• No results found

2. HOOFSTUK 2: ’N OORSIG VAN OORGEWIG OF VETSUG

2.4 Oorsaaklikheidsfaktore van oorgewig of vetsug

2.4.3 Psigososiale en omgewingsdeterminante

2.4.3.1 Fisieke oefening en immobiliteit

Die moderne leefwyse dra by tot fisieke onaktiwiteit (Berthoud, 2004:781; Grundy, 2008:471). Giles-Corti, Robertson-Wilson, Wood, Falconer (2010:137) meen dat tegnologiese ontwikkeling aanleiding gee tot sosiale isolasie, eensaamheid, depressie en angstigheid, maar dit het ook ʼn impak op gewig en fisieke aktiwiteit.

2.4.3.1.1 Die rol van die ouers/kind ten opsigte van fisieke oefening

Vrees en bekommernis oor veiligheid in die gemeenskap, asook beperkte toegang tot parke dra by dat buitenshuise aktiwiteite verhinder word (Giles-Corti et al., 2010:137; Grundy, 2008:471; Wilfley et al., 2010b:287). Kinders het dus ʼn behoefte aan ʼn veilige omgewing waarbinne die behoefte aan fisieke aktiwiteite uitgeleef en ten volle ontwikkel kan word. In ʼn studie van Jonides, Buschbacher en Barlow (2002:216) is bevind dat slegs 20% van Amerikaanse kinders twee of meer ure per week intensiewe fisieke oefening doen en dat 67% van Amerikaanse

Biolog iese dim ensie Sl aappat rone

Voldoende slaap is van groot waarde, aangesien dit die totale funksionering en gesondheid van die kind beïnvloed. Te min slaap korreleer met psigososiale en gedragsprobleme as ook metaboliese veranderinge wat tot gewigstoename en onaktiwiteit kan lei. Die kind het dus 'n basiese behoefte aan voldoende slaap en 'n goeie slaaproetine wat die slaappatrone bevorder. Slaapapnee kan as gevolg van oorgewig of vetsug wees en die kind se gesondheid benadeel, wat tot verdere gewigstoename kan bydra. Indien die kind nie voldoende slaap kry nie, moet die probleem ondersoek en hanteer word, hetsy deur terapeutiese of mediese ingryping.

kinders meer as twee ure per dag televisie kyk. Tuso (2014:61) se studie bevind egter dat kinders ongeveer 7,5 ure per dag voor televisie- en rekenaarskerms deurbring. Hierdie statistiek is baie kommerwekkend, aangesien oormatige televisie- en skermtyd verbind kan word met oorgewig of vetsug (Kramer & Daniels, 2008:572-573; Papalia et al., 2009:253-254; Wilfley et al., 2010b:293). Kemp en Pienaar (2011:1) bevestig in hul studie dat vetsugtige kinders nie aan die voorgestelde riglyn van 60 minute se matig intensiewe fisieke aktiwiteit per dag voldoen nie en dat daar strategieë gevind moet word om hul aktiwiteitsvlakke te verhoog.

Motoriese vaardighede blyk ook ʼn invloed op die kind se fisieke aktiwiteite te hê. Du Toit en Pienaar (2003:45) toon aan dat oorgewig of vetsugtige kinders op die ouderdom van vier jaar dikwels ʼn gebrek aan motoriese vaardighede het (verwys na parr. 2.4.2.1 en 3.3.4). Kemp en Pienaar (2011:4) wys daarop dat die kind minder selfvertroue toon om aan aktiwiteite deel te neem en fisieke ongemak ervaar in hul liggame (pyn in hul voete en binnebeenuitslag wat veroorsaak word deur die skuur en sweet) terwyl hul oefeninge doen wat veroorsaak dat hulle van die fisieke aktiwiteit onttrek.

Viktimisering blyk ook ʼn hindernis vir fisieke aktiwiteit te wees wat bydrae tot die negatiewe belewing van sportdeelname en wat tot verlaagde fisieke aktiwiteit kan lei (Lawrence, 2010:314; Puhl & Brownell, 2008:84; Tang-Péronard & Heitmann, 2008:532). Edmunds (2008:197) bevestig hierdie negatiewe belewing en vik- timisering wat oorgewig kinders en hul ouers tydens sportaktiwiteite ervaar, aangesien die mededeelnemers en afrigters die kind as te oorgewig vir deelname bestempel (hierdie aspek word breedvoerig in par. 2.4.4.3 bespreek). Ouers moet dus ook sport en fisieke aktiwiteite binne die gesin bevorder deur die nodige voorbeeld aan die kind te stel.

2.4.3.1.2 Die rol van die skool ten opsigte van die kind se fisieke aktiwiteite Die skool moet fisieke aktiwiteite bevorder (De Ridder & Coetzee, 2013:246), aangesien kinders ongeveer 33% van hul tyd by die skool deurbring (Tuso, 2014:61). Navorsers beklemtoon ook die feit dat al hoe meer kinders na skole vervoer word as gevolg van ouers se bekommernisse oor hul kinders se veiligheid (beserings deur ongelukke en roekelose bestuurders asook misdadigers wat kinders teiken) (Cohen, 2008:198; De Ridder & Coetzee, 2013:245; Wilfley et al., 2010b:287). Papalia et al. (2009:338) en De Ridder en Coetzee (2013:246-248) is van mening dat georganiseerde sport by skole soveel as moontlik kinders moet betrek, eerder as om net op spesifieke natuurlike atlete te fokus. Hierdie navorsers voer verder aan dat die fokus op die ontwikkeling van vaardighede moet wees en nie net op die kompeterende aard van die sport nie. De Ridder en Coetzee (2013:246-247) is verder van mening dat kinders so gestimuleer moet word dat hulle die fisieke aktiwiteit geniet en dít wat in hul omgewing beskikbaar is vir fisieke oefening aanwend (bv. in Afrika-lande word daar gejag, voedsel versamel en tradisionele danse gehou). Volgens De Ridder en Coetzee (2013:239-249) moet daar op nasionale vlak na die erns van kindervetsug en fisieke oefening op skool gekyk word. Die skool bied die omgewing waar onderwysers bewusmaking van die probleem kan bevorder en deur die aanbieding van kurrikulêre programme die betrokkenheid van kinders ten opsigte van die voorkoming en hantering van die probleem op ʼn nieviktimiserende en niediskriminerende wyse kan verkry (Tuso, 2014:61). Kemp (2008:107) dui aan dat ʼn multidissiplinêre intervensie- program wat fisieke aktiwiteite insluit, verskeie voordele inhou om die voorkoms van oorgewig of vetsug te verlaag.

Psi gososial e en omg e w ingsde te rmi nante Fisi eke oef ening en im mob il iteit

Daar bestaan dus verskeie redes vir onaktiwiteit by kinders. Hierdie redes sluit onder andere aspekte van veiligheid in die omgewing, motoriese vaardighede van die kind en viktimisering van die kind deur maats en afrigters in. Onaktiwiteit by die kind is dus nie net bloot uit luiheid nie. Die moderne leefstyl eis sy tol met kinders wat eerder in hul vrye tyd met elektroniese apparate wil speel, soos iPads, selfone, X-box, en televisie en films wil kyk. Kinders se vermaak word dus deur die samelewing as staties en elektronies aangebied wat verreikende gevolge op die kind se gewig het en nie noodwendig in die beste belang van die kind is nie.