Sam 1 en 2 haar seun na die priester van die Here in Silo neem, asook die wyse waarop Jesus se ouers horn in Luk 2 op die bestemde tyd en volgens die voorskrifte wat daarvoor bestaan, na die tempel toe neem vir die handelinge wat daar verrig moes word, te wete die lossing en die reiniging van die moeder (Van der Walt, 2006:130).

Die rol van die huis en die gesin in die wordingsjare van die vroee Nuwe Testamentiese kerk na die uitstorting van die Heilige Gees is sprekend. Dat die gelowiges aanvanklik in huise bymekaargekom het, word herhaaldelik vermeld (Oostenbrink & Lotter, 1999:16-17). Van die duidelikste hiervan is Paulus se groete in Rom 16:5 'aan die gemeente wat gereeld in hulle [Priscilla en Akwila se] huis bymekaarkom' en net 'n paar verse verder in Rom 16:15 die groete ook aan 'Filologus en Julias, Nereus en sy suster en Olimpas en al die ander gelowiges daar by hulle'. Wat die uitbreiding van die kerk betref, kan ons met drie voorbeelde volstaan. In Hand 10 lees ons aanvanklik van die kaptein Kornelius dat hy saam met sy hele huisgesin (wat uiteraard na die gebruik van daardie tyd ook slawe en ander kon insluit) godsdienstig en godvresend was. Na Petrus se aankoms in Sesarea roep Kornelius sy familie en huisvriende bymekaar en aan die einde van die hoofstuk lees ons hoe hulle in opdrag van Petrus gedoop word en daardeur lidmate van die kerk word. In Hand 16 kom Lidia in Filippi tot bekering en word sy en haar huisgesin gedoop, terwyl daar later in dieselfde hoofstuk, en nog steeds in Filippi, verhaal word hoe die bewaarder in die tronk waar Paulus en sy genote gevange gehou word, die moontlikheid van redding deur geloof saam met sy huisgesin toegese word.

God met hart en siel en met al hulle kragte lief te he en om sy gebooie in hulle gedagtes te laat bly. Die basis van enige opvoeding is dus 'n eie hartstogtelike en toegewyde verbintenis met God. In die tweede plek le God klem op die voortgesette en deurlopende inskerping van hierdie gebooie by die kinders. Dit is dus nie 'n blote formele of eenmalige oordrag daarvan nie, maar moet geskied in 'n verskeidenheid van verbande: in die huis en op pad, wanneer hulle gaan slaap en wanneer hulle opstaan. Dit moet dus 'n totaal ge'integreerde en natuurlike deel van beide ouers en kinders se lewens wees: 'Dit moet 'n merk op jou voorkop wees.' (Deut 6:8)

Die aktiewe opvoeding van kinders kom herhaaldelik na vore in ander Skrifgedeeltes. Die tug wat vaders oor hulle kinders uitoefen, word in Heb 12:7-8 beide voorgehou as beeld van God se verhouding met sy kinders en ook as 'n baie vanselfsprekende en natuurlike deel van die opvoedingsproses. In die boek Spreuke is daar herhaalde verwysings (bv 1:8-9, 4:1-4, 6:20) na ouers se opvoedingsverantwoordelikheid teenoor hulle kinders, waarvan die vader se aanspraak teenoor sy seun in Spr 3:1-12 seker die bekendste is.