• No results found

3. HOOFSTUK 3: DIE INVLOED VAN OORGEWIG OF VETSUG OP

3.3 Die ontwikkeling van die kind in die middelkinderjare

3.3.6 Ontwikkeling van die self

Die kind word in hierdie afdeling beskryf in terme van die self en die kenmerke van die self wat direk geraak word indien die kind met oorgewig of vetsug leef.

3.3.6.1 Die kind se ‘self’: Selfpersepsie, selfkonsep, selfbeeld en die belewing van die self

De Witt (2009:119) definieer die ‘self’ as die gedeelte van die mens waarvan hy voortdurend bewus is en voortvloeiend daaruit is die vertolking en organisering van sy lewenservarings ten opsigte van sy fisieke eienskappe (voorkoms), sy siel- kundige eienskappe (vermoëns en behoeftes) en sosiale eienskappe (hoe skaam, gespanne en vriendelik die kind in interaksie met ander is). In die literatuur word daar na verskeie terme soos selfpersepsie, selfidentiteit, selfkonsep en selfbeeld of die belewing van die self verwys om die ‘self’ te beskryf. Hierdie terme hou

Em osionel e ont w ikk eli ng Eri kson se emosi onele ont w ikke li ngsteori e

Die ouderdomsperke wat in Erik Erikson se emosionele ontwikkelings- teorie aangedui word, is die beste tydsaanduidings om 'n spesifieke krisis op te los, maar dit is nie die enigste tyd van 'n persoon se lewe waarin die spesifieke probleme ervaar kan word nie. Uit bogenoemde lei die navorser af dat indien die kind nie die nodige sintese internaliseer nie, dit 'n geweldige invloed op sy emosionele ontwikkeling kan plaas wat later in sy lewe problematies kan wees, maar dit kan wel op‘n latere stadium geïnternaliseer word. Die ouers van die kind het dus 'n groot verantwoordelikheid om in die kind se basiese emosionele behoeftes te voorsien en die nodige omgewing en ruimte te skep sodat hierdie sinteses geïnternaliseer kan word. Die holistiese maatskaplikewerk- ondersteuningsprogram kan die nodige leiding aan die ouers in hierdie verband bied.

verband met ’n persoon se unieke evaluerende siening van homself, positief en negatief, wat insluit die denke wat die persoon oor homself het en die waarde wat die persoon aan homself as individue heg; dus die totale som van wat die individu van die self weet (De Witt, 2009:121; Feeney et al., 2013:193; Papalia et al., 2009:297; Pretorius, 2003:44; Smith et al., 2011:215). Subjektiewe terugvoer word ook vanaf vriende, ouers, onderwysers en ander belangrike persone in die kind se lewe ontvang. Hierdie terugvoer word deur die kind ge-evalueer om homself binne ’n sekere kategorie te plaas, soos byvoorbeeld goed, sleg, aggressief, kalm, eerlik, ensovoorts (Pretorius, 2003:4).

Louw en Louw (2014:205), Papalia et al. (2009:219) en De Witt (2009:120) is van mening dat in die eerste lewensjaar van die kind, wanneer selfbewustheid na vore kom, die kind se self/selfkonsep reeds begin ontwikkel. Gedurende die middel- kinderjare ontwikkel kinders ’n meer verfynde selfkonsep. Hul selfbeskrywing sluit nie net eksterne eienskappe in nie, maar ook interne eienskappe en persoonlik- heidstrekke, sowel as sosiale aspekte van hulself in, dus ’n akkurate verstaan en aanvaarding van swak- en sterkpunte en ’n positiewe eiewaarde-sin (Feeney et

al., 2013:193; Papalia et al., 2009:297). Kinders tref ook sosiale vergelykings met

lede van hul portuurgroep in terme van hul voorkoms, vermoëns en gedrag in verhouding met dié van ander (Davies, 2011:368; Louw & Louw, 2007:182-183). Die kind toon meer vaardighede vir perspektiefvorming (die vermoë om af te lei wat ander mense dink); dus die vermoë om die ideale self (wat hulle graag sou wou wees) en die regte self (wie hulle regtig is) te evalueer, of te verbeter (De Witt, 2009:120; Louw & Louw, 2014:273; Mason, 2015:59; Pretorius, 2003:4-5).

Shaffer en Kipp (2010:488) en Pretorius (2003:44) gee die volgende aspekte weer waarvolgens kinders hulle selfwaarde evalueer:

Skolastiese bevoegdheid – die kind se bevoegdheid en gevoel aangaande akademiese prestasies.

Die ki

nd se

'se

lf'

Subjektiewe terugvoer van betekenisvolle ander persone blyk 'n invloed op die kind se denke van homself te hê. Die navorser lei af dat gewigsbaseerde aanmerkings 'n invloed op die kind se 'self' kan hê, wat tot 'n negatiewe selbeeld of selfagting kan lei.

Atletiese bevoegdheid – bevoegdheid aangaande sport en speletjies wat fisieke vaardighede en atletiese vermoë vereis.

Sosiale aanvaarding – populariteit in en sosiale aanvaarbaarheid van die kind deur sy portuurgroep.

Fisieke voorkoms

Gedragspatrone wat die kind openbaar.

Shaffer en Kipp (2010:491-493) meen egter dat die kind se huislike omstandighede, die interaksie met ouers, die ouers se ouerskapstyl, asook die portuurgroep en kulturele invloede ook tot die vorming van die selfbeeld bydra.

Sullivan (2010:296) is van mening dat die invloed van oorgewig of vetsug ’n vernietigende en langdurige negatiewe effek op ’n kind se selfbeeld en gees het. In ’n studie van Strauss (2000:15) is bevind dat daar nie ’n aansienlike verskil tussen 9- en 10-jarige vetsugtige en nievetsugtige kinders se selfbeeld bestaan nie. ’n Opvolgstudie na vier jaar het egter ’n aansienlike laer selfbeeld by die oorgewig dogters teenoor die nieoorgewig dogters gemeet. ’n Afname in die selfbeeld word geassosieer met ’n aansienlike toename in die mate van hartseer, alleenheid, en angstigheid; dus stem Strauss se studie met Sullivan se stelling ooreen. Sullivan (2010:296) noem verder dat baie oorgewig kinders ’n lae selfbeeld ontwikkel wat weer emosionele en gedragsprobleme, soos depressie, uittartende en boeliegedrag, en swak skoolprestasies tot gevolg het.

In die studie van Lawrence (2010:312) word aangetoon dat oorgewig kinders wat die meeste kwesbaar is vir 'n lae selfbeeld, diegene is wat glo dat hulle verant- woordelik is vir hul oorgewig. Die kinders wat ’n meer positiewe selfbeeld getoon het, het hul gewigsprobleme aan oorsake buite hulle beheer gekoppel.

Die ki

nd se

'se

lf' Uit die voorafgaande is dit duidelik dat die kind se selfbeeld bepaal word deur sekere bevoegdhede wat die kind ervaar, al dan nie. Die navorser lei af dat die kind wat met oorgewig en vetsug leef dikwels, om welke rede ook al, nie hierdie bevoegdhede ervaar nie en dit veroorsaak dus dat die kind‘n negatiewe selfbeeld ontwikkel en nie aanvaarding ervaar nie (verwys na parr. 2.4.3.4, 3.6.1, 3.9 en 3.10 in hierdie verband).

In die studie van Allen, Byrne, Blair & Davis (2006:244) word daar bevind dat oorgewig kinders meer bekommerd is oor hul gewig en vorm as kinders met 'n gesonde gewig. Benewens hierdie kinders se gewigstatus, het die kinders met ’n hoër gewig, ’n laer selfbeeld en hoër vlakke van liggaamlike ontevredenheid en depressie gemeet as die kinders met 'n laer gewig. Allen et al. (2006:245) beveel aan dat die vroeë identifisering van hoë gewig en die ontwikkeling van liggaamlike bekommernisse wat met toepaslike intervensies gekombineer word, die sielkundige nood van die oorgewig kind kan verminder. Hierdie navorser voer verder aan dat die verbetering van die selfbeeld tot die daling van liggaamsontevredenheid en wanordelike eetgedrag kan lei. Die navorsers, Wilhelm (2006:20-25) en Lawrence (2010:311), is verder van mening dat die media ’n groot bydraende faktor is tot die beeld wat persone van hulle liggame vorm. In die media word sukses en geluk aan slankheid gekoppel. Wilhelm (2006:22) noem dat kinders, veral dogtertjies, bewus gemaak word van slankheid en skoonheid deur die tipe speelgoed waarmee hulle speel en dat ‘skoonheid’ op elke winkelrak beskikbaar is.

Die waarde van ’n goeie selfbeeld word deur Sinha en Sinha (2009:4) aangetoon. Hierdie navorsers is van mening dat ’n persoon met ’n goeie selfbeeld sterk oortuigings bou, die wil om verantwoordelikheid te aanvaar ontwikkel, optimistiese sienings bou wat tot beter verhoudings en ’n vol lewe lei, mense meer bewus van ander se behoeftes maak en ’n kultuur van omgee ontwikkel. ’n Goeie selfbeeld maak ’n persoon gemotiveerd en ambisieus, laat ’n persoon nuwe geleenthede raak sien en laat die persoon nuwe uitdagings aanvaar. Dit help verder die persoon om beide positiewe en negatiewe kritiek te kan gee en te ontvang, asook komplimente te kan gee en te ontvang, en dit leer ’n mens om taktvol te wees (Sinha & Sinha, 2009:4). Die navorser lei op grond van die voorafgaande af dat

Die ki

nd se

'se

lf'

Dit wil dus voorkom of die kind magteloosheid en 'n minder- waardigheidsgevoel kan ontwikkel indien die kind verantwoordelik voel vir die oorgewig of vetsug en dan word 'n negatiewe selfbeeld gevorm. Hierdie aspek moet in die holistiese maatskaplikewerk-ondersteunings- program in berekening gebring word.

indien die kind verantwoordelikheid vir sy lewe aanvaar, sal die kind ook verantwoordelikheid vir sy eetpatroon en eetgedrag aanvaar.

Oaklander (1988:282) konstateer die volgende aangaande die behandeling van ’n kind wat ’n lae selfkonsep toon:

“... I have the opportunity to give her self back to her, for in a sense a poor self-concept is a lost sense of self. I have a chance to bring her in touch with her own potency, to help her feel at home in the world. I can help her give up negative messages and re-form positive ones. In regaining her sense of self, she can then throw herself fully into the process of exploring and discovering all the things in her world en verder change occurs when one becomes what he is, not when he tries to become what he is not.”