• No results found

2. HOOFSTUK 2: ’N OORSIG VAN OORGEWIG OF VETSUG

2.4 Oorsaaklikheidsfaktore van oorgewig of vetsug

2.4.3 Psigososiale en omgewingsdeterminante

2.4.3.3 Eetgewoontes

Die navorser Garrett (2015:178), asook Swinburn en Egger (2008:179), is van mening dat die eenvoudige verduideliking vir die oorsaak van vetsug, naamlik dat ‘energie-inname oorskry energieverbruik’, een van die grootste mites vir die oorsaak van oorgewig is, aangesien daar verskeie redes vir dié ingewikkelde saak bestaan. Garrett (2015:178) gaan verder en noem dat mense nie oorgewig is omdat hul nie die versoeking om te eet kan weerstaan nie en/of ʼn gebrek aan impulsbeheer het nie en/of die onvermoë het om bevrediging uit te stel nie. Eetgewoontes is slegs ʼn enkele aspek wat hierdie toestand veroorsaak. Die kind leef binne die gesin en daarom is die invloed van die ouers op die eetgewoontes van die kind van kardinale belang en hierdie aspek gaan vervolgens bespreek word.

2.4.3.3.1 Die rol van die ouers ten opsigte van die kind se eetgewoontes In ʼn groot mate is voedselvoorkeure ʼn saak van blootstelling. Mense verkies oor die algemeen voedsel-items wat aan hulle bekend is. ʼn Kind sal baie makliker onbekende voedsel eet as die volwassene dit eerste eet (verwys na par. 3.3.1.1). Verskeie navorsers bevestig dat kinders hul ouers se eetgewoontes aanleer en

Psi gososial e en omg e w ingsde te rmi nante Sam ele w ingsfa ktore

Dit wil voorkom of die samelewing en kultuur 'n invloed op die eetgewoontes en voedselkeuses van 'n mens het. Die samelewing bepaal ook wat aanvaarbare en onaanvaarbare perke van gewig is. Die erns van die kind se oorgewig word dus dikwels deur die druk van die samelewing/gemeenskap uitgespreek en dit kan dan by die ouer 'n motivering skep dat die kind gewig moet verloor al dan nie. Die invloed van sosiale, kulturele en samelewingsfaktore moet dus ook in die holistiese maatskaplikewerk-ondersteuningsprogram in ag geneem word.

toepas (Gruber & Haldeman, 2009:4-5; Katz, Madjar & Harari, 2015:472; McCaffree, 2003:1587; Puder & Munsch, 2010:S37). Indien die ouers ʼn voorkeur het vir hoëvet- en energiedigtevoedsel, sal dit die kind se aanvaarding van ʼn verskeidenheid voedsel beperk en hul honger- en versadigingseine ontwrig (kyk par. 2.4.2. in hierdie verband). ʼn Persoon se houding teenoor voedsel en eetgewoontes word dus in die gesin aangeleer en versterk (Bruss, Morris & Dannison, 2003:1042; Damiano, Hart & Paxton, 2015:7-8; Farrow, Haycraft & Blissett, 2015:908; Gruber & Haldeman, 2009:1-2;5; Wansink & Van Kleef, 2014:E91-E92).

Sullivan (2004:26) is van mening dat die omstandighede van die ouers ʼn groot rol in ʼn kind se eetgewoontes speel. Dit is nie noodwendig ʼn gebrek aan inligting of apatie wat ouers in die verkeerde rigting ten opsigte van eetgewoontes by hul kinders stuur nie, maar ʼn gejaagde lewenswyse wat tot moegheid by die ouers lei wat ongesonde keuses bevorder (Eliadis, 2006:86; Ludwig, 2007b:13; Sullivan, 2004:26). Bergmeier, Skouteris, Haycraft, Haines en Hooley (2015:1314-1316), asook Gruber en Haldeman (2009:4), wys daarop dat veral die moeder ʼn groot invloed op die kind se eetgewoontes het, aangesien sy die meeste tyd by die kind spandeer en die kind dan die moeder se eetgedrag en –gewoontes navolg. Werkende moeders kan ʼn negatiewe rol speel indien hul as gevolg van te min beskikbare tyd te veel kitskos koop. Hierdie kinders kry ook minder blootstelling aan die voorbereiding van maaltye in die huis en as gevolg daarvan word kook- vaardighede nie ontwikkel nie (Stern & Kazaks, 2009:95).

Daar is verskeie faktore in ʼn kind se dieët wat tot oorgewig of vetsug kan lei en geïdentifiseer kan word. Een voorbeeld hiervan is ʼn dieet gebaseer op gemorskos – voedsel wat te hoog is in sout, suiker en vette. Die voedsel is gewoonlik energie- dig, het min of geen voedingswaarde nie, en min groente en vrugte word ingesluit (Farrow, et al., 2015:908; Gruber & Haldeman, 2009:4; Kruger et al., 2005:493; Sullivan, 2004:26; Wilfley et al., 2010b:285-300). Die resultate van hierdie tipe diëte lei tot ongesonde kinders met vitamien- en mineraaltekorte en gewigsprobleme (WGO, 2016). Volgens Sullivan (2004:28) en Videon en Manning (2003:365-366), is kinders wat nie ontbyt eet nie ook ʼn groot bekommernis omdat hulle sukkel om te konsentreer en indien hulle honger word, eet hulle ongesonde

happies. Ongesonde happies, gaskoeldrank en te veel vette is ʼn groot bydraende faktor tot oorgewig of vetsug (Farley & Dowell, 2014:1580-1581; Kruger et al., 2005:493). Navorsers bevind verder dat deur water tydens die maaltyd te drink en indien die maaltydspoed verlaag kan word, dit as die mees suksesvolle strategie om versadiging te bevorder en so energie-inname te reguleer, beskou word (Andrade, Kresge, Teixeira, Baptista en Melanson, 2012:7; Rozin, 2005:S110).

Gabriel en Ronald Riba (2014:52) is van mening dat ʼn kind nie gedwing moet word om te eet nie en dat geen dreigemente die kind sal oortuig om te eet nie. Die ouer moet dus die kind leer om eerder op sy honger- en versadigingseine ingestel te wees. Verskeie navorsers beskryf aspekte wat tot gesonde, genotvolle eet- gewoontes kan lei en ʼn invloed op die LMI (Wansink & Van Kleef, 2014:E94) kan hê, naamlik: gesamentlike gesinsetes waar ten minste een ouer teenwoordig is, stresvol teenoor ontspanne eet, maaltye met positiewe kommunikasie, die kwaliteit van voedsel, eetspoed, ritme van maaltye, bewustelike eet (mindful eating), asook die vermyding van toksiese gedagtes rondom voedsel en gewig (David, 2015:10; Rozin, 2005:S111-S112; Siegel, 2010:261; Videon & Manning, 2003:370-371; Wansink & Van Kleef, 2014:E94). Siegel (2010:32) beskryf die term

bewustelikheid (mindfulness) as bewustheid, aandag en onthou. Dit is dus ʼn

niebeoordelende belewing van die huidige oomblik (Hölsel, Lazar, Gard, Schuman-Olivier, Vago & Ott, 2011:538). Bogenoemde inligting maak dit duidelik dat die gesin se lewenswyse ʼn groot invloed op die kind se gewig kan hê en dat gesamentlike gesinsetes en bewustelike eet tot gesonde eetgewoontes kan lei.

2.4.3.3.2 Die rol van die skool ten opsigte van die kind se eetgewoontes Die skool is volgens Swinburn en Egger (2008:186) die natuurlikste omgewing waar voedsel en fisieke oefening beïnvloed kan word. Die skool kan ʼn groot rol speel in die opvoeding van die kind in terme van die voedingswaarde van voedsel, eetgewoontes, verhoogde aktiwiteitsvlakke en om die nadele van te veel televisie- kyk, te hanteer (Farris et al., 2011:12; Fialkowski, DeBaryshe, Bersamin, Nigg, Guerrero, Rojas, Areta, Vargo, Belyea-Camacho, Castro, Luick & Novotny, 2014:2267; Harrist et al., 2016:2; Swinburn & Egger, 2008:186).

Psi gososial e en om ge w ingsdet ermi nan te Eetge w o onte s: Rol v an die ouers

Uit die voorafgaande wil dit voorkom of ouers se werksomstandighede en ander verantwoordelikhede druk op die ouer plaas en veroorsaak dat daar nie genoegsame tyd vir voedselvoorbereiding is nie. Vinnige beskikbare voedsel (kitskos) word dan aan die kind voorsien wat oorgewig en vetsug kan bevorder. Die ouers modelleer hul eie swak eetgedrag aan die kind, wat tot ongesonde eetgewoontes en–gedrag by die kind kan lei. Gesamentlike aandetes met die gesin, waar ten minste een ouer teenwoordig is, toon verskeie voordele. Die maatskaplike werker se taak in hierdie verband is om die gesinsisteem waarbinne die kind leef, op gevare van hul omstandighede uit te wys asook die impak daarvan op die kind om sodoende die sisteem positief te beïnvloed. Die totale belewing van die eetervaring is dus van toepassing as die kind eet en nie net die voedsel op sigself nie. Eet is nie net die voedsel nie, maar die hele atmosfeer rondom die maaltyd. Die ouers moet ook bewus gemaak word van hulle bydra tot die kind se gewigsprobleem en hulle moet ondersteun word om die kind by te staan om gesonde voedselkeuses te maak. Die holistiese maatskaplikewerk- ondersteuningsprogram moet dus die hele gesin betrek sodat die eetgewoontes in die gesin aangepas kan word en waar nodig, verandering teweeg te bring. Die kind moet derhalwe nie net as 'n individu behandel word nie, maar sy sisteme moet ook betrek en positief aangewend word. Hierdie aspek moet deur die holistiese spanbenadering hanteer word om suksesvolle en volhoubare eetgewoontes by die kind en die gesin te bewerkstellig.

2.4.3.3.3 Toegang tot voedsel

Navorsers (David, 2015:65; Gabriel & Ronald Riba, 2014:53; Woods, 2009:496) vind dat die verandering in maaltydgrootte nie altyd die gewenste uitwerking het nie. In ʼn eksperiment van Woods (2009:495), is diere se toegang tot voedsel beperk, maar indien hulle toegang tot voedsel het, is hulle toegelaat om soveel as wat hul kan, te eet. Daar is bevind dat die diere hul strategie verander het deur ʼn paar groot etes te eet wat die totale inname per dag en hul liggaamsgewig konstant gehou het. Die teenoorgestelde het gebeur wanneer daar beperkings op die maaltydgrootte geplaas is. Die diere het gereageer deur meer etes per dag te eet om die liggaamsgewig te beskerm. Die navorsers, Groesz et al. (2012:717), is van mening dat mense met onbuigsame reëls oor voedsel minder oplettend is ten opsigte van hulle fisiologiese aanwysings vir honger en versadiging wat dan tot ooreet lei. Ouerlike voedingspraktyke wat te veel beheer oor die kind se eetgewoontes wil uitoefen, kan tot oorgewig of vetsug lei (Bergmeier et al., 2015:1311; Papalia et al., 2009:253; Shloim, Edelson, Martin & Hetherington, 2015:16). Gabriel en Ronald Riba (2014:53) bevestig dat voedingspraktyke waar die ouer nie die kind ten opsigte van voedsel-inname beheer nie, die grondslag vir 'n gesonde verhouding met voedsel by die kind is. Indien daar herhaalde beperkings op porsiegroottes geplaas word, lei dit tot voedselonsekerheid by kinders waar hulle: voortdurend bekommerd is dat hulle honger sal wees en nie genoeg voedsel sal kry nie; impulsief sal ooreet of voedsel sal wegsteek; en skuldig sal voel wanneer hulle wel eet.

Psi gososial e en omg e w ingsde te rmi nante Eetge w o onte s: Rol v an die sk ool

Die skoolomgewing speel ‘n belangrike rol in die opvoeding en voorkoming van oorgewig of vetsug. Die skool kan hul verantwoordelikheid ten opsigte van die kind se eetgewoontes nakom deur 'n positiewe rol te speel en klein veranderings by die skool aan te bring, byvoorbeeld deur gesonde voedsel by die snoepie te verkoop en skoon drinkwater aan leerders te voorsien. Die onderwyser kan deur 'n kurrikulêre program ten opsigte van die voorkoms en hantering van oorgewig of vetsug die kind in die lewensoriënteringsklas toerus.