• No results found

7.1 Inleiding

Alhoewel dit konvensioneel is om in 'n hoofstuk soos hierdie finale gevolgtrekkings en aanbevelings aan te bied, word dit in hierdie studie nie gedoen nie. Daar is deur die loop van die voorafgaande hoofstukke deurgaans gepoog om elke hoofstuk af te sluit nie net met 'n aantal opsommende gevolgtrekkings nie, maar om tot 'n sistematiek te kom van die sake wat in die betrokke hoofstuk aan die orde was, en dit op so 'n manier dat dit in volgende hoofstukke as inset en toets sou kon dien. Daarom was dit juis in hoofstuk 5, oor die empiriese studie, moontlik om baie duidelik en direk aansluiting te vind by wat sistematies uit die hoofstukke oor die basis- en die metateoretiese hoofstukke geekstraheer is. Insgelyks is hoofstuk 6, oor 'n praktykteorie, op dieselfde sistematiek, weliswaar vereenvoudig op grond van die ervaring van die empiriese ondersoek, geskoei. In daardie opsig moet hoofstuk 6 dus reeds beskou word as die hoofstuk waarin beide finale gevolgtrekkings en aanbevelings op hulle logiese plek vervat word, sonder om dit hier kunsmatig weer aan die orde te stel.

In 'n meer formele opsig moet twee ander sake egter wel in hierdie hoofstuk aan die orde kom, naamlik die identifikasie van bepaalde tekortkominge in hierdie studie, sowel as aanbevelings vir verdere studie, vir sover dit nie logies voortvloei uit die gel'dentifiseerde tekortkominge nie.

7.2 Tekortkominge van hierdie studie

Dit behoort eie te wees aan alle wetenskapbeoefening dat daar by die wetenskaplike 'n bewustheid bestaan van dit waarin die onderhawige studie te kort skiet, sonder dat dit wat enersyds gedoen is, ongeldig maak of andersyds 'n onmiddellike moontlikheid vir verdere studie bied. Die onderstaandes is enkele voorlopiges by 'n lys wat stellig aansienlik aangevul kan word:

7.2.1 In die hoofstukke waar dit sterk handel oor 'n literatuurstudie van historiese en

7.2.2 In 5.3 hierbo is die keuse van 'n bepaalde vorm van kwalitatiewe navorsing deur individuele en fokusgroeponderhoude gemotiveer, terwyl 5.3.3 dit het oor die keuse van deelnemers. Agterna besien is dit duidelik dat 'n vorm van gemengde metodes, met gebruikmaking van vraelyste om 'n meer uitgebreide groep respondente, desnoods steeds in dieselfde kerk, te betrek, selfs ryker inligting, met die identifikasie van meer probleme en behoeftes, aan die lig sou gebring het. Insgelyks, soos reeds gesuggereer, was die keuse van deelnemers dalk net te gemaklik en uit 'n betreklike homogene groep. Alhoewel dit die voordeel ingehou het van groot vrymoedigheid tussen die navorser en die deelnemers, het die gebrek aan diversiteit 'n beperkende invloed op die uitdagendheid van die resultate.

7.2.3 In 6.2.1 hierbo is, aan die hand van 'n eenvoudige en voorlopige tipologie van wat 'n praktykteorie kan wees, 'n keuse gemaak vir 'n benadering wat besinning en ontginning behels, eerder as die identifikasie van 'n probleem of afwyking, die bestudering daarvan en die uitwerk van 'n gedetailleerde oplossing daarvoor. Die benadering is uiteindelik al ingegee deur die aanvanklike identifikasie van die onderwerp as die gesin as geloofseenheid, sonder vermelding van spesifieke (potensieel afwykende of problematiese) aspekte. Die praktykteorie hierbo, selfs in die 'Praktiese toepassing'-gedeeltes onder 6.4, vra dus steeds vir verbesondering in konkrete omstandighede en het beslis nog nie die status (nut?) van 'n templaat of skema vir optrede nie.

7.3 Aanbevelings vir verdere studie

Sonder om hoegenaamd volledigheid te pretendeer, kan die volgende onderwerpe vir toekomstige studies in hierdie selfde verband aan die hand gedoen word:

7.3.1 Onderlinge pastoraat: kerklike versorging in 'n postmoderne era.

7.3.2 Die ouerlike of onderlinge seen: 'n verlore gawe?

7.3.6 Privatisering of terugtrekking as wesentlike gevaar vir kerklike bediening en samelewing in 'n postmoderne tydsgewrig.

7.3.7 Modelle waarop die kerk 'n langdurige tuiste vir lidmate in 'n postmoderne era kan skep.

7.4 'n Laaste w o o r d

Die gesin word nie ten onregte die oudste samelewingsverband genoem nie. Met die skepping van Adam en Eva en die daarstel van die huweliksband tussen hulle het die eerste gesin outomaties tot stand gekom. Byna ewe onvermydelik word die eerste sonde van ongehoorsaamheid in die Paradys opgevolg deur die eerste gruwelike sonde binne gesinsverband toe Kain vir Abel doodslaan. Byna ewe onvermydelik volg die eerste verskriklike voorbeeld van verdraaide waardes in dieselfde hoofstuk (Gen 4), met Lameg se woorde van wraak teenoor sy vroue (met die kinders in die agtergrond?).

God se volharding met sy skepping en die mens blyk in die Ou Testament telkens in die wyse waarop Hy die gesin gebruik om voortdraer van die verbond met sy volk te wees, onder andere in die instelling van die besnydenis en in die identifikasie van opvolgende geslagte dienaars van Horn deur hulle afstamming. In die Nuwe Testament kom die nuwe verbondsteken opmerklik telkens tot sy reg in die bediening daarvan binne gesinne, en word die ryk metafoor van die gesin en gesinsbande om die verhouding tussen God en die gelowiges en die gelowiges onderling mee voor te stel, selfs ryker as in die Ou Testament voortgesit. Oor twee millennia daarna duur God se genadige bemoeiing met die gesin voort en gebruik Hy dit tot groei van sy kerk, ten spyte van menslike gebrokenheid

Nou, in 'n postmoderne samelewing wat ou ongehoorsaamhede en rebellies in nuwe togas tooi, word beide die kerk en die gesin met nuwe uitdagings gekonfronteer:

• vir die kerk om verbeeldingryk 'n ryk groeibodem te bied vir individue en gesinne wat soos hidroponiese plante wil rondspoel;

• vir die kerk om die gevare van privatisering en die terugtrek van gelowiges in 'n versentimentaliseerde en nuut-verafgode gesin teen te werk;

• vir die gesin self om 'n doel en nut en daadkrag te vind buite die eie kring van gewaande geborgenheid;

• en vir beide die kerk en die gesin om wee te vind om die kleinste en intiemste, dog durendste, samelewingsverband opnuut te bemagtig as 'n struktuur en draer van God se genade in hierdie wereld.

Die nuwe omstandighede is vreemd en die uitdagings is groot, maar die bereidheid om nuut te dink en daarmee die uitdagings te aanvaar, sal vir beide die gesin en die kerk van Christus groot vrug oplewer.