• No results found

3. HOOFSTUK 3: DIE INVLOED VAN OORGEWIG OF VETSUG OP

3.8 Die rol van die maatskaplike werker

Daar kan tereg gevra word wat die rol van die maatskaplike werker in die hantering van die behoeftes en/of probleme van die kind wat met oorgewig of vetsug leef dan is. Die maatskaplike werker kan, volgens die navorser, ’n besondere rol speel, aangesien die maatskaplike werker 'n diens direk binne die ekosisteem, hetsy die gemeenskap, skool of gesin lewer. Eliadis (2006:86) en Lawrence (2010:309) benadruk die rol van die maatskaplike werker en stel dit dat die maatskaplike werker se verantwoordelikheid toeneem soos wat kindervetsug in die algemeen toeneem. Hieruit kan afgelei word dat die probleme en/of behoeftes van die kind dus toeneem. Die maatskaplike werker moet toesien dat die probleme en/of behoeftes van die kind geïdentifiseer en hanteer word en sodoende word daar in die beste belang van die kind opgetree. Die maatskaplike

Trauma in die kind se l e w

e Op grond van bogenoemde is dit duidelik dat daar verskeie traumatiese

gebeure is wat 'n invloed op 'n kind se gewig kan hê en wat dikwels misken of ontken word. Trauma moet deur die terapeutiese assessering ondersoek en verken word om die kind vir optimale funksionering en geestelike gesondheid te begelei en te ondersteun. Die maatskaplike werker moet dienooreenkomstig in die beste belang van die kind optree.

werker het dus die verantwoordelikheid om toe te sien dat die ouers en die kind oor die nodige vaardighede beskik om probleme en/of behoeftes te hanteer of te vervul, sodat die kind suksesvolle kinderjare beleef en sy volle, unieke potensiaal kan bereik. Dit geld dan ook ten opsigte van die hantering van die emosionele las en ander negatiewe gevolge wat voortspruit uit die feit dat die kind met oorgewig of vetsug leef.

Lawrence (2010:309) noem verder dat die maatskaplike werker nie net die kind wat stigmatisering ervaar, moet ondersteun nie, maar dit ook ten doel stel om die stigmatisering te verminder. Verder moet daar binne die ekosisteem, wat die familie, onderwysers, maats, media en die gemeenskap insluit, aan hierdie probleem aandag geskenk word deur al die sisteme by die intervensie te betrek (Eliadis, 2006:86-87). Indien die maatskaplike werker bewus is van hierdie simptome, naamlik oorgewig of vetsug, kan voorkomende en ondersteunings- programme in gemeenskappe van stapel gestuur word om hierdie probleem te hanteer. Lawrence (2010:314-315) is verder van mening dat:

“... the research and treatment of obesity and its consequences has been approached from an interdisciplinary manner, social work has not played a large role in addressing this issue. There is an enormous opportunity for social workers to join the fight to reduce stigma from a systemic approach. By targeting overweight children and their peers, perhaps in a psychoeducational group setting, social workers can be instrumental in reducing childhood obesity as well as moderating the negative impact of peer pressure on children.”

Die rol v an die maatsk apli ke w e rke

r Die maatskaplike werker het 'n enorme rol te speel in die identifisering en hantering van die kind se behoeftes en probleme wat met oorgewig en vetsug gepaard gaan. 'n Voorbeeld is die bekamping en uitwissing van diskriminasie en stigmatisering teenoor die kind wat met oorgewig of vetsug leef. Maatskaplike werk se kernbedryf is om die mens binne sy ekosisteme deur die nodige ondersteuning en leiding op te hef, sodat die mens 'n optimale, sinvolle lewe kan lei en sukses kan behaal. Die navorser wil die belangrikheid van die identifisering en hantering van die kind se probleme en/of behoeftes beklemtoon, aangesien daar reeds aangetoon is watter afbrekende invloed oorgewig of vetsug op‘n kind se lewe en toekoms het en wat voorkom dat die kind optimaal binne sy ekosisteme kan funksioneer. Die maatskaplike werker moet dus in die beste belang van die kind optree en hierdie fenomeen hanteer.

Verder word daar binne sekere kringe geargumenteer dat oormatige vetsug by kinders as mediese verwaarlosing bestempel moet word, wat spesifieke behoeftes en/of probleme by die kind kan laat ontwikkel wat nie deur die ouers vervul word nie. Hierdie behoeftes en/of probleme wat die kind ervaar, byvoorbeeld verwaarlosing, kan die ingryping van ’n maatskaplike werker vereis (UNE Online, 2016). Verwaarlosing word deur Beckett (2004:73) en Varness, Allen, Carrel en Fost (2009:400) gedefinieer as die volgehoue onvermoë om aan die basiese fisieke en/of psigiese behoeftes van die kind te voldoen wat tot erge aantasting van die kind se gesondheid en ontwikkeling kan lei. Dit kan ’n ouer of versorger insluit wat versuim om voldoende voedsel, behuising en klere te voorsien, die versuim om die kind teen fisieke skade of gevaar te beskerm, of die versuim om toegang tot geskikte mediese sorg of behandeling te voorsien. Dit kan ook die verwaarlosing van, of die miskenning van basiese emosionele behoeftes van die kind insluit. Beckett (2004:79) is van mening dat bogenoemde definisie die volgende kan insluit:

Failure to feed a child adequately. For example: some children are not

provided with regular meals, or are left to fend for themselves, or are fed on a diet of crisps and sweets.

Failure to provide boundaries or consistency.

Failure to attend to medical needs.

Failure to meet or recognize a child’s emotional needs.

Indien bogenoemde waar is, lei die navorser af dat die maatskaplike werker ’n groot taak het om ouers in te lig dat hulle hulself moontlik aan verwaarlosing skuldig maak en moet die nodige leiding verskaf en moontlik verder geregtelike stappe, indien nodig, neem. Net die teenwoordigheid van vetsug is egter nie genoegsame rede vir ernstige, dreigende skade by die kind nie. Daar bestaan ’n spektrum van risikofaktore wat geassosieer word met mediese verwaarlosing en kindervetsug. Varness et al. (2009:400-401) bied in Tabel 3.3 kategorieë wat ’n aanduiding kan wees of mediese verwaarlosing oorweeg moet word. Kategorie 1 in hierdie verband vereis doelgerigte optrede en behandeling vir die voorkoming van mediese toestande wat geassosieer kan word met oorgewig of vetsug, terwyl

Kategorie 4 op ernstige mediese verwaarlosing dui wat geregtelike stappe van die maatskaplike werker kan vereis.

Tabel 3.3: Die kindervetsugkategorieë vir mediese verwaarlosing (Varness et al., 2009:401)

Kategorie Beskrywing

1 Vetsugtige kinders met geen mediese toestand.

2 Vetsugtige kinders met mediese toestande wat ernstige skade voorspel, maar wat in volwassenheid omkeerbaar is.

3 Vetsugtige kinders met mediese toestande wat ernstige skade voorspel, wat nie in volwassenheid omkeerbaar is nie.

4 Vetsugtige kinders met mediese toestande wat ernstige, dreigende skade tot gevolg het in die kinderjare (bv. gevorderde lewerfibrose).

Eliadis (2006:86-88) en Varness et al. (2009:405) is van mening dat die ouers van die vetsugtige kind by verskeie strategieë betrek moet word om die vetsug van die kind te hanteer, hetsy mediese intervensies, soos hospitalisasie in ernstige gevalle of 'n leefstyl wat verandering in die ekosisteem moet meebring, insluit. Indien die ouers nie hulle samewerking in hierdie verband gee nie, moet verdere stappe geneem word. Varness et al. (2009:405) noem verder:

“It is unfortunate that state intervention requires the language of neglect, which suggests moral judgment. As in many other instances that require state intervention to protect children, the purpose is not to make moral judgements about parents or to punish them but tot protect children from serious harm. We think that the overwhelming majority of parents in these situations care deeply about their children and mean well. It is possible that public discussion of the prospect of medical neglect in cases of childhood obesity could prompt families to take their child’s obesity more seriously ....”

3.9 Samevatting

In hierdie hoofstuk is die behoeftes en/of probleme van oorgewig of vetsug op die ontwikkeling van die kind in die middelkinderjare vanuit Bronfenbrenner se Ekosistemiese teorie weergegee. Die kind is in terme van sy fisieke, kognitiewe, perseptuele, motoriese, en emosionele ontwikkeling beskryf en die behoeftes en/of probleme van oorgewig of vetsug op al hierdie aspekte van ontwikkeling is uitgelig. Dit is van besondere belang dat daar uitgewys is dat oorgewig of vetsug die kind se totale ontwikkeling negatief kan strem en tot seker behoeftes en/of probleme by die kind kan lei. Die kognitiewe ontwikkeling van die kind is volgens Piaget se kognitiewe ontwikkelingsteorie weergegee, wat verskeie behoeftes en/of probleme by die kind in die verskillende fases uitlig. Die perseptuele en motoriese ontwikkeling word as ʼn belangrike aspek beskou, aangesien dit ʼn invloed op die kind se fisieke aktiwiteite kan hê. Fisieke aktiwiteite moet ook deur die ouers en die skoolomgewing bevorder word. Die emosionele ontwikkeling van die kind is volgens Erikson se psigososiale ontwikkelingsteorie weergegee en die verskeie behoeftes en/of probleme van elke fase is bespreek. Die emosionele ontwikkeling van die die kind is in terme van die ontwikkeling van die selfpersepsie, selfkonsep, selfbeeld en die belewing van die ‘self’ weergegee. Die temperament van die kind, die gehegtheid van die kind en die ouer, asook die ouerskapstyl is in terme van die fenomeen bespreek. Die rol v an die maatsk apli ke w e rke

r Die omvang van die vetsug en die ouers se gewilligheid om die toestand te hanteer, is bepalend vir geregtelike optrede. Alle kinders wat oor- gewig is, kan dus nie in die kategorie van verwaarlosing geplaas word nie. Die maatskaplike werker het egter die verantwoordelikheid om probleme en/of behoeftes by gesinne te identifiseer en deur die holistiese maatskaplikewerk-ondersteuningsprogram toe te rus en die nodige leiding te bied sodat die kind se gewigsprobleem hanteer kan word. Sodoende kan geregtelike stappe vermy word. Die navorser is van mening dat voorkomende en bewusmakingsprogramme wat die erns van die behoeftes en/of probleme van oorgewig of vetsug op die kind in ag neem, van kardinale belang is, aangesien ouers dan in staat is om voorkomend in die beste belang van hul kind op te tree [Children's Act, 38 of 2005 (s 7)].

Die behoeftes en/of probleme van die kind in die middelkinderjare wat met oorgewig en vetsug leef, is dus deur hierdie hoofstuk ontgin. Die behoeftes van die kind word deur Maslow se hiërargie van behoeftes uitgestip en die ontwikkeling van die kind dui ook op verskeie probleme en/of behoeftes van die kind wat met oorgewig en vetsug leef. Die navorser het die volgende behoeftes en/of probleme vanuit hierdie hoofstuk geïdentifiseer en word soos volg weergegee:

Die kind wat met oorgewig of vetsug leef, het ʼn behoefte aan voldoende, gebalanseerde voeding; ʼn behoefte aan fisieke aktiwiteite; ʼn behoefte aan geborgenheid, wat gehegtheid aan die ouer insluit; ʼn behoefte aan ʼn goeie selfbeeld of selfagting; ʼn behoefte aan aanvaarding, ook van sy temperament; en ʼn behoefte aan beheer en verantwoordelikheid, wat minderwaardigheid voorkom. Die rol van die maatskaplike werker is ook bespreek wat moet toetree indien daar nie in die behoeftes en/of probleme van die kind voldoen word nie, in belang van die kind.

Vanuit hierdie hoofstuk word die belangrikheid vir ’n holistiese maatskaplikewerk- ondersteuningsprogram vir die hantering van oorgewig of vetsug beklemtoon en die nodige aspekte vir so ’n program is uitgelig.

Vervolgens sal die empiriese gegewens van die studie in die volgende hoofstuk weergegee word.

4. HOOFSTUK 4: EMPIRIESE NAVORSING TEN OPSIGTE VAN DIE