• No results found

Die gesin: kontinu'i'teite, diskontinuTteite en essensies

3.2 Historiese perspektiewe

3.2.2 Gesinne in die Grieks-Romeinse wereld

Wat algemeen in die literatuur as die Grieks-Romeinse beskawing(s) bestempel word, is in werklikheid 'n komplekse reeks historiese gegewe. In beide hierdie beskawings het daar oor eeue ingrypende politieke en sosiale ontwikkeling plaasgevind, in Griekeland met die bestaan van verskillende (stad)state soos Athene en Sparta, en in Rome met die lang historiese ontwikkeling van 753vC tot 453nC met verskillende historiese ontwikkelings wat kort voor die begin van die Christelike jaartelling tot die totstandkoming van die keiserryk gelei het. Dis daarom kwalik moontlik om 'n enkele patroon vir gesinne en die ontwikkeling daarvoor uit te wys. Enkele saakmakende aspekte kom egter tog na vore.

Soos Bartchy (1998:282) aantoon, het ons al die belangrikste woordstamme wat vandag nog voortleef om die gesin en huislike lewe aan te dui, naamlik familia, domus, en oikos, aan antieke Latyn en Grieks te danke. Nie een van die eerste twee (uit Latyn) se moderne vereenselwiging met die kerngesin van onmiddellike bloedverwante is egter uit die oorspronklike betekenisse te regverdig nie (afleidings van oikos word nie meer direk op die gesin of sy omstandighede toegepas nie). Familia se oorspronklike betekenis was al die mense, insluitende slawe en bediendes, wat aan die beheer van een man onderwerp was, terwyl domus (soos oikos uit die Grieks) bloot die woonplek of -eenheid van die familia was.

Dis duidelik dat hierdie patroon van wat 'n huishouding was, veral wat die bemiddelde klasse betref, grootliks ooreenstem met wat ook in Israel die geval was.

Twee aspekte van die gesin of huishouding se funksionering binne 'n groter geheel verdien vermelding. Bartchy dui aan dat veral die Romeinse huishouding 'n 'sacred aura' (1998:283) gehad het daarin dat daar 'n private kultus van eer aan die voorvadergeeste en ander beskermgeeste bestaan het. Daarby kom die duidelike onderskeid wat daar tussen die

openbare sfeer van betrokkenheid en die private sfeer van die huishouding bestaan het (1998:283). Terwyl die mans en geleidelik ook die seuns hulle eer daarin gevind het om by die openbare lewe betrokke te raak (die openbare sfeer is tewens ook eerbaarder as die private geag) en daarin hulle huishoudings te verteenwoordig, is van die vroue en dogters verwag om hulle hoogste eer te vind en die belange van die huishoudings en die mans te dien deur 'n lewe van terugtrekking in die huishouding en van onderworpe deugdelikheid.

Drie ander belangrike aspekte verdien vermelding in die verband van gesinne of huishoudings uit die tydperk van hierdie twee beskawings:

3.2.2.1 Die patriargale beginsel het ook in hierdie beskawings baie sterk gegeld, veral wat betref die beheer oor en die oordrag van eiendom. Die paterfamilias het letterlik onbeperkte beheer oor die besittings van sy familie gehad solank as wat hy geleef het. In terme van die Romeinse reg was hierdie mag nie net oor eiendom nie, maar ook oor selfs die lewe van sy kinders. Bartchy (1998:284) toon egter aan dat hierdie reg deur die gewoonte aansienlik getemper is en dat in die praktyk min uitwasse na vore gekom het. Kinders was gewoonweg te belangrik en moes dikwels as gevolg van die betreklike lae lewensverwagting gereed wees om op 'n betreklike jong ouderdom die belange van die familie oorte neem.

3.2.2.2 Anders as wat in baie gemeenskappe die geval is en wat steeds in 'n ideale gesin verwag word, is daar in die Grieks-Romeinse wereld baie sterk klem gele op die onderlinge emosionele verbondenheid en lojaliteit tussen broers en susters

{siblings) (Bartchy, 1998:285). Nie soseer owerspel en egskeiding is beskou as

aanduiding van verval in gesinne nie, maar eerder swak verhoudinge en onderlinge dislojaliteit tussen broers en susters.

3.2.2.3 Daar is alle aanduidings uit die literatuur dat die gesinslewe in Rome as vreugdevoi belewe is (Bartchy, 1998:286). Ten spye daarvan, en in onderskeid wat deesdae dikwels as die sin van die gesin beskou word, was die gesin geen private toevlugsoord weg van die openbare lewe nie, maar juis 'n uiters belangrike konstituerende komponent daarvan.

aandag te gee aan vyf belangrike aspekte wat uit hierdie era na vore kom oor die gesin, die onderlinge bande daarbinne, en die plek van hierdie samelewingsverband.

3.2.3.1 Die belang en plek van die eie gesin kan gerelativeer word deur die roeping van die individu in die Koninkryk van God. Jesus se verwysings na en hantering van sy eie familie waarna reeds verwys is en soos dit na vore kom in onder andere Mark 3:31- 35, sowel as sy afwysing van hulle wat hulle eie gesin liewer as vir Horn het (Mat

10:37) en sy voorspelling oor die vyandskap tussen gesinslede as gevolg van die verkondiging van die evangelie (Mark 13:12) is enkele voorbeelde hiervan.

3.2.3.2 Die sogenaamde 'huistafels' (kyk ook 2.4.4 hierbo) bevestig in die voorskrifte wat dit vir die verhoudinge tussen lede van die gesin gee en veral vir die tussen man en vrou klaarblyklik die patrone van ondergeskiktheid en gesagsverhoudinge soos dit in oud-lsrael en in Rome en Griekeland bestaan het, maar dit bring 'n baie belangrike dimensie daarby na vore as dit hierdie verhoudinge 'n spieel maak van die eerbied en liefde wat Christene vir die Hoof van die Kerk, naamlik Christus, moet he.

3.2.3.3 Ook die huistafels, maar veral die Johannes-evangelie met sy sterk klem op die verhouding tussen die eerste twee persone van die Drie-eenheid as Vader en Seun, het 'n baie sterk rol gespeel in die vroee kerk en om die patriargale mag van die vader in die gesin te versterk, ook deur die wyse waarop die leiers van die kerk mettertyd veral deur patriargale titels geken is. Osiek (1998:289) sien hierin niks minder nie as 'n negering van die relativering wat ons in die eerste twee evangelies aantref en waarna in die eerste punt hierbo verwys is. Elders (Osiek, 1995:8) beklemtoon sy egter juis die positiewe aspek van die huistafels daarin dat dit, anders as ander tydgenootlike voorskrifte, voorskrifte nie net aan die man gee nie, maar aan al die partye betrokke in die verhoudinge en daarmee reeds hulle persoonskap erken.

3.2.3.4 Die gevolge van hierdie intieme koppeling van gesinsverhoudinge aan die tussen God en sy kerk is egter nie net negatief nie. Dit kon wel daartoe bydrae om die waardigheid van die gesinslewe en die roepingsbesef van gesinslede te verhoog, terwyl die analogie van die vaderbeeld onteenseglik in baie gevalle 'n dieper besef van hulle verantwoordelikheid by aardse vaders teweeg gebring het.

3.2.3.5 Die situasie van die vroee Christelike kerk bly 'n herinnering daaraan dat, ten spyte van die huidige veridealisering van die kerngesin, die gesin verskillende vorms kan

aanneem en dat dit in al daardie vorms diensbaar in die koninkryk kan wees. Ook die siening van die kerk as 'n huisgesin, soos dit spoedig ontwikkel het, dra by tot 'n gesonde bevestiging van die relatiwiteit van die konsep soos dit in elke nuwe era gestalte kry.