• No results found

2. HOOFSTUK 2: ’N OORSIG VAN OORGEWIG OF VETSUG

2.3 Eetversteurings en versteurde eetgewoontes wat met oorgewig of

Navorsing toon toenemend ʼn verband tussen vetsug, eetversteurings en versteurde eetgewoontes aan (Neumark-Sztainer, Levine, Paxton, Smolak, Piran & Wertheim, 2006:272). Vervolgens word eetversteurings en versteurde eetgewoontes bespreek.

2.3.1 Eetversteurings

ʼn Eetversteurig word deur Weiten (2013:611) beskryf as ʼn erge versteuring in eetgedrag wat gekenmerk word deur preokkupasie met gewig en ongesonde

MEE TINSTRUMENTE VAN LIGGAA MSGE WIG

Soos aangetoon is die gebruik van slegs een meetinstrument nie genoegsame aanwysing vir oorgewig of vetsug nie. Die navorser is daarom van mening dat 'n volledige assessering met die kind gedoen moet word, wat die volgende insluit:

- Die bepaling van liggaamsgewig, LMI en vetpersentasie deur betrokke kundiges.

- 'n Volledige mediese ondersoek deur 'n mediese dokter.

- Die bepaling van die kind en gesin se lewensstyl en eetgewoontes deur 'n dieetkundige.

- Die bepaling van die psigososiale funksionering van die kind in sy/haar gesin, gemeenskap en skool deur betrokke kundiges.

Meetinstrumente moet met groot omsigtigheid aangewend word, net as dit werklik nodig is en as gewigsverlies‘n doel opsig self is. Meting moet met die kind op 'n speelse manier gedoen word en die holistiese spanlid moet ook bereid wees om gemeet te word, anders kan die terapeutiese verhouding skade ly. Op hierdie wyse word 'n ontspanne atmosfeer geskep en verdere stigmatisering van die kind word voorkom. Die kind beleef 'n gevoel van aanvaarding. In die holistiese maatskaplikewerk- ondersteuningsprogram sal gewigsverlies as sulks nie as 'n doelwit gestel word nie, maar die totale optimale funksionering van die kind word as doel nagestreef.

handelinge om gewigsbeheer toe te pas. Volgens Neumark-Sztainer et al. (2006:266) word 10%-15% dogters en vrouens tussen die ouderdom van nege en 19 jaar deur ʼn spektrum van eetversteurings geraak. Eetversteurings wat in die DSM-5 beskryf word, is anorexia nervosa, bulimia nervosa en Ander Gespesifiseerde Voeding- en Eetversteurings (Other Specified Feeding or Eating

Disorders – OSFEDE), en nou ook die impulsiewe-ooreetversteuring (binge eating) wat in die indeks bygevoeg is (Feeding and Eating Disorders, 2013:1-2).

Navorsers vra die vraag of oorgewig of vetsug dan nie soos impulsiewe ooreet as ʼn aparte kategorie van eetversteuring (Gever, 2010; Sue, Wing Sue, Sue & Sue, 2014:251) of as ʼn breindisfunksie (Volkow & O’Brien, 2007:708-710) geklassifiseer moet word nie, aangesien hierdie verskynsel algemeen voorkom. Vetsugtigheid word egter nie in die DSM-5 (Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders) as ʼn spesifieke eetversteuring beskryf nie, ten spyte van die verwoestende mediese en psigososiale gevolge wat dit moontlik kan veroorsaak (Sue et al., 2014:251; Volkow & O’Brien, 2007:708-710). Vetsug word net as ʼn onderafdeling van ander eetversteurings beskryf, aangesien dit ʼn komplekse, heterogene toestand is en omdat daar nog onvolledige begrip van die oorsaak van die probleem is (Marcus & Wildes, 2012:434).

Die eetversteurings wat in die DSM-5 voorkom, word kortliks bespreek aangesien dit met oorgewig of vetsug verband hou en by kinders aanwesig kan wees, maar in hierdie studie word daar nie op die voorkoms van hierdie versteurings gekonsentreer nie.

Bulimia nervosa

Bulimia nervosa kan beskryf word as ʼn kombinasie van enige van die volgende

faktore na ʼn ooreetsessie, naamlik: selfgeïnduseerde braking; die misbruik van lakseermiddels, diuretikums (waterpille/urienafdrywers) of enemas (maag- spoelings); of die gebruik van onvanpaste kompensasiemeganismes om gewigs- toename te voorkom, soos vas of oormatige oefening (The National Eating Disorders Association – Neda, 2015). Die voorkoms van hierdie ooreetsessies met gepaardgaande destruktiewe gedrag moet ten minste een keer per week voorkom (Feeding and Eating Disorders, 2013:1-2). Sullivan (2004:231) noem dat baie

persone wat aan bulimia nervosa ly uiterlik goed lyk, maar dat hulle dikwels innerlik aan ʼn swak selfbeeld en liggaamsbeeld ly.

Impulsiewe ooreet (Binge Eating Disorder - BED)

Impulsiewe-ooreetversteuring (Binge Eating Disorder - BED) behels, volgens Weiten (2013:612), impulsiewe eetsessies om stres te verlig, maar dit sluit nie die kompenserende gedrag soos braking, vas of oormatige oefensessies in soos by

bulimia nervosa die geval is nie. ʼn Ooreetsessie is wanneer groot hoeveelhede

voedsel in ʼn periode van twee ure geëet word. Om met BED gediagnoseer te word, moet die persoon ʼn geskiedenis van ooreetepisodes hê wat ten minste een keer per week oor ʼn tydperk van drie maande voorkom (Sue et al., 2014:238). Die persoon ervaar gevoelens van verlies aan beheer, skaamte en skuldgevoelens as gevolg van die ooreetsessies. Dit veroorsaak dat die persoon hierdie gedrag in die geheim probeer voortsit (Feeding and Eating Disorders, 2013:1-2; Sue et al., 2014:238). Dit wil ook voorkom asof die persone ʼn oordrewe obsessie met gewig en liggaamsbou het (Sue et al., 2014:238). Persone met die impulsiewe- ooreetversteuring is dikwels oorgewig (Latner & Wilson, 2008:553; Weiten, 2013:612).

Dit is van belang om laasgenoemde sindroom te noem, aangesien ongeveer 20%- 40% van alle individue wat in gewigsverliesprogramme teenwoordig is, aan hierdie sindroom ly (Sue et al., 2014:238). Lawrence (2010:314) wys daarop dat adolessente wat oorgewig is, meer geneig is om negatiewe eetgedrag te toon deur impulsief te ooreet en chronies ʼn verslankingsdieet te volg, as wat die geval met adolessente met ʼn normale gewig is. Die oorgewig kind toon dus negatiewe gedrag om sy gewig te probeer beheer. Bogenoemde bevestig dat oorgewig of vetsug al in die middelkinderjare aangespreek moet word.

Ander Gespesifiseerde Voeding- en Eetversteurings (Other Specified

Feeding or Eating Disorders – OSFEDE)

Ander Gespesifiseerde Voeding- en Eetversteurings (Other Specified Feeding or

Eating Disorders – OSFEDE), sluit erg versteurde eetpatrone in waarin die volle

maatstawwe van anorexia nervosa, bulimia nervosa of die impulsiewe-ooreet- versteurings nie vervat word nie (The National Eating Disorders Association – Neda, 2015). Hierdie is die mees algemene eetversteuringsdiagnose. Hierdie

diagnose sluit ook persone in die kategorie anorexia nervosa in, maar wat ʼn normale gewig het. In die geval van bulimia nervosa en impulsiewe- ooreetversteurings kom die sessies minder as die gegewe frekwensies voor (National Association of Anorexia Nervosa and Associated Disorders - ANAD, 2015). Hierdie kategorie sluit ook die nag-eet-sindroom in wat vervolgens bespreek gaan word (National Association of Anorexia Nervosa and Associated Disorders - ANAD, 2015; Stunkard, Allison, Geliebter, Lundgren, Gluck & O’Reardon, 2009:391-399; Sue et al., 2014:239-240).

Nag-eet-sindroom (NES)

Die nag-eet-sindroom (NES) word gekenmerk deur die gedrag van persone wat ten minste 25% van hul voedsel na afloop van hulle normale aandete eet (Mühlhans, Olbrich & De Zwaan, 2009). Evenepoel (2012:216) en Cleator, Abbott, Judd, Sutton en Wilding (2012:3) noem dat die nag-eet-sindroom by ten minste 0,5% - 1,5% van die normale populasie, 9% - 14% van die oorgewigpopulasie en by ten minste 25% van die vetsugtige populasie voorkom. Vander Wal (2012:50) beskryf die NES-maatstawwe volgens die werk van Allison, Lundgren, O'Reardon, Geliebter, Gluck, Vinai en Stunkard (2010:241-247) en word in Addendum 9 weergegee.

Die voorkoms van NES by kinders is, volgens Cleator et al. (2012:6), ongeveer 1,1%. In hierdie betrokke navorsing word daar op die kind wat met oorgewig of vetsug leef, gefokus en kan die voorkoms van NES by sommige kinders nie ontken word nie. Uit die voorafgaande wil dit dus voorkom dat die holistiese maatskaplikewerk-ondersteuningsprogram wat saamgestel word ook op NES wat by kinders kan voorkom, ag slaan om sodoende die nodige ondersteuning aan die ouer en kind te bied en die nodige verwysings na die holistiese spanlede (wat onder andere ʼn mediese dokter, ʼn sielkundige, ʼn dieetkundige, ʼn bio- en/of kinderkinetikus, ʼn voedseladviseur, ʼn maatskaplike werker en die skoolhoof/- onderwyser insluit) te kan maak.

2.3.2 Voedselverslawing

Verskeie navorsers is van mening dat sekere vorms van oorgewig of vetsug wat gekenmerk word deur die oormatige gedrewenheid om voedsel in te neem, as ʼn

voedselverslawing erken moet word (Sue, et al., 2014:251; Tomasi & Volkow, 2013:1-19). Hierdie siening word nie wyd aanvaar nie, alhoewel voedselverslawing baie ooreenkomste met ander verslawende middels toon. Tomasi en Volkow (2013:2) stel dit dat sekere voedsel, veral dié wat hoog in suiker en vet is, veral potensieel bevredigend is en ooreet kan bevorder, want net soos verslawende middels, verhoog dit dopamienvrystelling (DAP-vrystelling). David (2015:21) is van mening dat ʼn persoon aan spesifieke voedselsoorte, soos suiker, vet, koolhidrate of kaffeïen verslaaf kan raak, maar nie aan voedsel as sodanig nie. Hierdie skrywer is van mening dat ʼn verskynsel soos voedselverslawing nie kan bestaan nie en konstateer as volg: “... saying food is the enemy is like saying oxygen and breathing is the enemy. We are designed ... to need food, require it, and desire it.” Daar kan dus net ʼn drang na ʼn spesifieke voedselsoort bestaan. Persone met ʼn drang na ʼn spesifieke voedselsoort kan ontrekkingsimptome soos hoofpyn, moegheid, en geïrriteerdheid ervaar indien hulle vir lang tydperke sonder die voedselsoort moet klaarkom (Gearhardt, Yokum, Orr, Stice, Corbin & Brownell, 2011:808-816; Ludwig, 2007b:52-55).