• No results found

1. HOOFSTUK 1: METODOLOGIESE OORSIG

1.10 Etiese aspekte

In navorsing is dit van kardinale belang dat die etiese kwessies reg en met integriteit hanteer word. Die volgende kwessies is van belang:

Tabel 1.3: Standaarde, strategieë en toegepaste kriteria om betroudbaarheid en geloofwaardighied te verseker

EPISTEMOLOGIESE

STANDAARDE STRATEGIEË TOEPASSING

Geloofwaardige waardes (Denzin & Lincoln, 2013:27- 28)

Kredietwaardigheid kan gedefi- nieer word as: die omvang van die data, data-ontleding en samevatting en gevolgtrekkings is geloofwaardig en betroubaar (McMillan, 2011:277). Die doel is om te demonstreer dat die navorsing op ʼn manier uitgevoer is om te verseker dat die fenomeen wat nagevors word akkuraat geïdentifiseer en beskryf word (Schurink et al., 2011:419).

Die navorser het ten alle tye daarna gestreef om die fenomeen akkuraat te identifiseer en te beskryf. Notas is geneem en die onderhoude is ook opgeneem. Onderhoude is direk na die tyd getranskribeer sodat die data betroubaar is en die geloofwaardigheid van die data nie skade ly nie.

Konsekwentheid/ Betroubaarheid

(Denzin & Lincoln, 2013:27- 28)

Betroubaarheid word deur McMillan (2011:278) beskryf as: “Reliability is the extent to which what is recorded as data is what actually occurred in the setting that was studied”. Hierdie maatstaf stel voor dat die data reëlmatigheid verseker. Dit beteken dat die bevindinge moet volhoubaar wees sodat die navorsing indien nodig herhaal kan word met dieselfde onderwerp of in dieselfde omstandigheid (Schurink et al., 2011:419).

Gedurende die navorsing is die prosedures in fyn besonderhede beskryf om te verseker dat die navorsing herhaal kan word. Tog moet daar in gedagte gehou word dat omstandighede en interpretasie van individue kan verskil en dat elke situasie uniek is. Die verskillende kulture sien oorgewig of vetsug verskillend. Dit beteken dat al is die navorsing herhaalbaar, moet dit voldoen en aanpas na individuele behoeftes binne die sosiale konteks.

Oordraagbaarheid (Denzin & Lincoln, 2013:27-28)

Oordraagbaarheid is die oordrag van een stel bevindinge na ʼn ander konteks en is die alternatief na eksterne waar-

Die seleksie van die steekproef is duidelik beskryf. Data- versadiging het gekom van die bronne in die navorsing, naamlik

EPISTEMOLOGIESE

STANDAARDE STRATEGIEË TOEPASSING

dasie en veralgemening (Schurink et al., 2011:420). Lincoln and Guba (soos aangehaal deur Schurink et al., 2011:419) definieer triangulasie as ʼn strategie om oordraagbaar- heid te verseker.

die deelnemers, ouers en kundiges, en die literatuurstudie.

Bevestigbaarheid

(Denzin & Lincoln, 2013:27- 28)

Bevestigbaarheid/vergelykbaar- heid verwys na die feit dat dit nodig is om te vra watter resultate van navorsing bevestig word deur ander navorsing of studies (Schurink et al.,

2011:419-412). In hierdie navorsing sal die resultate met die literatuur bevestig word.

Die navorser het volledige veldnotas geneem en dit sal vir vyf jaar by die COMPRES Navorsingseenheid bewaar word. Dit is op aanvraag vir ouditering beskikbaar.

Verdere etiese aspekte kan as volg beskryf word:

Identifisering van die populasie en vrywillige deelname

Dit word benadruk dat aangesien hierdie ’n baie sensitiewe onderwerp vir ouers is, dit met groot omsigtigheid hanteer is. Daar is aan verskeie etiese aspekte tydens die uitvoering van die navorsing aandag gegee (Strydom, 2011a:116-117; Bless,

et al., 2006:142-148). Die identifisering van die ouers as deelnemers het op ’n

vrywillige, ingeligte wyse plaasgevind. Die ouer is as kenner op die gebied van sy kind se omstandighede beskou en hierdeur is die ouers nie gestigmatiseer nie. Die ouer is met die nodige respek hanteer.

Professionele persone se tyd is kosbaar en daarom is daar met die nodige respek met die kundige se tyd omgegaan. Daar is verder daarop gelet dat onderhoude min impak op die werkstyd van die deelnemer gehad het. Die navorser het verder met ʼn oop gemoed geluister na wat die mening van die deelnemers is en hul ervaring, siening en mening is met die nodige respek hanteer.

Vermyding van skade

Die vermyding van fisiese en of emosionele skade is ʼn etiese reël in navorsing met mense. Die navorser het met die beplanning en uitvoering van die navorsing sover as moontlike alle risiko’s oorweeg en voorkomingsmaatreëls daargestel om skade aan die navorser en deelnemers te vermy (Strydom, 2011a:115). Dié aspek is veral tydens die intervensiefase hanteer met die identifisering en ontleding van die besorgdheid van die populasie. Die navorser se ingesteldheid was gerig om kundiges sowel as die ouer as deelnemers te beskerm teen enige ongemak wat kon voorspruit uit die navorsingprojek. Aangesien die fenomeen sensitief is, is daar veral daarop gelet om emosionele skade te vermy (Strydom, 2011a:115). Emosionele skade is moeilik om te bepaal en het verreikende gevolge, daarom het die navorser nie onvanpaste en veroordelende opmerkings gemaak nie. Objektiwiteit was dus van die grootste belang.

Die navorser het die kundige, asook die ouer as deelnemer deeglik ingelig oor hul betrokkenheid in die navorsing. Voordele van die navorsing is nie oorbeklemtoon nie maar gebalanseerd weergegee. Die deelnemers is verseker dat hul vrywillig aan die navorsing deelneem en met dié inligting kon hul ʼn ingeligte besluit neem of hul wou voortgaan met die navorsing en die ooreenkoms onderteken. Die deelnemers kon ook ter enige tyd van die navorsing onttrek. Sommige van die kundiges het nie hul toestemming tot die navorsing gebied nie en is nie in die navorsing ingesluit nie. Daar het egter geen ouers as deelnemers van die navorsing onttrek nie. Anonimiteit en vertroulikheid is voortdurend verseker en toegepas. Die deelnemers se beskikbare tyd vir die onderhoud is ook in ag geneem tydens die onderhoude, sodat hul nie ten opsigte van hierdie aspek skade ly nie. Die ouers is verseker dat hul kind se gewig en persoonlike besonderhede nie bekend gemaak sal word nie en die kind nie op enige wyse by die navorsing betrek sal word nie. Data wat ingesamel is, is met die nodige anonimiteit en vertroulikheid hanteer om enige vorm van skade aan die deelnemers te vermy en etiese optrede is ten alle tye verseker.

Vrywillige, ingeligte deelname

Alle moontlike inligting oor die doel en werkswyse van die navorsing, die voor- en nadele wat deelname mag inhou, en die geloofwaardigheid van die navorser is

vooraf aan deelnemers met die verskeie inligtingsbriewe beskikbaar gestel (Rubin & Babbie, 2005:77; Strydom, 2011a:116). Al die groepe deelnemers het duidelik geweet wat die doel van die navorsing is. Elke deelnemer het dus ’n vrywillige, ingeligte besluit geneem oor hul deelname aan die navorsing, al dan nie. Geen deelnemer is by die navorsing ingesluit wat nie toestemming daartoe gegee het nie (Addendum 13 en 15). Die deelnemers kon ook ter enige tyd van die navorsing onttrek, indien hul dit sou verkies.

Oortreding van privaatheid, anonimiteit en vertroulikheid

Oortreding van privaatheid is tot die absolute minimum beperk. Dit is slegs toelaatbaar vir die bereiking van geldige navorsingsdoelwitte. In beide die geval van die deelnemers, naamlik die kundiges en die ouers, het die navorser alle inligting as privaat en vertroulik beskou. Die navorser het die voorneme gestel dat geen persoonlike inligting sonder die deelnemers se toestemming op enige wyse bekend gemaak sal word nie. Die ondertekening van die toestemmingsbrief het ook die gebruik van die data uitgelig.

Aksies en bekwaamheid van die navorser

Die navorser het deurgaans van die studieleiers as professionele persone en van dienste soos verskaf deur die NWU, gebruik gemaak om leiding aan die navorsing te gee en om optimale inligting vir die literatuurstudie te bekom. Die navorser het ʼn navorsingskonsultant geraadpleeg vir die logiese uiteensetting van die temas van die kwalitatiewe data.

Die navorser het met die nodige sensitiwiteit opgetree om die deelnemers te beskerm. Die navorser het ook haarself daarvan probeer weerhou om enige waardebeoordeling ten opsigte van die deelnemers se oorgewig of vetsug te maak en om op wetenskaplike beginsels te fokus. Die navorser het volgens die Suid- Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe se vereistes vir optrede gehandel wat maatskaplike werkers aan tugstappe blootstel indien die etiese vereistes nie nagevolg word nie (Strydom, 2011a:123 -124).

Publikasie van artikels

Die publikasie van navorsingsresultate is van groot belang, aangesien dit die wyse is waarop resultate na die wetenskaplike gemeenskap gekommunikeer word. Die deelnemers se identiteit word ook in hierdie opsig beskerm en geen persoonlike besonderhede is of sal bekend gemaak word nie. Die nodige erkenning is ook aan alle persone verleen wat tot die voltooiing van die navorsing bygedra het (Strydom, 2011a:126).

Etiese goedkeuring

Etiese goedkeuring moet van die betrokke instelling verkry word (Strydom, 2011a:126-127). Etiese goedkeuring is ontvang van die Etiese Komitee van die Noordwes Universiteit, Potchefstroomkampus en die Etiese nommer is: NWU- 00123-14-S1.